Pa seun trip. April 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,284
Reaction score
739
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Pos solank my paar pics.

Ander ouens gooi julle pics wat daar was ook.  :ricky:


Saterdag 05H00 in die pad geval en so 07H00 by CVZ  (wat die ride georganiseer het vir ons) se plek aangekom.
So 08H00 was almal daar en het ons net na 08H00 vertrek. Lieflike dag met lekker weer. Nicobie was "toerleier"
en ek die sweeper agter.
Eerste keer wat ek in hierdie wereld ry. Lekker grondpaaie,definitief newbie vriendelik ens. Ons was 11 ryers altesaam.
Ons het n  paar valle  ook gehad maar gelukkig niks ernstig nie.  Ek moan altyd dat die laaities van vandag pap en net
pc games en sulke goed kan doen. Moenie glo nie. Hierdie jongklomp was n tawwe spul.  :thumleft:
Heel eerste vang n dik wal sand vir die langman ,Bertus uit , reg voor my in die pad. Ek skrik my vrek  want die bike le bo op hom.
Ek en Ruanne tel die bike op en  worry my vrek of die ou nie iets gebreek het nie want hy het hard geval. Neusbloei en lip stukkend gebyt.
Ek se nog hy moet bietjie rus en kalmeer maar moet nie glo nie. Die man vlieg daar op en jy sien net kak en klippe spat soos hy daar wegtrek amper nog bo oor sy bekommerde pa (CVZ )wat  omgedraai het om seun te kom help . Kon nie help om die ou se courage te admire nie.
Sy pa se "ongevoelige" trooswoorde was. "Moenie worry nie jy het nou klaar jou val vir die trip gehad".    :eek7:
Dan was daar Josh (soutie) wat met sy pitbike besluit het hy gaan nie nog wag vir die outoppies nie en by tye was hy die toerleier soos die ou jaag.
Uiteindelik kon die engine nie meer byhou nie en het die gees gegee. Volgende keer moet sy pa hom op n "leash" hou want die klein outjie ken nie brieke nie. Hy het net een spoed en dit is volspoed.  :lol8:
Respect to you Josh.  :thumleft:
Die navigasie het ook nie altyd so lekker geloop nie maar danksy Nicobie het ons by ons slaapplek uitgekom.  :lol8:
Dan die ergste slip up vir die dag is deur die outoppies ek en Nicobie gemaak. Amper by ons slaapplek so om n blinde draai stop ek en Nicobie.
Skerp afdraend met diep skeure,rotse en klippe op die kante en dan n bruggie onder. Toe ek stop besef ek onmiddelik nou maak ek n fout want die hele 125 gang is met n spoed oppad. Volgende oomblik sien ek net Christopher aan my linkerkant verbyvlieg in n diep skeur vol klip en rotse.
Paar ouens moes die bike gaan uithaal na die tyd. Ek kon nie glo hoe goed die ou kop hou want die outoppies het die hele pad volgestaan.
Agter my het Michael en Bertus blykbaar ook erg dinge aangevang om net net agter my in n stofwolk te lande te kom.
Christopher se voet het seergekry en die outoppie vra groot omverskoning dat ek jou amper lelik laat seerkry het. Lanklaas in my lewe so n "save" gesien op n bike.
Ruanne en Deep6 is ook nuwe manne op die grondpad maar hulle is al groot mense. Ek kon sien die eerste dag die twee is "styf" op die bikes hier voor my maar hulle het nogtans alles  goed gehanteer wat die trip opdis. Die volgende dag het ons n paar lelike sand stukke gekry en het my bek oopgehang soos die twee ewe skielik soos ou "pro,s"
hier voor my in die sand ry.
Die plaashuis en mense waar ons oornag het was iets besonders. Ons bier en koeldranke was yskoud saam met ons braaipakkies netjies opgemaak in die yskas. Heerlike melktert (n grote), groot bak waatlemoenstukke met granaatpitte versier,groot pot braaipap en sous,hout en alles. Spierwit beddegoed met ekstra opblaas mattrasse klaar opgeblaas en alles. Ek kan nou ongelukkig nie die gawe eienaars se name onthou nie maar hulle het vir ons bietjie gaan wys op hulle netjiese plaas en die diere.
Aan die 4 laaities wat saam was. Josh,Bertus,Christopher en Michael kan ek net se respek ouens .
Spesiale dank aan Cobus (CVZ)  vir al sy moeite en onkostes om vir ons die trip te organiseer het.

:ricky:
 

Attachments

  • Pa seun00006.jpg
    Pa seun00006.jpg
    193 KB · Views: 581
  • Pa seun00009.jpg
    Pa seun00009.jpg
    265.1 KB · Views: 565
  • Pa seun00019.jpg
    Pa seun00019.jpg
    207.6 KB · Views: 557
  • Pa seun00004.jpg
    Pa seun00004.jpg
    262 KB · Views: 572
Nog pics  :ricky:
 

Attachments

  • Pa seun00020.jpg
    Pa seun00020.jpg
    255.5 KB · Views: 559
  • Pa seun00026.jpg
    Pa seun00026.jpg
    256.8 KB · Views: 565
  • Pa seun00028.jpg
    Pa seun00028.jpg
    203.6 KB · Views: 561
  • Pa seun00030.jpg
    Pa seun00030.jpg
    261.7 KB · Views: 557
Nog n paar. Soos gewoonlik het ek nie baie pics gevat nie.
 

Attachments

  • Pa seun00032.jpg
    Pa seun00032.jpg
    235.5 KB · Views: 548
  • Pa seun00042.jpg
    Pa seun00042.jpg
    242.4 KB · Views: 521
  • Pa seun00041.jpg
    Pa seun00041.jpg
    237.9 KB · Views: 531
  • Pa seun00040.jpg
    Pa seun00040.jpg
    243.3 KB · Views: 542
  • Pa seun00039.jpg
    Pa seun00039.jpg
    238.6 KB · Views: 535
  • Pa seun00033.jpg
    Pa seun00033.jpg
    272.9 KB · Views: 550
Nice report! Baie nice dat julle die seuns op so trip kan vat! :thumleft:
 
Nog n paar
 

Attachments

  • Pa seun00012.jpg
    Pa seun00012.jpg
    286.1 KB · Views: 464
  • Pa seun00018.jpg
    Pa seun00018.jpg
    298.5 KB · Views: 464
  • Pa seun00022.jpg
    Pa seun00022.jpg
    248.3 KB · Views: 461
Dis nou kwaliteit tyd met jou kind daai.  :thumleft:
 
skydiver said:
Dis nou kwaliteit tyd met jou kind daai.  :thumleft:

Nie eintlik nie want my seun wou nie saam met my ry nie. Hy wou saam met die ander ouens op die 125's wees  :lol8:
Hierdie trip ook besluit dit is die laaste trip wat my seun grondpad ry met die 50/50 tipe tyres. Gaan vir hom vol knobblies koop
dat die ou darem brieke en beter hantering het. Eintlik dink ek hy moet bietjie van sy sakgeld wegsit vir tyres. Ek sal die helfte
betaal  :ricky:
 
Dankie vir die rr en fotos, subie.  Dit is die tipe van dinge wat die kinders altyd sal bybly.  Prysloos. 
 
Life is happening, so my bydrae tot die report gaan maar skraps wees, maar trip was regtig lekker saam met groep great ouens.  Tanja Schoeman en haar man by Rietvlei Plaas Akkomodasie het gehelp om dit ongelooflik te maak met hul absoluut goedkoop pryse en besondere diens (ek kry nie kommissie nie!).  Nicobie, plaas nog bietjie van jou fotos asb!
 
Mev Vis Arend said:
Dankie vir die rr en fotos, subie.  Dit is die tipe van dinge wat die kinders altyd sal bybly.  Prysloos.   
+1 :laughing4:
 
Nou moet iemand help.
Ek het tot nou toe fotos met Imageshack opgelaai, nou wil die program nie meer vir my free uploads gee nie, hy sê ek moet upgrade @ $2pm.
Glo my 30 dae free trial opgebruik, hoewel ek baie langer as 30dae alreeds dit gedoen het.
Wat gebruik julle vir fotos oplaai, en moet julle ook betaal?

Wees geduldig met my fotos tot ek die probleem uitsort asb.
 
Gebruik Photobucket, werk goed en is 100% gratis, verniet en mahala.

Geniet julle RR kerels.  lekker om die jong latte so van die malls weg te kry
 
Ek copy Deep6 se comments hier van die planning section af, pragtig geskryf Harry, jy is diep!

Avontuur, fantastiese grondpaaie en goeie geselskap. Wat meer wil n mens hê?

CVZ, dankie vir al die moeite wat jy aangepak het met die beplanning van die roete, die verkennings werk, die kos en die pragtige plaas wat jy uitgesnuffel het. Jy het baie meer gedoen op die rit selfs en ons is almal bewus wat jy opgegee het om n pa en sy seun se trippie nie net daar in die bos te laat eindig nie en dat hulle tenminste die aand op die plaas kon geniet.

Ook vir Nicobie wat die voortou geneem het en sy wakende oog op die groep gehou het. En Subie wat agter gery het in die res se stof as sweeper en altyd gewillig was om n bietjie van sy ervaring te deel en n paar tips uit te gee en te help waar nodig.

En die jong klomp wat nie eintlik besef dat hulle deposito's maak in hulle "memory bank" wat eendag vir hulle soet herinnerings sal bring van n tyd wat hulle saam met hulle pa's kon deel.

Dit was n voorreg om met julle almal te ry.
 
Thanx Dorsland, ek gaan nou baie versigtig post - net kyk of dit werk.



Dit is my koffi stop op Werlverdiend, ek dog Subie is agter my en wil toe vir hom inwag met koffi, maar toe is hy al die tyd alreeds voor my gewees.
Die koffi stop was ook om my net weer wakker te maak, want om 5uur op 'n Saterdag op te staan is nie maklik nie.

Ek check net eers die post voor ek met mag en mening die ander fotos post. Hang on.

nou nou terug.
 
Ok hier gaat ons.

the bikes offloaded at cvz's place.
Very nice for him to let us leave the vehicles and trailers in a safe complex.


So let the fun (adventure begins) - Group outside the entrance gate of the complex.



And then the first gravel section with the riders coming in for a regroup to make sure the speed is ok, the dust is "not" ok and generally to find out if anything is not ok - Naturally nothing wrong at this stage as the adrenalin is still flowing strong.




 
Hier is nog 'n paar fotos tot en met die eerste stop by die laagwater brug oor die vaalrivier.

















Geniet, daar is nog baie, eers weer upload en dan post.
Will post more tomorrow as swambo calls me to bed now.

Dorsland, die photo bucket werk eintlik baie makliker as imageshack - thanx again.
 
Verstaan nie hoekom photobucket en sulkes nie. Ek resize my fotos en laai hulle reguit van my pc af op my WD thread.
 
nemodakar said:
Voor julle verder gaan, wat het julle daar bo met Tweets gemaak? So trip is mos sy kos en ek sien hom nie.

Dink Tweets is meer by Roam africa forum. Hy en Laurika hulle het hierdie area al paar keer gery vermoed ek.
 
Top