Ons Was By Darling, Skattie! (Smiley se brief aan Geotraveller)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
                                                                                                        Smiley Honda
                                                                                                        Brakkies Straat 18
                                                                                                         Slaapstad
                                                                                                         5231
                                                                                                         Februarie 2013                                                                                                        

Hallo Oom Geotraveller!

Hoe gaan dit met Oom daar in Afrika se boendoes?

Hierso, gaan dit sommer voor die wind.  Ek bly nou in Bellville saam met Dusty Rusty en Lexi.  Lexi is ‘n klein rooi  Honda 125 XR net soos ek!

Weet Oom wie bly nog hier?  Jemima!   Jou “ou”  BMW F 650 GS.     Wys mens net hoe klein die wereld kan wees.  

Hier in die Kaap kry mens nogals weird mense.   Een van hulle is ‘n man wat homself opdollie soos ‘n vroumens en maak asof “sy” als van politiek weet.  Verbeel jou dit!  Om in ‘n oudtydse onderrok en al saam met Desmond Tutu te toi-toi!  En dis maar net die oortjies van die seekoei wat bokant die water uitsteek daardie.  Sy het al skouers geskuur met Madiba, celebrities soos bakvissies laat giggel,  haar eie politieke party gestig en sy is vereer met ‘n Living Legacy Award in San Diego.  Dieselfde toekenning wat Moeder Theresa en Hilary Clinton al te beurt geval het.  
Van heinde en ver reis mense om haar in al haar glorie te sien.  Hulle betaal haar selfs daarvoor!

Wys jou net Oom, die dae van waar ‘n man ‘n broek hoef te dra is verby.  Viva bloomers vals wimpers en  support bra’s!  

Nou hoekom sal ek vir Oom alles van hierdie kreatuur vertel?  Want sien, ons het   nou-die-dag daardie  eindste vroumens se teater, restaurant en museum gaan besoek.  Vir my heel eerste Kaapse outing, was ons na Evita Bezuidenhout se Perron!  

Dis hoe ons uitstappie begin het;  met Lexi en ek wat ongeduldig staan en wag dat ons enjintjies  moet warm word sodat ons kan ry.        
 

Attachments

  • 100_9092.jpg
    100_9092.jpg
    67.1 KB
Nadat ons deur Durbanville gery het, is ek aan een van die eerste  grondpaaie in die omgewing  voorgestel.  Slent pad.  Dis hoe die pad lyk as mens dit vanaf Durbanville se kant af  ry.  Die koppie in die verte is die Tygerberg heuwel
 

Attachments

  • 100_9094.jpg
    100_9094.jpg
    41.3 KB
Net voordat die grondpad begin staan daar drie groot Eskom windmeul kragopwekkers langs die pad.  Ek en Lexi het maar klein gelyk toe ons voor dit gestop het.   
 

Attachments

  • 100_9100.jpg
    100_9100.jpg
    38.2 KB
Aan die ander kant van die pad, as jy mooi kyk, sal jy langs die wit gebou groot satteliet skottels sien.  Blykbaar het dit iets met Telkom te doen. 
 

Attachments

  • 100_9095.jpg
    100_9095.jpg
    40.5 KB
Die veld langs die pad was maar droog en geel.  In die begin was daar plek-plek sanderige stukke.  Dit was  ook die eerste van vele sinkplaat paaie vir die dag.

Oom Nismark het nie op hom laat wag nie en ons oor die grondpad gery dat die stof staan.  Lexi en Dusty Rusty was ‘n ent agter ons.  Hulle het nogals baie gestop om foto’s te neem.
 

Attachments

  • 100_9103.jpg
    100_9103.jpg
    49.2 KB
  • 100_9104.jpg
    100_9104.jpg
    36.3 KB
Toe Slent tot ‘n einde kom, het ons links gedraai en met die teerpad in Malmesbury se rigting gery.  Ons het nogals verby heelwat skape en beeste gery, sowel as ‘n hoederplaas of twee.
 

Attachments

  • 100_9108.jpg
    100_9108.jpg
    75.6 KB
  • 100_9109.jpg
    100_9109.jpg
    63.2 KB
  • 100_9110.jpg
    100_9110.jpg
    55.5 KB
Nadat ons deur Malmesbury gery het, het ons iewerste links gedraai op ‘n grondpad. Die ryery het al hoe lekkerder begin raak!
 

Attachments

  • 100_9115.jpg
    100_9115.jpg
    53.2 KB
In die begin was die pad net so bietjie sanderig.  Ons het egter gou-gou weer oor sinkplate begin ry. 
 

Attachments

  • 100_9119.jpg
    100_9119.jpg
    51.2 KB
  • 100_9120.jpg
    100_9120.jpg
    59.5 KB
  • 100_9117.jpg
    100_9117.jpg
    49.1 KB
  • 100_9122.jpg
    100_9122.jpg
    50.2 KB
Die pad was vir my mooier as die Slent pad.  Daar was beslis baie meer om te sien!  
 

Attachments

  • 100_9123.jpg
    100_9123.jpg
    40.7 KB
  • 100_9124.jpg
    100_9124.jpg
    43.2 KB
  • 100_9125.jpg
    100_9125.jpg
    55.5 KB
  • 100_9126.jpg
    100_9126.jpg
    50.6 KB
  • 100_9127.jpg
    100_9127.jpg
    45.4 KB
  • 100_9128.jpg
    100_9128.jpg
    52.4 KB
Dis jammer dat die foto’s nie werklik vir Oom sal kan wys hoe mooi  van die uitsigte daar is nie.  Dit was doodstil rondom ons, en al mens kan hoor was ons  enjintjies se sagte  prrrrrr-prrrrr terwyl ons ry.
 
Na die grondpad het ons weer ‘n stuk teerpad gevolg tot in Moorreersburg. Oom Geo, dis nou een plek waar ek nie van my parte tot ruste wil laat kom nie.  Daar gaan boggerol aan op daai dorp!  Boggerol!  Mens sou dink dat daar darm ‘n bietjie lewe  sou wees op ‘n Saterdag, maar aikona!  Ons het deur die slapende dorpie gery en iewerste regs gedraai, reg vir die grondpad wat ons tot in Darling sou neem. 

Ek het nogals gewonder wat hierdie ‘’22” baken kon beteken.  Sou dit dalk 22 myl of kilometer van ‘n sekere plek af kon wees?
 

Attachments

  • 100_9130.jpg
    100_9130.jpg
    71.2 KB
Dis nou hoe die Swartland lyk Oom
 

Attachments

  • 100_9131.jpg
    100_9131.jpg
    37.3 KB
  • 100_9146.jpg
    100_9146.jpg
    84.8 KB
  • 100_9134.jpg
    100_9134.jpg
    102.4 KB
  • 100_9133.jpg
    100_9133.jpg
    57.3 KB
  • 100_9141.jpg
    100_9141.jpg
    80.9 KB
Ek dink nie ek het al soveel gepose vir foto’s nie!

Toe ons op die Moorreersburg/ Darling grondpad begin ry, het ons ‘n wereld van sinkplaat en los gruis betree!  Wat ‘n slegte pad.  Van die begin tot in Darling het als van en binne- in my rondgeskud.  Ek is amper seker ek kon agter my  Dusty Rusty se tande op mekaar hoor klap!  Ons is nie gemaak om daai klas van sinkplaat te ry nie Oom Geo.  Mens probeer spoed optel om bo-op die sandhobbeltjies te ry, maar dis juis dit wat jou spoed die heeltyd breek!

Ons het maar ons oe op die grond gehou en uitgekyk vir sand stukke. Teen die tyd het die son al hoog gesit en warm gebak.  Hier in een of twee slim beeste wat lafenis gesoek het in ‘n dam. 
 

Attachments

  • 100_9147.jpg
    100_9147.jpg
    49.8 KB
Hier’s in nog foto’s om vir oom te wys hoe daardie omgewing gelyk het  
 

Attachments

  • 100_9157.jpg
    100_9157.jpg
    37.4 KB
  • 100_9151.jpg
    100_9151.jpg
    61.3 KB
  • 100_9152.jpg
    100_9152.jpg
    53.8 KB
  • 100_9155.jpg
    100_9155.jpg
    37.4 KB
  • 100_9156.jpg
    100_9156.jpg
    42.9 KB
En toe ry ons Darling binne.
Anderste as Moorreersburg, was al wat leef en beef op straat.

Nou Darling oom, is glo gelee in die Groenkloof area.  In 1682 het Olaf Berg die area so gedoop.  In die 1700’s het die kompanjie ‘n  Henning Huising aangestel om met beeste daar te begin boer.  In 1853 , nadat sowat 180 inwoners en land eienaars gevra het vir  toestemming om hul eie kerk te bou, het ‘n Engelse Goewerneur, met die van Darling, die dorpie in die lewe geroep.

Darling het tydens die Tweede Wereld Oorlog ook ‘n rol gespeel vir die lugmag se  operasienele torpiedo opleiding. 

Hier is ons na ‘n behoorlike geskuttery by ons bestemming:  Evita se Perron. 
 

Attachments

  • 100_9275.jpg
    100_9275.jpg
    65.9 KB
Die perron was oorspronklik  Darling se treinstasie wat in 1970 gesluit is.  

Van toe af was dit deur verskeie mense gehuur, totdat Evita in 1996 haar towerstaffie daaroor geswaai het.  Binne-in die gebou is ‘n klein teatertjie gebore wat ongeveer  12 tafels en stoele kon neem.  Vandag is daar onder meer twee teaters, ‘n kroeg, restaurant, kunsgallery, museum  en Boerrassic Park.
   
Oom Nismark en Dusty Rusty was nuuskierig om te sien hoe die plek binne lyk.  Hulle het ons onder koeltebome parkeer en is toe weg om ‘n milkshake te gaan drink.  

Dis hoe dit aan die buitekant vir  ons gelyk het:
 

Attachments

  • 100_9183.jpg
    100_9183.jpg
    72.8 KB
  • 100_9265.jpg
    100_9265.jpg
    79.8 KB
  • 100_9205.jpg
    100_9205.jpg
    84.4 KB
Hierdie is die ingang wat lei na die restaurant
 

Attachments

  • 100_9266.jpg
    100_9266.jpg
    80.1 KB
  • 100_9203.jpg
    100_9203.jpg
    55.7 KB
Sodra mens in die gebou instap, is dit asof jy deur ‘n tydmasjien weggevoer word na ‘n ander era.   

Fairy lights het soos sterretjies van die dak af gehang, terwyl boere kitch die hele wereld volgestaan het.  Ek dink nie Nismark of Dusty Rusty het dit verwag nie! 
 

Attachments

  • 100_9193.jpg
    100_9193.jpg
    57 KB
  • 100_9159.jpg
    100_9159.jpg
    51.7 KB
Teen die mure het daar ou tafeltjies gestaan met goetertjies op wat enige konserwatiewe ouma of oupa-grootjie se hart gelukkig kon maak. Op die plastiektafeldoeke, het daar natuurlik egte plastiekblomme gepryk.

Die muur  naby Nismark en Dusty Rusty se tafel, was  van bo tot onder versier met skildery afdrukke wat Voortrekker gebeurtenisse en Karoo landskappe uitgebeeld het.   
 

Attachments

  • 100_9158.jpg
    100_9158.jpg
    57.3 KB
  • 100_9188.jpg
    100_9188.jpg
    50.8 KB
Lem said:
oor n paar maande is daai wereld weer grasgroen! dan moet julle weer gaan kyk.
Ongelooflik hoe daai wêreld verander sodra die winterreen geval het en die boere gesaai het. :thumleft:
 
Top