Naboom - Rhodes en terug

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek en Stoffies het die skoolvakansie die langpad gevat en die week op die Africa Twin deurgebring.  Dit was 'n besondere belewenis, omdat dit lekker was, en nie lekker was nie, omdat daar so 'n ongelooflike deel van ons land is wat so mooi is, en dan dele waardeur jy net wil ry om daar uit te kom!!  Maar dit sal julle met die report agterkom.

Ons het Vrydag 28 Sept van Naboom vertrek om voor donker in Alberton, by my seun oor te slaap.  Die wind het alles wat voorkom, van die pad probeer afwaai, en ek moes behoorlik klou om die bike op die pad te hou.  Gelukkig was ons net na donker by hulle gewees, en die eerste 230km was agter die rug.  Dis die 1ste stuk wat ons net wou agter ons kry.  Snelweg al die pad en niks om te sien nie.

Petro, Zak ,ek en Stoffies
 

Attachments

  • 3.jpg
    3.jpg
    162.9 KB
Saterdag was die temperatuur maar 9 grade, en ons was alreeds 8uur op die pad gewees.  Ons eindpunt was Rosetta in Natal.  Op die ou pad van Heidelberg na Standerton, Vrede en toe Memel.  Van Memel af die grondpaaie oor Mullerpas na Elandslaagte, net voor Ladysmith, waar ek grootgeword het.
 

Attachments

  • 5.jpg
    5.jpg
    273.4 KB
  • 7.jpg
    7.jpg
    162.7 KB
  • 9.jpg
    9.jpg
    248.4 KB
  • 12.jpg
    12.jpg
    97.3 KB
  • 13.jpg
    13.jpg
    79.3 KB
Ons het sommer so langs die pad gestop en snacks geëet en iets gedrink.  Dis lekker om dit so te doen, want die stilte doen iets vir jou siel.
 

Attachments

  • 16.jpg
    16.jpg
    179.4 KB
  • 23.jpg
    23.jpg
    229.6 KB
  • 24.jpg
    24.jpg
    239.1 KB
Tussen Elandslaagte en Ladysmith is 'n ou spoor dienspad wat links afdraai na Matiwane toe.  Op daai plaas het ek grootgeword, en ons het gou daar gestop om die foto te neem.  Ongelukkig was die hek toe en niemand was daar nie.  Van Ladysmith af het ons al met R103 (ou pad) gery tot in Rosetta waar ons oornag het.  Midlands Cosy Cottages was rerig 'n plesier, en ons het 'n heerlike aand daar spandeer.  Aandete is by The Beerfassl geëet en gelukkig het die Bokke die manne Down Under 'n les geleer.
 

Attachments

  • 25.jpg
    25.jpg
    195.4 KB
  • 28.jpg
    28.jpg
    328.8 KB
  • 37.jpg
    37.jpg
    197.2 KB
  • 38.jpg
    38.jpg
    317.8 KB
Die Sondag oggend was die mis dig, en ekt gewonder of ons so sou moes ry, maar kort voor lank het die son geskyn, maar die wind het steeds gewaai en dit was lekker koel.
Ons aanvanklike idee was om van Nottingham Road af Underberg toe te ry oor Lower Loteni, maar locals het my gesê dat hulle die grondpad vol klippe gegooi het om te keer dat die ouens vassit as dit reen, wat dit nie 'n plesier maak om te ry nie.  Ons alternatief was dus na Howick en van daar na Underberg oor Bulwer.  Nou moet ek sê, ons gaan weer daar ry om al die mooi te sien waarvoor ons die keer nie tyd gehad het nie, want ons aand se slaap was in Rhodes, en ek wou nie in die donker daar aankom nie.  Ek het dus net by alles verby gery sodat ons die ander grondpaaie kan aandurf.
 

Attachments

  • 58.jpg
    58.jpg
    81.9 KB
  • 52.jpg
    52.jpg
    185.5 KB
  • 46.jpg
    46.jpg
    96.8 KB
  • 44.jpg
    44.jpg
    209.4 KB
  • 51.jpg
    51.jpg
    206.3 KB
Op Underberg het ons by The Lemon Tree gekoffie en what ever, voor ons Swartberg toe gery het om die eerste grond vir die dag te vat.  Die grondpad van Swartberg na Matatiele was 'n fees en ons het dit baie geniet.  Hier en daar stukkies wat verspoel het, maar die ou AT handle dit met gemak.  Van Matatiele af teer tot in Mount Fletcher, maak vol met sous en so 17km verder, draai ons af op die grondpad na Elands Heights.
 

Attachments

  • 60.jpg
    60.jpg
    130 KB
  • 61.jpg
    61.jpg
    242 KB
  • 65.jpg
    65.jpg
    135.2 KB
  • 70.jpg
    70.jpg
    166.1 KB
  • 72.jpg
    72.jpg
    154.2 KB
Ek sê altyd, as ek weer daar ry, gaan ek meer fotos neem!! Maar met die volgende trip, dan neem ons steeds te min!!! Hierdie pad is rerig soos 'n 2 spoor pad wat al langs 'n rivier aan voeter.  Stoffies het my 2x gevra of ek seker is dis die regte pad, dan moet haar gerusstel met "Ek het die roete beplan!" en self gewonder of ons reg is.  Haha.....?? Maar wat 'n gesig!!  Ons het hier die mooiste van die hele trip gesien.  Van hier af tot in Barkley Oos was die beste van die hele trip!!
 

Attachments

  • 77.jpg
    77.jpg
    243.5 KB
  • 79.jpg
    79.jpg
    148.6 KB
  • 78.jpg
    78.jpg
    121.8 KB
  • 74.jpg
    74.jpg
    142.7 KB
  • 73.jpg
    73.jpg
    192.3 KB
By Elands Heights, het ons 67km gery en dit het ons 1,5 uur geneem.  Die pad was glad nie sleg nie, maar die aanhoudende draaie en klowe waardeur ons gery het, het ons gemiddelde spoed baie laat afneem.  Nie dat ons omgegee het nie!!

Waar ons regs draai na Naudes Nek, het ons eers weer gerus en paar fotos geneem.  Stoffies was moeg en daar het nog 47km voorgelê.  Dit was reeds 15:30, en ons het nie geweet wat om te verwag nie.
 

Attachments

  • 81.jpg
    81.jpg
    153.8 KB
  • 83.jpg
    83.jpg
    165.6 KB
  • 85.jpg
    85.jpg
    129.8 KB
  • 86.jpg
    86.jpg
    188.3 KB
Ai lekker om te lees. Ek gaan die naweek ook ons RR doen. Ons het mekaar net gemis. Ons het om Lesotho gery daardie naweek en dit was 'n fees.
Dankie vir jou RR en ons wag vir die res. mooi foto's
Moet nie nou ophou nie!
 
Op die fotos het Stoffies moedig geglimlag, maar ek ken daai ogies......!  Ons was Saterdag 8 ure in die saal, omdat ons so stadig gery het en soveel moontlik wou sien, en dit was lank.  Nou was ons reeds 7 ure in die saal, en dit was besig om sy tol te eis.  Maar die pop het guts!! :thumleft:

So halfpad teen NaudesNek op het sy gevra ek moet stop, sy het 'n moerse hoofpyn en sy wil net gou pille drink.  Ek was bietjie bekommerd en het haar moed ingepraat.  Ek was egter verniet bekommerd, want na die pille moes ek net keer!!!

Nou ja, die uitsig van die pas af is net iets waaroor jy nie kan vertel nie...., gaan kyk self!!!  Jy moet!!!!

Ons het so 17:15 by Kinmel se hek ingedraai en met verligte harte die donker ryery vrygespring.
 

Attachments

  • 87.jpg
    87.jpg
    166.1 KB
  • 94.jpg
    94.jpg
    142.9 KB
  • 93.jpg
    93.jpg
    190.7 KB
  • 89.jpg
    89.jpg
    131.3 KB
  • 90.jpg
    90.jpg
    169.9 KB
Jammer ons het julle gemis, Frans1, dit sou great gewees het om julle daar te kon ontmoet.  Maar ja, die lewe loop mos maar so!!  Ek sien uit na jou rr.

Op Kinmel, wat so 1km van Rhodes is, het ons net B&B gehad, maar gou gou Walkerbout Inn se nommer gekry en 2 pizzas vir take away bestel.  En sommer 'n dop daar gedrink.

Ek en Stoffies hou van die kamp ding, en toer altyd met die tent en als daarmee saam.  Op die trip wou ons bietjie ligter ry, en het besluit om by familie of vriende te oornag, behalwe by Rosetta en Rhodes, waar ons maar ge B&B het.  Dit maak natuurlik jou bagasie baie minder.  Geen tent, geen opblaas matras, geen slaapsakke, geen stofie, geen ketel, geen kos, geen .......!  Hell, dit was nice!

Die volgende oggend het die hanslammers ons wakker gemê??? en dit was pure plaas plesier.  Ontbyt was uit die boeke en toe is ons weer oppad.  Slaap vanaand was op De Aar.  Eers kyk hoe lyk Rhodes in die dag en gou petrol ingooi.
 

Attachments

  • 97.jpg
    97.jpg
    145 KB
  • 105.jpg
    105.jpg
    78.1 KB
  • 108.jpg
    108.jpg
    187.1 KB
  • 112.jpg
    112.jpg
    174.5 KB
  • 119.jpg
    119.jpg
    193.2 KB
  • 121.jpg
    121.jpg
    188 KB
UITSTEKENDE RR!!!  :thumleft:  :thumleft:

Subcribed!
 
Wat ek hou van Rhodes is dat jy net daar kan uitkom met grondpaaie!!  Ek weet die vorige week was die Nat Bash daar in die omgewing en het gesoek vir die honne se spore, maar niks gesien nie?  Ek dink die reen het alles weggespoel.

Ons het perfekte weer gehad, behalwe vir die wind wat so gewaai het.  Dit kon egter nie ons avontuur blus nie.  Met die 2 lang dae agter die rug, en die boude en rugge wat effe gevoelig geraak het, het ek weer ons roete verander om dit vir ons makliker te maak.  Ons wou van Rhodes na Lundians Nek toe ry, en van daar so 'n wye westelike draai ry deur Palmietfontein, Sterkspruit na Lady Grey, en van daar na Aliwal Noord toe ry.  Ons het toe van Rhodes na Barkley Oos gery, van daar na Lady Grey, na Aliwal toe.

Op Barkley Oos het ek die bande weer opgepomp, want van daar was dit teer tot in De Aar.
 

Attachments

  • 126.jpg
    126.jpg
    148.9 KB
  • 133.jpg
    133.jpg
    162.9 KB
  • 131.jpg
    131.jpg
    114.8 KB
  • 128.jpg
    128.jpg
    204.4 KB
  • 122.jpg
    122.jpg
    167.6 KB
Nou ja, soos ek aan die begin gesê het, daar is dele wat ek weer wil gaan kyk en ry, maar dele waardeur ons so gou moontlik wil deurry, net om daardeur te kom!  'n Hele bekvol, maar van Aliwal af tot in De Aar is daar niks langs die pad om te sien nie, en die wind was die ergste.  Ons het nog nooit in sulke sterk rukwinde gery nie.  Dis die gedeelte waar ons eerlik kan sê:  Dit was nie meer lekker nie!!  Kom net in De Aar dat ons kan stop!!

Ok, Die tyd gaan maar verby, of jy vinnig probeer ry tot Stoffies my op die rug klap en sê ek moet stadiger ry, dan is die wind dalk nie so erg nie, en of ons nou 90km/h ry, en die wind rerig nie meer saak maak nie, want jy baklei heeltyd teen die elemente.

Ons het in een stuk in De Aar aangekom en heerlik by ou vriende, Willem en Sonja gekuier.  Dankie ouens, julle het ons omtrent bederf.  Ons het so gekuier dat ons nie eens een foto van ons saam het nie!

Die eerste foto is van Stoffies op Colesberg waar sy weer daai ogies van moeg gewys het, en die welkom bordjie in De Aar.  Ons het self so 7 jaar daar gewoon toe ek nog in die mag was.
 

Attachments

  • 136.jpg
    136.jpg
    109.5 KB
  • 138.jpg
    138.jpg
    170.1 KB
Dinsdag oggend ry ons Phillipstown, Petrusville, Orania om na Hopetown.  Op Orania het ons bietjie gaan inloer na die Oewer Oord, want dis blykbaar die kampplek in die Karoo.  Destyds was Vanderkloof dam die kuier plek, maar nou karavaan almal Orania toe.  Ek moet sê, die oord het my beindruk.  Dis pragtig netjies, groen en die rivier teen die kampplekkke.

Koeksister monument en al.

Van Hopetown met die N11 tot in Kimberley en van daar deur Jan Kempdorp tot in Hartswater waar ons by 'n ou skool vriendin van my oorgeslaap het.  Eers 'n paar koues by Barons Lodge gedrink terwyl ons vir Marlene gewag het, en toe 'n paar moerse nice steaks op die kole gegooi en met nog 'n paar koues afgesluk het.  Ek en Marlene ken mekaar al 50 jaar, was saam babas toe ons ouers vriende was, en weet nou dat ons lewenslank kontak sal behou.  Dankie vir die treat, Marlene, en weet jy's altyd welkom op Naboom.

O ja, Het ek gesê dat die wind ons moertoe gewaai het........!  Ek gaan nie weer oor die wind praat nie, dis nou klaar!
 

Attachments

  • 140.jpg
    140.jpg
    198.6 KB
  • 162.jpg
    162.jpg
    184.8 KB
  • 161.jpg
    161.jpg
    155.5 KB
  • 150.jpg
    150.jpg
    131.6 KB
  • 144.jpg
    144.jpg
    55.9 KB
Van hartswater het ons 'n mooi grondpad gery na Christiana toe.  Van daar na Hertzogville en toe weerNoord gedraai na Hoopstad.  Hertzogville lyk soos sy naambord buite die dorp, maar die grootste beesveiling was net buite die dorp aan die gang.  Stupid, ons moes daar gestop het!!!!!!  Maar die bulle langs die pad het daarvoor opgemaak!

Ek gaan nou eers huistoe, eet en slaap.  More is nog 'n dag.
 

Attachments

  • 166.jpg
    166.jpg
    169.7 KB
  • 167.jpg
    167.jpg
    148.4 KB
  • 173.jpg
    173.jpg
    131.5 KB
  • 177.jpg
    177.jpg
    222.3 KB
  • 180.jpg
    180.jpg
    158.1 KB
Lekke RR! My ouma bly op Naboom, dis so mooi daar ek verstaan nie hoekom jul weggaan nie :biggrin:
 
Hi Sandban(g)k, dis reg, dis 'n baie lekker plek, en ek verruil dit nie vir enige ander plek nie.  Maar soms is dit lekker om ander ouens se blyplek ook te sien en te ervaar, en die grondpaaie daar is nie so sanderig soos hier in die Waterberge nie.  Lekkerrrrr om daar op die grond te ry......!!!! :ricky:

Van hertzogville is ons Hoopstad toe.  Nou hoop ek ek vat nie iemand van Hoopstad in die gesig nie, maar die ou wat daar by die buiteklub die kroeg ens beman, is 'n ..........!  Stoffies sê ek mag nie daai woord in die openbaar gebruik nie!

Op Hoopstad is ek moer lus vir 'n koue bier, en 'n petroljoggie beduie ons buiteklub toe vir die koudste bier op Hoopstad.  My bek water al toe ons daar stop, maar die deure is toe.  Eks toe reeds omgekrap, want ek gaan nie 2km terugry Hoopstad se hotel toe vir bier nie.  Net voor ons weer kit aantrek, kom 'n bediende by 'n agterdeur uit en sê  ons kan sommer deur die kombuis vorentoe gaan, want die man is daar.  Dit was 20 voor 12 die oggend.  Ons strompel met al ons kit in die kroeg in, en groet die ou agter die counter baie beleef en sê ons is verwys uit die dorp uit om die beste, koudste bier by hom te kom koop.  Jammer, hy maak eers 12uur oop!  En daarmee sluit hy die gesprek af.  Hy het geen woord verder met ons gepraat nie!  Ek het weer gevra, net 'n bier, dis al, maar die ou het nie eens weer opgekyk nie.  Hoopstad se buiteklub wat jy ookal van hulle is, jy suck!!!
 

Attachments

  • 182.jpg
    182.jpg
    151.1 KB
  • 184.jpg
    184.jpg
    207.6 KB
Nodeloos om te sê, reguit Bothaville toe en eet 'n smaaklike middagete in die Spur, saam met die lekkerste 2 biere vir die dag.

Van daar was ons slaapplek Klerksdorp by Stoffies se suster.  Maar eers moes ek vir haar ander handskoene koop, want van al die geklou, het die een vinger (die belangrikste een) stukkend gegaan.  Klerksdorp Speedbike het darem gehelp, en ek moet sê, die GS'e wat daar op die vloer staan is baie aanloklik gewees.

Ons het weer heerlik gekuier by Manda en Wikus, en baie lekker geeet.
 

Attachments

  • 186.jpg
    186.jpg
    143.9 KB
  • 187.jpg
    187.jpg
    185.2 KB
  • 188.jpg
    188.jpg
    160 KB
Top