Warmbad (bela bela) trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,303
Reaction score
778
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Ek en my seun het gister so n dagtrippie in die Warmbad omgewing gaan doen.
So op die kaart gekyk en vir ons gelyk of daar lekker grondpaaie is daar rond.
Ek het vir ons so n 320km sirkel tog uitgewerk en op die fokken gps gesit as n track.
Verskoon maar die fokken maar as die ding nie so duur was nie het ek hom teen die grond stukkend getrap gister :imaposer:
Ek het nog nie geleer om die ding te vertrou nie en kies afdraai wat vir my reg voel wat dan nie is nie  :mwink:
Vorige aand die bikes op bakkie gelaai en is 06H00 hier uit Centurion weg. Dadelik het die dag sleg begin toe ek N1 noord gemis het en op die N14 reguit in middestad Pretoria inry. :xxbah:
Kom ons toe n uur later by ons bestemming. TT was so gaaf om aan te bied dat ek my bakkie by sy pragtige plekkie kan los, so n entjie
vanaf Warmbad ,en reg op ons roete.
10H00 is ons toe eintlik op die bikes en begin ons avontuurtjie.
Moet se my seun wat maar 13 is het my verbaas gister. Daar is lang seksies op daai roete wat nogal uitdagend is met heelwat sand,stofgate en die ergste sinkpad dele wat ek nog gery het dink ek. Die ou het deur gestoom op die XR 125 sonder probleme.
Dink nie die jonglaaities ervaar vrees soos ons outoppies nie.  :imaposer:
Pragtige omgewing wat ek weer in reenseisoen sal wil doen. Ek is amper van my bike afgestorm deur n groot wilde vark met sulke lang krul tande (vlakvark?) naby Thabazimbie SAP opleidings plek. Daai outjie moes ten minste 150kg weeg het vir my gelyk.
Dan het ek n pragtige voeltjie gesien. Al hoe ek dit kan beskryf is soos die voels in die fliek Avatar. Sulke helder kleure. So n helder ligte blou as hy sy vlerke oopmaak.Nog nooit so iets gesien.
Natuurlik was daar toe n drol in die drinkwater ook :mwink: Petrol. Garmap het aangetoon daar is 2 plekke wat petrol het. Natuurlik toe niks nie. Die laaste 50 km het ons maar benoud gedoen en het altwee ons bikes 320km op die klokke gehad toe ons weer stop by TT se plek. Nie eers geweet die bikes kan so ver loop op n tank nie. Ek het al gesien hoe stap ek met my dikgat in die stofpad af O0
Ons het n "great" dag gehad op interresante roete in pragtige omgewing met geen skade of beserings nie  :thumleft:
 

Attachments

  • Bela trip.jpg
    Bela trip.jpg
    154 KB · Views: 305
Paar selfoon pics
 

Attachments

  • 12070070.jpg
    12070070.jpg
    207.1 KB · Views: 286
  • 12070072.jpg
    12070072.jpg
    182.4 KB · Views: 284
Nog n paar. Nie baie interresant nie maar by sulke plekke ry ons O0
 

Attachments

  • 12070075.jpg
    12070075.jpg
    191.4 KB · Views: 284
  • 12070080.jpg
    12070080.jpg
    287.1 KB · Views: 283
  • 12070074.jpg
    12070074.jpg
    312.8 KB · Views: 276
Nog so n bietjie ;D
 

Attachments

  • 12070081.jpg
    12070081.jpg
    350.6 KB · Views: 270
  • 12070083.jpg
    12070083.jpg
    238.5 KB · Views: 267
  • 12070084.jpg
    12070084.jpg
    297.9 KB · Views: 268
Great man dis lekker om so saam met jou laaitjie te kan ry....nice  :thumleft:
 
Jy maak my skoon jaloers. Ek wil so graag my laaitie op 'n fiets kry, maar mamma sal dit nooit toelaat nie.... sug.
 
volgens jou beskrywing moet dit n troupand voeltjie wees. lekker trip in die week saam jouse seun gewees.
 
Uitstekend. En die ATGATT-polisie gaan al hoe minder rede hê om vir jou kwaad te wees.

As ek reg onthou is jy jou seun se onderwyser. Nou word jy ook sy mede-avontuursoeker.

Ek dink nie dit kan beter nie.
 
Top