Dag 1 Deel 1 - Stellenbosch na Tankwa Padstal
Die verste wat ek nog alleen gery het, was na 'n ontmoetingspunt vir 'n rit, of Kommetjie en Bettiesbaai toe om vir vriende te gaan kuier, maar dit is teerpad. Ek het beplan om in Mei alleen na Klaarstroom te ry - ook teerpad - om pad na die EC Bash, maar sou die volgende dag by Tony the Boney en Odd Dog aansluit. Daardie rit is onverwags afgestel, so ek is nog ongetoets op langpad alleen.
Ek het eintlik beplan om êrens naby of op die R356 op pad na Sutherland te kampeer, aangesien dit die kortste en mees direkte roete maklike grondpad sou wees, maar die plekke was óf toe omdat dit Somer is en dus te warm, óf onverklaarbaar volbespreek. Op Andy660 se voorstel bel ek vir Gannaga Lodge gebel, en hulle het vir my plek.
Ek moet maar die langer pad vat, meer as 300km op my eie, en ek is benoud. My voorbereiding is nie juis deeglik nie; ek het tot 'n lugkompressor in my gereedskapsak, maar ek het nog nooit geleer om 'n band af te haal en die binneband om te ruil nie. Ek herinner myself daaraan dat ek nog net twee pap bande gehad het in die sowat 18 maande wat ek al ry: een keer by Coxwain se huis, en eenkeer by Koedoeskloof, waar vriendelik Honde met groot spoed en vaardigheid korte mette gemaak het van die proses.
Aangesien ek nie 'n GPS het nie, druk ek 'n papierkaart in my gereedskapsak, al het ek kaartlees gedop as 'n Drawwertjie. My roete is ingetik op die navigasietoep en ek hoop vir die beste. Beste is natuurlik dat ek gestrand gaan sit in die dorre boendoes met 'n toep wat nie vir my kan wys waar in die Karoo ek is nie, en sonder sein sodat ek kan bel vir hulp nie. Boonop is ek so gejaagd dat ek nie vreeslik aandagtig na die roete gekyk nie, en ek is nie eers 40% seker waarheen ek op pad is nie, net dat dit êrens tussen die R355 en die R356 is aan die bokant van die Karoo Nasionale park.
Met die gejaag en sleg slaap, is al my beplanning deurkemaar. Ek voel vaal van moegheid, dit is warm, en die energiedrankies wil net nie inskop nie. Ek jaag in sterk wind tot by Ceres en maak vol, en my brandstofverbruik is hoog. Dan draai ek die motorfiets in die rigting van die R355. Ek is lugtig vir Gydopas na my ongeluk, en wil grondpad slaan sodat my senuwees kan bedaar.
My brein vuur sinapse soos 'n "Weakest Link" aanbieder: Wat as ek nie Gannaga Lodge haal nie? Wat as ek tussen Gannaga Lodge en Middelpos sonder brandstof gaan staan môre? Ek troos myself: dinge sal reg uitwerk. Waar ookal ek sein het, laat weet ek my suster waar ek is en waarheen ek op pad is.
Ek maak al wat 'n ritssluiter en lugopening is oop vir koelte en hou my spoed op 'n konstante 100kph. My helmetvisor is oop en ek kyk rond na die vaal, dorre veld en sing hardop saam met die musiek in my oorfone. Ek het dit in my agterkop dat ek voor 18:00 by Gannaga Lodge moet wees - 'n fout, blyk dit - en ek stop min.
Die wind help darem om die oorverhitting te verhoed, maar ek sien net 3 bakkies op die R355 tussen Ceres en Tankwa Padstal - buiten vir die voertuie by Tankwa self. Geen motorfietse in sig nie, asof daar 'n motorfiets-wegraping was.
Ek wik of ek by Tankwa Padstal moet indraai, en besluit op 'n ingewing om te stop, meerendeels om 'n paar blikke van bewondering bymekaar te skraap omdat ek vrou alleen hierdie groot tog aandurf, om my kwynende bravade te steier. Nie 'n enkele motorfiets nie, net die stowwerige bakkies en hulle vaal, vitterige eienaars.
My bravade blaas vinnig af en, wielietjies pap, stap ek reguit in na Susan toe, maar ek het nie eintlik iets nodig nie. Ek vat maar 'n bottel koue water. Dan val dit my by van my Internetloosheid en ek vra haar aanwysings na Ganagga toe. Sy teken vir my die pragtigste kaart, en ek maak my vinnig uit die wiele.
Haar aanwysings is in die kol! Die wind druk-druk my met speelse erns, en my kop bly knak, maar die "carbon kevlar" helmet is lig en dit pla nie baie nie. Dit is nogal vermoeiend om op 'n relatief ligte motorfiets te ry met die wind so van die kant af. Die bietjie verkeer droog heeltemal op, en ek is vir baie kilometers die enigste beweging, 'n pers spikkel op die landskap.