Vervolg: Botswana, Zambië. Zim, Africa Twin en 15 dae ....!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek gaan nou weer probeer en as ek nog akkies droogmaak, kom ons leef dan daarmee saam.  Dankie vir al die voorstelle, maar ek dink dis die beste opsie.

For al the Malibu's out there, thanx for suffering the Afrikaans and still read our thread.

Ok, ons laaste pics was ons tentjie by Kubu Lodge in Kazangulu, waar ons 'n heerlike aand beleef het.  My en Stoffies se kriteria vir 'n oornagplek, is maar altyd die ablusiegeriewe.  Dit kan maar eenvoudig wees, maar dit moet skoon wees.  Dis die kort weergawe, maar soos reeds gesê, ons is gemaklike kampers en worry nie te veel nie.

Daar was drie ander couples wat ook daar gekamp het met 4x4 met daktente.  Die wat langs ons gebly het, was van Spanje en net die man kon gebroke Engels praat.  Dia ander was van Italie en Duitsland.

Foto1: Choma rivier van die kampplek af.
      2: One Happy Couple
      3: Aandete, fit for a King.
      4: Een kremetartbom in Kazangulu. 
 

Attachments

  • A146.JPG
    A146.JPG
    61 KB
  • A152.JPG
    A152.JPG
    96.4 KB
  • A153.jpg
    A153.jpg
    97.7 KB
  • A144.JPG
    A144.JPG
    70.4 KB
Dinsdag 4 Okt is ons van Kubu af terug na Kasane, net om te kyk of ons nie weer olifante kan sien nie, want word ons vertel, die olifante in Kasane is soos honde in enige ander dorp.  Daar is baie!!!  NIKS!!  Ek dink ons was maar ongelukkig, want vriende het dit al beleef.

Ons trip vir die dag was die kortste van die toer, want ons sal in Livingstone slaap die aand.  Die grenspos van Kazungula was vir ons soos 'n suigstokkie vir kinders, want dit moet 'n belewenis wees om met die ferry oor die magtige Zambezi te vaar.

In kort, as jy nie weet wat om by die ferry te verwag nie, is dit nogal senutergend.  Toe ons daar gestop het, vertel niemand jou iets nie. Dis wat ons geleer het op die trip: VRA!!!!  As jy nie vra, wat, waar wanneer of hoe nie, gaan jy suffer.

Daar is 2 ferries wat shuttle tussen die oewers, en hulle laai net 1 trok op 'n slag, met verskeie ander kleiner vragte ens tussenin.  Ek het 'n sekuriteit gevra wanneer ek moet betaal en waar en hoe weet ek wanneer dit my beurt is om op die ferry te gaan.  Hy sê as die ferry sy ramp laat sak ry ek net op en parkeer heel voor.  Dit klink te maklik, ek dink iemand gaan my foeter as ek sommer net opry, maar blykbaar werk dit so.  Die klein goeters kan gou op en die trokke laaste.

Stoffies mag nie op die ferrie gaan voor die vrag nie op is nie, en dit het my nogal benoud gemaak, maar toe die trok op is, toe staan sy langs my.

Foto1: Grenspos
      2: Ferry
      3: Af met die ramp na die ferry
      4: Up and away
      5: Stoffies is veilig 
 

Attachments

  • A154.JPG
    A154.JPG
    38.3 KB
  • A156.JPG
    A156.JPG
    62.6 KB
  • A157.JPG
    A157.JPG
    52.9 KB
  • A159.JPG
    A159.JPG
    49.3 KB
  • A162.JPG
    A162.JPG
    62.4 KB
Baie nice. Ek laaik om altyd eers die fotos te kyk en dan te lees. Tik hom soos jy dit like. :thumleft: :thumleft:
 
Ek lees nogsteeds lekker  :thumleft:

Kom met die res - ons wag  :mwink:
 
Die nagmerrie het eers aan die anderkant van die oewer in Zabië begin.  Ek sê nagmerrie, maar as ek nou terugkyk, het dit eintlik nie te sleg gegaan nie.

Op die ferry het 'n ou na my toe gekom en gevra of ons kwachas (Zam se geldeenheid) wil ruil.  Ek het 'n vriend wat kontrakwerk in Zam gedoen het en vir my ZK 500 000 saamgebring SA toe voor ons gery het.  Die ou op die ferry was hewig ontsteld dat ek kwachas gehad het en nie met hom wou besigheid doen nie.  hy wou net weet waar het ek geld gekry, want kwachas is nie algemeen beskikbaar in SA nie.

'n Agent het met die afry van die ferry af, my bietjie touwys gemaak en my na die hoof gebou geneem waar ons die klaring vir die fiets moes doen.  Die heel belangrikste by al die grensposte, het ons gevind, is om nooit haastig te lyk nie, om nie ongeduldig te raak nie, en altyd te glimlag, en belangrikste van als, om nie kwaad te raak nie.

Ons was seker in totaal so 1,5 ure besig by die grenspos, wat glad nie toeriste vriendelik is nie.  Daar het ek gedink ek gaan gek word, maar die agent het ons getrou gevolg, sonder dat ek daarvoor gevra het, en ons elke keer na die regte vertrek/kamer/gebou toe geneem om die korrekte betalings te doen.

Uiteindelik was ons klaar met al die formaliteite, en in besit van Zambiese derdeparty versekering, wat 'n moet is.  Totale koste net om in Zambië in te gaan was ongeveer R800,00.  Maar ons was in!

Ek dink van die trokke wat oor die rivier moet gaan, kan nie korter as 5 of 6 dae staan nie.  Die trokke aan die Zamniese kant staan seker vir 3 km langs die pad om beurt te kry om oor die rivier te gaan.

Die pad na Livingstone was maar vervelig na die grenspos se opwinding, en ons eerste stop was by VJ's bar, vir heerlike verversings.

Foto 1: Kilometers se trokke
        2: Die eerste bordjie wat Livingstone rigting aandui.
        3: Tipiese statte langs die pad
        4: Vervelige reguit pad na Livingstone
        5: VJ's bar
 

Attachments

  • A164.JPG
    A164.JPG
    48.5 KB
  • A166.JPG
    A166.JPG
    67.9 KB
  • A168.JPG
    A168.JPG
    77.4 KB
  • A169.JPG
    A169.JPG
    52.9 KB
  • A170.JPG
    A170.JPG
    75.4 KB
Ons het op die forum gesien dat Jolly boys backpacker na 'n lekker plek lyk om te bly, maar hou nie te veel van die dormitory ding nie.  Ons is toe na The Waterfront waar ons weer die ou tentjie opgeslaan het.

Omdat ons so lekker vroeg daar was (slegs 87km vir die dag gery) en dit ons 4de aand was, was dit ideale tyd om gou klere uit te spoel.  Sonder dat ons dit agtergekom het, het die weer alweer opgesteek en afgryse moes ons toekyk hoe ons nat klere weer natreen!  Toemaar, elke middag het die son weer uitgekom, so nie te worry nie.

Ons was ingelig dat die Vic valle van Zambië se kant af mooier is as van Zim af, en dis hoekom ons met die ferry reguit Zam in is.  Anders sou ons van Kazangula af Zim ingegaan het na Vic Valle en daar oorgeslaap het, dan die volgende dag oor na livingstone na Zambië.  Nou het ons 2x se grensposte geskip.

Ons het besluit, reën of nie, ons is hier om die valle te sien, en heeltemal teen ons grein in, kort broeke, T-shirts, plakkies en helmets, op die AT en die omtrent 10km valle toe aangedurf in die reën.  Ons was deurnat toe ons betaal (USD20) en in die valle area instap.  Die valle is feitlik heeltemal droog aan die Zam kant gedurende die droeë seisoen, maar dit was nogsteeds 'n belewenis.

Foto 1: Waterfront
        2: Ons kampplekkie
        3: Tyd vir klerewas.  Kyk die donker wolke agter die klere
        4: Daar is baie oorsese besoekers by die valle  :imaposer:
        5: Die valle van Zam se kant.  (Baie droog)
 

Attachments

  • A180.JPG
    A180.JPG
    95.7 KB
  • A181.JPG
    A181.JPG
    90 KB
  • A177.JPG
    A177.JPG
    113 KB
  • A174.JPG
    A174.JPG
    57 KB
  • A175.JPG
    A175.JPG
    134.3 KB
Nog fotos van die valle en die reën.  Was gelukkig om met die terugry na Livingstone 2 olifante aan weerskante van die pad te sien.  Die een op die eerste foto was redelik omgekrap, maar het gelukkig weg van ons beweeg.  Die een op die 2de foto was aan die anderkant van die pad, maar was baie rustig.  Hulle het blykbaar vroeër van die inwoners wat daar verby gery het met fietse, op hol gejaag.

Foto 1: Stoffies het nou niks meer stoffies op haar gehad nie.
        2: Die valle aan Zim se kant kan net-net gesien word.
        3: Olifant op pad terug.
        4: Nog 'n olifant.
        5: Van die sonskyn later die middag het nog niks gekom nie.  By Waterfront op die dek het dit steeds gesous.
 

Attachments

  • A183.JPG
    A183.JPG
    86.5 KB
  • A184.JPG
    A184.JPG
    78.5 KB
  • A189.JPG
    A189.JPG
    107.1 KB
  • A191.JPG
    A191.JPG
    95.1 KB
  • A194.JPG
    A194.JPG
    144.5 KB
Later die middag het ek met 'n werknemer by Waterfront gesels en terloops uitgevra of daar nie 'n laundromat naby is waar ons ons klere kan droogmaak nie.  Hy het gesê ek moet gou die klere gaan haal, hy sal dit vir ons in die lodge se tuimeldroeër gaan droogmaak.  That's service.

Terwyl die klere droogword, het ons alweer ge-R&R (dit het nou lekker geword).

Met die sonsondergang oor die Zambezi, het ons bote gesien wat op 'n sekere plek op die water bymekaar kom en na iets kyk.  Dit was 'n olifant wat deyr die rivier gestap/geswem het.  Ons kon duidelik dit met die oog sien.  Hoop die spikkel kan gesien word op die foto.  Ons het maar gewone mik en druk debruik.

Die klere was vroegaand droog en ons kon met geruste harte gaan slaap die aand.

Foto 1: Laat middag voor die magtige Zambezi.
        2: Olifant wat deur die rivier stap
  3 & 4: Sonsondergang
        5: Slaaptyd stories
 

Attachments

  • A204.jpg
    A204.jpg
    54.1 KB
  • A206.jpg
    A206.jpg
    82.8 KB
  • A211.jpg
    A211.jpg
    53.6 KB
  • A220.jpg
    A220.jpg
    55.7 KB
  • A221.JPG
    A221.JPG
    115.6 KB
Daar doen ek dit wraggies weer.  3 Fotos wat net te groot is.  Sorry almal, maar nou moet ons maar vasbyt.

Die volgende oggend was ek nie weer lus vir Oats so Easy nie, en het ons breakfast by die Hungry Lion geeet.  (Amper soos ons KFC).  So bietjie met die local gemeng en toe die pad gevat.

Foto 1: Ontbyt
        2: Interaction with the locals (Stoffies is a teacher)
        3: Local taxis in Livingstone
        4: Somewhere between Livingstone and Choma at a delapilated stat.
 

Attachments

  • A226.JPG
    A226.JPG
    144.6 KB
  • A228.JPG
    A228.JPG
    62.2 KB
  • A230.JPG
    A230.JPG
    140.5 KB
  • A231.JPG
    A231.JPG
    80.9 KB
Just photos of the stat.  There were nobody there, but it looked like it was left in a hurry.  Hope no witchcraft was borne upon us for intruding.

In Choma we filled up with fuel and had a chat with an interested other biker.
 

Attachments

  • A240.JPG
    A240.JPG
    63.5 KB
  • A242.JPG
    A242.JPG
    54.7 KB
  • A236.JPG
    A236.JPG
    63.5 KB
  • A235.JPG
    A235.JPG
    67.9 KB
  • A238.JPG
    A238.JPG
    82.4 KB
The next couple of postings are for Malibu  >:D And our other English WDs.

We're not city folk, so even though Choma is not close to a city, we fueled up and left town.  Just outside town there are a couple of cooka-shops where we stopped to have a snack and something to drink.  Its actually amazing how, in the middle of no-where, they pull out ice-cold softdrinks, but on the other hand, cook breem on a gasstove on the verandah.  Stunning!!

Our overnight stop was The Moorings Camp (on a farm) which is situated approx in the middle between Livingstone and Kariba borderpost, just passed a little town called Monze.  This is the only place in Zambia where Foot and Mouth are controlled that we came apon.  Before entering the farm, first spray the wheels of the AT, standard practice.

The campsite, before you reach the farm itself, is just a couple of thached roof lapas, each with a braai and tap.  See the photos for the meaning of lapa.  They have a nice big area to relax in, like a stoep, with a bar and kitchen.  We were welcomed by the camp assistant, and being the only visitors on the site, had the whole place to ourselves.

I bought a couple of beers and placed them in the kitchen fridge and were given the key to use the kettle, fridge and stove as we needed.  I must say, this is the kind of attitude we met during our whole trip.  The folks are helpful, friendly and most of all, hungry for foreign company.  They can chat!!!

Photo 1: Cooka-shop
          2: the Moorings
          3: Entrance to Moorings
    4 & 5: Our site for the night
 

Attachments

  • A244.JPG
    A244.JPG
    65.7 KB
  • A247.JPG
    A247.JPG
    65.8 KB
  • A248.JPG
    A248.JPG
    98.1 KB
  • A250.JPG
    A250.JPG
    93.6 KB
  • A255.jpg
    A255.jpg
    92.1 KB
Some more of the farm and the night spent there.
 

Attachments

  • A260.jpg
    A260.jpg
    49.4 KB
  • A263.JPG
    A263.JPG
    64 KB
  • A261.JPG
    A261.JPG
    64 KB
  • A259.jpg
    A259.jpg
    69.2 KB
  • A257.jpg
    A257.jpg
    119.5 KB
Thursday, 6 Oct we left The Moorings and the plan was to sleep in Kariba that night, but before that we wanted to see the Kafue river, Kafue town and before crossing into Zim over the Kariba dam wall, to visit friends of friends in Siavonga, who owns a crocodile farm.

On the way to Mazabuke, we saw the art of making and mostly, the transporting of charcoal.  The sell it next to the road, or cart it off to a local market.  These guys are adonis's equal, to pedal that volume against the wind.  You're wild, man. (See photo)

At Mazabuke, sugercane fields are lying acre on acre with green cane.  This is a big agricultural thing here.

At the T-junction where you turn left to Kariba, we turned right to the Fafue river.  This is also a big river, with houseboats etc.  We carried on to Kafue and had a lovely cup of coffee at the Kafue Hotel.  (I think we were the only guests at that time).  I noticed the jug of water at which you wash hands before eating.  Quite hygienic, these lot.

Photo 1: Carcoal transporter
          2: Sugercane fields
          3: Kafue river
          4: Kafue Hotel
          5: Hygiene high priority
 

Attachments

  • A270.JPG
    A270.JPG
    64.5 KB
  • A271.JPG
    A271.JPG
    29.4 KB
  • A272.JPG
    A272.JPG
    55.6 KB
  • A274.jpg
    A274.jpg
    79.3 KB
  • A275.jpg
    A275.jpg
    54.3 KB
Correction on previous reply, at the T-junction where you turn right to Kariba, we turned left to Kafue.

After coffee, we left Kafue and rode to Siavonga.

Photo 1: At a stall next to the road, we saw these chicken cages, and were nearly stoned for taking the picture.  We left the scene quite rapidly.
          2: More charcoal
          3: Brunch under the king of trees
          4: My Stoffies
          5: Very dry in this area.
          6: First sight of the lake Kariba
 

Attachments

  • A281.JPG
    A281.JPG
    46.3 KB
  • A289.JPG
    A289.JPG
    55.2 KB
  • A288.JPG
    A288.JPG
    41.5 KB
  • A283.JPG
    A283.JPG
    70.9 KB
  • A279.JPG
    A279.JPG
    81.4 KB
  • A284.JPG
    A284.JPG
    57.9 KB
Louis and Ingred Jordaan is ou Naboomspruiters wat 'n krokodilplaas op Siavonga het, en al het ons hulle nog nooit ontmoet nie, wou ons hulle suid Afrikaanse groete gaan gee het.  Goeie vriendin van hulle werk saam met my.

Die pad na Siavonga is baie draaierig en die dorpie se paaie is glad nie op my GPS nie, dus het ons vra-vra gery op soek na Sumbu krokodilplaas.  Almal ken die plek, en ek vermoed nie baie ver van die plaas af nie, ry ons by 'n blanke man met 'n hond agter op die bakkie (moet 'n SA boer wees) verby en stop hom.  Dis met geluk, Louis se seun, Gert wat oppad huistoe is vir middagete.  Louis en Ingred is Lusaka toe met vis en vleis vir van hulle winkels daar bo.  Hy nooi ons na sy huis en sê sy vrou sal ook nou daar wees.

Na lang gekuier, kom ons die volgende agter:  Anneri kom van Ladysmith (Natal) waar ek ook groot geword het.  Haar pa en my pa ken mekaar baie goed en het jare saam besigheid gedoen.  Gert was in Naboom in die laerskool waar Stoffies onderwys gee.  Klein wereld.

Anneri het haar eie slaghuis en behalwe vir die krokodilplaas, het Gert-hulle nog omtrent 23 kapenta bote op die meer.  Na Anneri vir ons vars wors vir die aand, en 'n sak vol biltong gegee het, is ons weg na die Kariba grenspos.  Hier het ander drama op ons gewag.

Foto 1: Kariba meer met kapenta boot
        2: Informele (miskien formeel) groente smouse
        3: Nog kapenta bote
        4; Anneri, Stoffies, Duster en Gert
        5: Die meer van Gert se stoep af gesien
        6: Kariba, hier kom ons.
        7: Kariba Grenspos
 

Attachments

  • A300.JPG
    A300.JPG
    70.6 KB
  • A299.JPG
    A299.JPG
    43.9 KB
  • A298.JPG
    A298.JPG
    40.1 KB
  • A297.JPG
    A297.JPG
    77.9 KB
  • A296.JPG
    A296.JPG
    56.8 KB
  • A295.JPG
    A295.JPG
    73 KB
  • A294.JPG
    A294.JPG
    43.2 KB
By die Zambië kant van die grenspos, het ek langs die pad al die kwatchas wat ons oorgehad het, geruil vir US dollars.  Die formaliteite om uit te gaan was binne 15 minute afgehandel.  Die uitsig van die wal af oor die meer is nie beskryfbaar nie.  Gaan sien dit self om rerig die grootheid te ervaar.

By die Zim kant van die grenspos, is die enigste plek waar ons eintlik getoets is.  Met die instap was ons vriendelik gegroet en die immigrasie is vinnig afgehandel.  Die beampte sê ek moet omstap na die anderkant van die hek waar CID my sal help.  Die ou wat CID doen (dis die voertuig klaring en inspeksie gedeelte) was besig om te eet.  "I'm on lunch now, wait!" Huh??  Dit werk seker nie so nie? Yes, it does! Wait!  Daar was niemand anders nie, ok.  Net ek en Stoffies.

Na so 15 min stap hy om en vra ewe omverskoning dat ek moes wag.  Waar is die papiere.  Haal registrasie papiere uit en lisensie skyfie.  Nou moet ek bysê:  So 2 jaar gelede het ek 'n ander enjin in die AT gesit, en eg SA, verkyn die nuwe enjin nommer slegs op die lisensie skyfie, en die ou nommer op die registrasie dokument.  En was dit nou 'n issue.  Waar is die polisie clearance?  Ek het nie een nie, want SAPS het vir my gesê dis slegs nodig vir permanente emmigrasie.  Nog 'n issue.  :dousing: Na 1,75 ure se gestry en verduidelik, haal ek R100 uit en gee dit vir hom.  Binne 3 minute is al die dokumente geteken, gestamp en ons kan ry.  Ek was woedend, Stoffies was flou van die honger en senuwees, maar dis hoe hulle dit doen.

Na die tyd het ek uitgevind dat ek hom moes sê dat hy maar die volgende stap moet geneem het, ek sal in die kantoor wag tot hy besluit het watom te doen.  Dan teken hulle gewoonlik die vorms vinniger, en jy hoef nie 'n bribe te betaal nie.  So leer mens maar.

Tip vir ander: sorg dat al die dokumentasie 100% reg is.  Dis nie nodig vir 'n polisie klaring nie, maar vra vir jou naaste SAPS vir 'n Private Vehicle Verification.  Ons sal nie weer sonder een gaan nie.

Na die grenspos drama is ons na Warthog Bushcamp waar ons die aand oornag het.  Nog 'n disaster!  Die lieflikste plekkie op die oewer van die meer, waar olifante en seekoeie snags kom wandel.  Maar daar sal seker nooit diere daar kom nie, want om 11uur die aand was ons seker dis die local shebeen.  Daar was so 'n moerse paartie dat ons glad nie kon slaap nie, en om 3 uur die oggend het die eerste taxi die skofte kom ruil, met oorverdowende doef doef musiek.  Ek kan letterlik sê dat ons nie geslaap het daai aand nie.

Ons het wel vir Peter en Colleen ontmoet wat besig was om ook 'n paar Afrika lande te verken met hul 4x4, wat ook daar probeer slaap het.  Ons kon darem die aand saam braai en mekaar leer ken.  Hulle is van Kaapstad en was oppad na Mana poele.  Ons het vroeg die volgende oggend gegroet en gery, maar Peter het gesê hy wag vir die eienaar, om hom 'n piece van sy mind te gee.  Well, Peter, I hope you gave them hell.

Met die uitry, was ons weer gelukkig om 2 olifante reg langs die pad te sien.  Dit was 'n opmaak vir die mislukte aand.

Foto 1: Van die damwal af
        2: Wlcome in Zim
        3: Ons tent by Warthog Bushcamp
        4: Braai saam met Peter en Colleen
        5: Ontbyt saam met 'n gas
  6 & 7: Olifante
          Die meer van Kariba Heights af gesien
 

Attachments

  • A303.JPG
    A303.JPG
    141.2 KB
  • A304.JPG
    A304.JPG
    67.9 KB
  • A306.jpg
    A306.jpg
    108.3 KB
  • A311.JPG
    A311.JPG
    57.5 KB
  • A315.JPG
    A315.JPG
    85.6 KB
  • A316.JPG
    A316.JPG
    60.7 KB
  • A317.JPG
    A317.JPG
    42 KB
  • A319.JPG
    A319.JPG
    62.2 KB
Jis lyk of julle 'n great ride gehad het!! Bly alles het goed verloop en julle is veilig terug :)
 
Top