Skud-skud deur die Suide van Nambië

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Van die Kokerbome ry ons terug see toe.
 
Attachments

  • IMG_2914.JPG
    IMG_2914.JPG
    250.4 KB
  • IMG_2906.JPG
    IMG_2906.JPG
    327.2 KB
Oppad Luderitz toe raak dit al meer woestynagtig en op die eerste foto kan die begin van die Namib duine in die agtergrond gesien word.
Die wilde perde verstom my want hulle lyk of hulle kos kry......?
 
Attachments

  • IMG_2917.JPG
    IMG_2917.JPG
    188.8 KB
  • IMG_3005.JPG
    IMG_3005.JPG
    221.5 KB
Volgens dié spoorlyn het Namibië ’n Moltrein!
 
Attachments

  • IMG_2930.JPG
    IMG_2930.JPG
    192.6 KB
By Luderitz aangekom is ons baie gelukkig om op die see slaapplek te kry.
 
Attachments

  • IMG_2936.JPG
    IMG_2936.JPG
    224.4 KB
  • IMG_2942.JPG
    IMG_2942.JPG
    244.6 KB
  • IMG_2961.JPG
    IMG_2961.JPG
    213.8 KB
Luderitz is vol kerkgeboue van klein tot groot.
Hierdie kerk op die bult staan egter uit bo die ander.
 
Attachments

  • IMG_2968.JPG
    IMG_2968.JPG
    145.3 KB
Oral sien mens ou Duitse argitektuur. Wonder of die hoekhuis dalk die geboorte plek van Blue Peter was?
 
Attachments

  • IMG_2973.JPG
    IMG_2973.JPG
    198.3 KB
  • IMG_2972.JPG
    IMG_2972.JPG
    179.7 KB
1. Ou Stasie gebou
2. Na ’n paar dae in die veld slaan my boesman-gene uit en raak ek sku vir die kamera!
 
Attachments

  • IMG_2925.JPG
    IMG_2925.JPG
    161.9 KB
  • IMG_1584.JPG
    IMG_1584.JPG
    287.5 KB
Die pad vanaf Rosh Pinah waar teen ons gewaarsku was. Het omtrent vyf uur lank gery tot by Noordoewer.
 
Attachments

  • IMG_1741.JPG
    IMG_1741.JPG
    239.3 KB
  • IMG_2980.JPG
    IMG_2980.JPG
    239.6 KB
  • IMG_2984.JPG
    IMG_2984.JPG
    329.2 KB
  • IMG_2989.JPG
    IMG_2989.JPG
    214.5 KB
  • IMG_3001.JPG
    IMG_3001.JPG
    305.7 KB
Hier is 'n paar baie mooi Fotos. Baie lekker RR. :thumleft:
 
Ons laaste aand in Namibië sluit ons weer by Amanzi af maar dié keer in Houthuisies.
Na heerlike somerweer raak dit weer vinnig kouer en ons haal net Vanrhynsdorp voordat ons handoek ingooi.
Na ’n lekker kuier in die karavaanpark en hulle restaurant moet ons die volgende oggend in snerpende koue en reën terug
ry Kaap toe. So het ons onbeplande rit darem toe heel voorspoedig afgeloop en vir ons gelaat met mooi herrinneringe.

Sal ek weer Namibië toe gaan?....ja maar nie op ’n Transalp nie!  :3some:

Martin op sy swaargelaaide KTM wat later allerhande geluide gemaak het sal ook glo ek volgende keer eerder die bakkie gryp.

Aan Martin en Adi wat ingeval het by my impulsiewe besluit om net te ry, dankie, dit was alles die moeite werd.

Attachments

  • IMG_3013.JPG
    IMG_3013.JPG
    369.9 KB
  • IMG_1566.JPG
    IMG_1566.JPG
    255.4 KB
Lekker Flatout  :thumleft:

Dit sal dalk makliker in n kar wees, maar NOOIT so leeekkker........ ;D
 
Dankie Flatout dit was nou 'n lekker rr gewees met stunning foto's. Die suide bly maar 'n mooi plek.
Die padskrapers se kontrakte is weer hernu en hulle is darem nou weer besig om al die paaie te skraap na 'n groot opstand van die publiek en toeriste oor die swak gehalte van die paaie en groot hoeveelheid ongelukke wat plaas gevind het. Ons hoop die paaie sal reg gestel wees in die volgende maand of twee, want dit was wragtag baie sleg oral.
ChrisL die oostelike dele en sentrale gedeeltes het gemiddeld reen gekry, maar oral in die westelike kant van die land lyk dit so sleg, want daar het amper geen reen geval nie. Die wilde perde kry voer van skenkings wat gedryf word deur Piet Swiegers van Klein AUs Vista so hulle lyk darem nog goed, maar hulle het ook in groot getalle gevrek en daarom was daar 'n initiatief begin om hulle van totale uitwissing te red. Ons hoop en bid maar die reen sal vroeg kom die jaar.
 
Man from Nam said:

Dis darem nou goeie nuus, dankie!
 
Roxtar said:
Lekker Flatout  :thumleft:

Dit sal dalk makliker in n kar wees, maar NOOIT so leeekkker........ ;D

Sal ek nou ooit met jou kan stry!  :ricky:
 
Baie mooi. Ek het die foto's waardeer.  :thumleft:
 
    Dankie Flatout.Ek het lekker in my verbeelding saamgetoer.Jou fotos vanaf die berg by Ais-Ais,was beslis die klim werd!
 
Baie mooi fotos en lekker RR.

Die deel van Namibie wat julle gery het ken ek beter as die palm van my hand. Elke berg in sig plat gestap.
Oor jou kommentaar oor die ouderdom van die klippe by AiAis, jy moet dalk 'n "1" vooraan daai 200 miljoen skryf. Ek werk die afgelope 5 jaar nou al saam 'n span geoloe wat die suide van Namibie geologies karteer. Ek sit nou hoeka in Rosh Pinah soos ek hierdie tik. Die gesteentes by AiAis self, en die koppie wat julle geklim het is so 1280 miljoen jaar oud. Van die ander gesteentes daar is so tussen 800 miljoen en 1200 miljoen. Hier is omtrent nie 'n klip in die area wat ek nie ken nie  :imaposer:

Daai slak doppe soos wat julle gekry het kry mens oral hier. Daar het slakke hier voorgekom en veral in die sand woestyn tydens die vorige nat klimmaat siklus, seker 'n paar duisend jaar gelede.

Julle is nogal reg die grondpaaie hier is bitter sleg deesdae, sal dit nie op 'n 1200 size bike wil ry nie. Nes jy se, die kontrakteurs word nie meer betaal nie. net oor 'n jaar gelede het hulle nog die pad langs die oranje rivier elke paar weke geskraap.

Top