Oom Foe-rie
Race Dog
So n maand of wat gelede sê my jongste dogter se boyfriend, William, dat hy graag n motorfiets trippie sal wil doen. Ek vra toe vir hom of hy kan motorfiets ry want hy besit nie eens n scooter nie.
William: “Ja oom…….. Ek het al met my pel Dana se KLR op hul plaas gery.”
Oom: “Nou waarheen en waarmee wil jy ry?”
William: “Oom sien ……. Ek het gedink ons moet n draai ry en dan een aand oorslaap en ek gaan met Dana se KLR ry.”
Oom: “En wat van Dana?”
William: “Nee oom ……… hy gaan ook saam en hy ry dan met sy Pa se Africa Twin.”
Oom: “En waar wil julle gaan oorslaap?”
William: “Ek weet nie. Oom moet maar vir ons n roete uitwerk.”
Nou ja ……….. so breek Saterdagoggend aan en ek en William pak altwee se bagasie op die STen en vat koers Touwsrivier toe. Dana bly op Touwsrivier en William ry eers van Touwsrivier af op sy eie.
My en William se rit na Touwsrivier is in n stormsterk wind en so 10 km voor Touwsrivier vang daardie wind vir ons direk vanaf die kant en ek moes noodgedwonge teen 80/90 km per uur ry om darem veilig te speel.
Vanaf Touwsrivier is dit grondpad langs tot Ladismith en daarvandaan deur Hoeko valley en dan die laaste stukkie teer na die Bosvarkie op Calitzdorp.
William met die rooi en swart baadjie en Dana met die blou hemp.
Dana se Pa se Africa Twin......... sien latere fotos hoe word daardie bruin sak gevou .......... :biggrin:
Die KLR met William se bagasie ............
Die STen ............ natuurlik is William se bagasie ook hier tesame met sy matras en tent ........ Bleddie lighty vat liberties ........... :biggrin: ................. en met bemarkingsplakkers ook op............. :thumleft:
Stop want daardie bruin sak wil nie meer lekker le agter op die AT nie ............
Terwyl Dana met die sak sukkel neem ek so n paar fotos ........... mooi stukkie lusernland daar onder ...............
William en Dana
Die Touwsrivier
Ai ........ en kyk hoe lyk daai bruin sak ............... :biggrin:
Op Ladismith aangekom het ons eers gaan petrol gooi en wou toe sommer gou vinnig ietsie eet en n bier drink ........ maar die krag was af en die eetplekkie regoor Shell petrolstasie kon ons nie met n eetdingetjie help nie. William is n bestuurder van Breedevallei Spar hier op Worcester en sê toe dat ons maar n Spar- paai en Coke moet gaan koop vir n sypaadjie ete ........
Die wind waai vir dood en ons is deur Hoeko sonder n foto................
By die Bosvarkie sê Christene dat as gevolg van die sterk wind mag ons maar in die lapa tent opslaan vir beskutting. Ons vat toe liberties en slaan die tente op die "stage" op en die fietse kry staanplek onder die afdak ...............
Heineke Meyer hou n oefenkamp ...........
n Gedeelte van die spyskaart ......... (ek kry nie die foto regop op photobucket nie) ......... Hahaaa....... daar is die foto nou regop ........ :thumleft:
Die ander gedeelte van die spyskaart ...............
Sondagoggend se oppak .................... (Ek wonder hoekom word die kop so vasgehou............. >)
Na n lekker ontbyt vertrek ons op my gunsteling roete ........................ Seweweekspoort - Vleiland - Witteberge ..........
Seweweekspoort
Witteberge
Dana se bruin sak is darem beter gepak ................
Dit is darem maar n mooi stukkie pad en ek hou van die oorspronklike padtekens ................ (Dit is nie Pasop vir die bye nie ........ dit is vir die koeie, kalwers, ossies, bulletjies versies en bulle) ............... en daardie huis wil ook net nie klaar gebou word nie ..................
Aangekom by die N1 vir die laaste foto ...............
Hiervandaan is on na Dana se huis waar al my en William se groceries weer op die STen gelaai is, vir Dana gegroet het en die teerpad gevat het terug Worcester toe.
Hierdie was William se heel eerste trip op n motorfiets en hy het hom heel goed van sy taak gekwyt ....................
My vraag is nou ............. is dit n manier om n Pa sag te maak voordat daar ouers gevra gaan word ..................... : :ricky: