Dagsê Mense,
Laat ek begin met... Genugtig! Dit was Woes ver, Woes mooi en Woes lekker, veral in retrospek...
En dan moet ek as deel van die vrywaring van hierdie RR ook sê... Ek het nog nooit in my lewe ratte gewissel met my voete en petrol getrap met my hande nie. Ek is nie 'n motorfietsryer nie, net 'n pillion. Maar, Dunnes is besig met eksamens en projekte en het nie tyd vir skryf nie. En ek juk alweer vir die volgende ekspedisie. Die beste ding wat 'n mens vir die rooimiere kan doen as jou verlof op is en jy al klaar die volgende reis haarfyn beplan het, is om te herkou aan herinneringe. Na 'n bietjie rondkrap in die toer se foto's en 'n vinnige storie'tjie vir my Pa wat oorsee werk sê Dunnes, maar hoekom maak jy nie sommer 'n RR daarvan nie? Dis hoe dit toe nou kom dat ek die verteller van die verhaal word. So hier gaan ons mense, die verhaal van Dunnes (die ryer) en Dassie (sy Dakar) se eerste langer toer saam met hul Dame deur die Kaap . 'n RR uit 'n pillion se perspektief...
Laat ons die kiekies afskop...
In die middel van Julie is dit altyd universiteit vakansie, dis altyd winter in die Kaap, maar nie altyd dat ek die kans kry om 'n konferensie by te woon in die wynlande nie. Die werk het my vliegkaartjie betaal en toe lyk dit mos na die ideale geleentheid... Ons wou al 'n ruk lank die langer toer-gedoente op die motorfiets uittoets, net om te sien of dit nou rerig iets is wat ons sal geniet. Met die mik ons toe Kaap toe, koudte ten spyt.
Donderdag middag 5 Julie val Dickie (dis nou hoe ek vir Dunnes ken) in die pad hier uit Johannesburg uit. Dis natuurlik eers na 'n deurnag se gepak en gesweis aan sy nuutste ontwerp vir Dassie se panier-rame. Die aand slaap hy in die grond langs die kaya van plaaswerkers wat hy net duskant Bloemhof ontmoet het. Vrydagaand kamp hy in Beaufort-Wes en Saterdag skuins na middagete pik hy my by Kaapstad se lughawe op. Hy moes in die Kaap kom, so dis net teerpad en kits-etes al die pad.
Soos hy self sê, dis die verste wat hy al ooit gery het om iemand by die lughawe te gaan oplaai. Ons herpak vir Dassie op die lughawe, laptop en al...
Die volgende twee dae kruip ons weg vir die reën in die 33South Backpackers in Observatory (lieflike vibe en uitstekend georganiseer!). Ek maak nog my aanbieding vir die konferensie klaar. Ons kuier saam met 'n paar vriende, kyk pikkewyne en help 'n kerk opslaan. Ek spandeer 'n paar aande op 'n wynlandgoed met heeltemal te veel uitstekende kos en wyn natuurlik. Uiteindelik kom ons Woensdagaand tot stilstand op die Du Preez's se stoep met 'n uitsig oor ou Kaapstad. Die onnodige bagasie is terug gepos. More vertrek ons.
Die oorsig van ons roeteplan: Theewaterskloofdam, Montagu, Oubergpas, Anysberg, die noordelike voet van Towerkop, Seweweekspoort, Die Hel, Swartbergpas aan die noordekant af, Graaff-Reinet via Klaarstroom en Willowmore, Nieu-Bethesda, Gariepdam en dan huis toe, Johannesburg. Soveel grondpad as moontlik en soveel kamp as moontlik. Ons het vyf volle dae. Eenvoudig, is dit nie?
Minder eenvoudig om uit te voer kom ons toe agter... Ons het net helfte van die bestemmings op die lys met grondpad gehaal voor dinge 'suid' begin gaan het. Maar suid is immers waar die beste herinneringe dikwels lê... Met die kamp, wel dit het nog slegter gegaan... en ek sal heelhartig die blaam daarvoor aanvaar.