Seweweekspoort

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,356
Reaction score
922
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Seker al so jaar terug word daar gedreig met 'n rit Seweweekspoort toe
Dit alles word elke keer met besprekings opgehaal, maar niks daadwerkliks word daaraan gedoen nie
Laas week post ek op Facebook 'n kaart waarop Seweweekspoort aangedui word
Dis tyd
Skielik word daar beplan, plek word bespreek by Aristata in die poort, betaling word gedoen en vas is die rit

Gepak en reg om te vetrek

21589549372_9e83a4b731_o.jpg


Op pad word ons eers tot halt geroep om vliegtuig te kyk, nog 'n passie in die lewe - die manne weet van vlieg

21609750821_790d773755_o.jpg


Grondpad toe, dis tog hoekom ons stofskoeters ry

21574693686_6938e98f8d_o.jpg


Nuttelose aanwysings vir ons, dit is maar bloot 'n baken, ons weet waarnatoe

21609730361_de84cfd206_o.jpg


Dan die eerste water, nogal baie water op die pad gekry, die kant van die wêreld is nogal baie water

21413012838_3ee5c8cdd1_o.jpg


21600903505_791f6636ef_o.jpg


Die wêreld is mooi groen

21574646766_ce34669877_o.jpg


Nog water, maar onderdeur die brug

21600883775_5bfe2a9298_o.jpg


Padpredikant

21574628256_e236c4e313_o.jpg


Nog water, maar geen probleem nie

20979674833_fa629a5373_o.jpg


Belsuit om Gysmanshoekpas 'n mis te gee, die doelwit is gestel en daar sal daarop gefokus word, een doelwit per rit
Nuwe paaie verken en 'n eerste vir my

21412756280_10d7a51520_o.jpg


21589440442_08368d1343_o.jpg


21609646041_c5f9c3e5f2_o.jpg


Riversdal se "sleeping beauty"

20977982404_b4a3ea173f_o.jpg


Eers die geskiedenis op datum bring

21589423122_c4730770c6_o.jpg


21412917398_ebd3878667_o.jpg


Ladismith, proviand is aangeskaf en die rit volg tot by die doelwit vir die naweek

21412710490_ab5b236d8f_o.jpg


21413809819_4ed3e4bebf_o.jpg


Dankbaar vir digitaal, om elke draai 'n nuwe gesig, ongelooflik

21412895498_81a5fe44ed_o.jpg


20977937774_91b2580748_o.jpg


21589375042_5716ff6e8e_o.jpg


Dan by Aristata, in die poort, geen selfoonopvangs, net ontspan, tyd vir die eerste koue

20977924024_d85e389fb0_o.jpg


Lekker akkomodasie

21600771245_6326216373_o.jpg


21600746335_bb63886712_o.jpg


Kosmaaktyd, braai natuurlik

21412659590_6eb976eaf0_o.jpg


Aandete, geen fieterjasies nie, straight forward soos die Ingelsman sou sê

21413756829_7dd9d6cfe8_o.jpg


Lekker kuier voor daar geslaap word

21412633340_7bb404b38d_o.jpg


Dag twee volg . . . . . . . .
 
Nice, mooi pad wat julle gery het,

Seweweekspoort bly een van my gunsteling paaie, gelukig is dit vir my naby so ek skiet gereeld soontoe om somer net 'n worsie daar te braai.

Julle oornag plek in die poort is baie nice en mooi omgewing, maar die mannetjie wat die plek oppas kan soms net te lastig raak met sy geselsies.
 
Stem oor die mannetjie, maar as jy aanhou hout vra, raak hy stil-stil weg  :biggrin:
Dis 'n besonderse poort
Oornag geriewe puik  :thumleft:
 
dual said:
Stem oor die mannetjie, maar as jy aanhou hout vra, raak hy stil-stil weg  :biggrin:
Dis 'n besonderse poort
Oornag geriewe puik  :thumleft:

:sip:  :lol8: So, die triek is om hom aan die werk te hou?
 
Nice fodies!

Se vir jou buddy as hy ooit sy AT wil laat gaan moet hy my in gedagte hou.  :drif:
 
Dankie vir die deel van 'n lekker trippie!  :thumleft:
 
Bly om te sien Seweweekspoort is nie meer so swart gebrand nie. :thumleft:
 
Bad-ass adventure bikers ... and then you park under an awning.  :lol8:

Thanks for the RR. Great pictures, great area and great reading.  :thumleft:
 
Dag 2
Wind kwaai gewaai deur die nag, opgestaan met bewolke weer

Reg vir aksie

21416786870_7569ba4184_o.jpg


Die poort bly besonders, terug gery begin toe en weer deur gery

21416778480_773d5d60c6_o.jpg


21416968628_7bdc24f185_o.jpg


21416960758_649f9a581e_o.jpg


21613666821_d6a5b36220_o.jpg


Sommige mense beweer mens kan nog verby Gamkapoortdam ry Prince Alfred toe?

21593434702_6144821102_o.jpg


Handleiding vir avontuur

21613651481_9de1f2d262_o.jpg


Terugblik van waar ons gekom het

20981962224_46c31d28e7_o.jpg


Laingsburg se rigting

21416721480_245eb6d194_o.jpg


21578569166_e055eee9cf_o.jpg


Metaal volstruise

21613619761_6fe08abca0_o.jpg


Anysberg se wêreld

20981922204_555aabfdb7_o.jpg


21578533046_e40c81bab4_o.jpg


Afdraai, Montague se rigting, Oubergpas oor

21416869358_4a2fd1daf6_o.jpg


21604766745_cb5315f3be_o.jpg


20981889434_ba44d7d537_o.jpg


21417757479_3375405b37_o.jpg


Die ou se een horing hang, lyk of dit afgebreek is

21416638530_dc4dfae65d_o.jpg


Oom Jan se Sexshop, seker maar toegemaak a.g.v. swak besigheid

21417741729_9aa9d33425_o.jpg


Nou begin die donkies stal ruik, die pas word aangejaag en die fotos stop omtrent

21416818658_5c70e99d56_o.jpg


Darem 'n laaste foto by Kogmanskloof

21416810548_0ab7e1185a_o.jpg


760 km se lekker ry

20996724594_871b93d8d4_o.jpg
 
What happened to your KLR?  Did you sell it and get the Tenere recently?  The Tenere are awesome bikes.  :ricky:
 
Always a nice area to ride.

Old Fox at the dam told us you will only really see the poort like this about once in 20 years. Burnt that is.

Exposes much more of the rock strata and layers.

Very nice, love the pics.

 
Top