RR: ATTAKWASKLOOF & PAARDEBOND

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,935
Reaction score
1,131
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Vir 'n geruime tyd al wou ek graag die Attakwaskloof-pad en die Paardebond-pad gaan ry (nog nie tevore gedoen nie), en nadat ek onlangs by wandelende GPS-man ChrisL so bietjie "navraag" gedoen het moes hy seker die skimp gevang het, want nie 100 jaar nie toe word planne beraam vir dié tog.

Veldbrand word natuurlik ook genader, en by die vulstasie het ek skaars volgemaak toe die 1150 intrek - met 'n papwiel!  Na 'n snotwurm en bietjie wind is ons egter gou op die grondpad, verby Van Wyksdorp, tot waar ChrisL ons by die Attakwaskloof se wegdraai inwag.  Daarvandaan ooswaarts verby die Woeska murasies, terwyl die pad soms steil op en af loop met knap draaitjies. 

Die padoppervlak is oor die algemeen goed - as jy die voorreg het om direk op hom te ry.  'n Ontploffing in 'n albasterfabriek is waarskynlik die naaste beskrywing vir hierdie "marbles" wat groot dele van die pad bestrooi, maar ek kom mettertyd die rytegniek agter en kort voor lank kom Bonniedale se groen grasperke in sig en vat ons 'n breek onder die dennebome langs die dam. 

Drie reusagtige roosterkoeke word uit 'n saalsak te voorskyn gebring - Albertinia se trots.  Met die innerlike versterk is dit voort en deur die dennewoude, skerp links en deur tot by Ruiterbos waar ons by die teerpad aansluit.  By Eight Bells aangekom word bruisdrankies bedien maar van weer eet is daar nog nie sprake nie.

Oor die Robinsonpas vat ons die eerste afdraai links, verby die Hotazel Chili fabriek, en kort daarna vurk die pad in by die een uit Volmoed se rigting.  Weswaarts volg ons hierdie Paardebond pad, en alhoewel 'n paar hekke moet oopgemaak word, behoort hierdie pad op elkeen se doen-lysie te wees - regtig besonders.  By die Gouritsrivier aangekom is daar eers sowat 100m se rivierklip om baas te raak, maar dis gelukkig redelik vasgery en geen insidente word genotuleer nie.

Na 'n blaaskans onder die doringbome is dit verder voort tot waar die pad naby die Rooibergpas weer aansluit by die "grootpad".  Af met die kort Assegaaibosch-pas, en net anderkant die Bosrivier draai ons links af, rigting Karee Kamma.  Daar verby gaan groet en ontmoet ons vir Frannarossi by sy huis met die ongelooflikste uitsig oor die Grootrivier.  Lekker gesels en gekuier waarna ons vir ChrisL groet wat huiswaarts keer via Muiskraal, en ek en Veldbrand ry in vanoggend se spore terug Ladismith toe.  Dankie ChrisL en Veldbrand, dit was besonder lekker, ons maak binnekort weer so.

Ladismith - Attakwaskloof - Robinsonpas - Paardebond - Ladismith = 275km (55km teer / 220km grond)
 

Attachments

  • Garage papwiel.jpg
    Garage papwiel.jpg
    128.6 KB
  • Veldbrand op Langeberg pad.jpg
    Veldbrand op Langeberg pad.jpg
    123.2 KB
  • Gouritsrivier.jpg
    Gouritsrivier.jpg
    179.9 KB
  • Brug oor Gouritsrivier.jpg
    Brug oor Gouritsrivier.jpg
    149.3 KB
  • Attakwaskloof begin.jpg
    Attakwaskloof begin.jpg
    148.7 KB
  • Attakwaskloof.jpg
    Attakwaskloof.jpg
    160.3 KB
  • ChrisL.jpg
    ChrisL.jpg
    168.1 KB
  • Afsak na Bonniedale.jpg
    Afsak na Bonniedale.jpg
    178.7 KB
  • Stofskoeters.jpg
    Stofskoeters.jpg
    214.5 KB
  • Van Wyksdorp & Bonniedale area.JPG
    Van Wyksdorp & Bonniedale area.JPG
    107 KB
Nog 'n paar foto's:
 

Attachments

  • Assegaaiboschpas.jpg
    Assegaaiboschpas.jpg
    176.5 KB
  • Uitsig vanaf Assegaaiboschpas.jpg
    Uitsig vanaf Assegaaiboschpas.jpg
    190.7 KB
  • Veldbrand 1150GSA.jpg
    Veldbrand 1150GSA.jpg
    157 KB
  • Ruskans by Uitspan.jpg
    Ruskans by Uitspan.jpg
    158.7 KB
  • Koeltetyd.jpg
    Koeltetyd.jpg
    163.3 KB
  • Gourits bruggie.jpg
    Gourits bruggie.jpg
    174.4 KB
  • Veldbrand voor Gourits bruggie.jpg
    Veldbrand voor Gourits bruggie.jpg
    180.2 KB
  • Paardebond pad.jpg
    Paardebond pad.jpg
    179.7 KB
  • Eight Bells.jpg
    Eight Bells.jpg
    226 KB
  • Bonniedale pad.jpg
    Bonniedale pad.jpg
    211.1 KB
Dankie vir 'n lekker dag se ry manne. Ek maak graag weer so saam julle.

O ja, jammer ons was effe laat (Nie my style nie!) en dankie vir daai merske roosterkoek Chris. Nog steeds nie weer honger geraak nie... :thumleft:
 
Mooi wêreld, mooi foto's.

Dankie vir die deel.
 
Baie goed geskryf, voel amper asof ek self daar was...
 
En was dit nie n gawe trippie!! :thumleft:
Dankie vir die hekke oopmaak manne. :thumleft: Dankie vir die keelnatmaak Frannarossi.
Sal later n foto of twee gooi.
 
Net voor nege glip ek by my weg grondpadlangs Albertinia toe. Gooi petrol en stop by Patricia vir die roosterkoek.
Dis nog vroeg maar die eerste knie is al op die vuur en die drie wat ek kry is nog warm. Dik gesmeer met appelkoos-
konfyt en kaas.

IMG_1033.jpg


Patricia vertel my hierdie Des het hulle gemiddeld 60kg meel per dag roosterkoek van gemaak!!!! :eek7: :drif:
Die Drie Muskatiers sn kom in hul sakkies. :drif:
Gaan ondersteun haar gerus. Sy is by die Engen garage op Albertinia.

IMG_1034.jpg


Ek ry uit Albertinia reguit  na die Langeberge en swaai Oos voor hulle oppad Herbertsdale toe.

Plaaslike mense het hier Alwynsap getap. Grawe n gat in die grond. Line hom met plastiek en pak die blare so en los dit
totdat al die sap uitloop.

IMG_1035.jpg


Oor die Gouritzrivier en ons sal vandag weer oor hom ry maar n heelwat kleiner bruggie.

IMG_1036.jpg


Begin van Cloetespas.

IMG_1037.jpg


Ek het die afstand bietjie onderskat of ek het te vinnig gery. Ek wag so rukkie vir die manne.
Ek het nog nooit gesien dat Attekwaskloof so gespel word. Sal dit die Britse Setlaar manier wees?

IMG_1038.jpg


Die manne daag op.

IMG_1039.jpg


Ons draai die kloof in en die hekke begin.
Sal dit die oorblyfsels van n tolhuis wees?

IMG_1040.jpg


Gougou eintlik te gou is ons by Bonnidale. So moet n kind mos vakansie hou. :thumleft:
Ons gesels n lekker geselsie by die dam en eet die roosterkoek.

IMG_1041.jpg


My vinger is net te haastig op die knoppie om vir Jan af te neem :biggrin:

IMG_1042.jpg


Maak bietjie keelnat by 8 Bells Hotel en speel so bietjie deur die draaie in die Robinsonpas ;)
Paardebontpad.

IMG_1043.jpg


And again I did not bring food for the dog guarding the Boerbokke :biggrin: One day I am comeing
with my bakkie and take her home with me!!

IMG_1044.jpg


Thanks guys I was a great day rideing :thumleft:
 
Ai hoe jaloers is ek nou! Sou baie graag saam met julle wou ry.

Chris het jy regtig daai knoppie te gou gedruk, of beskerm jy net vir Jan?  :pot:

Dankie vir die RR Jan, ek voel ook altyd uit beheer uit op die albasters en het laas daar gestop om te kyk of my wiele nie pap is nie.
 
Flatout said:
Chris het jy regtig daai knoppie te gou gedruk, of beskerm jy net vir Jan?  :pot:

:imaposer: Goeie een - maar hierdie trip het darem valvry verloop!
 
Jan Chris  -dankie vir die deel!

Chris lyk my jy het maar 'n soft spot vir die hone!!! Moet sê my hart is ook maar sag as dit by hulle kom!
 
Dankie julle - lekker saamgery so met die middagetetjie  :biggrin:

Wens ek het nou so 'n roosterkoek hier by my - sou darem lekker afgaan.
 
Dankie vir die deel,  :thumleft:

Een van my gunsteling roetes wat julle gery het.

Chris, kyk ek net swak of het jy jou 19" voorwiel terug gesit, jy het die fiets  mos met 'n 21" voor gekoop ?
 
Jakkals said:
Dankie vir die deel,  :thumleft:

Een van my gunsteling roetes wat julle gery het.

Chris, kyk ek net swak of het jy jou 19" voorwiel terug gesit, jy het die fiets  mos met 'n 21" voor gekoop ?
Kyk na die datum van die RR 12/1 /2013. Het my 21" daarna opgesit. :deal:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Jakkals said:
Dankie vir die deel,  :thumleft:

Een van my gunsteling roetes wat julle gery het.

Chris, kyk ek net swak of het jy jou 19" voorwiel terug gesit, jy het die fiets  mos met 'n 21" voor gekoop ?
Kyk na die datum van die RR 12/1 /2013. Het my 21" daarna opgesit. :deal:

:spitcoffee: :imaposer: :imaposer:

Sien nou eers die ding is stok oud,  :imaposer: :imaposer:
 
MR. D said:
Baie lekker roete!!! Het dit die vakansie ook gery  :ricky:
Ek het ook net gedeeltes van daardie roete gery, nog met 800, bly om te sien jy't die res gery, nou't die geel bok-ooi darem die hele roete onder die blad..
 
Top