Tolhuis Toe Op ‘n Splinternuwe Motorfiets!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dusty Rusty said:
Julle manne wat so voorspel dat Nismark op sy hoede moet wees is doodreg

Dit is hoekom ons 'n reels het by die huis...

- My bikes = My bikes
- Die ander bikes = Ons bikes
- My bikes mag deur ander (i.e. die twee dames in die huis) gery word, dit is waarvoor die pillion seat is, spesiaal gevorm vir vroulike boude, ek sal voor vashou

:biggrin:
 
Ai, dit is altyd lekker om jou rr te lees.  Dit voel goed op die tong met fotos wat die storie komplimenteer. 
 
luv2ride said:
: Dis lekker as mens as paartjie so kan saamry.Ek en my vrou kan dit eersdaags weer doen  :ricky:

Ek hoop jy gaan ons daarvan vertel.  Die beste ritte is as Nismark langs my is.  :ricky:
 
the_BOBNOB said:
Nice Dusty!

Kan onthou die eerste keer wat ek n groot bike gery het (van n 250cc na n 1100cc met 121kw) mens vergeet dit nooit :)

Sjoe, dit was 'n groot sprong!  Die eerste groot fiets waarop ek geklim het na die 125 was Nismark se XT 660 R.  Dis was ook maar 'n storie.  Snaaks, ek kon nooit regkom op die XT nie.  Dit het altyd gevoel of dit met my gaan omneuk in draaie.  Dis egter nog steeds vir my een van die mooiste Duel Sport fietse. 
 
Dusty said:
Baie mooi geskryf, ek geniet jou RR's .. daar is altyd n foto van een of ander diertjie met wie jy vriende maak

Hallo Dusty!  Baie dankie vir die inloer.  :)  By meeste plekke waar ons stop is daar darm altyd 'n kieterkat wat teen mens se bene kom skuur.  In die RR waarin ek nou werk het ek te doen gekry met 'n spul bobbejane wat my in 'n begrafplaas afgeloer het.  Dit was nogals erg
 
Baie dankie vir almal se mooi komplimente. Julle is my eregaste en maak RR's skryf die moeite werd.
xxx
 

Latest posts

Top