Lus Vir Koffie? (Nou is die hele reisverhaal klaar gelaai)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ons stop voor die huis om te gaan inteken en ons braaipakkies te kry. 

Net omdat ek maniere geleer is, klim ek van my fiets af om te gaan dagse.  Waar ek gewoonlik geselsies met vreemdelinge aanknoop en dit geniet was ek hierdie keer tjoepstil.  Nismark is saam met oom Giel die huis binne terwyl ek verskoning gevra het om by die vierbeen kleuters te gaan inloer.  Speenvarkies en hanslammers! Hulle het seker gedink ek steek kos agter my rug weg, want hulle was baie nuuskierig.
 

Attachments

  • IMG-20130616-00174.jpg
    IMG-20130616-00174.jpg
    194.4 KB
  • IMG-20130616-00170.jpg
    IMG-20130616-00170.jpg
    174.1 KB
Snuif-snuif het ek teruggestap en weer op Gizmo gaan sit om  die wereld bekyk. 

Reg oorkant my het  ‘n groot koei onderdak gestaan.  Later het ek uitgevind dis haar melk wat die varkies en lammetjies drink. Oom Giel en Nismark het geselsend uit die huis gekom.  Die oom was besig om Nismark aanwysings na die pan gegee het.  Toe oom Giel my op die fiets sien sit, het my so snaakse kyk gegee en voorgestel dat ons liewerste hom pan toe volg op ‘n alternatiewe tweespoor.  So sou ons die groot sandpad vermy. Soos oom Giel dit beskryf het (of soos wat ek dit op daardie stadium gehoor het) het ek in my geestesoog ‘n kniediep sand-en-guis pad gesien. As ons nog 10 kilo’s moes sandry boender ek net daar van die fiets af en slaap sommer net daar! 

Nismark was  lus vir sandry, maar ek dink ek het so oes gelyk dat hy besluit het om liewerste die makliker roete te neem. Oom Giel was ‘n baie oulike gids. Hy waarsku ons teen slote en erdvarkgate en reel dat ons ekstra versigtig moet wees by plekke waar hy sy noodligte aansit.  As daar ‘n moeilike sloot in die pad is sal hulle my help.

Toe ek dit hoor kry ek sommer die heeby jeebies want dit klink na ‘n rowwe pad. Oom Giel trek weg met ons agterna.  En dis fantasies lekker!  Hier en daar het die oom gestop en sy noodligte aangesit terwyl ek probeer uitpluis wat die gevaar is. Ek was meer op die uitkyk vir lae Karoo bossies wat om my rystelwels wou hak!
 

Attachments

  • IMG-20130616-00180.jpg
    IMG-20130616-00180.jpg
    133 KB
Ja die oom Giel het sy hande vol met die bikers. Goeie mense.
Ek is bietjie verwonderd dat heelwat mense teespoed optel op die pad. Was vir my maar n mak paadjie.
Miskien is ryers n bietjie moeg al as hulle daar aankom en is die konsentrasie nie meer so skerp nie .
Ek het groot respek vir daai bike van jou. Kanniedoods.
Gifappelmeter  :imaposer:
Nee wat jy is n toughie  :ricky:
 
subie said:
Ja die oom Giel het sy hande vol met die bikers. Goeie mense.
Ek is bietjie verwonderd dat heelwat mense teespoed optel op die pad. Was vir my maar n mak paadjie.
Miskien is ryers n bietjie moeg al as hulle daar aankom en is die konsentrasie nie meer so skerp nie .
Ek het groot respek vir daai bike van jou. Kanniedoods.
Gifappelmeter  :imaposer:
Nee wat jy is n toughie  :ricky:

Ek stem saam met jou oor die moeg faktor Subie.  Veral as jy in 'n groep ry en jy voel onder druk om by hulle te hou.  Oom Giel hulle is sout van die aarde mense ja.  Die tannie het tot twee lemoene by ons kospakkie gesit.  :)  Ek is baie lief vir albei my fietse.  Hulle word mooi opgepas en kry gereeld 'n speelse klap (die regte woord is maar die engelse pat) op die petroltenk of saal

Net-nou is ek terug dan post ek weer!
xxxxx
 
Dusty Rusty said:
    

Die stupid pad!  

My ma het altyd gesê daar's g'n niks so ding soos 'n stupid vraag nie, net 'n stupid antwoord. En vandat ek adv begin ry het, dink ek dieselfde oor die grondpaaie - maak nie saak hoeveel keer hulle my al omgedop het nie!

Ek kan raai dat Nismark daai stukkie uitdaging met 'n groot glimlag aangepak het  ;D
 
Die son was besig om agter ons te sak terwyl die horison  verander het in ‘n palet van pienk en blou.  Die grondspoor onder ons bande het skielik kliphard geword.  Voor ons le Verneukpan! Dis platter as plat en asemrowend mooi.

(hierdie foto's is  op die grens  tussen plaas en pan geneem, ons gaan nou-nou  pan toe)
 

Attachments

  • IMG-20130616-00189.jpg
    IMG-20130616-00189.jpg
    60 KB
  • IMG-20130616-00187.jpg
    IMG-20130616-00187.jpg
    75 KB
  • SAM_0618.JPG
    SAM_0618.JPG
    53.8 KB
  • SAM_0619.JPG
    SAM_0619.JPG
    47.3 KB
Nee man jy moes die pad gery het.................kyk hoe "style" Gizmo daar in die
sand aan die noorde kant van die Oranjerivier in Namibië.  :ricky:

3873750209_47e5fc46ac_o.jpg
 
Ons parkeer ons fietse voor die karavane wat ons bespreek het.

Ek was verlig.  Dankbaar. Sprakeloos. Verwondered.  Hoe sal ek ooit al die emosies en binnegewoel kan beskryf van daardie oomblik?   Hier staan ek op Verneukpan se droë aarde.  ‘n Plek en toer waaroor ek gedagdroom het in my eenvoudige ou lewentjie, het waar geword.  
 

Attachments

  • SAM_0622.JPG
    SAM_0622.JPG
    96.5 KB
  • IMG-20130616-00190.jpg
    IMG-20130616-00190.jpg
    93.4 KB
Operator said:
Nee man jy moes die pad gery het.................kyk hoe "style" Gizmo daar in die
sand aan die noorde kant van die Oranjerivier in Namibië.  :ricky:

3873750209_47e5fc46ac_o.jpg

nee wraggies, daar wys jy my nou 'n ding of twee.!  Ek sal ook nog eendag so kan ry hoor!  ;)  You just wait and see!
 
Terwyl oom Giel en Nismark die donkie stook het vir warm water het ek nog foto’s geneem met my foon en later met die mik-en-druk.  Foto’s sal nooit die mooiheid en atmosfeer kan vasvang nie, maar dit sal altyd die  herinneringe terugbring.  

Verneukpan het my in verwondering gelaat.  Daar was soveel mooi in die totale niks.  Ons het so ver gery om tot hier te kom.  Ek sou daardie oomblik vir niks verruil nie.    

(van die lig is bietjie skerp in van die foto's, ek los dit egter so as om dit te photoshop)


 

Attachments

  • IMG-20130616-00181.jpg
    IMG-20130616-00181.jpg
    54.5 KB
  • IMG-20130616-00183.jpg
    IMG-20130616-00183.jpg
    71.4 KB
  • SAM_0631.JPG
    SAM_0631.JPG
    40.6 KB
  • SAM_0634.JPG
    SAM_0634.JPG
    38.3 KB
Met sterk skemer is oom Giel terug huis toe.  Ons het die laaste van die daglig geniet en na die legendariese klok toe gery.  Ek kan verstaan hoekom die plat stuk aarde so ‘n lekker jaagwereld uitmaak.  Nismark het uitgelate sy fiets oor die pan laat brul terwyl ek bedees en moeg by die klok my staan en verkyk het aan die sonsondergang.  Ek was verbaas om te sien dat  klok so aan die kamp area is.  Ek het altyd gedog dis diep op die pan weggesteek.  

(as jy mooi kyk, sal jy die stofstrepie sien wat Nismark op sy motorfiets agterna jaag)

 

Attachments

  • IMG-20130616-00192.jpg
    IMG-20130616-00192.jpg
    96.7 KB
  • SAM_0639.JPG
    SAM_0639.JPG
    67 KB
  • SAM_0638.JPG
    SAM_0638.JPG
    56.6 KB
  • IMG-20130616-00197.jpg
    IMG-20130616-00197.jpg
    72.9 KB
  • IMG-20130616-00196.jpg
    IMG-20130616-00196.jpg
    73.5 KB
  • IMG-20130616-00195.jpg
    IMG-20130616-00195.jpg
    81.9 KB
  • IMG-20130616-00194.jpg
    IMG-20130616-00194.jpg
    63.8 KB
  • IMG-20130616-00193.jpg
    IMG-20130616-00193.jpg
    56.1 KB
  • SAM_0620.JPG
    SAM_0620.JPG
    50.5 KB
Die donkie se water was heerlik warm toe ons terugkom by die kamp en n fantastiese stort was in orde. 

Daarna het ons stoksiel alleen in die kuierarea gaan sit en die vuur begin stook.  Met sononder het die koue besluit om by ons te kom kuier en ons kon voel hoe dit oor die pan na ons toe aangegalop kom.  Alhoewel ons nog ‘n voertuig en tent aan die ander kant van die “kuierkraal” gesien het, was die kampeerders nerens te bespeur nie.

Die streepsak vol hout het vinnig gesak.  Van voor het die vuur se hitte ons warm drukkies gegee, terwyl die koue lug ons rue gekrap het met ysige vingers. 

Behalwe vir die vuur se gekletter was dit doodstil.  Nie eers ‘n kriek het gekriek nie!  Ons het honger langs die vuur gesit, en na dag drie, nog steeds gesit en snuif! 

Ons braaipakkies was ‘n feesmaal! Ribbetjie chops, 2 soorte wors, aartappelslaai, knoffel-en-kaas brood en groenslaai.  In die sak was nog twee lemoene wat die tannie vir ons ingepak het. 

Nadat ons klaar geeet het, het ons die orige hout op die vuur uitgegooi, nader geskuif en die laaste hitte probeer absorbeer.  My armes was lam na die dag se ry (eeerrrmmm deathgrip  ;)) .  Daarna het ek pens en boodtjies in my karavaanbedtjie gaan le wat vir ‘n 5 jarige gemaak is.  Doewy oor die kop het ek my nota’s vir die dag op my foon probeer intik.  Dit was moeilik om wakker te bly!
 

Attachments

  • IMG-20130616-00199.jpg
    IMG-20130616-00199.jpg
    94.8 KB
Dag 4:  Verneukpan - Calvinia 

Dis koud.  Ek wil nie my kop onder die beddegoed uitsteek nie. Ek loer na buite.  So dis hoe die pan in  lyk!  
 

Attachments

  • IMG-20130617-00218.jpg
    IMG-20130617-00218.jpg
    95.4 KB
Ek neem die wilddogpuppies vir ‘n vinnige fotosessie.
 

Attachments

  • IMG-20130617-00211.jpg
    IMG-20130617-00211.jpg
    116.4 KB
  • IMG-20130617-00212.jpg
    IMG-20130617-00212.jpg
    124.2 KB
  • IMG-20130617-00202.jpg
    IMG-20130617-00202.jpg
    110.2 KB
  • IMG-20130617-00217.jpg
    IMG-20130617-00217.jpg
    114.7 KB
Daarna word koffie en hawermoutpap gemaak en ons ontbyt op die pan. 
 

Attachments

  • IMG-20130617-00220.jpg
    IMG-20130617-00220.jpg
    112.4 KB
  • IMG-20130617-00221.jpg
    IMG-20130617-00221.jpg
    110 KB
  • IMG-20130617-00222.jpg
    IMG-20130617-00222.jpg
    97.8 KB
  • IMG-20130617-00223.jpg
    IMG-20130617-00223.jpg
    107.6 KB
Na dit gaan was ek skottelgoed terwyl Nismark die motorfietse pak vir die dag se rit. 

Die ysterperde  was al lankal gelaai toe sukkel ek nog met die skottelgoed.  Die water was  blooming koud!  My vingers het gebrandpyn en die wassery  het stadig gegaan.  Later het  Nismark kom kyk hoekom ek so draai. Nadat hy gevoel het hoe ysig die water is, het hy my jammer gekry en die skottelgoed klaar gewas.  Aaaaaaw!  Is ek ‘n gelukkige meisie of wat?!

Hier's nog foto's van die kampeer area
(die kuierkamp)
(die foto waarin die bont materiaal is, is Verneukpan se "badkamers"
(die donkie kontrepsie)
(die dam le net agter die pan, (of sal ek nou liewerste se voor? ;)) op die plaaskant van die heining)
 

Attachments

  • IMG-20130617-00230.jpg
    IMG-20130617-00230.jpg
    90.5 KB
  • IMG-20130617-00229.jpg
    IMG-20130617-00229.jpg
    139.5 KB
  • IMG-20130617-00228.jpg
    IMG-20130617-00228.jpg
    128 KB
  • IMG-20130617-00227.jpg
    IMG-20130617-00227.jpg
    100.5 KB
  • IMG-20130617-00226.jpg
    IMG-20130617-00226.jpg
    132.8 KB
  • IMG-20130617-00225.jpg
    IMG-20130617-00225.jpg
    123.3 KB
  • IMG-20130617-00224.jpg
    IMG-20130617-00224.jpg
    111.2 KB
Voordat ons padvat Brandvlei toe ry ons vir oulaas ‘n draaitjie op die pan.
 

Attachments

  • IMG-20130617-00231.jpg
    IMG-20130617-00231.jpg
    101.2 KB
  • IMG-20130617-00232.jpg
    IMG-20130617-00232.jpg
    91.9 KB
  • IMG-20130617-00233.jpg
    IMG-20130617-00233.jpg
    95.2 KB
By die plek waar die landspoedwereldrekord  opgestel is, ontmoed ons ons mede reisigers.  Hulle toerplanne het nog Zimbabwe ingesluit.  

(die laaste drie foto's het ek per  epos van hulle ontvang, ons was glad nie bewus van die foto's wat van ons op die pan geneem is nie)    
 

Attachments

  • IMG-20130617-00164.jpg
    IMG-20130617-00164.jpg
    100.7 KB
  • IMG-20130617-00165.jpg
    IMG-20130617-00165.jpg
    130.7 KB
  • IMG_2073.JPG
    IMG_2073.JPG
    37.9 KB
  • IMG_2091.JPG
    IMG_2091.JPG
    72.8 KB
  • IMG_2097.JPG
    IMG_2097.JPG
    151.5 KB
Die “hoofpad” wat ons uit die pan gelei het was kliphard, met droe, uitgetrapte voertuigspore.  Op ‘n kol moes dit baie modderig gewees het! 

Die sandpad was toe nie so erg soos wat ek gevrees het dit gaan wees nie.  (maar ek was op my hoede) Ja, plek-plek het ek deur die dik sand gewaggelstap met ‘n benoude hartklop, maar ek het mooi op my fiets gebly.  Toe kom die sandwalle.  Nismark het my glad nie aangejaag nie en ek kon sonder druk ry.  Langs een van die sandwalle het ‘n alternatiewe ompad geloop wat ons gevolg het.  Ook maar goed so, want die ander kant van die wal was lelik weggekalwe.    As mens daar aftuimel kan dinge lelik raak. 

Ons steek soutkolle verby, ry oor ‘n bultjie en gaan gee sleutels by oom Giel-hulle af.  Op oom Giel se aanbeveling verander ons die roete vir die dag.  Ons sou nou ‘n klein bietjie van gister se pad ry na ons eerste stop vir die dag, Brandvlei. 
 
Dit was vreemd.

Dit  was dan glad nie so uitdagend soos die vorige dag nie.  Behalwe vir dit, het alles anders gelyk.   ??? Ek was oortuig daarvan;  ons ry ‘n ander pad!  Gister was dan so ‘n gesukkel en nou is dit so maklik!

Daar was een of twee uitdaghende sanddriffies waardeur ons versigtig gery het.  Na dit het ons lekker begin ry.  
 

Attachments

  • IMG-20130617-00166.jpg
    IMG-20130617-00166.jpg
    134.3 KB
  • IMG-20130617-00167.jpg
    IMG-20130617-00167.jpg
    182.6 KB
  • IMG-20130617-00168.jpg
    IMG-20130617-00168.jpg
    237.5 KB
  • IMG-20130617-00169.jpg
    IMG-20130617-00169.jpg
    174.8 KB

Latest posts

Top