My eerste 100km op die XRL

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

SchalkL

Race Dog
Joined
Feb 10, 2009
Messages
3,201
Reaction score
2
Location
East Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
My eerste 100km 150km op die XRL:
Gou my XLR gaan wys hoe lyk sy nuwe omgewing dat die outjie nou nie gaan staan en verdwaal nie.

IMG00010-20120115-1349.jpg

Bietjie gestop langs die spoorpad - net seker maak als werk nog. (Ok ek was moeg)
IMG00012-20120115-1349.jpg

.

IMG00014-20120115-1353.jpg

Ek maak toe die fout om in hierrie ou poelietjie te stop vir 'n foto. Het iets begin vermoed toe
die bike sommer regop staan sonder dat die sidestand grond raak..... Nou ja, na die foto's was
dit ek en die modder, daai goed suig soos nuutgebore lammetjie aan 'n vars tiet

IMG00016-20120115-1354.jpg

.
Op pad terug net gou gekyk of hy darem oor die spoor kan klim vir ingeval my spietkopvriend my
weer probeer stop oor ek nou nie daai tolhek plaatjie agterop het nie.

IMG00018-20120115-1402.jpg


Nou ja dis 100km later, sal kyk of ek na die sondag slagting ter tafel nog 'n draaijtie kan ry?

:clock:

Ek het toe so gemaak en maar nog so 50km gaan ry en die mannetjie wil nou hande uitruk!!
DSCN0218.jpg

So bietjie gaan voorstel aan die nuwe mielies (wat maar sukkel met die min reên)
DSCN0219.jpg


Toe maar treinspoorpad gevat tot by my drinkplek en gewag vir 'n bier
- niks - nie een noordwester wat flippen bike ry nie

DSCN0221.jpg


DSCN0224.jpg


DIT WAS CLOSE - Bietjie vergeet van hier spoelsloot en amper myself en die bike afgeskryf

DSCN0225.jpg

DSCN0227.jpg

EK moes toe maar 'n nuwe paadjie deur die riete maak
- shame - 1 dag oppie plaas en ek maak van hom padskraper

DIT WAS LEKKER
 

Latest posts

Top