Tolhuis Toe Op ‘n Splinternuwe Motorfiets!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
’’Ek dink jy moet op die NC ry wanneer ek die Vara terugneem Ceres toe.”

My nekkie raak styf. ‘n Kriewelrige nuk kom sit op my skouers terwyl ek my kop na Nismark draai.
“Nee. Dis te groot. Te fancy. En jy weet hoe ek sukkel deur draaie!” Tog, ‘n week of twee later, trek ons weg uit Bellville om te sien of ek met die nuweling oor die weg sal kan kom.

By ‘n nuwe redensiële ontwikkeling stop ons en ruil motorfietse. My gesonde verstand sê ek kan nie  die fiets ry nie. Dis te nuut, te spoggerig! Ek klim op. (Oeeee! Die saal voel luuks!) Sit my hande op die handvatsels.  Dis baie verder van mekaar af as waaraan ek gewoond is.

“Kry die DR voor my uit die pad!” piep ek benoud onder die valhelm.

Reg. Stappie nommer een. Haal asem.
Stappie nommer twee, skakel die motorfiets aan. “Kliek! Zzzzzzzzzzzttttttt! Brrrrrrrr!”-
Skop die kantstaander in. “Klieng!”.
Sit die motor fiets in in eerste. “Kliek!”.
Gee petrol.
Halloooo! Gee petrol!
Die fiets staan doodstil. Nismark stop langs my. ”Gee petrol!”
My regterhand weier om te draai. Ek probeer weer. Geen reaksie. Nog ‘n probeerslag. Daar gebeur nou iets! Die fiets rol vorentoe!

“Tel jou voete op!” hoor ek langs my.

Ek soek-soek na die ysterperd se stiebeuls. Dis hoër op as waaraan ek gewoond is. Die sitposie van die fiets is ook ‘n titseltjie meer vorentoe. 20 km/h ….. 30km/h ….. spoedhobbel (whee!) 40 km/h…. Iets kielie in my binneste, bruis boontoe en borrel uit as ‘n lag. Ek het die wegtrek oorleef! Ek tel spoed op terwyl die motorfiets onder my purrrr van lekkerte. “Ha-haaaa- ha-haaa!”, weergalm my lag straat af.

Met ‘n skuins kopknik beduie Nismark dat ons die Botlary pad kan aandruf. Eers volg ek hom gedwee, voordat ek uitgelate tot langs hom ry. Die motorfiets se syfertjies klim na 114 km/h op die spoedmeter.  “Ka-kaaa-kaaaa-kaaa!” kraai ek weer, dit voel dan asof ons nog  80 ry!  Nismark, wie kompleet soos ‘n trotse pa lyk wie sy kind leer fietsry het, trek af langs die pad en stop. Ek volg. Eers probeer ek met my hande verduidelik, want ek vind geen woorde nie. Dan babbel daar ‘n string jubelwoorde uit voordat ek asem skep en vra hoe die revolusiemeter werk.  (dis die eerste keer dat ek ‘n motorfiets ry wat so iets het.)

Ons vat weer pad, Klipheuwel langs. Eers steek die wind net saggies op, voordat dit met bolwange teen ons oorlog verklaar.  Al word die motorfiets plek-plek rondgestamp deur die wind, bly die NC mooi in beheer van die situasie. Wat wel buite beheer voel is my valhelm. Die wind probeer dit van my kop afwaai!  Beurend en steunend ry ons Bellville binne, min wetende wat die volgende dag op ons wag …
 

Attachments

  • na toetsrit 1.jpg
    na toetsrit 1.jpg
    78.8 KB · Views: 640
Top