Andre01
Pack Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 225
- Reaction score
- 51
- Location
- Malmesbury
- Bike
- Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek het Vrydag agtergekom ek was nog nie een keer in 2018 in die Sederberge met die bike nie! Ek moes iets daaraan doen. Ek het Saterdag nog verpligtinge gehad hier by die huis en kon nie vroeg wegkom om die aand by Oasis te slaap nie. Ek besluit toe om Sondagoggend vroeg in die pad te val.
Ek kom toe so 05:30 weg uit Malmesbury en mik Clanwilliam toe, al die pad teerpad. Die N7 was heerlik stil gewees.
Op Clanwilliam gooi ek vinnig die fiets vol petrol en glip pakhuispas oor. 07:30 stop ek by Leipoldt se graf om ontbyt te eet, lekker flask koffie met braaivleis en braaibroodjie van die vorige aand. Ek blaas ook my bande bietjie af, die grondpad gaan amper begin.
Ek vat toe die afdraai na Wupperthal. En stop vinnig op Hoek se Berg vir 'n foto.
Ek het nie lang stories gemaak in Wupperthal nie, die mense van die dorp was al almal in die kerk, wou nie die dominee onderbreek met die klank van 'n motorfiets nie. Ek stoot toe deur, rigting Eselbank. Die pad is in baie beter kondisie sedert ek hom laas gery het, daar is selfs padwerk bordjies en die ergste dongas is toegegooi met grys/grond.
Ek vorder met goeie spoed, stop net nou en dan om 'n foto te neem. By Eselbank se waterval kry ek vier manne van Langebaan, hulle het die vorige aand op Oasis geslaap en braai nou 'n brunchtyd vleisie by die Waterval. Lekker paar woorde met hulle gesels en toe weer verder gery.
So 15min anderkant Eselbank stop ek om water af te gooi en 'n slukkie water te vat. Ek druk toe deur Oasis toe.
Die "pebbels" het my besig gehou, gelukkig help 'n TKC80 voorband baie, en voor ek my kon kry is ek op die "harde" pad af oasis toe.
Ek was so net na 11h by Oasis, lekker koue koeldrank op die stop gedrink, paar woorde met Gerhard gesels en toe weer gery, Gydo pas oor, Ceres en toe laaste paar kilometer tot op Malmesbury. Was so 14:30 by die huis betyds vir bietjie 7's aksie en 'n middagslapie.