Marico Scenic Ride - Ride Report.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ThysBasson

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
965
Reaction score
0
Location
Zeerust - North West
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek, met my GSA, Jandup met sy Cagiva 900 en 'n vriend, Frans met sy Honda CRF450, het net na 6 uur saterdag oggend vertrek op 'n ongelooflikke ervaring.

Ons reguit Marico-oog toe, waar ons op 'n paar duikers afgekom het wat die gat verken het, en daar koffie gedrink.

Vandaar is ons na die Bokkraal Waterval Adventure Kamp. Hier is een van 2 groeiende watervalle in Suid Afrika.
Dit is 'n pragtige plek en idiaal vir ons ryers om te kamp en te kuier. Die mooiste natuur skoon wat jy kan kry, kampeer plek en huisies om te oornag.

Vertrek verder na Swartruggens. Hier het ek my eerste 180 grade mudslide gedoen, nie uit vrye wil nie, maar ten aanskoue van die ander twee. "Hy's deur, hy's deur....o f*k daar lê hy....." "Jy was deur, nou gaan val jy anderkant die gat."

Met hulle ligte bikes is hulle maklik deur, ek, inteendeel met 20 liter petrol ekstra en al die ander kit, was bietjie swaar en daar kom my agterwiel by my verby. Wat 'n ervaring. Ek val my gat af en Frans jaag nog so paar keer deur die gat met sy Honda.

Verder na Swartruggens vir nog petrol en toe deur na Madikwedorp oppad na die Molatedi Dam. Oppad kry ons toe nog 4 ouens op hulle scramblers wat van Rustenburg af gekom het.

Stop by Molatedi se koeka shop vir koeldrank.

Daarna na die dam vir middagete. Ons braai 'n lekker russian worsie wat Jandup by die kerk gekoop het.
Molatedi is nog ver van oorloop af, daardie gebied het nie so baie reen gehad nie, maar die paaie is maar sleg verspoel. Baie dele van die eens geskraapte paaie word kolle 2 spoor paadjies.

Vannaf die dam ry ons suid na Skuinsdrif. Die weer steek op, maar beweeg langs ons verby.

Ons was net voor donker by die huis na so 360km. So 290km grondpad en res was teer.

Die natuurskoon langs die roete was pragtig. Al die riviere en spruite is in vloed.





 

Attachments

  • faceDSC_0010.JPG
    faceDSC_0010.JPG
    205.4 KB
  • faceDSC_0021.JPG
    faceDSC_0021.JPG
    194.6 KB
  • faceDSC_0041.JPG
    faceDSC_0041.JPG
    220.9 KB
  • faceDSC_0053.JPG
    faceDSC_0053.JPG
    248.9 KB
  • faceDSC_0006.JPG
    faceDSC_0006.JPG
    239 KB
Nog fotos
 

Attachments

  • faceDSC_0063.JPG
    faceDSC_0063.JPG
    205.5 KB
  • faceDSC_0074.JPG
    faceDSC_0074.JPG
    286.7 KB
  • faceDSC_0075.JPG
    faceDSC_0075.JPG
    275.1 KB
  • faceDSC_0088.JPG
    faceDSC_0088.JPG
    223.8 KB
  • faceDSC_0106.JPG
    faceDSC_0106.JPG
    264.3 KB
dankie Thys...lekker....sal volgende keer dit maak. :thumleft:
 
Nog fotos
 

Attachments

  • faceDSC_0114.JPG
    faceDSC_0114.JPG
    194.7 KB
  • faceDSC_0160.JPG
    faceDSC_0160.JPG
    188.7 KB
  • faceDSC_0154.JPG
    faceDSC_0154.JPG
    228.8 KB
  • faceDSC_0138.JPG
    faceDSC_0138.JPG
    248.9 KB
  • faceDSC_0114a.JPG
    faceDSC_0114a.JPG
    225.3 KB
Nog fotos
 

Attachments

  • faceDSC_0174.JPG
    faceDSC_0174.JPG
    227.2 KB
  • faceDSC_0177.JPG
    faceDSC_0177.JPG
    264.9 KB
  • faceDSC_0198.JPG
    faceDSC_0198.JPG
    168.3 KB
  • faceDSC_0223.JPG
    faceDSC_0223.JPG
    167.7 KB
  • faceDSC_0226.JPG
    faceDSC_0226.JPG
    166.3 KB
Mooi foto's. Lekker baie lekker. Dankie Thys  :thumleft:
 
Thys jou foto's is uit die heel boonste rakke!!  :drif:

Moerse mooi area daai! 

Dankie virrie deel!  :thumleft:
 
Nice one & great pics - always lovely roads out that way!! :)
 
jou beste pic ever is daai ene van Carrots met sy hande in die lug...hy het dit opgeblaas, gelamineer, (matt) en dit lyk pragtig...regtig  :thumleft:
 
laurika said:
jou beste pic ever is daai ene van Carrots met sy hande in die lug...hy het dit opgeblaas, gelamineer, (matt) en dit lyk pragtig...regtig  :thumleft:

Jy is reg, dit is 'n nice foto, het hy nou aangegaan oor daai foto, dis net nie waar nie.
 
GRUNT said:
Baie mooi fotos :thumleft: Daai Jandup is darem maar 'n lang bliksem!!!
Lyk my hy smile ook nie graag nie!!
Wil so n ou aan my sy hê in n fight. Kyk sommer die ouens moertoe!!! :deal:
 
Thys dankie vir saterdag dit was baie lekker,jy moet net volgende keer gouer afneem dat die klomp sien ek kan ook glimlag.
Ons kan maar gou weer so maak.
 
Top