MMC 2010 Reunie loop skeef......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
8 Vriende van Naboom en Pretoria het saam met die bikes na Greytown gery om die Mighty Men 2010 by te woon.  Daar het Koos belowe dat die Pta klomp een naweek Bosveld toe sal ry om 'n dag die Waterberge saam ons te verken.

Na 2 jaar en 'n bietjie bel Koos en reël dat hy en James die naweek deurkom dan maak ons so.  Ek beplan toe so 'n lekker roete deur die Bosveld van Naboom na Marken, Ellisras, Thabazimbi, Warmbad en Naboom, en betyds terug om te sien hoe die Sharks die Stormers wen....

Vrydag aand lekker gekuier en die volgende oggend die 3 ander manne van Naboom by die Wimpy ontmoet.

Fotos 1:  Die MMC groep: Sampie, James, Ben, Koos, Piet en Philip (Duster)
        2:Sampie gooi sous.
        3: Ben met sy MMC 2010 hoed op.
4 en 5:Maak gereed om te vertrek.
 

Attachments

  • DSC01035 - Copy.JPG
    DSC01035 - Copy.JPG
    256.8 KB
  • DSC01036 - Copy.JPG
    DSC01036 - Copy.JPG
    173.1 KB
  • DSC01037 - Copy.JPG
    DSC01037 - Copy.JPG
    262.8 KB
  • DSC01038 - Copy.JPG
    DSC01038 - Copy.JPG
    228.8 KB
  • DSC01039 - Copy.JPG
    DSC01039 - Copy.JPG
    224.1 KB
Die roete is so 550km vir die dag, en aangesien ek die enigste dual purpose bike het, is alles teerpad.

Koos waarsku ons egter net voor ons ry, dat hy so 15km na ons vertrek het, net wil stop om sy BMW R1100 RS geluk te wens met haar 180 000km verjaardag.  Met groot verwagting trek ons weg met Koos voor om betyds te stop vir die nodige fotos en gelukwensings.

Die ander fotos van die manne se wiele.
 

Attachments

  • DSC01040 - Copy.JPG
    DSC01040 - Copy.JPG
    237.5 KB
  • DSC01041 - Copy.JPG
    DSC01041 - Copy.JPG
    235.5 KB
  • DSC01042 - Copy.JPG
    DSC01042 - Copy.JPG
    252.5 KB
  • DSC01043 - Copy.JPG
    DSC01043 - Copy.JPG
    291.3 KB
  • DSC01044 - Copy.JPG
    DSC01044 - Copy.JPG
    282.3 KB
By die Sterkrivier afdraai, draai ons in die berge in, endis rerig awesome pad om te ry.  Lekker kort draaie en lank sweepers.  Ek ry voor omdat ek die roete gekies het.  By die Tinmyne se afrit word die teerpad ongelukkig grond, en ons draai daar regs om later weer by die Potties/Marken pad aan te sluit.  Daar trek die rokers ons aandag, die longe roep vars rokies!!!
 

Attachments

  • IMG01406-20120728-0902.jpg
    IMG01406-20120728-0902.jpg
    467.7 KB
  • IMG01407-20120728-0903.jpg
    IMG01407-20120728-0903.jpg
    443.9 KB
  • DSC01043 - Copy.JPG
    DSC01043 - Copy.JPG
    291.3 KB
160km na ons vertrek het, stop ek in Marken, by die T-aansluiting waar ons links draai Ellisras toe.  Maar Piet met sy 900 Yammie Diversion kom met so 'n spoed langs my in dat ek skrik.  Al wat hy sê is dat Koos 'n vlakvark raakgery het en hard geval het.  Ek het nog gewonder wat gebeur het, toe is Piet al omgedraai en oppad terug.  Ryvolgorde was ek voor, James, Ben, Koos, Piet en Sampie wat sweeper was.

Ons draai gou om en jaag terug.  Koos se bike het in die middel van die pad op sy linkersy gelê, en Koos ook, maar op sy regtersy, so 20m uitmekaar uit.

Die vlakvark is agter Ben tussen die groep deur en het net voor Koos se wiel verby gekom, toe vang die wiel hom reg op die pens.  Die skielike stop het die BMW se vurke gebreek, die wiel teen die enjin vasgedruk, Koos oor die stuur geslinger, terwyl die vark se momentum die voorwiel onder die fiets uitgehardloop het.  Dis hoekom die fiets op sy linker sy geland het.  Sampie het dadelik by Koos gestop, maar hy was bewusteloos.

James het Koos se kop vasgehou om te verhoed dat Koos dit beweeg, want ons het nog nie geweet wat fout is nie.  Intussen het Sampie Marken NTK toe gejaag en hulp ontbied.  Koos is 'n lid van Crisis on Call en die nodige oproepe is gemaak.

Marken se plaas reaksie is rerig op die boll, want 'n halfuur later was daar afsperrings, komberse vir Koos en radios wat roep en manne wat verkeer beheer.  Duisende dankies aan almal wat daar ondersteun het.  Die naaste ambulans is Ellisras, 70km ver, maar Crisis on Call werk deur Netcare, en hul naaste ambulans was Polokwane, 160km ver.

Om 'n lang storie kort te maak, 1 en driekwart uur later is Koos oppad Ellisras Privaat hospitaal toe sodat hy stabiliseer kan word voor hy na 1 Mil oorgeplaas kan word.
 

Attachments

  • DSC01045 - Copy.JPG
    DSC01045 - Copy.JPG
    455 KB
  • DSC01046 - Copy.JPG
    DSC01046 - Copy.JPG
    269.6 KB
  • DSC01047 - Copy.JPG
    DSC01047 - Copy.JPG
    331.5 KB
  • IMG01408-20120728-1142.jpg
    IMG01408-20120728-1142.jpg
    113.8 KB
  • IMG01409-20120728-1142.jpg
    IMG01409-20120728-1142.jpg
    209.1 KB
Hoop hy is OK, dis 'n helse groot vark daai, hoop julle maak vir hom 'n trofee van die vark, lekker groot tande
Sterkte daar  :thumleft:
 
James het agter die ambulans aangery Ellisras toe, Ben en Piet het besluit om terug te ry huistoe, aangesien ons besluit het om nie met die roadtrip voort te gaan nie.  Ek en Sam,pie het by die BMW gebly totdat goeie vriende van my al die pad gery het om die fiets met 'n sleepwaentjie terug te neem Naboom toe.  Christo en Erna, julle is 2 sterre, e nons is dankbaar vir jul bydrae.

Ek en Sampie is toe ook Ellisras toe, en by die hospitaal gekom, gehoor hy is in vir x trale en die dr is besig om te kyk vir erge beserings.

Die uiteinde is dat Koos om 17h00 na Pta afgevoer is.  Ek, James en Sampie het toe Vaalwater toe gery en die donker het ons halfpad tussen Vaalwater en Nylstroom op daai simpel "stop/go" pad gevang.  Op Nylstroom eers bene gerek en probeer ontspan na die martelpad, en 19h05 by Gekcos in Naboom gestop waar ons gehoor het die Sharks het werklikwaar gewen!!  Na die dag se spanning en wag en alles, was die uitslag half sonder betekenis.

Stoffies het ons daar kom ontmoet, saam 'n bier of 2 gedrink en besluit "to call it a day".
 

Attachments

  • DSC01049 - Copy.JPG
    DSC01049 - Copy.JPG
    306.9 KB
  • DSC01048 - Copy.JPG
    DSC01048 - Copy.JPG
    293.3 KB
  • IMG01410-20120728-1514.jpg
    IMG01410-20120728-1514.jpg
    250.4 KB
Sterkte aan Koos, daai laaste foto lyk hy heel goed as mens in ag neem wat hy deur is?.
Hoop hy herstel gou!
 
Ek, Stoffies en James het 'n rustige, vroeë aand gehad en vanoggend James se fiets langs die BMW op die trailer gelaai en Pta toe gery.  By 1 Mil hosp was ons betyds vir besoektyd, en dankie Vader, Koos is ok.  Niks gebreek nie, net baie kneusings en seer spiere.

Die regte klere en goeie helmet, was beslis sy redding. En sy handskoene!

Stoffies, dankie vir al die bel om te hoor of ek ook ok is, en of jy moet ry om te kom help, jy is werklik my ster, en jy maak die verskil in my lewe.  Dit kon so maklik enige van ons ander gewees het!  Aan almal wat so baie gebel en reëlings getref het, Murry &Roberts se Eric wat al die pad van Matimbu af gejaag het om Koos te help stabiliseer, aan Manie, Rudi, ds Hannes, Mary, Christy (die wat ek kan onthou) julle het elkeen 'n verskil gemaak.  En natuurlik Crisis on Call en Netcare, julle was stunning.

ATGATT, my oë het oopgegaan!!!!!

Koos, sterkte en weet daar is 'n 2de kans.....!!

Ja Dual, ons het die kop gehou en een van die boere het dit gevat en gesêhy sal dit laat opstop vir Koos.  Daai ouens van Marken is merkwaardig.  As Koos weer op 'n fiets sit, gaan ons vir hulle kuier en 'n groot partie hou.
 
Sou 'n wonderlikke trippie gewees het! Jammer vir daai ongeluk. Hoop Koos se beserings is gering en dat hy 'n volle herstel sal maak !
 
What a horrible thing to happen.  Glad he is OK.  ATGATT rules for sure. Send him strongs
 
Sterkte met die herstel van al die kneus plekke! Soe dit kan so vinning met enige ou gebeur
 
OI!!! Dis nie lekker nie! Sterkte met die herstel!
 
GRUNT said:
Eish! so vark! sterkte Koos :thumleft:

Hier is moer baie varke in die omgewing, veral hierdie jaar. Die goed teel verskriklik vinnig aan as dit goed reen en een sog kry sommer 'n hele paar kleintjies. Wanneer dit droër word in die winter, kom hulle uit die veld opsoek na weiding in die padreserwe. Dis dom goed en onvoorspelbaar in hoe hulle reageer wanneer hulle skrik. Dis altyd my grootste vrees op die paaie hier rond. Bly julle het so lig daarvan afgekom. Hoe vinnig het julle gery? (wees eerlik :mwink:)

Ek het al 'n bees doodgery met die plastic bike so 40 km van julle ongeluk af, in die trustgebied. Een knieg moertoe.
 
Dankie almal.  Was gister by Koos in 1 Mil Pta, dit gaan relatief goed, geen bene gebreek nie, maar het erge kneusings en harde hou op die voorkop waar die helmet hom gedruk het.  Hy gaan vanoggend vir breinscan net om seker te maak alles is daar reg.

Avontier, ons het 120km/h gery, en Koos het na die tyd gesê hy het net voor die ongeluk nog sy speedo gekyk en 118km/h gesien.  Ten sryte daarvan, van waar hy die vark getref het tot waar hy gelê het, was 50meter, en sy fiets het nog 21meter verder gelê.

Hou die rubber op die grond, en dra ATGATT!!
 
BLIKSEM!!! Kon baie erger gewees het seker ne.....groete daar en sterkte met die herstel!
 
Duster said:
Dankie almal.  Was gister by Koos in 1 Mil Pta, dit gaan relatief goed, geen bene gebreek nie, maar het erge kneusings en harde hou op die voorkop waar die helmet hom gedruk het.  Hy gaan vanoggend vir breinscan net om seker te maak alles is daar reg.

Avontier, ons het 120km/h gery, en Koos het na die tyd gesê hy het net voor die ongeluk nog sy speedo gekyk en 118km/h gesien.  Ten sryte daarvan, van waar hy die vark getref het tot waar hy gelê het, was 50meter, en sy fiets het nog 21meter verder gelê.

Hou die rubber op die grond, en dra ATGATT!!

Die skade op die bike lyk ook nie na hoë spoed nie. Mens kan ook nie stadiger as dit ry nie.  :xxbah: Die heel beste ATGATT is maar net nie onderhandelbaar nie. Die varke sal heel rustig staan en krap in die grond en dan skielik volspoed in een of ander irrasionele rigting indonder.
 
Top