- Joined
- Dec 7, 2017
- Messages
- 482
- Reaction score
- 348
- Location
- Wellington, Western Cape
- Bike
- Honda CRF-1100L Africa Twin
Dagsê mede Wilde Honde, ek lees so lekker aan almal se stories, so toe besluit ek maar om my laaste trip ook in woorde om te sit. So maand en ‘n bietjie gelede het ek ‘n week verlof ingesit, net om bietjie weg te kom van selfoon sein, emails en al daai dinge. Ek het my bike opgesaal en die pad gevat.
Ek het uit Ceres die Vrydag middag weggetrek in Stellenbosch se rigting vir die naweek. My oorspronklike plan was om die Maandag van daar af te vertrek Gansbaai toe om vir ‘n pel te gaan groet wat verhuis na Kanada. Niks loop gewoonlik volgens plan nie, so toe is my Maandag so bietjie deurmekaar toe hulle eers ander “last minute” draaie moes ry. So toe besluit ek om die Cape Town Cycle Tour aan te vat so op die Maandag, maar met ding wat homself vorentoe vat. Muizenberg, Boyds drive, Vishoek, Simomstad, eet en drink ‘n ietsie, check kyk walvis, Smitswinkelbaai, Scarborough, Misty cliffs, Kommetjie, Noordhoek, Ou Kaapse weg oor Muizenberg toe en toe weer terug tot in Stellenbosch.
Die onbeplande trippie gee my toe genoeg tyd om my roete te beplan vir die volgende paar dae. Dinsdag oggend vertrek ek toe uit Stellenbosch, Helshooge pas oor, Pniel, Franschhoek (en sy pas), Villiersdorp, so grondpad Robertson toe, Ashton, Montagu. In Montagu maak ek toe tenk vol en draai by die eerste grondpad links (Talana) soos mens uit ry na Barrydale se kant toe, Ouberg pas oor tot ek by ‘n T aankom wat ek moes kies, Ladismith of Laingsburg.
Links Laingsburg toe en toe weer regs Seweweekspoort deur. Die honger (fonger) kom toe al sterk deur so toe is dit tyd om my lyf se tenk in Calitzdorp vol te maak. Vandaar is ek toe verby Caltizdorp se dorpsdam, al teen die Swartberge af tot ek Swartbergpas kry. Op en oor en toe weer links, Hel toe. Ek was nog nooit daar nie en het nog net gehoor van mense wat met hulle fietse tot onder en terug ry, To the hell and back, maar na my besoek daar het ek vir myself gesê there is no chance in hell dat ek ooit met my fiets tot daar en terug sal ry nie. Selfaangedrewe sal my keuse van transport tot daaronder wees.
Na ‘n uur van staan-staan ry was ek onder en Pieter en Marinette het my vriendelik ontvang. Ek het die aand sommer in een van hulle karavaantjies oorgeslaap. Hulle het vir my aandete gemaak en ek het lekker gebly. Sover was daar nog nie ‘n druppel wind nie en vir beter weer kon ek nie vra nie.
Die volgende oggend is ek weer daar uit en weer af met Swartbergpas, maar dit was so bietjie van ‘n anderste storie, daar het ‘n Noord-wes opgekom wat vir alles en almal kwaad was. Nie te min, stop ek toe by Kobus se gat, gelukkig het hulle nie weg gegewaai nie en bestel toe vir my die “mother of all breakfasts”, die Great Karoo breakfast, en jinne, dit was great! Ek sal enigetyd weer vir hom teruggaan!
Vandaar baklei ek toe verder met die wind terug na Calitzdorp se kant toe, draai links, Vamwyksdorp toe via Rooibergpas. Net so voor Vanwyksdorp kry ek ‘n bordjie wat vra of jy dors en honger is en met daar besluit ek ietsie koud sal aangenaam wees en draai toe by Rooiberg lodge in, vir ‘n lekker yskoue Coke
Verder gery tot in Vanwyksdorp en amper die plek mis gery, daar gebeur maar min... Deur die hoofstraat en af Riversdal se kant toe oor Garcia’s pas. Reguit oor die N2, Witsand toe, in Witsand gekom en gesoek vir ‘n draairoomys, maar mens kry nie so iets in die winter daar nie wil dit vir my voorkom. Weer ‘n walvis gekry en hom so rukkie dopgehou en toe vertrek in Bredasdorp se rigting oor die pond.
In Bredasdorp gekom en toe deurgedruk Elim toe en uiteindelik in Kleinbaai aangekom. Die aand daar geluier en vir die span wat ons verlaat, gegroet ens. Met die kuier die aand vertel ek die mense van my skou ontbyt wat ek daardie oggend gehad het en hulle sê dat ek sy kompetisie in Baardskeerdersbos sal vind, by Marietjies. So, die volgende oggend is ek Baardskeerdersbos om oppad terug huis toe. Dit was een van die beste waarde vir geld etes wat ek in ‘n lang tyd gehad het baie lekker. Ek kan nou, meer as ‘n maand later nogsteeds nie besluit watter brekkie gewen het nie.
Van Baardskeerdersbos af vat ek toe die Papiesvlei pad wat daar iewers naby Stanford uitdop. Na Caledon vat ek die die Boontjiesrivier pad om nog so laaste stukkie stofpad in te kry oppad huis toe.
By Villiersdorp het die wolkke bietjie begin donker raak en na Worcester donkerder en toe later kon hulle dit nie meer hou nie en ek reën toe lekker nat in my laatse 50km van my trippie.
All in all was dit ‘n lekker trip, sonder enige moeilikheid oor ‘n totale afstand van 1600.3km. Ek sal dit beslis weer aanpak en raai dit vir enige iemand aan wat lus is om, op sy/haar eie weg te kom, te vergeet van al die moeilikheid waarvan ons elke dag herinner word en net die land waarin ons bly te geniet!
Sent from my iPhone using Tapatalk