Langebaan Ladismith blitsretoer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Pragtige skrywe en pragtige foto's, dit laat my sommer liries voel.

Baie dankie vir die moeite en vir die deel.

Ladismith na Laingsburg is 'n pragtige pad wat mense mis omdat almal deur Seweweekspoort ry. Ek het self in November voor die reëns daar gery. Dis lieflik.

Terloops, watter deel van jou retoer kwalifiseer as "blits"? :ricky:
 
:lol8: Ja "blits" verwys nie na my snelheid op enige punt nie, maar eerder na die enkele aand uitstedig. Dit behoort mos eerder 5 of meer te wees...
 
Baie moeite in die verslag.  :thumleft:

Dankie vir die deel en ek sien uit na nog van hierdie.

Hopelik gee die vrou jou meer spasie in die toekoms! Werk daaraan.  :biggrin: :biggrin:

 
Lekker verslag  :thumleft:

Watse spoed is die fietsies mee gemaklik op die oop pad? Kan mens hom darem so 100-110 ry?
 
Vir my is 'n gemaklike ware snelheid (soos per GPS) 100km/h. Dan draai die enjin teen 7000rpm. Maar iemand wat haastiger is sal seker nog 'n 10-15km/h kan uithaal, afhangend van wind en totale massa van ryer en bagasie.
 
Top