Ons Was By Darling, Skattie! (Smiley se brief aan Geotraveller)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Nog ander Boerrasic Park inwoners
 

Attachments

  • 100_9251.jpg
    100_9251.jpg
    81.6 KB
  • 100_9252.jpg
    100_9252.jpg
    102.8 KB
  • 100_9253.jpg
    100_9253.jpg
    89.2 KB
Dis wat oon Nismark dink van die hele storie
 

Attachments

  • 100_9257.jpg
    100_9257.jpg
    61.5 KB
  • 100_9258.jpg
    100_9258.jpg
    65.8 KB
  • 100_9259.jpg
    100_9259.jpg
    57 KB
Nismark en Dusty Rusty het begin aanstaltes maak om weer pad te vat. Windgat, een van die 8 parron katte was besig om reg te maak vir een van sy vele middagslapies.
 

Attachments

  • 100_9264.jpg
    100_9264.jpg
    55.7 KB
  • 100_9272.jpg
    100_9272.jpg
    77.8 KB
  • 100_9269.jpg
    100_9269.jpg
    80.2 KB
Ons het met die teerpad weer in Malmesbury se rigting gery. Die twee ryers was nie meer lus vir die gerondskuttery op die sinkplaat paaie nie, veral nie nadat hulle lui geraak het nie.    


Terug in Malmesbury het Dusty Rusty probeer onthou waar die grondpad is wat naby die dorp is.   Nismark het toe op sy foon se GPS ook gekyk waar dit kon wees. Ons het toe teerpadlangs tot by die Paardeberg ingang gery.
 

Attachments

  • 100_9290.jpg
    100_9290.jpg
    51 KB
  • 100_9289.jpg
    100_9289.jpg
    42.1 KB
  • 100_9286.jpg
    100_9286.jpg
    46.9 KB
  • 100_9283.jpg
    100_9283.jpg
    50.6 KB
  • 100_9282.jpg
    100_9282.jpg
    86.4 KB
Ons het seker net so 100 meter van die grondpad gery, toe Dusty Rusty begin wonder het of hulle dalk nie ‘n fout gemaak het nie. 

Dik sand het oor die pad gele en ek kon sweer ek kon voel hoe my neck bearings begin rondskud  toe ons weer ‘n onbeskofte sinkplaat tref.

Gelukkig het die mooi plaaswereld opgemaak vir die slegte pad en het die kondisie van die pad begin verbeter.
 

Attachments

  • 100_9304.jpg
    100_9304.jpg
    47.7 KB
  • 100_9291.jpg
    100_9291.jpg
    51.3 KB
  • 100_9293.jpg
    100_9293.jpg
    62.3 KB
  • 100_9294.jpg
    100_9294.jpg
    74.8 KB
  • 100_9295.jpg
    100_9295.jpg
    60.9 KB
Die laaste gedeelte van die Paardeberg pad was aaklig! Die pad het weer in ‘n sinkplaat verander en daar was redelike baie slaggate om te vermy.    Ek dink ons almal was verlig toe ons weer op teerpad kom en in Durbanville se rigting begin ry
 

Attachments

  • 100_9301.jpg
    100_9301.jpg
    63.3 KB
  • 100_9303.jpg
    100_9303.jpg
    49.7 KB
  • 100_9307.jpg
    100_9307.jpg
    55.5 KB
  • 100_9306.jpg
    100_9306.jpg
    48.5 KB
Vol stof en met ‘n klein bietjie minder petrol in ons tenkies het ons  veilig by die huis aangekom.  Al wat ek van my eerste Kaapse uitstappie kan se is WOW!  

Ek wonder nogals waarheen ons volgende sal ry.
 
Ek sal probeer om Oom op hoogte te hou, maar as dit so bietjie lol moet Oom Dusty Rusty se Ride Reports op die Wilddog Forum lees.  
Hou die blink kant bo en groete vir die ander twee bikes.
Van Smiley
(n mighty little xr) 
 
My magties. DIT het nou my dag gemaak. Fantasties en dankie vir die mee lewe. As mens so bietjie krap in die mooi land van ons dan sien jy sommer baie wonderlike dinge.

Bly om te sien Smiley ry darem, meer as wat by my gebeur het.

Dankie!
 
Goeie werk......en dankie vir die deel!  :thumleft:
 
Lekker RR Dusty.

Ek wou nog altyd gaan sien hoe dit lyk by Evite se peron maar nou hoef ek darem nie meer al die pad soontoe te ry nie. :biggrin:
 
Lekker kreatiewe ride report.  :thumleft:
 
Naida, nou het ek darem Baie lekker gelees & begin voel asof ek saam plek-plek saam met julle ry :ricky: :thumleft: :thumleft:

As always.... Really Gr8 RR :thumleft: ;) Thanks so much for sharing it with us. ;)
 
DirtRebell said:
Lekker RR Dusty.

Ek wou nog altyd gaan sien hoe dit lyk by Evite se peron maar nou hoef ek darem nie meer al die pad soontoe te ry nie. :biggrin:

As ek jy is sal ek nog steeds die kiddies en jou vroutjie in die kar kry en laat waai soontoe.  Daar is soveel om te sien en te lees, jy sal beslis nie verveeld raak vir n oomblik nie. 

Ek moet se, toe ons die restaurant gedeelte binnestap was dit asof n boere ouma my omgeklap het met n vatdoek. EK KON MY OE NIE GLO NIE en ek het my omtrend verkyk aan alles.  Mens het amper so eerie gevoel gekry oor al die ou goed wat daar is!

En om so baie prente en skilderye van een persoon te sien net waar jy kyk laat mens onwillekeuring wonder of daar nie n bietjie selfaanbidding aan die gang is nie. 

Pieter Dirk Uys het beslis geweet hoe om Evita te bemark.

Die menu is eenvoudig en bied nie veel keuses nie, daar is n kiddies menu ook.  Hul milkshake, ekskuus! Tannie Evita se milkshake is uit die boonste rakke

;)

Die lewe is kort, gaan terwyl julle kan. 

Entrance is free  :)
 
Baie dankie vir die  :thumleft: julle manne!

Dit word waardeer en dis lekker om te weet daar is n paar ouens wat dit geniet om te lees

Om bike te ry en op klein avontuurtjies gaan is my gunsteling doen ding en ek hou daarvan om dit te deel.
Xxx
 
Dusty Rusty said:
Baie dankie vir die  :thumleft: julle manne!

Dit word waardeer en dis lekker om te weet daar is n paar ouens wat dit geniet om te lees

Om bike te ry en op klein avontuurtjies gaan is my gunsteling doen ding en ek hou daarvan om dit te deel.
Xxx

Ek het dit nou omtrent geniet Nadia! Goed geskryf met 'n goeie dosis humor! Sien jou en Nismark Saterdag. :thumleft:
 
Dankie Garth!

Ek sien uit na Saterdag.  Begin my nou al uithonger daarvoor!  :snorting: :snorting:
 
Top