Lus Vir Koffie? (Nou is die hele reisverhaal klaar gelaai)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dusty Rusty said:
Dit was vreemd.

Dit  was dan glad nie so uitdagend soos die vorige dag nie.  Behalwe vir dit, het alles anders gelyk.   ??? Ek was oortuig daarvan;  ons ry ‘n ander pad!  Gister was dan so ‘n gesukkel en nou is dit so maklik!

Daar was een of twee uitdaghende sanddriffies waardeur ons versigtig gery het.  Na dit het ons lekker begin ry.  

In die oggend het dieselfde sandpad heel ander karakter as na middag se kant. Sand het bietjie klammigheid in
en klim wielle baie makliker en teen laer spoed uit op die sand.
Jy kan darem lekker skryf  :thumleft:
 
Dusty, my dogtertjie het jou wille hondjies se manewales geniet.
Jou RR lees lekker  :thumleft:
 
Hierdie, moet een van Suid Afrika se eensaamste winkeltjies wees.  Swartkop.
 

Attachments

  • IMG-20130617-00171.jpg
    IMG-20130617-00171.jpg
    271.3 KB
Ons ry weer verby die dooie Bakoorjakkals en stop ‘n paar kilometer verder vir ‘n blaaskans op die pad wat ons Brandvlei toe sal neem.

Na ‘n paar happies biltong en apieskos (droe vrugte en neute) val ons weer in die pad en tel spoed op.  Hier-en-daar kry ons ‘n buldtjie of ‘n sandkol.  Op ‘n kol hol ‘n hasie gesin verskrik langs die kant van die pad toe hulle ons motorfietse hoor aankom.  Die pad hou aan en aan en ons ry en ry.  Voor Brandvlei staan ‘n paar beeste langs die pad.  Wei kon hulle nie, want daar was geen grashalmpie te siene nie.

So 3 kilometer na die beeste begin roesbruin hop huisies oor die landskap verreis.  Baie daarvan.  Ek was verbaas daaroor. Nooit het  ek  soveel huisies bymekaar gekoek verwag nie.  Intendeel, ek het geen hophuisies hier verwag nie!  Ons ry stadig deur die meer ’’gevestigde’’ dorp.  Dis stil, vaal, vervelig.  By die petrolstasie maak ons weer motorfietse vol.  Ons is nog nie rasend honger nie maar besluit om by die Windpomp restaurant net langs die vulstasie te gaan eet.  Loeriesfontein was nog 'n hele entjie se ry weg.   
 

Attachments

  • IMG-20130617-00235.jpg
    IMG-20130617-00235.jpg
    208.8 KB
  • IMG-20130617-00240.jpg
    IMG-20130617-00240.jpg
    35.6 KB
  • IMG-20130617-00239.jpg
    IMG-20130617-00239.jpg
    196.5 KB
  • IMG-20130617-00236.jpg
    IMG-20130617-00236.jpg
    143.9 KB
Ons parkeer ons fietse langs die restaurant en Nismark help my om Gizmo te laat regop staan.  (Hy het die fiets vir my laat sak sodat ek makliker by die grond kan bykom, wat veroorsaak dat die fiets kan omval as ek dit verkeerd parkeer)  Terwyl hy daarmee besig is kom hang ‘n afvlerk spreeu by ons rond.  So ‘n “sceamer” tipe ou.  Hy’t my ongemaklik laat voel sowel as geiriteerd.  Ons het hom net vlugtig gegroet voordat ons die gebou binne stap.  Ek het gehoop hy los ons fietse uit.

Ons gaan sit in die restaurant se buitehof naby ‘n hasiehok.  ‘n Paar oulike eethoringkies wie sommige mense skertsend “karoo muise”noem,  is die hasies se hokmaatjies.  Oorkant ons het ‘n swetterjoel gemmerkatjies lui die son gesit en bak. 
 

Attachments

  • Brandvlei-20130617-00174.jpg
    Brandvlei-20130617-00174.jpg
    198.2 KB
  • Brandvlei-20130617-00175.jpg
    Brandvlei-20130617-00175.jpg
    187.1 KB
  • Brandvlei-20130617-00176.jpg
    Brandvlei-20130617-00176.jpg
    248.7 KB
  • Brandvlei-20130617-00178.jpg
    Brandvlei-20130617-00178.jpg
    214.5 KB
  • Brandvlei-20130617-00180.jpg
    Brandvlei-20130617-00180.jpg
    355.3 KB
  • Brandvlei-20130617-00181.jpg
    Brandvlei-20130617-00181.jpg
    292.6 KB
Another very descriptive well written report from D R. Thank you for the pleasure. 8)
 
Dit het gevoel asof tyd stilstaan terwyl ons vir ons hamburgers wag.

Later het ek begin kriewelrig voel.  Een van die redes was dat ek ongeduldig begin raak het om te eet.  Die ander was dat  “Afvlerk Spreeu” met 'n skuins jeuprol die buitehof binnegewals het.  Hy het homself ongenooid tuisgemaak by twee stewige manne wat by die ingang gesit het.

Tussen hom, die swetterjoel katte en  swak diens het ons met groot oe na ons hamburgers gekyk toe dit uiteindelik voor ons neergesit word.  In Nismark se oe kon ek sien hy worstel met dieselfde gedagte.  Wat as ons loopmagies kry van hierdie goed?  Met die eerste fynproewershappie kon ons niks vreemds proe nie.  Die tweede happie was heel okey …. En toe ons onsself weer kon kry sit en smul ons behoorlik aan ons "verdagte" burgers.  ;) 
 
Na Brandvlei was die volgende stop op die padkaart Loeriesfontein.

Nismark wou graag vir my die windpompmuseum daar gaan wys.  Die grondpad wat ons uit Brandvlei geneem het na Loeriesfontein was breed,  in 'n goeie toestand en het vele padhobbels gehad wat my lekker laat giggel het.    Ons algemende ryspoed was ‘n gerieflike 106 km per uur.

Op ‘n kol het ‘n groot trok in dolle vaart verby ons gejaag gekom.  Dan raak mens dankbaar dat die pad so breed is.  Iewers het die pad 'n kop uitgekronkel met 'n rotsagtige gedeelte op linkerkant wat my oog gevang het.  Dit het  vir my baie dinge verteenwoordig.  Ek is spyt ons het nie gestop vir ‘n foto nie.  Alles aan die rit was perfek.  Ek het  gewens ons kan vir altyd aanhou ry. 

Dit was lekker om hierdie plaashuis langs die pad te gewaar.  As mens vir heeldag net grondpad en karoobossies sien is dit 'n welkome afwisseling vir die oog. 
 

Attachments

  • IMG-20130617-00182.jpg
    IMG-20130617-00182.jpg
    304.2 KB
Hoe verder ons gery het,  hoe meer het dit na Mof se wereld begin lyk.  (Mof is een van ons forum lede.  Hy boer met Mof skape buite Calvinia.) 

Die verlate Karoo vlaktes se eenvoudige skoonheid bekoor mens maar altyd.  Dit het wyd uitgestrek voor ons gele. 
 

Attachments

  • IMG-20130617-00187.jpg
    IMG-20130617-00187.jpg
    238.2 KB
  • IMG-20130617-00184.jpg
    IMG-20130617-00184.jpg
    210.3 KB
  • IMG-20130617-00185.jpg
    IMG-20130617-00185.jpg
    259.7 KB
Loeriesfontein het ietwat onverwags op die horison verskyn. 

'n Foto sal nooit die bekoorlike prentjie kan vasvang wat ons deur ons oë gesien het. 

Na 'n dag van lae vaal karoobossies, sandkleurige grondpad, en uitgestekte horisonne met 'n heuwel of twee tussen in, het die dorpie vir ons gele en wag asof dit koningkryk uit 'n sprokiesverhaal is.  Dit was goed om weer tekens van die beskawing te sien! 
 

Attachments

  • IMG-20130617-00189.jpg
    IMG-20130617-00189.jpg
    166.1 KB
  • IMG-20130617-00190.jpg
    IMG-20130617-00190.jpg
    162.4 KB
Wat 'n mooi ritverslag.  Jy vertel hierdie storie soos net jy dit kan doen. 

Ek kan nie wag vir die res nie. 
 
Ons het die dorp stadig binnegery.

Dit was skoon en goed versorg.  Van die plaaslike inwoners wat by ‘n vulstasie en kafee was, het ons gegroet met ‘n beleefde kopknik.  Die windpomp museum was toe, maar gelukkig was daar ‘n oop hekkie waarby ons  kon ingaan  om die windpompe van nader te besigtig. 

Op elke windpomp was daar geskrywe van waar af dit afkomstig is.  Die grootste verskil tussen hierdie windpompe en die wat nog in diens op iemand se plaas was, is dat hierdie almal blink gepoets gelyk het! 

Terwyl ons tussen die windpompe rondloop, kom daar ‘n meisietjie van so 7 jaar oud,  na ons toe aangehardloop.  Baie ernstig, in Engels, vertel sy  ons met 'n swaar Afrikaanse aksent dat daar mense is wat ons kan skakel vir ‘n begeleide toer. En poef! Daar draai sy in haar spore om en laat spaander by die tuinhekke uit!  Dit het ons beide met ‘n frons gelaat!  ??? ;)

Hier staan ons fietse buite die windpomp museum 
 

Attachments

  • SAM_0644.JPG
    SAM_0644.JPG
    129.1 KB
  • SAM_0643.JPG
    SAM_0643.JPG
    165 KB
  • SAM_0642.JPG
    SAM_0642.JPG
    160.3 KB
Windpompe net waar jy kyk

(nee ek aanbid nie 'n windpomp nie, ek maak Roefels en Asjas reg vir 'n foto)
 

Attachments

  • SAM_0647.JPG
    SAM_0647.JPG
    135.6 KB
  • SAM_0656.JPG
    SAM_0656.JPG
    204.9 KB
  • SAM_0654.JPG
    SAM_0654.JPG
    152.6 KB
  • SAM_0653.JPG
    SAM_0653.JPG
    185.7 KB
  • SAM_0651.JPG
    SAM_0651.JPG
    146.3 KB
  • SAM_0650.JPG
    SAM_0650.JPG
    204.5 KB
  • SAM_0649.JPG
    SAM_0649.JPG
    122.8 KB
  • SAM_0648.JPG
    SAM_0648.JPG
    170.5 KB
Nog foto's van hoe dit lyk buite die windpomp museum

 

Attachments

  • SAM_0658.JPG
    SAM_0658.JPG
    198.1 KB
  • SAM_0659.JPG
    SAM_0659.JPG
    192.3 KB
  • SAM_0660.jpg
    SAM_0660.jpg
    441.2 KB
  • SAM_0661.JPG
    SAM_0661.JPG
    190.8 KB
  • SAM_0663.JPG
    SAM_0663.JPG
    176.8 KB
Ek sien nou eers die ritverslag van jou Dusty.

Dit het sopas 'n uur van my dag opgekikker en 'n glimlag op my gesig laat krul.  ;D

Sjoe! Jy skryf darem baie mooi, jou beskrywings van wat jy gewaar en wat jy voel is so eerlik en ek sien alles waarvan jy praat in my gedagtes.

Dankie dat jy die tyd geneem het om ons almal so te vermaak en die rit wat jou geliefde Nismark en jy duidelik soveel geniet het. Ek ry beslis verder saam julle  :thumleft:
 
Teen 4 uur se kant, het ons die laaste 80 km Calvinia toe aangepak.  Ek was al lekker lui  en het traag op my fiets geklim om die laaste stuk grondpad vir die dag te ry.  

Stadig maar seker het ons fietse versnel met die geluide van suisende bande en dreunende enjins in ons ore.   (dis ook wat ons meestal gehoor het tydens ons toer.  Dit, mens se eie asemhaling en natuurlik die gesnuiwery!)  

Die pad het begin verander  na ‘n witter gladder pad met uitgedroogte moddergroewe in.  Weereens was ek sommer vies vir myself  omdat ek nog nie ‘n geellensbril gekoop het nie.  Dit het konsentrasie geveg om te kon sien waar ek ry.  (gelukkig het die hele rit tot by Calvinia nie net uit “witpad” bestaan nie)

Ons ry en ry terwyl die skaduwees langer oor die pad kruip.

Nismark stop later en se ek moet iets eet.   (Dit gebeur gewoonlik wanneer ek nie meer so goed ry nie)
 
Rondom ons was dit doodstil.  Al wat mens kon hoor was ons snuif-snuif en die fyn krinkel geluide van die  lekkergoed papiere wat ons oopmaak.  Vir my was dit een van die mooiste stilhouplekke gedurende ons hele toer.  Links van ons het die veld vol bome gestaan.  Op regterkant het ‘n troppie ooie en hul lammetjies rustig teen ‘n koppie gestaan en wei.  Geen foto sou die mooi kon vasvang nie, maar hier is ‘n probeerslag.  

(as jy die foto’s groter maak op jou rekenaar sal jy die wit skaapspikkeltjies en dowwe bome kan sien)
 

Attachments

  • SAM_0666.JPG
    SAM_0666.JPG
    120.8 KB
  • SAM_0667.JPG
    SAM_0667.JPG
    102.5 KB
  • SAM_0670.JPG
    SAM_0670.JPG
    151.3 KB

Latest posts

Top