Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
mooi ondervinding van mooi mense, gooi nog
 
Groot respek vir Michelle. As ek kan vra is sy gelukkig met die Schuberth op die trip ? Ek wil graag vir my vrou een koop, maar wonder of dit nie warm is vir n off-road trip nie.
 
Grensvegter said:
Groot respek vir Michelle. As ek kan vra is sy gelukkig met die Schuberth op die trip ? Ek wil graag vir my vrou een koop, maar wonder of dit nie warm is vir n off-road trip nie.

[member=5499]Grensvegter[/member] , sy is mal oor haar Schubert, het wel die chin guard uitgehaal. By gese haar oe is bietjie sensitief vir wind. En van die Schubert is haar oe fine aan die einde van die dag. Dink wat lekker is, dis 2 sekondes as ons stop, is die helmet oop geflip...
 
Bikerboer1973 said:
Gaan my vrou die post wys wat julle met daai X country maak!

hehehe [member=17903]Bikerboer1973[/member] ... as dit julle ene laat soek... net n bewys dat die klein fietse kan  :ricky:
 
Dag 3, Kubu Island to Planet Boabab, 173 km

Voor son op is ons op en geniet boere troos en beskuit. Die plan is om sonop oor die panne te sien. Dis regtig een van die mooiste son opkomste wat ek al beleef het, seker omdat dit saam Michelle was…
 

Attachments

  • 20180810_064714.jpg
    20180810_064714.jpg
    404.2 KB
  • 20180810_060334.jpg
    20180810_060334.jpg
    157.3 KB
  • 20180810_070517.jpg
    20180810_070517.jpg
    169.7 KB
  • 20180810_065219.jpg
    20180810_065219.jpg
    222.9 KB
  • 20180810_070045.jpg
    20180810_070045.jpg
    125.8 KB
Nog een van my favourite fotos...  :thumright:
 

Attachments

  • 20180810_071350_HDR.jpg
    20180810_071350_HDR.jpg
    319.8 KB
Oppad terug kamp toe sien ons Leo en sy vriende kring, hulle is besig om te overland met n paar 4x4’s. Lekker om mense te sien so ver van die huis af…

Met al die geselsies sit die son al hoog, bietjie van n concern want om van die panne af te kom is sanderige en ons gaan dit in die warmste gedeelte vn die dag ry.

Die eerste gedeelte is die pad mooi, 2 spoor, maar mooi harde gruis. Stop by die Makgadigadi Adventure Camp. Van daar wissel die pad, 2 spoor is konstant, maar die sand is van maklik tot lekker dik sand…
 

Attachments

  • 20180810_090442.jpg
    20180810_090442.jpg
    190.3 KB
  • 20180810_092010.jpg
    20180810_092010.jpg
    182.8 KB
  • 20180810_093558.jpg
    20180810_093558.jpg
    211.9 KB
  • 20180810_095114.jpg
    20180810_095114.jpg
    376.8 KB
8)
 

Attachments

  • 20180810_102509.jpg
    20180810_102509.jpg
    245.8 KB
  • 20180810_095455.jpg
    20180810_095455.jpg
    241.9 KB
Langs die Sau panne af, is die pad n 2spoor sand pad, n paar km lank… n mens kom so in n ritme in dat jou lyf net survive. Na n ruk kan n mens nie onthou want jy 2 sekomdes terug gedoen het nie… moer scary as ek so ry, en natuurlik tel die pas op. was bietjie versigting vir dit. As dinge verkeerd gaan, gaan die eksponensieel verkeerd.

Ons stop onder n boom ons vir lunch - biltong, soutkoekies en vir poeding toffies en winegums. 
 

Attachments

  • 20180810_105258.jpg
    20180810_105258.jpg
    207.4 KB
  • 20180810_110240.jpg
    20180810_110240.jpg
    271.1 KB
  • 20180810_110258.jpg
    20180810_110258.jpg
    192.9 KB
Die laaste seker 40km was die laangste 40km ooit vir Michelle, sy het 2 valle gehad, die laaste ene weer hard. Moes die XCountry se handle bars reguit buig…

Die moeilikheid was as jy die regterkanste baan ry van die 2 spoor, en jou hand van die throttle afhaal as die doring takke kom, en dan dip die fietse neus en n mens is lekker besig om die fiets te stoei. So besluit om links te hou, maak nie saak hoe dik die sand is nie, maar die baan kan ons darm constant throttle hou in die sand.
 

Attachments

  • 20180810_115658.jpg
    20180810_115658.jpg
    118 KB
  • 20180810_121227(1).jpg
    20180810_121227(1).jpg
    274 KB
  • 20180810_122721.jpg
    20180810_122721.jpg
    204.5 KB
Shame Michelle kon nie glo dat die 40km so stadig aftik nie, maar ons moes aanhou. Het baie gestop en gerus.

Laat middag kom ons by die teerpad aan, FINALLY.  Weet nie wie was meer verlig nie… larf die volgende paar fotos… kon sweer Michelle was crazy - daai as n mens mal laf is as jy by ver moeg verby is… terwyl ek bande oppomp vir die teer Planet Boabab toe.

Die teerpad het 2 sulke lelike grond patches. Die trokke ry moer vinnig oor dit met sulke huge wit stof wolke, kan niks sien.
 

Attachments

  • 20180810_140744.jpg
    20180810_140744.jpg
    406 KB
  • 20180810_141016.jpg
    20180810_141016.jpg
    384.6 KB
  • 20180810_141031.jpg
    20180810_141031.jpg
    442.1 KB
  • 20180810_140009.jpg
    20180810_140009.jpg
    317.7 KB
  • 20180810_141014.jpg
    20180810_141014.jpg
    383.8 KB
By Planet Boabab word ons gegroet deur die vriendlikste staff, en vinnig het ons n kamp plek en in minute is daar n kamp opgeslaan en toe die lekkerste ding vir die dag – n stort!

 

Attachments

  • 20180810_155739.jpg
    20180810_155739.jpg
    288.4 KB
  • 20180810_155808.jpg
    20180810_155808.jpg
    302.7 KB
  • 20180810_170106.jpg
    20180810_170106.jpg
    440.5 KB
  • 20180810_171300.jpg
    20180810_171300.jpg
    268.8 KB
Ons gaan kry koue drinks en gaan explore n bietjie. Michelle larf mos boababs. Kom om n lekker hangmat onder een van die bome, en ons siesta n rukkie. Daai Boababs is regtig impressive! En die eekkorinkies is ook baie oulik.
 

Attachments

  • 20180810_173100.jpg
    20180810_173100.jpg
    397.9 KB
  • 20180810_172350.jpg
    20180810_172350.jpg
    224.2 KB
  • 20180810_172343.jpg
    20180810_172343.jpg
    231 KB
  • 20180810_172834_HDR.jpg
    20180810_172834_HDR.jpg
    431.7 KB
  • 20180810_172801.jpg
    20180810_172801.jpg
    250.8 KB
  • 20180810_172330.jpg
    20180810_172330.jpg
    166.5 KB
  • 20180810_172004.jpg
    20180810_172004.jpg
    334.7 KB
Ons besluit ons is lui, en gaan by die restaurant eet, wyse keuse.
 

Attachments

  • 20180810_174600_HDR.jpg
    20180810_174600_HDR.jpg
    354.2 KB
  • 20180810_182155.jpg
    20180810_182155.jpg
    191.3 KB
  • 20180810_182456.jpg
    20180810_182456.jpg
    330.6 KB
  • 20180810_184022.jpg
    20180810_184022.jpg
    196.3 KB
  • 20180810_184033.jpg
    20180810_184033.jpg
    175.8 KB
En vat weer die langpad terug kamp toe, die boababs is verlig van onder en dis beautiful.
Die aand slaap ons soos babas, geen wind die aand en laat die volgende more, dis ons rus dag…
 

Attachments

  • 20180810_201651.jpg
    20180810_201651.jpg
    156.9 KB
  • 20180810_202212.jpg
    20180810_202212.jpg
    123.5 KB
  • 20180810_202308.jpg
    20180810_202308.jpg
    160 KB
Alwyn as jy eendag wil groot geld maak dan vat jy Michelle se smile en verpak dit in botteltjies en verkoop dit.
Jy sal miljoene maak. :deal:
Sy het n sonskyn, kikker jou dag op smile!! :thumleft:
Lekker moeilike trip wat julle saam beleef het.
 
Fantasties Alwyn en jy het ‘n yster van ‘n vrou - respek! :thumleft:
 
Top