Flatout
Race Dog
Stofmonster, sy seun Jeandré en ek besluit laas Donderdag ons moet dringend die stofpad vat want die ellende van ons alledaagse doen en late is besig om sy tol te eis. Vrydagnag is ons soos kinders en slaap baie onrustig. Ses uur Saterdagoggend is ons in die pad en snel voort in die rigting van Ceres.
Hier is ons net in die karoo en stop vinnig om seker te maak alles sit nog op die regte plek en om sommer net die oggendlug in te drink.
Hier draai Jeandré op die Middelpos pad af.
Ons ry by Oudeboskraal in en is dadelik baie teleurgesteld oor hoe die plek verval het. Die paadjie is droog en plek, plek baie sanderig toe ons weer aan die anderkant uitry. Ek voer ’n paar lekker swaaie uit en wen amper ’n tap- danskompetisie voor ons weer op die groot pad is. Hier staan ons by die Tankwa gastehuis.
Die dam daar naby is massief groot en iets wat mens glad nie hier op die dorre aarde verwag nie.
By een van die oorlope stop ons op dié rotse.
Net voor die Tankwa- kantore ry ons oudergewoonte teen die koppie uit. Die gradiënt is redelik styl en ek het my hande vol om die Transalp bo te kry. Op die punt het ek nogal met heimwee terug gedink aan my KLR. Dit het my omtrent ’n jaar geneem om gewoond te raak aan die Transalp na jare op KLR’s.
Al drie veilig bo.
Stofmonster se KTM slaan oor na 50000 km se probleemvrye en genadiglik ook ongeluksvrye ritte.
Die Quarry-gat en Zone 7 se sand laat staan die Suzuki sonder petrol langs die pad. Vergasser, filter en petrol kraantjie word vinnig skoon gemaak want die son steek en ons wil net wegkom na mooier en koeler dele.
Tussen die rotse in Gannagapas.
Die Transalp haal die kruin terwyl die FAN verwoed waai.
Bo van die pas af terug Tankwa toe. Daar onder op die laaste draai het ’n paar Gemsbokke my amper van die fiets af gehardloop. Lekker groot geskrik en dit was ook nie die einde van voor-die -fiets-in hardlopende goed vir die naweek nie.
Nadat ons by Middelpos volgemaak het arriveer ons by Jakkalsdans Gasteplaas op die Sutherland pad.
Ek en Stofmonster (my biologiese broer kyk maar na die koppe) sluk ons eerste “klapper” met genoegdoening in yskoue water af. Vir die wat wonder, ’n “Klapper” is wanneer jy jou eerste dop van die dag so sterk gooi dat iets wat net mans het teen mekaar klap met die eerste sluk.
Soos omtrent altyd ry daar ook weer die dag ’n donkiekar verby.
Stofmonster se 990 is te kragtig vir sy gladde agterband en kort voor lank spin hy vir hom ’n papwiel los.
Lien van die plaas het vir ons ’n lekker groot plaasbrood gebak. Jeandré se kommando-wurm gene maak dat ’n groot deel van die brood voor aandete verdwyn.
Na ’n lekker braai en nog vele meer sukkel ek om die volgende oggend uit die bed te kom.
Die KTM word loshande gery, iets wat jy nie met n Transalp waag nie.
In Sutherland lê die koue wolkies op die horison. Lyk my hier is dit altyd koud.
Stofmonster kom met spoed en al swaaiend teen die bult uit.
Net na Sutherland eet ons lekker, in ’n driffie, aan gisteraand se oorskiet kos.
Oubergpas bly maar altyd weer net iets besonders.
Hier vat mens nie kanse nie want die klippies is skerp en remvermoë beperk.
By Bo-Wadrif span ons lekker uit en neem ’n paar fotos.
Dis droog maar dié berg is altyd iets besonders en vandag amper misterieus met die skadu’s bo in die kranse.
Hierna stop ons by die Tankwa padstal wat nou gelisensieerd is. Ons sluk ’n paar biertjies om die nodige moed bymekaar te skraap om weer huis toe te ry. So kom nog ’n onvergeetlike rit tot ’n einde maar ons sal spoedig weer begin planne maak, julle weet mos hoe dit werk.