Maluti Avontuur

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hentie bm

Race Dog
Joined
Feb 14, 2008
Messages
4,799
Reaction score
0
Location
Somerset West
Bike
AJS (all models)
  PERS VRYSTELLING

Die fees

Die manne van Woema en XKULCHA bied met trots aan die eerste buitelugavontuur vir motorfietsryers in samewerking met ‘n plaaskultuurfees wat ‘n webgreekgeleentheid bied vir die hele familie. Die dorpie is Clocolan in die Oos-Vrystaat wat lê aan die voete van die Malutiberge in die beeldskone toeristesdistrik van Clarens, Rosendal, Ficksburg en Fouriesburg.



Anders as enige ander motorfiets-saamtrek op die motorfietskalender, bied hierdie motorfiets-saamtrek avontuurritte na eksotiese bestemmings deur gekwalifiseerde groepleiers en vaardigheidswerkswinkels vir motorfietsryers van alle vaardigheidsvlakke. Ons fees maak spesifiek voorsorg vir vroue motorfietsryers met ‘n “slegs vroue” avontuurrit.  Vir die familie is daar hope vermaak by die Plaaskultuurfees met aantreklikhede soos tradisionele plaaskos, vermaaklikheidskunstenaars, ‘n verskeidenheid van werkswinkels, ‘n boere mark en ‘verskye demonstrasies.

Akkommodasie

Ons fees bied ‘n unieke eg plattelandse akkommodasie ervaring aan vir families wat vooraf bespreek. Besoekers sal geakkommodeer word deur plaaslike boere, gastehuise, wildsplase en dorpsmense wat ware plattelandse gasvryheid bied. Borge sal eerste keuse hê om akkommodasie van hulle voorkeur te kies.

Motorfietsaktiwiteite

1.      Ekskursies en avontuurritte van alle vaardigheidsvlakke na omringende dorpies, die Korannaberge, wildsplase, Modderpoort, kersieplase  ens in.

2.      Avontuurritte vir slegs vroue

3.      Motorfietsvaardigheidskursus aangebied deur Jan (Staal) du Toit

4.      veteraan motorfietsuitstalling

5.      Stunt riders 

6.      Sondagoggend ontbytrit na ‘n verassingsbestemming gevolg deur ‘n plaasontbyt voor almal die langpad vat



Kontakpersone

Preston van Wyk sell: 083 450 9864      e-pos: [email protected]

Coetzee Zietsman sell: 082306 3475    e-pos: [email protected]

Theunis Nel: sell: 083 627 0575            e-pos: [email protected]
 
Top