Pa seun trip. April 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dis lekker om so saam die kinders te ry, maar maak 'n pa soms bekommerd oor hulle oorywerigheid.

Nicobie, lekker om jou weer op 'n ride te sien.  Laat weet as julle weer ry daar in daai omgewing, sal dalk plan maak om julle te join.
 
dit lyk heel lekker. Ek het lank in daai area gebly en nooit dit benut nie. Ai

so maklik soveel pret as mens net bereid is om vroeg op te staan op naweke
 
subie said:
Verstaan nie hoekom photobucket en sulkes nie. Ek resize my fotos en laai hulle reguit van my pc af op my WD thread.

Copy en paste jy net ?
Ek dog die fotos moet op  'n host gaan lê en dan link jy die link na die host toe.

Anyway, hier kom nog fotos van die trip.

Na die laagwater bruggie is ons toe weer verder en toe ek by die scene kom, moes ek net stop om foto van die pad te neem.


en toe hoor en net 'n commotion agter my, en toe ek omkyk toe lê Christoffer langs sy bike teen die kant van die pad.
Dis wat Subie sê, die 125 brigade se brieke is nie so smart nie. Ek moet sê dat hy kop gehou het en nie agter in ons vasgery het nie, dan sou daar meer skade en beserings gewees het.
Die foto is nadat die bike weer opgetel is.


En toe gebeur die sandmonster se houvas op Bertus.
Ons wat voor ry stop, en niemand volg ons nie = eerste foto.
Ek draai toe om, en hier sit arme Bertus op die sandwalletjie en bekyk die spul.
Hy was glo in 'n te hoë rat en kon nie versnel toe die sand hom gryp nie.




En dan die volgende paar plekke het Subie en die agterryers nie gesien nie. My GPS "herbereken" heeltyd en ek kom nie agter dat ek eintlik van die roete af is nie.








Gelukkig is daar dinge soos selfone, en vang ons weer op met die regte roete.
Hier stop ons vir die eerste olie opvul van Josh se pitbike. cvz het sommer by die boer daar naby gaan olie bum, maar sy pa was maar bekommerd oor die laaitie se fietsie.




Ek ry nog so, toe sien ek net die leeu hier langs die pad - vir 'n oomblik nie geweet wat ek sien nie, maar dis 'n wit leeu wat die oord seker mee teel, want daar is 'n mannetjie en wyfie in die kamp.
Nouja, ons was dors, cvz het gereël dat ons verniet kan ingaan (gewoonlik R50pp) en ons gaan les bietjie die dors.
Seker gemaak ons haak nie vas by die sportsbar nie, daar was nog 'n hele pad om te ry.
Hier kan jy vakansie hou, baie geriewe vir kinders, langs die vaalrivier, visvang, ens.







Hereafter we followed a 2spoor track, with motocross-like tracks. Josh was in his element and chased me as his small bike handled the dongas much better than the longer bikes.
Unfortunately not long after this section his bike finally said "enough is enough"
First the regroup, then the road thereafter en finally the stop where the pitbike refused to run any further.




Subie strolling back to see what is the hold-up.


and the reason thereof


after this only 7 riders carried on as time was running out and nobody wants to ride in the dark.




And it was at this bridge where Christoffer had his second attempt not to crash into my bike, as I stopped to take this photo.




And then without further incident we arrive at the farm.
After a shower we walked around on the farm, visiting the sheep in their pens, admiring the peace.






The 2 legged sheep looking at the 4 legged sheep


And Tanya, the owner, showed me this lamb which is commonly known as the "black sheep in the family".


Some photies of the house and inside.
Could not resist taking a photo of the old taps, which you will pay an arm and a leg for in the antique shops.





And then "braai" time.
Also the dessert which Subie mentioned at the start of the thread - watermelon with pomegranate - quite a nice taste I must say.






And this is the first day of our adventure.
Will post the next day's photos tomorrow.
 
Nicobie said:
subie said:
Verstaan nie hoekom photobucket en sulkes nie. Ek resize my fotos en laai hulle reguit van my pc af op my WD thread.

Copy en paste jy net ?
Ek dog die fotos moet op  'n host gaan lê en dan link jy die link na die host toe.

Ek gaan nou 2 fotos opsit.
Eerste pic is die reply blad. Sien jy die additional options  onderaan. Click op dit dan maak die volgende blasy oop soos op
pic 2.
Additional options het nou expand. Click op browse en gaan kry jy net die foto op jou komper. As jy op more attachments click
sal daar nog n browse blokkie oopmaak waar jy jou 2de foto dan insit  ens.
Hoop jy kan iets verstaan van my slegte verduideliking  :lol8:
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    204.6 KB · Views: 166
  • 2.JPG
    2.JPG
    209.8 KB · Views: 169
Ek het n rukkie na die foto gekyk en gewonder wie is die "darkie" op die foto voor ek agterkom dit is ek  :lol8:
Bietjie kwaai ge-tan op die boot :eek7:
 

Attachments

  • Darkie.jpg
    Darkie.jpg
    153.3 KB · Views: 153
Ek waardeer julle foto's baie, my kamera het nie gewerk nie en om die selfoon elke keer uit te kry met handskoene etc het net eenvoudig nie gebeur nie.  Hierdie was my eerste trip met die honne en regtig "life changing".
 
Nouja, soos belowe hier kom Sondag se fotos.

Moeilik om die manne, sonder breakfast, bymekaar te kry vir 'n groep foto.



Roanne besig om die sous van die vorige aand warm te maak vir ontbyt saam met gisteraand se pap.
Nogal nie onaardig as jy besef daar is 'n voldag voor jou met geen breakfast stop nie.

Ek moet sê dat Tanya aangebied het om lekker slap pap vir ontbyt te voorsien, saam met melk en suiker - wat ons vriendelik van die hand gewys het, want ons het mos geweet daar gaan pap oorbly van die vorige aand. Net vergeet van die melk, so ons moes dit maar met die sous saameet.




En toe begin die tweede dag se ryery.






Harry reken hierdie sou 'n mooi prentjie maak om te skilder - toe neem ek maar die foto.


Hierdie moes 'n lekker stop-over wees in vergange se dae.





En hier kry die sandmonster toe ook vir Deep6 beet.
Subie het klaar gehelp om die bike op sy wiele te kry, maar ek vang darem die spore en dis genoeg evidence.


Nog fotos van die pad














Regroup weer oppad na die Vredefort dome







En dis my deel van fotos neem.

Die laaste foto is maar net die kleure van die boom het my laat stop, dis weer in Welverdiend.



Baie dankie cvz1968 vir die reëlings, Subie vir die sweeping, en ook opcheck dat ek die roete nie misry nie.
Dan aan pcapieters wat baie kalm ry met sy F650 en wanneer hy vooruit ry altyd stop by 'n afdraai, om seker te maak dat hy nie die verkeerde pad vat nie.
Moenie die laaities vergeet nie, nooit gekla nie, (nie waarvan ek weet nie) en glad nie agtergebly het teen die groter bikes nie.
Almal wat saamgery het, baie lekker groepie honne.

Ek het nog nie saam met honne gery wat nie lekker was nie, almal is great adventurers en sien foute as adventure en so leer ons bymekaar.

Tot volgende keer.
 
There was a lot of dust on this ride  :lol8:
Cleaned my airfilter today and happy to report after wiping airbox on the engine side with a white tissue. Not a speck of dust
or colouring on the tissue.
Oke's remember to clean your airfilter after every group ride (I do it after every trip). Check after every trip if your air filtration system works. Any dust on the engine side is no good.
On my XT I have 2 filters which I rotate. They have gone, filter 1. 2 wash cycles and filter number 2. 4 wash cycles.
Filter 2 will be discarded after next use and a new one in it's place.

:ricky:
 
Top