"Ry jy altyd alleen?!" vra die skraal ouerige omie bruusk.
"Nee!" antwoord ek verskrik.
"Ek het haar klaar gevra," paai Susan van Tankwa Padstal. "Sy het verduidelik."
"O," sê hy bietjie kalmer, "So ek hoef nie vir jou 'n praatjie af te steek nie."
Dit is waar, ek het nog nooit alleen verder gery as die ontmoetingsplek vir 'n rit nie. My verduideliking aan Susan dra ook waarheid: skielike verlof, onbeskikbaarheid van ruiters wat in my rigting ry, en, dringeste van alles, hoe nooi mens nou iemand saam vir Kersfees by jou mense? Hulle het tog hulle eie mense en hulle eie planne?
Wat ek versuim om vir die streng omie te sê is dat, as hierdie rit goed afloop, ek beplan om nog baie kilometers op my eie te ry 8)
Die plan om met die motorfiets vir my familie by Fraserburg te gaan kuier, het skielik vorm gekry nadat ek die Tuinroete Honde se pos oor Desemberritte gesien het. Ek wou saam met hulle ry! Maar hoe kom ek in die Tuinroete met die motorfiets as ek Kersfees op die plaas moet wees? Eenvoudig - kombineer dit met iets wat ek wou doen vandat ek my leerlinglisensie gekry het - ry met die motorfiets :ricky:
Die plaastoe ry is al lankal op my wenslys, vandat 2StrokeDan na voorlaasjaar se Thumper Bash 'n weggooi aanmerking gemaak het oor Anysberg: hierdie is nie besonders nie; dit is die pad na 'n boer se plaashuis. Ek het met nuwe oë gekyk na die bykans 10km plaaspad na my sus-hulle se huis, en dit het my doelwit geraak om hierdie paaie baas te raak.
Maar ek het altyd gedink om dit oor 'n lang naweek te doen, ver in die toekoms, vergesel van 'n mederuiter of twee. Nou, met my versigtige swaer se versigtige goedkeuring, en onverwagse verlof van die werk (ek is nog in my eerste 6 maande), rek my rit skielik uit van 'n langnaweek na 'n hele 10 dae. Ek stuur koorsig e-posse op soek na verblyf, en vra almal se raad, en uiteindelik is alles gereël.
Die week voor my vertrek is 'n nagmerrie van laat werksnagte, verpaste sperdatums, afwisselende slaap en stygende temperature. Die weertoep dui aan dat daar deurentyd 'n wind gaan waai Vrydag en Saterdag, en dat temperature nie onuithoubaar hoog gaan wees nie. Inteendeel, 'n koue(rige) front word voorspel vir Saterdag. Vir eens is die toep akkuraat.
Ek pak eers teen 00:00 Donderdagaand die motorfiets, en val in die bed. Vrydagoggend staan ek vroeg op om teen 06:00 by die werk te wees om dringende werk te probeer afhandel. Ek besluit om met die motor werk toe te ry, en nie met die gelaaide motorfiets nie. Ek werk gejaagd om klaar te kry want ek moet op die laatste 12:00 wegspring. Ek is doodmoeg.
Teen 11:20 kry ons toestemming om klaar te maak, en ek dwing myself om rustig die laaste goed aan die motorfiets vas te maak. Ek ry eers omtrent 14:00 uit Stellenbosch uit Ceres se kant toe, heelwat later as die 12:00 wat ek beplan het, maar ek is weg!
Ek kyk weer af na die handgetekende kaart in my hande en probeer die afstande en draaie memoriseer, want selfoonopvangs het al weggeraak en ek het nie 'n GPS nie. Ek het ook net 'n vae idee van waar my eindbestemming lê, dié dat ek gedink om gou by Tankwa Padstal te stop vir aanwysings.
Verbasend is hier is nie 'n enkele motorfiets nie, al is dit 16:00 se kant op 'n Vrydagmiddag. Hier staan net 'n paar stowwerige bakkies, en op die stoep sit 'n paar stowwerige omies wat my uitdrukkingloos aankyk.
Enige gedagte om 'n oomblikkie hier te verwyl met 'n koeldrank of 'n bottel water, verdamp. Ek vou die kaart op en haas my na my motorfiets waar ek vinnig en onhandig my helmet op my kop forseer, my handskoene aanrem, op my voetstut klim en my been oor die saal gooi, en wegtrek terwyl ek bid dat ek nie onder hierdie afkeurende blikke die enjin laat stol, of neerbliksem nie. Ek ry vinnig by die hek uit en mik regs op die R355, weg van Ceres en beskawing, in die droë hitte en die stof in.