Gee eS
Race Dog
Mods as die verslag op die verkeerde plek is skuif dit asb na die regte afdeling.
Ek het n week of twee gelede besluit om te registreer vir die “off road” kursus by Country Trax Amersfoort en om Donderdag aand daar te slaap, al die ander kursus gangers het toevallig die selfde gedoen. Die Battle Wings is vervang met Heidies en n bietjie getoets op n grondpad en n myn hoop naby my huis. Ek kon amper nie glo hoeveel meer grip hierdie bande het nie aangesien ek met my beperkte ondervinding gedink het die Battle Wings doen nie te sleg op grond nie.
Reg vir die lang pad.
Die beste deel van Greylingstad is die pad daar deur.
Die lekkerte begin hier.
‘n Ou enkel voertuig brug net buite Amersfoort
Skulp spruit Amersfoort.
Op die grond pad na Country Trax.
Vrydag oggend voor ete en almal is maar so bietjie gespanne en senuweeagtig. Ek het my crash bars en Bark busters met Duct tape wat Paulie(GPS for Africa) vir my gegee het toegeplak. Paulie en van die ander ouens het n goeie plan gehad en hulle crash bars met deurskynende rubber pyp wat in die lengte oop gesny is oorgetrek en met zip straps vas getrek. Ons het ook ons windskerms afgehaal.
Die Woema span was ook daar en ek moet se hulle is nogal n aangename klomp en ons het lekker saam gekuier. Hulle volgende reeks word vanaf Jan 2010 op Kyknet uitgesaai.
Ons is in twee groepe opgedeel. Jan Staal het een groep gehanteer en Andre Visser die groep waarin ek was. Voor ons opgedeel het, het Jan ons eers n paar dinge geleer.
Links in die foto bo is Jan Staal vir die wat hom nie ken nie.
Van links is Coetzee (Woema), Allan, Theunis (Woema), Fred (Die MD van Yamaha), hy het ook 3 Yamaha tenere's vir homself en die Woema ouens saam gebring, Paul (Spore op Wild Dogs) en Andre Visser (Instrukteur van formaat).
Oor die opleiding kan ek vrymoedig se dat dit van baie hoe gehalte was en dat daar nie van die standaarde af gewyk word nie. Die oeffeninge volg op mekaar en as jy nie die vorige een suksevol voltooi nie gaan jy nie die volgende oeffening kan doen nie.
Hier leer ons om peripheral vision te gebruik om tussen twee parralelle planke deur te ry.
Spore en Wahl wys ons hoe.
Tegniek vir op en afdraande ry word bemeester.
Die eerste en maklike sandmonster. Ons het almal lekker saam gelag en bly gewees vir valle en suksesse.
Hier is die tweede en moeilike sand monster. Die sand hier was baie fyn, droog en diep.
Die foto hier bo is my laaste aangesien ek my kamera laat val en dit gebreek het.
As enige van julle nog foto’s het plaas dit gerus hier.
Die sand ry het soos n berg voor my gele. Ek het net besluit kom wat wil ek gaan die tegnieke reg toepas en ek is verskye kere deur die sand sonder om te val. Wat ek wel ervaar het is dat hoe verder agtertoe my gewig was en hoe reguiter my arms was hoe makliker het dit in die sand gegaan. Presies soos Jan ons geleer het.
My val het op die laaste oggend tussen twee oeffeninge op n reguit pad gekom nadat my regter hand onder versnelling van die throttle afgegly het terwyl ek ge wheelie het en nie weer die handle kon raakvat nie. Ek het vroeer die oggend ook die fiets laat omval tydens die uphill recovery oeffening.
Ek na die val besef dat die Leatt Brace sy gewig in goud werd is. Ek het n ent op die grond geskuur met my kop en skouer op die grond en die brace het beslis gehelp dat my kop nie onder my lyf in gebuig het nie.
Gelukkig het ek nie te seer gekry nie en kon ek die kursus voltooi en nog huistoe ry. My enkel is verstuit, ribbes gekneus en ligamente in my skouer het geskeur. Die Wild @ Heart crash bars het ook hulle werk gedoen en daar is amper geen skade voor aan die fiets nie, die cover oor die regter kant van die tenk het afgebreek toe my stewel daaraan vasgehak het.
Die kos was die hele naweek lank baie lekker en daar was meer as genoeg tydens elke ete.
Ek en Spore het saam terug gery en die rit het sonder voorval verloop.
As enige iemand iets wil byvoeg wat ek dalk uitgelos het voel asb vry om so te maak.