Sani pas hier kom ons

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Topie

Race Dog
Joined
Sep 28, 2011
Messages
534
Reaction score
1
Location
Pretoria
Bike
Yamaha TW200
So n rukkie gelede het ek Vis Arend se ride report gelees oor Sani pass.
Ek bekyk daai pas nou al vir n rukkie met sulke leep ogies maar die moed of die nodige ervaring ontbreek egter.
Vis Arend se RR het my egter geinspereer en sodoende is die trippie in n oogwink gereel.Selfs die nodige paspoorte is in n rekord tyd gekry.
En so op vrydag die 13e val ons in die pad met ons 250 S agter op die bakkie..slabbing it.
Hoe nader ons aan ons bestemming kom hoe slegter raak die weer en reen is beslkis op die kaarte vir die naweek.
2.jpg


1.jpg


Na n goeie nagrus het saterdag oggend met n bang aangebreek
3.jpg


Dit het selfs gelyk asof die weer gaan saam speel,kort na ons vertrek van ons huisvesting het die wolke toe getrek en die hemel se krane is oop gedraai.
Teen die tyd dat ons die voet van die pas bereik het die reen opgehou.
Die ruine onder aan die voet van Sani

5.jpg

6.jpg


Op julle merke.... Gereed.....ek dink die benoudste ou het die kamera hanteer.:)
7.jpg


Vooruitsigte....Goed of sleg??

9.jpg


8.jpg

10.jpg


Mev Topie wat n slukkie yskoue water langs die pad geniet.

11.jpg


Dit het heelwat gereen in die kontrei en watervalle en water kruisings was volop.
12.jpg


Digte mis was aan die orde van die dag en het selfs gesorg vir n paar benoude oomblikke..en in dieselfde asem moet ek byse dat die mis n bedekte seen was..(ek is maar n skrikkerige ou vir hoogtes)
Terselfde tyd het die mis ons nie kans gegee om vooruit te beplan vir die volgende stukkie wat voorle nie..kry koers en ry was aan die orde van die dag.Solank dit net nie oor die afgrond was nie LOL

13.jpg

14.jpg


Uiteindelik..... ons bereik die kruin en jubel van blydskap en verligting...not bad vir n paar noobs..
Groot was my verbasing toe ek besef ons is die enigste motofiets ryers daarbo... weet die ander ouens iets wat ons nie weet nie?  :patch:

15.jpg

16.jpg

17.jpg

18a.jpg


Na n ligte ontbyt van geroosterde hoender en mayo toebroodjies en n koppie koffie het ons weer die pad af aan te durf.
Gemengde gevoelens het geseevier toe die mis begin opklaar vir n kort rukkie en ons n blik kon kry van Sani in al sy glorie..
19.jpg

20.jpg

22.jpg



So begin die aftog ...moet se dit is baie makliker op as af....met die nat weer en mistigheid wat opklaar en toe trek het ons n paar
interessante oomblikke gehad oppad af,  gelukkig geen casualtys  nie.
23.jpg

24.jpg


25.jpg


Om n vuurtjie met n tjoppie of 2 op die kole het ons bepeins oor die dag wat verby is Ons almal is dit eens dat dit n ervaring en half was..
Een wat nie een van ons nie gou sal vergeet nie.

27.jpg

In Villiers het ons op die beampte afgekom....working hard ne!
28.jpg

Snaakse hood ornament vir n Audi...Die ou het gery dat die biesies bewe tenspyte van die staal pyp deur sy bonnet

 
Lovely pictures Topie, you have done the beauty and awesomeness of Sani justice.

Still one of my favourite rides that I never tire of no matter how many times I do it.

Well done!
 
Netjies Topie - Dankie vir die saamry!! :thumleft:
 
This is a lokken fekker RR.  One big problem.  I was not there.  How about a kykweer?
 
Noobs? Ek dink julle is verby daai deel. Eerder Semi experienced.

Lyk lekker, en naais fotos.
 
Lekker RR en mooi fotos.   :thumleft:

Wel gedaan aan julle drie, Topie.  Sani bly darem maar mooi en maak 'n lekker trip.

Ek het ook die af moeliker gevind, maar dis maar deel van die avontuur.  Ek was amper weer die naweek daar, maar dinge het nie uitgewerk nie.

Hoop om eendag raak te ry.   :3some:

 
Mooi fotos Topie. Lyk na 'n baie lekker trip.

(Jy moet bietjie die datum op jou kamera regstel  ;) )
 
Nice man!Wens darem self ek kan daai paaie aanvat nog die jaar :thumleft:
 
Jinne maar dis mooi foties! Dankie, maak my sommer die pad vat Sani toe! :thumleft: :ricky:
 
so n gesinstrip is vir my baie mooi om te sien

julle is bevoorreg om so naby aan Sani te bly

een wat ek beslis moet doen voor hy klaar geteer is
 
Lem said:
so n gesinstrip is vir my baie mooi om te sien

julle is bevoorreg om so naby aan Sani te bly

een wat ek beslis moet doen voor hy klaar geteer is

Ek stem saam  :thumleft: Hierdie bly een van my bucket list items  :ricky:
 
Nice trip!  Ja, ek het Okt '12 geboek vir Sani en Lesotho.  Dit lyk awesome!!  Weet iemand wanneer dit teer van die pas beoog word?
 
Mooi man -- ;)

Sani is altyd lekker enige tyd van die jaar ---  wet - dry -rain or snow  :mwink:
 
Lovely RR Topie! I'm thinking of attempting Sani with the Mighty XR (125)... don't know if it won't run out of breath near the top though! Anybody done it on a 125??
 
Tommy Transalp said:
Lovely RR Topie! I'm thinking of attempting Sani with the Mighty XR (125)... don't know if it won't run out of breath near the top though! Anybody done it on a 125??

A friend of mine --Marlene did it on her Vespa scooter --  ;) its a walk in the park on a small bike --
 
Top