'n Vinnige een in my agterwerf

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dorsland said:
Dankie ouens, ook vir die goeie wense.  Ek sê nou mos hoe vriendelik is die mense hier  :thumleft: Dis lekker om nuwe plekke te kan verken.  

jy sal ons net plaas toe moet nooi ou mater.. :peepwall:
 
Daardie foto van die  verwaardelose plaashuis spreek boekdele.  Dis baie mooi.

Klink vir my julle is al goed ingesettle op julle nuwe plek.
 
Nee kyk ou Woody, as daar nou 'n man is wat nie skrik vir langpad ry nie, dan is dit jy.  Ek sit solank die ketel aan  ;)  dan start jy daai S10 van joune

[/quote]

Gaan nog so maak eendag. Moet net bietjie ontdooi na die afgelope XT rit na Ladismith.
Graaf Reinet klink nie so ver nie. :imaposer:
 
Ai , dit is darem 'n mooi ou huis daai. Jammer dat so iets moet ten gronde gaan....
 
gecco 162 said:
Beautiful county side, Next trip we do up to Nieu Bethesda, we coming for a beer! ;D

You are very welcome Gecco.  PM me and we can arrange  :thumleft:
 
Brandt said:
Ai , dit is darem 'n mooi ou huis daai. Jammer dat so iets moet ten gronde gaan....

Die ou plase wat ooral so ten gronde gaan laat my dikwels aan die volgende gedig deur Jan F.E. Cilliers dink. Soms kan ek my indink hoe dit na die Anglo Boere Oorlog vir die Boere moes gewees het om na 'n verwoeste plaas terug te keer  :'(


Dis Al

Dis die blond, dis die blou,
Dis die veld, dis die lug,
‘n voel draai buite in eensame vlug -
Dis al.

Dis ‘n balling gekom oor die oseaan,
Dis ‘n graf in die gras,
Dis ‘n vallende traan –
Dis al.

 
Top