Knysna agterpaaie, Gamkaskloof, Rooiberg saam met Bushlander Clan

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Nicobie

Race Dog
Joined
Mar 31, 2013
Messages
511
Reaction score
0
Location
Hekpoort, Gauteng
Bike
BMW F800GS
Na my solo trip van Hekpoort na Knysna ontmoet ek toe die bushlander clan in Knysna - Brenton



Sal ek hierdie uitsig nou gaan ruil vir 'n motorfiets toer in die berge ?? :deal:




Maar 'n deal is 'n deal, en ek het nie verniet 2 dae solo gery op die 800 vanaf Hekpoort om hier te kom nie.

Voor ek begin net bietjie agtergrond:  :director2:

My kollega gaan elke Desember met sy hele familie vir ten minste 3weke na Knysna vir sy jaarlikse vakansie.
Seker om bietjie weg te kom van die vroulike deel van die familie en bond met die manne, begin hy toe met 'n Honda Bushlander toergroepie wat so vir 'n paar dae in die Karoo of iewers daar naby ontsnap.

Die groep bestaan uit homself, sy seun, 2 skoonseuns en sy broer met sy eie 2 laaities. So 6 ryers met elkeen sy eie fiets.
Nou, nie een van hierdie het bike lisensies nie, die fietse is nie gelisensieer vir die pad nie dus word publieke paaie sover moontlik vermy, of dan paaie waar moontlik speedcops kan wees.
Selfs om brandstof te kry moet hulle baie inisiatief aan die dag lê.

Vanjaar toe nooi hy my om saam te kom ry, en 'n ander vriend wat net 'n side by side Kawasaki het. Nog een wat nie gelisensieerd is nie  :deal:

Om dinge verder te kompliseer besluit hulle om die 2seuntjies (voorskools) van sy skoonseuns ook saam te vat. Om dit te akkomodeer ry oupa met 'n Prado en sleepwa as backup. Wanneer die 2 kleintjies moeg raak om saam met pa op die fiets te ry kan hulle in die kar met oupa ry. So is die brandstof kwessie ook opgelos want nou kan oupa petrol in jerrykanne saamry - Natuurlik moet die quad ook kan petrol saamry.

Ons besluit om vroeg - voor die speedcops op diens gaan - te vertek op Maandag 14 Desember - Nogal my verjaardag  :blob1:

Oor die Knysna Lagoon, die eerste pad links wat uiteindelik Kom se Pad word in die rigting van Avontuur. En so begin die toer van 4 dae.

















En dan by Angy's G Spot waar versnapperinge ingeneem word. Ons loop ook vir haboob daar raak.






 
Top