Wolvekraal wegbreek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
IMG_3830.JPG


20241001_085534.jpg


IMG_3839.JPG


20241001_085512.jpg


20241001_085333.jpg
 
Dankie Dorsland, ja die spelling is vir my ook vreemd, maar dis inderdaad Wolvekraal. Moontlik 'n ou Hollandse weergawe?
Nou moet ek gaan soek waar dit is. Kyk, PE mag dalk deesdae Qweberka of wat ookal heet, maar ons geskiedenis en kultuur sal verewig wees in die eie name van ons land. Hulle is té pragtig.
 
Scapel watse skedel sou jy reken is daai? Bietjies te groot vir n graaitjie?
 
Ek sou vreeslik graag wou sien waar daai twee lories oral in hul lewens geloop het en wat hulle vervoer het!!
Daai Ford duskant kom beslis uit die Tweede Wêreld Oorlog se tye af. Seker Republieksoldate (of Springbokke soos hulle bekend gestaan het) hawe toe vervoer of iets dergliks. Pragtige foto!
 
Ek hou van iemand wat netjies op homself is, ongeag waar hy homself bevind. Jy lyk asof jy kuiergaste verwag Jan?

Het jy toe ooit jou sonbril gevind? :cool:😁


816446-IMG-3890.JPG
 
Terug van my oggendwandeling kry ek die idee om die Weltevrede oftewel "vyeplaaspad" te gaan ry. Ek en ChrisL het al die ander pad wat afloop Gamkapoortdam toe gery maar hierdie een loop meer suid, al teen die noordelike voetheuwels van die Groot Swartberge af. Vreemd dat hul water basies 'n oorsprong het in die vallei soos mens inry Hel toe, dit loop dan noord, dan wes, en dan suid, weer deur die Gamkaskloof.

In Prince Albert gekom wil ek volmaak want ek het nie brandstof ingegooi toe ek by die huis weg is nie, maar nou is hier 'n foutjie. Nie een van die twee pompe het petrol nie. Blykbaar te doen met die prys wat afgekom het so hulle kry eers die volgende dag, maar hulle stuur later vandag 'n karretjie om tydelik te gaan haal. Baie teleurgesteld draai ek maar terug maar voor ek die dorp weer uit is besluit ek weer anders. Die pad is heen en weer omtrent 50km en as ek mooi ry sal daar nog 'n leksel in die tenk wees om Prins Albert Road te haal as dit "worst case" gebeur dat die pompe wel nie vandag brandstof kry nie. Ek gaan nou nie dat dit my planne omver gooi nie, iewers sal ek regkom.

En so is ek toe dorp uit met 'n baie ligte hand op ou Bloutoon se oor. Later wys die verbruik rondom 25km/lt teenoor die normale 22km/lt. Merkwaardig dink ek vir 'n groot fiets. Ek skuif aan tussen die mooi plase deur. Stop hier en daar vir 'n foto - inderdaad 'n pragtige pad met besondere bergspitse in die agtergrond. By die vyeplaas gekom geniet ek 'n appelsappie en dwaal bietjie rond. Boorde vol vyebome net waar jy kyk, en 'n vyeboom soek baie water! Werklik 'n vrugbare vallei.

20241001_111812.jpg


20241001_111746.jpg


20241001_113025.jpg


20241001_114902.jpg


20241001_114208.jpg


Ek ry terug dorp toe en gaan verneem oor die petrol. Dankie tog, dit het gekom intussen, 600 lt, maar hulle tap nog af. Dan vertoef ek maar iewers dink ek want daai 600 lt gaan nie lank hou vir 'n dorp nie en ek wil my beurt nie mis nie! 'n Koue bier en heerlike burger laat die tyd gou verbygaan voor ek weer ry en toe kon ek volmaak.

20241001_124828.jpg
 
Scapel watse skedel sou jy reken is daai? Bietjies te groot vir n graaitjie?
Chris ek is redelik seker dis 'n bakoor-jakkals sin. Het een daar naby sien wegdraf en die volgende dag het ek 3 langs die pad gekry. Slagtande, en die oë sit voor (nie teen die kant nie) m.a.w. dis iets wat jag.
 
Ek steek weer vuur aan. Dis 'n pragtige, windstil aand maar ek kan voel die koue kruip nader en loer al om die hoek na wanneer die son dan nou sak. Alhoewel die gasvrou blykbaar die kleinste braaipak vir my uitgesoek het, het ek steeds die helfde oor wat ek vanaand gaan braai. Saggies sit ek 'n bietjie agtergrondmusiek aan, sommer eenkant op my foon, en ou Kat Stefaans gesels so reg in my kraal. Hier, op Wolvekraal.

But take your time, think a lot
Think of everything you've got
For you will still be here tomorrow but your dreams may not

20241001_183107-01.jpeg
 
Chris ek is redelik seker dis 'n bakoor-jakkals sin. Het een daar naby sien wegdraf en die volgende dag het ek 3 langs die pad gekry. Slagtande, en die oë sit voor (nie teen die kant nie) m.a.w. dis iets wat jag.
Ek vermoed dit kan 'n akkurate raai skoot wees oor die Bakoor Jakkals! Daar is heelwat van hulle in die Queekvalleij!
 
Vandag is dit huis toe. Sou graag nog langer wou bly maar ja, elke ding het sy tyd. Dis wel nie nodig om seker die kortste roete huis toe te volg nie, en ek kry die idee van ontbyt in Merweville. Dis immers net so 80km hiervandaan en een van my gunsteling dorpies.

Ek gaan groet en gee my sleutels af. Ek sal weer kom. By die teerpad draai ek die ketels bietjie oop en geniet die prikkelende koel oggendlug. Ek wil van Merweville af die grondpad neem wat deurloop na Koup Stasie en het eintlik vergeet om water of koeldrank vir my in te pak. By Prins Albert Road se vulstasie doen ek gou aan.

Die klein OK Grocer is netjies ingerig en ek val in die ry in om te betaal. Die klandisie is uiteenlopend en die aankope maar nederig. 'n Man met 'n tipe koeëlvaste baadjie. "Private Security" is agterop geborduur. Die kêrel voor my koop 'n klein polistireen bakkie krummelpap. Net dit. Iemand anders kom koop R20 se airtime. "Ja Vodacom asb, die monthly een", word versoek. 'n Volgende dame skuif nader aan die toonbank en haal haar sonbril af toe sy wil sien om te betaal. Die man langs haar bars uit van die lag en wys na haar toegeswelde regteroog. "Whaaa kyk hoe lyk djy! Was djy weer Mike Tyson gewies die naweek?" Nee lag sy skaam, "Ek was nie Mike Tyson nie, iemand anders was Mike Tyson. Hy't my ampertjies dood geslat wiet djy?"
 
Last edited:
Ek stop oudergewoonte by die kerk. Neem 'n foto. Uniek en besonders. Weergaloos.

20241002_091104.jpg


Die dorpie is doodstil en ek soek op my foon vir 'n koffiewinkel. Die Boekklub is glo nou oop adviseer Google my. Het al baie van die plek gehoor, so kom ons gaan kyk.

20241002_091647.jpg


Die dame daar is vriendelik en gasvry en 'n wyle later sit ek aan vir 'n lekker koffie en ontbyt.

20241002_092324.jpg


Met die innerlike versterk neem ek weer die pad. Net buite die dorp draai ek af op die grondpad, rigting Koup Stasie. Die pad se kondisie is puik en hier en daar vang ek myself sommer saamsing met die musiek in my helmet. Ek is op my "happy place", hier, alleen op hierdie stuk grondpad tussen die swart klippe en vaalgeel gras.

20241002_104610.jpg
 
Ek vermoed dit kan 'n akkurate raai skoot wees oor die Bakoor Jakkals! Daar is heelwat van hulle in die Queekvalleij!
Ek het die twee knape op 'n afstand met my kamera afgeneem. Toe ek nader ry is daar nog een, drie in totaal seker skaars 20m van my af, en hulle sukkel toe om deur die draadheining te kom - inderdaad jakkals proof!

IMG_3894.JPG
 
Top