n STen, AT, KLR en Die Bosvarkie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Oom Foe-rie

Race Dog
Joined
Jan 15, 2008
Messages
4,847
Reaction score
1
Location
Worcester
Bike
Yamaha Super Tenere
So n maand of wat gelede sê my jongste dogter se boyfriend, William, dat hy graag n motorfiets trippie sal wil doen. Ek vra toe vir hom of hy kan motorfiets ry want hy besit nie eens n scooter nie.
William: “Ja oom…….. Ek het al met my pel Dana se KLR op hul plaas gery.”
Oom: “Nou waarheen en waarmee wil jy ry?”
William: “Oom sien ……. Ek het gedink ons moet n draai ry en dan een aand oorslaap en ek gaan met Dana se KLR ry.”
Oom: “En wat van Dana?”
William: “Nee oom ……… hy gaan ook saam en hy ry dan met sy Pa se Africa Twin.”
Oom: “En waar wil julle gaan oorslaap?”
William: “Ek weet nie. Oom moet maar vir ons n roete uitwerk.”

Nou ja ……….. so breek Saterdagoggend aan en ek en William pak altwee se bagasie op die STen en vat koers Touwsrivier toe. Dana bly op Touwsrivier en William ry eers van Touwsrivier af op sy eie.
My en William se rit na Touwsrivier is in n stormsterk wind en so 10 km voor Touwsrivier vang daardie wind vir ons direk vanaf die kant en ek moes noodgedwonge teen 80/90 km per uur ry om darem veilig te speel.

Vanaf Touwsrivier is dit grondpad langs tot Ladismith en daarvandaan deur Hoeko valley en dan die laaste stukkie teer na die Bosvarkie op Calitzdorp.

William met die rooi en swart baadjie en Dana met die blou hemp.
2014MEIBOSVARKIETRIP001_zps6801dcf9.jpg


Dana se Pa se Africa Twin......... sien latere fotos hoe word daardie bruin sak gevou .......... :biggrin:
2014MEIBOSVARKIETRIP002_zpseb683730.jpg


Die KLR met William se bagasie ............ :eek:
2014MEIBOSVARKIETRIP014_zpsf285041b.jpg


Die STen ............ natuurlik is William se bagasie ook hier tesame met sy matras en tent ........ Bleddie lighty vat liberties ........... :biggrin:  ................. en met bemarkingsplakkers ook op............. :thumleft:
2014MEIBOSVARKIETRIP015_zpsf61db658.jpg


Stop want daardie bruin sak wil nie meer lekker le agter op die AT nie ............
2014MEIBOSVARKIETRIP006_zps54d0c0e6.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP007_zpscf20de8e.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP008_zps6a69a0a6.jpg


Terwyl Dana met die sak sukkel neem ek so n paar fotos ........... mooi stukkie lusernland daar onder  ...............
2014MEIBOSVARKIETRIP004_zps388333d3.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP005_zps502117f0.jpg


William en Dana
2014MEIBOSVARKIETRIP010_zps67e94c03.jpg


Die Touwsrivier
2014MEIBOSVARKIETRIP011_zps83ba76e7.jpg


Ai ........ en kyk hoe lyk daai bruin sak ............... :biggrin:
2014MEIBOSVARKIETRIP013_zpsecc2f46e.jpg


Op Ladismith aangekom het ons eers gaan petrol gooi en wou toe sommer gou vinnig ietsie eet en n bier drink ........ maar die krag was af en die eetplekkie regoor Shell petrolstasie kon ons nie met n eetdingetjie help nie. William is n bestuurder van Breedevallei Spar hier op Worcester en sê toe dat ons maar n Spar- paai en Coke moet gaan koop vir n sypaadjie ete ........
2014MEIBOSVARKIETRIP016_zpsebd98411.jpg


Die wind waai vir dood en ons is deur Hoeko sonder n foto................

By die Bosvarkie sê Christene dat as gevolg van die sterk wind mag ons maar in die lapa tent opslaan vir beskutting. Ons vat toe liberties en slaan die tente op die "stage" op en die fietse kry staanplek onder die afdak ...............
2014MEIBOSVARKIETRIP017_zpse2782324.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP019_zps593a1104.jpg

2014-05-24161918_zps9a1ddccf.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP021_zps313f6d02.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP020_zpsf1c797f4.jpg


Heineke Meyer hou n oefenkamp ...........
2014MEIBOSVARKIETRIP023_zpse942b929.jpg


n Gedeelte van die spyskaart ......... (ek kry nie die foto regop op photobucket nie) ......... Hahaaa....... daar is die foto nou regop ........ :thumleft:
2014-05-24191804_zpsf2347140.jpg


Die ander gedeelte van die spyskaart ...............
2014-05-24224357_zpsabc58b54.jpg


Sondagoggend se oppak .................... (Ek wonder hoekom word die kop so vasgehou............. >:D)
2014MEIBOSVARKIETRIP025_zps9b5c1bce.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP026_zpsfdcb0094.jpg


Na n lekker ontbyt vertrek ons op my gunsteling roete ........................ Seweweekspoort - Vleiland - Witteberge ..........

Seweweekspoort
2014MEIBOSVARKIETRIP027_zps7e292a95.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP028_zps9b71a91d.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP029_zps4c03bbb3.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP030_zps90835b87.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP034_zps8063c378.jpg


Witteberge
2014MEIBOSVARKIETRIP036_zps1802047b.jpg


Dana se bruin sak is darem beter gepak ................
2014MEIBOSVARKIETRIP035_zpsb85a181f.jpg


Dit is darem maar n mooi stukkie pad en ek hou van die oorspronklike padtekens ................ (Dit is nie Pasop vir die bye nie ........ dit is vir die koeie, kalwers, ossies, bulletjies versies en bulle) ............... en daardie huis wil ook net nie klaar gebou word nie ..................
2014MEIBOSVARKIETRIP037_zpsa88d6cdd.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP038_zpsf90a31fa.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP040_zps010a2aea.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP041_zpsa479b927.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP043_zpsf7430648.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP042_zps88684ace.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP045_zpsb7926cdc.jpg

2014MEIBOSVARKIETRIP046_zps2a4e12f3.jpg


Aangekom by die N1 vir die laaste foto ...............
2014MEIBOSVARKIETRIP048_zps9e475948.jpg


Hiervandaan is on na Dana se huis waar al my en William se groceries weer op die STen gelaai is, vir Dana gegroet het en die teerpad gevat het terug Worcester toe.

Hierdie was William se heel eerste trip op n motorfiets en hy het hom heel goed van sy taak gekwyt ....................

My vraag is nou ............. is dit n manier om n Pa sag te maak voordat daar ouers gevra gaan word .....................  ::) :ricky:







 
Top