Vinnige Sabie/Graskop trippie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Strompie

Race Dog
Joined
Nov 23, 2010
Messages
566
Reaction score
10
Location
Pretoria
Bike
BMW (all models)
'n Vriendin van my uit Kaapstad ry solo op haar F 700 GS. Sy het twee aande hier in Gomora by ons kom oorslaap en toe besluit ons ons gaan so vinnige trippie maak van die naweek. Ons het die Saterdag oggend gery op die vervelige N4 tot op Long Tom pas. Hier het ons so bietjie vertoef om koffie gedrink. Vandaar het ons gery tot by Misty Mountain lodge en op hulle Toboggan gaan ry. Dit is maar 'n duur storie, maar dit is baie pret! In Sabie het ons uitgery na Lone Creek watervalle. Die pad soontoe is in 'n baie slegte toestand. Jy sal nou dink dat die paaie na die toeriste aantreklikhede goed onderhou moet wees, maar nee. In die parkade het elke Polo sy eie musiek gespeel en ek het maar eerder met die drone 'n fototjie gaan neem van die valle. Ons is toe deur Graskop toe, ingeboek in ons akkomodasie en toe uitgery na Berlin valle toe. Die pad tussen Sabie en Graskop bly maar een van my gunstellinge. 
 

Attachments

  • IMG_20201128_112151.jpg
    IMG_20201128_112151.jpg
    632.7 KB
  • IMG_20201128_161138.jpg
    IMG_20201128_161138.jpg
    693.6 KB
  • IMG_5151.jpg
    IMG_5151.jpg
    681 KB
Nog foto's langs die pad.
 

Attachments

  • DJI_0393.jpg
    DJI_0393.jpg
    368.2 KB
  • IMG_5148.jpg
    IMG_5148.jpg
    520.4 KB
  • IMG_20201129_063418.jpg
    IMG_20201129_063418.jpg
    662.1 KB
Die volgende oggend het ons verder Noord gery tot by die Drie rondavels uitkykpunt en weereens lank daar gesit en ingeneem. Ons het darem 'n mooi land. Ons het ontbyt gaan eet naby Origstad en terwyl ons sit het daar nog 'n klomp fietse ingetrek. Kyk, jy moes daai klomp se kommentare en handeklap gehoor het toe my vriendin op die 700 klim en ek op die 310. Hulle het dit nie verwag nie!  :imaposer: Ons het op pad terug by die Berg-en-dal monument ook gestop. Hierdie trippie het maar net weereens bewys dat 'n 310 heeltemal genoeg is om lekker mee te ry. Jy moet net die regte company hê.
 

Attachments

  • DJI_0405.jpg
    DJI_0405.jpg
    626.6 KB
  • IMG_20201129_124245.jpg
    IMG_20201129_124245.jpg
    777.2 KB
  • IMG_5160-Edit.jpg
    IMG_5160-Edit.jpg
    760.5 KB
Bliksem! Jy kan maar fotos neem!!  :drif: :thumleft:
 
Ek hou van die foto met die son in die agtergrond en daai drone foto by die waterval.  :thumleft:
 
skydiver said:
Ek hou van die foto met die son in die agtergrond en daai drone foto by die waterval.  :thumleft:

Dankie [member=11918]skydiver[/member]. Ja my vriendin is maar skaam. Sy sou net 'pose' as ek haar 'n silhouette maak! 
 
Mooi wereld. Dis nou dertig jaar sedert ek daai wereld getoer het. Dis tyd
 
Top