Vervolg: Botswana, Zambië. Zim, Africa Twin en 15 dae ....!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
En so het ons trippie amper tot 'n einde gekom. :'(

Ons het besluit om vir vriende in die Waterberge te gaan kuier waar hulle kamp vir die naweek, voor ons huistoe gaan.  Van Baltimore is ons Marken toe en het meer diere op die wildsplase gesien as wat ons altesaam in al drie ander lande oor 14 dae gesien het.  Van marken af na die tinmyne, op die grondpad tot by die hek van die kampplek.  Toe ek daar indraai sien ek dis net sand, en manne, diep sand.  Nou ek en Stoffies is nie sand mense nie, en veral met 2 op, is ek maar 'n sissie vir sand.  Na 2 baie noue ontkomings, drop ek toe die AT by 'n bordjie wat sê die kamp is nog 10km vêr!  Stoffies het hande viervoet staan en swets (ek mag dit nie herhaal nie), en na ons die AT weer op sy wiele het, maak ons 'n omkeer en ploeter weer terug grondpad toe.  Gelukkig het net my ego baie seergekry, en die AT nie te veel nie.  Stoffies was stil!!

In Naboom is ons langs ons huis verby, reguit Wimpy toe vir 'n lekker Wimpy koffie, en om mekaar dankie te sê vir een van ons amazingste ondervindings saam.  Stoffies, jy is 'n vrou 1000, en dankie dat jy die een saam met my gedoen het, my vertrou het, al het ons gesloeg in die sand, en my ook ondersteun het as ek ongeduldig of vies geraak het vir wat ookal.

Ons gaan definitief weer so 'n trip doen, en dit gaan dalk nie te ver van nou wees nie.  Ek kan dit vir almal aanbeveel.  Om alleen te gaan soos ons, het natuurlik sy risiko's, en dis hoekom ons minimum grondpad gery het, maar ons het nooit bedreig gevoel of in gevaar verkeer nie, en ten alle tye vriendelikheid en hulpvaardigheid ervaar.

Ek gaan bietjie info van ons trip met die volgende posting gee van waar ons geslaap het, min of meer wat dit gekos het, met telefoon/epos/webadres waar moontlik vir enige iemand wat daarvan wil gebruik maak.

Dankie vir almal wat deel gehad het in die ervaring en wat deelgeneem het aan die forumpostings.  Dis lekker om dit met julle te deel.  Tot later .....onthou die laaste posting so oor 'n dag of twee, ek moet eers gaan soek vir die info.
Laaste pics.
 

Attachments

  • A531.jpg
    A531.jpg
    39.8 KB
  • A533.jpg
    A533.jpg
    59.9 KB
  • A534.jpg
    A534.jpg
    91.8 KB
Groot trippie julle en awesome pics, en veilig tuis - die Africa Twin lyk nog steeds goed na al die kilo's

Must agree that border post into Zambia the worst
 
Great trip. Thank you for sharing. Now I really can't wait for Dec. :thumleft: :drif:
 
Absoluut wonderlik.  Dankie dat julle dit met ons gedeel het.

Een woord - PUIK.
 
Ons het ook by Marang in Francistown oorgebly op pad terug van Vic Falls af in 2006.
Slaan die jackpot!!!
Opelug disco tot drie uur die volgende more!! :biggrin:
Baie lekker RR julle twee.
 
Jis, mense, eks jammer dit het so lank geneem, maar hier is die info tov slaapplekke wat ons gebruik het, met ons toer.

Botswana:  Palapye - Itumela Kamp  www.campitumela.com, [email protected], 2233.596S 2707.702E, Akkommodasie was Pula150 vir kamp.
  Nata - Nata Lodge [email protected]  Luxury tent: 554Pula
Kazangula - Kubu Lodge [email protected] of surf net die net vir Kubu lodge vir al die info.  154Pula vir kamp.

Zambië: Livingstone - Waterfront  USD20 vir kamp. Internet vir meer info.
The Moorings Campsite close to Monze town. [email protected], speak to Kim. USD10 vir kamp.

Zimbabwe: Kariba - Warthog Bushcamp  USD10 vir kamp en een moerse hoofpyn!! As jy daar wil slaap, surf die net vir warthogs bushcamp, maar net 'n koue een of twee dan's ek weer weg.
Harare - Mchuzi Lodge, 29 Western Road, Harare, regoor die Cresta Lodge wat onbekostigbaar is. [email protected]. Ons het baie lekker daar gebly.
 
At Nyanga heights, close to the Worlds View, contact Guy Macilwaine on 077203330574 or email him or Debs at [email protected] for the hire of a cottage.  You will not regret it.  USD65 for the one we slept in.  I will try to get GPS waypoints and post it sooner. :D

Birchenough Bridge Hotel.  USD10 to camp on the front lawn, eat and drink from the hotel.  Rooms was USD60 for 2, but very delapilated, not worth the money.  The hotel is just past the bridge from Mutare side towards Masvingo.  If you have time, go past the hotel approx 5 or 10km, on the right is a camping place we only saw the following morning, but looked rather nice.

Masvingo - We camped right at the ruins and it was good enough for us. USD10 for camping, USD15 per person to visit the ruins and USD3 per person for a guide, and it was every cent worth while.

Bulawayo - Big Cave Camp is approx 43km south of Bulawayo on the Matopo road.  We paid R100 per person per night, so R400 for 2 nights for the 2 of us.  As this was our rest day, we did not mind, and the service of the keeper at the camp made up for all expences. [email protected].
 
wow, nou het ek lekker gelees en gekyk.

dink om n ordentlike lang bike trip te doen met jou geliefde is vir my die ultimate.

baie tips gevang uit hierdie verslag uit, mens kyk so maklik onnodig met vreesbevange oë na hierdie lande en plekke. 

lyk my in onlangse ride reports, is die Africa Twins die res voor op hierdie stadium. lyk my hulle is maar yster.
 
Hi lem, jy's reg, ek is bevoorreg om 'n vrou te hê wat dit saam met my doen.  Daar gebeur iets tussen mens op so 'n trip wat jy nie kan beskryf nie.  En ja, die AT is 'n yster en het nie eenkeer moeilikheid gegee nie

Van Big Cave af is ons terug Botswana toe en het daar by die Marang Hotel gekamp.  Dit is lieflike grasperk om op te staan met skoon ablusies en teen Pula70 per persoon.  Dit was effens besig en raserig, maar uithoubaar.  Google net die hotel vir al die inligting.

Terug in SA het ons by die Bosveldskerm gastehuis geslaap (net suid van Baltimore), in 'n "luukse tent".  Dit was die moeite werd.  Ons het met die eienaar, JP, gereel om soms op vooraf kennis, 'n paar bikers op die plaas in die jagkamp te laat oorslaap.  Daar is nie kampgerief nie, maar die jagkamp tente is baie goed ingerig met 'n gemeenskaplike kombuis en lapa.  Hulle het natuurlik ook die kamers in die huis. Daar is niks om te doen nie, maar lekker oorslaap plek.
 
Dankie julle vir hierdie lekker report, fotos en inligting. As ek kan vra wat het dit trippie so rof weg gekos, ek plan ook so iets vir my en die vrou maar met 2 fietse?
 
Great RR! Thank you for all the relevant information
 
Nice RR en dankie dat jy dit met ons deel dit gee ons baie idees en maak mens somer lus om alles te los en net te gaan ry.

Die foto van jou het ook dadelik my aandag getrek en my laat terug dink, ek het baie so na my Africatwin gekyk.
Ek het baie probleem vrye kilo's en hope herineringe op gebou op my Africatwin en die verlange loop nog sterk.

 

Attachments

  • A497.JPG
    A497.JPG
    139.6 KB
  • Mosambiek & Swaziland April 2010 (178).jpg
    Mosambiek & Swaziland April 2010 (178).jpg
    93.4 KB
LRFan, die trippies kom nie cheap nie, maar as ek alles moet bymekaar sit moet dit baie naby aan R9500,00 gewees het.  Ek het net boek gehou van ons akkommodasie, petrol en grenspos gelde.  Ons spending geld het ek nie kontroleer nie.  Maar dit was elke sent die moeite werd, ons spaar reeds vir ons volgende trippie.  Doen dit net!!!

Die Africa Twin het ek derdehands gekoop met 'n gekraakte enjin casing Aug 2008.  Ek het so gery en olie getop tot in Jan 2010, toe ek 'n ander enjin ingesit het.  Ek het nou net oor die 38 000km self gery van 2008 af, en was nog nooit spyt oor die koop nie.  Jakkals, die AT loop, wat ek noem "geeskringe" met jou.  Hy klim in jou siel in en word deel van jou lewe.  As ek so 3 dae nie gery het nie, dan kry ek onttrekking simptome, dan sê Stoffies ek moet net 'n draai gaan ry sodat ek kan kalmeer.

Ek hoop regtig die info help iemand met die plan van 'n roete.  As iemand nog iets wil weet of hoor PM my gerus.  Van tent tot tent, groete, tot anner dag en hou die rubber onder. :ricky: Duster
 
Hi Nick, ons was Apr 2011 in Swaziland, Okt op die trip, so ons volgende trip moet seker maar Leshoto wees. Ek wil baie graag Sani ry en dan bietjie Katze toe ook gaan.  Dit lyk oor die algemeen dat jy Leshoto so in 3-4 dae ry, en dan huistoe. Maar 2013 gaan ons Malawi meer toe ry vir so 2 weke. Dis in die pyplyn, maar ons sal nog sien.
Groete Duster
 
Top