Naboom - Rhodes en terug

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Donderdag oggend het ons lekker laat geslaap, en 'n slow departure gehad Potchefstroom toe.  Stoffies se voog-ouers woon daar op die Mooibank plotte, en ons het hulle gou gaan verras.  Oom Kinnie en tannie Lollo, dankie vir my pragtige vrou.  Julle was nog altyd net goed vir haar, en ons skuld julle big time!!!

Van Potch het ons 'n nice grondpad gevat Venterskroon oor tot in Parys. (Vrystaat hoor).  Daar het ons 'n goeie 4 ure spandeer en al die shoppies deurgestap, geëet en gedrink en net gechill.  Gelukkig was ons met die bike daar, anders was die waentjie weer vol gelaai gewees.
 

Attachments

  • 189.jpg
    189.jpg
    229 KB
  • 191.jpg
    191.jpg
    252.5 KB
  • 194.jpg
    194.jpg
    261.8 KB
  • 203.jpg
    203.jpg
    188.4 KB
  • 205.jpg
    205.jpg
    208.6 KB
Na Parys se kuier het ons die pad na Vredefort geneem en van daar op die R720 grondpad na Koppies waar Stoffies se niggie, Elise, op 'n plaas woon en waar ons die aand sou oornag.

Koos, wat in Fourways werk, het spesiaal huistoe gery vir die aand om saam met ons te kuier.  Dankie Koos, Elise en Madri,  julle gesin is spesiaal en ons het wraggies lekker gekuier.

Die volgende oggend is ons Deneysville toe, nie om die dam te besoek nie, maar om die "Historic Bike Museum" te besoek.  Dis nogal 'n belewenis, en veral as jy bietjie agtergrond van die ouer fietse het, kan dit baie intersant wees.  Ons het dit baie geniet.
 

Attachments

  • 206.jpg
    206.jpg
    109 KB
  • 209.jpg
    209.jpg
    247.5 KB
  • 211.jpg
    211.jpg
    147.5 KB
  • 222.jpg
    222.jpg
    234.1 KB
Vrydag van Deneysville na Brits in die stad!!!!  Kies korste pad na die R500, en ry noord deur Carletonville, Vreysrus, Elberta, Hekpport, Skeerpoort tot by Upperdeck in Harties waar ons 'n laat middagete en 'n paar koues geniet.

Ek wou nie weer oor die wind praat nie, maar hier was seker ons "closest shave" met 'n insident gewees agv die wind.  Om agter 'n trok te ry terwyl 'n ander trok van voor kom met die wind van regs af, is nie 'n joke nie.  Stoffies was eintlik stil geskrik toe ons by Upperdeck afklim.  Ekt self onrustig beweeg......!

Van Upperdeck net 15km tot by Brits waar ons by Casa Grande ingeboek het by Hendrik, 'n ou skool vriend van 33jr gelede.  Toe ons die trip beplan het, was Hendrik op ons oorslaap lysie, en die bespreking van die slaapplek het min of meer so verloop:  Hendrik, boek my en Stoffies vir Vrydag die 5 Okt daar by julle plekkie in en stuur asb die rekening sodat ek dit vooraf kan betaal.  Wat!! vra Hendrik, julle is my gaste en ek kook!!!

Nou ja, kyk net na die fotos en oordeel self tot op watter vlak ons bederf is.
 

Attachments

  • 224.jpg
    224.jpg
    157.3 KB
  • 226.jpg
    226.jpg
    181.2 KB
  • 233.jpg
    233.jpg
    155.7 KB
Ons het die aand heerlik gedrink, geëet, gekuier, nuwe mense ontmoet, 'n toer deur Brits gehad, 'n matriek afskeid beleef en lekker geslaap.

Die volgende oggend het ons 'n paar fotos geneem, groot ontbyt gehad, weer saam met Hendrik koffie gedrink terwyl hy voorberei het vir 'n troue wat die oggens sou plaasvind, en toe maar weer aanstaltes gemaak die laaste 200km te pak huistoe.

Nou moet ek sê, al was ons gatte seer, ons arms lam van die wind, my gewrigte gekramp en my rug moeg, wou nie een van ons rerig die laaste stuk klaarmaak nie.  Maar die lewe wag vir niemand nie, en hy loop sy loop.......!
 

Attachments

  • 235.jpg
    235.jpg
    200 KB
  • 239.jpg
    239.jpg
    184.1 KB
  • 243.jpg
    243.jpg
    156 KB
Ai hoe dink ek nou terug aan my AT, daai engine wat so lekker prrrrrrr hier onder jou op die lang trippies.  :ricky:

Baie nice RR met lekker fodies. :thumleft:
 
Lekker gelees nou.....dankie vir die deel. Ek het 'n Oupa en 'n Tannie wat op Naboom bly....as ek weer gaan kuier sal ek jou laat weet voor die tyd dan kan ons dalk 'n bier saam drink.

:thumleft:
 
Carrots said:
Lekker gelees nou.....dankie vir die deel. Ek het 'n Oupa en 'n Tannie wat op Naboom bly....as ek weer gaan kuier sal ek jou laat weet voor die tyd dan kan ons dalk 'n bier saam drink.

:thumleft:
Gehoor daar is 'n paar wortel boere in daai omgewing. :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Carrots said:
Lekker gelees nou.....dankie vir die deel. Ek het 'n Oupa en 'n Tannie wat op Naboom bly....as ek weer gaan kuier sal ek jou laat weet voor die tyd dan kan ons dalk 'n bier saam drink.

:thumleft:

Hi Carrots, jys meer as welkom.  Hier is altyd plek vir 'n aspirant wortelboer!!!!  Mooi Jakkals!!  Ja wraggies, daai AT se enjin is soos 'n kat wat spin.  Ons was geseen met goeie meganika, die elektriese goedte het gehou en geen pap wiele nie.
 
Die laaste 200km of so huistoe was oor Koedoeskop, daar regs gedraai Warmbad toe en met die ou pad Naboom toe.

Net om af te sluit, 'n paar statistieke.

1.  Die lekkerste was om die 7 dae saam met my vrou te wees.  Dis beter as hemels!  Dankie, Meraai, jy maak dit elke keer die moeite werd om sulke trippies aan te pak, en jy het die gawe om dit altyd lekkerder te maak.  Eks lief vir jou!!
2.  Totale afstand was 3233km.  Toatale brandstof was 162.41 liter wat my R1959.36 gekos het.  Gemiddelde brandstof verbruik was 19,9km/l, swaarste was 14.25 (ek is seker iewers het ek 'n fout gemaak, want die volgende swaarste was maar 17.5) en die ligste was 23.18km/l.
3.  Die mooiste en lekkerste was van Memel tot op Barkley Oos, met die hoogte punt die omgewing in Naude's Nek en Rhodes.
4.  Die minste lekker was die Noord Kaap gedeelte waar die wind ons verwoes het, en dis nie nou mooi daar nie.
Dankie aan al ons fams en vriende wat ons akkommodeer en bederf het.  Ons gaan dit weer doen.
 

Attachments

  • 245.jpg
    245.jpg
    173.3 KB
Duster, jy en Stoffies se RR lees so lekker soos mnr en mev Visarend s'n...  :peepwall:

Baie dankie en dit moes 'n baie spesiale trip gewees het!  :thumleft:  :thumleft:
 
Has Been 9 said:
Duster, jy en Stoffies se RR lees so lekker soos mnr en mev Visarend s'n...  :peepwall:

Baie dankie en dit moes 'n baie spesiale trip gewees het!  :thumleft:  :thumleft:
HB9, ons ry meeste van die tyd saam en hierdie was ons 3de lang trip in 3 jaar.  Swaziland iewers in 2010, toe Botswana, Zambie en Zim oor 15 dae, Okt 2011, en nou die een van 7 dae.  Ons wil bitter graag Malawi toe gaan een jaar, maar sal moet opchom met ander ouens, sien nie kans om dit alleen te doen nie.  Dis ons tyd om batterye te laai en maar net uit die gejaag te kom, en weer vir mekaar te sê en wys dat ons vir mekaar bedoel is.  Elke keer is dit special.  Dankie man!!
 
Thanks Duster.
Hoop nie dit gaan nou hier stop nie. wanneer is jou volgende trip?
Ek het jou RR baie geniet. Mooi fotos en dit is lekker as jou better helfte ook saam toer.

Ek kyk uit vir jou volgende trip
 
      Lekker gelees aan jou RR Duster.Ai,daai AT bly darem maar n mooi bike.Het al n paar solo trips met my ou Funduro deur die land onderneem,maar beplan eersdaags n trip saam met my vrou Namakwaland toe.Ek geniet altyd die trippies saam met my ou maat,maar hierdie sal ons eerste lang trip wees.
 
Dankie vir die terugvoer.  Ek wil net sê dat die manier van ry ons nie heeltemal pas nie.  Om 8-9 ure op die pad te wees, veroorsaak dat ons nie baie tyd het om die plekkies langs die pad te explore nie.  Ons hou daarvan om so te ry dat ons 14:00 of so by ons oornag plekkie is, dan kan ons die omgeweing nog lekker verken.

Ons gaan beslis weer Rhodes toe ry, en dan so 2-3 dae daar spandeer en al die grondpaaie in die omgewing ry.

Die belangrikste is dat mens dit moet geniet.  Just go for it!!!
 
Van die 5 ouens wat saam met my gery het, het gese hulle gaan weer terug Rhodes toe. Maak dit jou basis en verken die wereld on jou.
Mens kuier lekker in die bar
 
Nice report. One correction - the photo of the road you labelled as " Rhodes to Barkly" is the other way around.
 
You're right, charlw, Stoffies took the photo over her shoulder while we were riding.  Much the same, it still is worthwhile to see. 

Ek kom nou agter ons en frans1 se groep het dieselfde aand in Rhodes oornag.  Ons was by Kinmel, so 1km buite die dorp en hulle het in die hotel geslaap.  Jammer ons het julle gemis.
 

Latest posts

Top