n Tyd gelede ,vra my swaer my om hulle te vergesel op n trip deur die Karoo ;ek op die motorfiets en hulle in die Amarok.Hy wou n slag die agterpaaie en grondpasse van die Karoo met die Amarok aandurf.Hulle van Saolburg,ek van Montagu sou mekaar een warm Sondagmiddag op Calitzdorp ontmoet en vandaar die stryd aanknoop.Die passe op sy lysie was: Swartberg,Rammelkop,Ouberg,Gannaga.
Ekself was nog nooit oor Rammelkop nie en ek raadpleeg vir ChrisL.Sy raad is om die pad tussen Merweville en Sutherland net nie te ry as dit nat is nie.Die aarde in die geweste is horingdroog en verskroei en jy kan maar die raad ignoreer.Sondag is ek effe vroeg vir ons Calitzdorp afspraak en en gaan maak sommer n draai by Karoo Rider op Ladismith om bietjie meer van Rammelkop uit te vind .
Later die middag ontmoet ek my reisgenote : swaer Eben en Piet en sy vrou,Riki.Hulle het die vorige aand in die Karoo Nasionale Park oornag.Die Amarok is tot die tande gewapen om enige teestand die hoof te bied Hulle slaap in n gastehuis en ek kamp in meer nederige styl by die Ou Stasie.Daars n paar ou pomptrollies ingeval jy n bietjie op die stasie wil rondpomp.