Sommer Net So Bietjie Gatskuur

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
38,505
Reaction score
3,241
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1150GS
Ek was lus vir ry(OK, ek is altyd lus vir ry  :ricky:) en ek besluit toe, aangesien vandag vakansie is, gaan ek ry. SWAMBO is weer op haar eie trip, ek is bachelor, en het heeldag vir rondry en foto's neem. Daar’s nie veel van ‘n plan nie… sal maar sien waar die pad my vat.

Vroegoggend, petrol gegooi en ons is reg om te skuur.



Oppad kry ek vir Torque Curve en ons stop op Rocklands vir ‘n geselsie. Hy gaan bietjie rondry saam sy skoonpa, Bill.



Ek het besluit om die Elandsrivierpad te vat Padlangs restaurant toe in die Gamtoosvallei. Die pad is mooi en die ry lekker. Dis vroegoggend en vars.

Sandrivierdam



Die Hanekam



Terugblik op die valley



Vroeër die jaar het die kamera saam ons geval en sy breins is nou geskommel. Toe ek nader aan die Hanekam is en weer ‘n fotie wil neem zoom hy sommer self



Nie vandag nie. Mens vat nie daai pad op jou eie nie.



Radiotoring bo-op die berg(met fiets natuurlik  :biggrin:)



Hanekam uit die verkeerde hoek geneem



Die uitsig is mooi hier van bo af. Gamtoosvallei



Padlangs waar ek ‘n lekker brekkie eet



Daar’s hierdie klompie ma’s met hulle woelige kroos wat ‘n gemoedelike atmosfeer skep



Wrak van ‘n ou trok



Ek het lanklaas die Kougadam gesien en besluit om ‘n draai te gooi



Die dam is nie baie vol nie



Daar’s ‘n tonnel



Daar's 'n bike in die  tonnel





Bike en damwal



Ek vat die grondpad oor Andrieskraal na Humansdorp. Lus vir koffie. Dis ‘n mooi pad om te ry wat so wentel deur die koppies. Die klaarblyklike rustigheid onder die bome trek my van die pad af vir ‘n rookie.



Na my koffie besluit en om ‘n draai te maak op Oesterbaai. Ek bly al my lewe in die Oos Kaap en was nog nooit daar nie. Die Westewind, wat voorspel is, pomp nou, maar die XT gly deur dit. Merkwaardige motorfiets.

Oesterbaai, maar net nog ‘n onindrukwekkende kusplekkie. Ten minste laat die bike die foto na iets lyk.



Daar’s groot bohaai dat hulle dat hulle hier erens ‘n kernkragsentrale wil bou. Verstaan nie rerig waaroor die geraas gaan nie… hulle kan die plek maar nuke.  :peepwall:

Hierdie grondverskuiwer is indrukwekkend



Beauty and the Beast



Ek het ‘n tjom met ‘n plekkie op Kaap St Francis en is weer lus vir koffie. Gee my sommer kans om ‘n foto van die lighuis te neem



Bike by die see



Humansdorp



Hierdie toring is daar op Jeffreysbaai. Nie seker wat dit is nie



Die ou enkelbaan staalbrug oor die Gamtoosrivier





Jammer dat die bike nie in die foto is nie... verkeer was te druk daarvoor  :imaposer:

Dit raak laat en ek wys maar die voorwiel in die huis se rigting. Soos altyd vat ek die Van Stadenspas met ‘n fotie van ons berugte brug





Half ses is ek terug by die huis na ‘n lekker lang dag se ry wat ek ‘n paar  uitstaande foties kon bymekaar maak.


 
Altyd lekker om net die pad te vat en nie te weet waar jy gaan eindig nie.  :ricky:

Dankie vd share.
 
Hoe lekker het ek nou saam gery.   :thumleft:  Pragtige foto's en nou praat ek ook nie eens van die bike nie.   ;D

Ek en vroulief wou ook vandag net vir 'n slag rus, toe vat ons die pad, so 441 km later toe is ons terug by die huis.  :biggrin:
 
Vis Arend said:
Hoe lekker het ek nou saam gery.   :thumleft:  Pragtige foto's en nou praat ek ook nie eens van die bike nie.   ;D

Ek en vroulief wou ook vandag net vir 'n slag rus, toe vat ons die pad, so 441 km later toe is ons terug by die huis.  :biggrin:

Praat jy maar net 'n goeie trip of gaan ons 'n RR kry. Ek is besig om julle in te haal.  :patch:
 
Wow, Jupiter

wat n great dagrit. jys besonder bevoorreg om daar te kan bly.

thanks vir die deel
 
Nice man. Strompie sal later ons RR op sit waar ons gister was  ;D elke woensdag moet vakansiedag wees vir sulke trips.
 
Lekker trip, swart xt het n "paintjob" nodig, lyk so bietjie depressing vir so mooi bike
 
Nice one Jup ! How many kilos did you do for the day ?
 
Top