Ek en my meisiekind vir 'n Ontbyt loop.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JERINOMO

Race Dog
Joined
May 17, 2010
Messages
1,194
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW F800GS
LRFan se RR het my geinspireer om my laities ook op ‘n trip te vat, maar al twee werk in Gauteng so dis waar die ligte aangekom het. Ek het my dogter Lonique al ‘n paar keer gevra of sy nie saam my wil ry nie, en daar was altyd iets wat voorgeval wat veroorsaak het dat ons nie kon ry nie.

Dis Saterdag oggend en ‘n perfek dag om vir ‘n ontbyt loop te gaan. Aangesien sy niks aan die gang gehad het nie, het ons besluit om Padlangs restaurant toe te gaan vir ‘n lekker plaas ontbyt.

Ge”dress”  met Ma se baadjie, helmet en handskoene was dit A for away. Sy’t die skoene gehaat en haar eie bootsies aangetrek. Dit was met groot verduidelik dat sy toe die stewige boots aantrek MAAR ek moes haar bootsies in my “top bag” sit sodat sy dit kan aantrek sodra ons by Padlangs kom.

Die vlak van opgewondenheid het hoog geloop.

00001pf.jpg

00005t.jpg

00010q.jpg

Die volgende stop was vir ‘n sluk petrol vir die Beemer.

00020.jpg

En weg was ons. Ek het besluit aangesien dit haar eerste trip met Dad is gaan ek net teerpad ry.

00030p.jpg

00040p.jpg

‘n Foto sessie by die Van Staadensrivier brug.

00050.jpg

00052o.jpg

Cool girl.

00055z.jpg

00064.jpg

Lawwe girl

00065v.jpg

Saam Dad

00074gy.jpg

Terug bike toe

00060.jpg

00054t.jpg

Dad, ek kry nie my helmet vas nie.

00080.jpg

Op pad na Padlangs. Die pragtige “scenery” maak hierdie ‘n gewilde roete, al is dit op teer. 'n Perfekte dag vir ry.

00090w.jpg

Deur Hankey

00100s.jpg

Deur Patensie

00110g.jpg

Aankoms by padlangs. Ons het laat besluit ons gaan vir ‘n ontbyt by Padlangs so ons was storm-honger.

00120x.jpg

Lonique met haar oudergewoonte pienk aan. Ek het haar oortuig dat daar nie baie mense is wat na haar  skoene gaan kyk nie. So ons het verniet die booties saam gery.

00121.jpg

00124h.jpg

00125b.jpg

Wat is ‘n ry nou sonder ‘n foto van Dad.

00122n.jpg

Ons twee saam

00127.jpg

‘n Baie interessante restaurantjie. Hierdie fotos is seker al honderd keer geplaas so hiers nr. 101. :mwink:

00123u.jpg

00126l.jpg

00128.jpg

00130g.jpg

00132g.jpg

Wat is ‘n dag nou sonder ‘n bietjie Fasebook of Mixit? ::)

00134jn.jpg

En toe kom die ontbyt, glad nie te vroeg nie. Ons was so honger soos wolwe.

00135f.jpg

00136p.jpg

Na ontbyt  vra Nicky my hoe ver dit terug is PE toe en ek het my GAP gesien. Ons wou by Ma gaan oe wys. Nou Ma was met 100 kinders by Waverley Hills kamp terrein EN  Waverley Hiils is op die Elandsrivier pad. Ek verduidelik toe aan haar dat dit omtrent 140km na Ma toe is, sou ons teerpad ry,  maar as ons die Elandsrivier pad vat gaan dit net 80km wees. Met geen protes het sy toe ingestem en ons was weg.

00138r.jpg

Links op die Elands rivier pad. Ons was verby ‘n ryer  op ‘n GSA. Iemand wat ons ken?

00140wy.jpg

Die ryer was weer verby ons na omtrent 500m op die grondpad.

00150u.jpg

Die roete na die toring is asemrowend. Ek het ‘n paar “snap shots” van die video gehaal.

00160l.jpg

00170o.jpg

00180.jpg

00190.jpg

00200.jpg

00210h.jpg

00220t.jpg

00230.jpg

00240k.jpg

00250i.jpg

00260.jpg

00270.jpg

00280.jpg

00290o.jpg

00300i.jpg

00310b.jpg

00320.jpg

By die toring en tot my verbasing het Nicky dit geniet. :thumleft:

00330f.jpg

00340.jpg

00350b.jpg

00360.jpg

00370e.jpg

Na ‘n kort bene-rek was ons terug op die saal.

00380.jpg

Hierdie is die afrit na Steytlerville, deur die Grootrivier Poort. Ek het nog nie hierdie roete gedoen nie, maar dit is hoog op my “te-doen” lys.

00390.jpg

00400q.jpg

00410.jpg

00420f.jpg

00430y.jpg

00440.jpg

00450wa.jpg

Ons het ‘n lekker “chuccle” gehad oor hierdie pad teken.  Niemand in ‘n 100 myl radius. ;D

00460e.jpg

Ek wonder wie het die grootste geskrik? Ek of hierdie spreeu. Dit lyk of hy ver is, maar die wye lens is baie bedrieglik. Ek sien dit as ‘n “Near Miss”

00470.jpg

00480.jpg

00490.jpg

00498.jpg

00500.jpg

00510w.jpg

00520o.jpg

Nog roete fotos.

00530.jpg

00540t.jpg

00550.jpg

Die Sandrivier dam.

00560.jpg

Hieride Dude het verby ons geskiet en ons gegooi met klippe. “No beef”, elke sport het sy beserings. :ricky:

00570.jpg

00580y.jpg

‘n Funny brug. Wonder wats die storie?

00590p.jpg

En so hardloop ons toe uit grondpad. Onder die boom staan ‘n jong man wat 5min terug die “Oom” onder klippe gegooi het.

00600t.jpg

Dit was lekker gewees. Dit het my opgeval hoe positief hierdie hele ondervinding was. Gaan dit definitief weer doen. :thumleft: :thumleft:

00610.jpg

J-Mo, fantasties.  Om jou dogter saam jou te vat op so 'n trippie doen baie vir die "bond" tussen pa en dogter.  Lekker trip, geniet en doen dit weer!!
 
"Hierdie is die afrit na Steytlerville, deur die Grootrivier Poort. Ek het nog nie hierdie roete gedoen nie, maar dit is hoog op my “te-doen” lys."

As my fiets nou eeeendag weer terug is, sal ek saam met jou daai pad vat!
Was een maal daar deur en het dit baie geniet - sien uit na Nr 2!
Lekker impromptu trippie - dankie vir die deel!
 
Baie mooi. Dit is iets spesiaal om die fietsry saam met jou familie te geniet.
 
Hitman said:

Ek wag vir jou. :thumleft:

jupiter said:
Baie mooi. Dit is iets spesiaal om die fietsry saam met jou familie te geniet.

Thanks Jupiter, net spyt ek het dit nie lankal gedoen nie. :thumleft:
 
:mwink: :thumleft: :mwink: :thumleft:

NICE!!!
 
Baie mooi foto's was 2 weke terug deur baviaans en toe die elandsrivier pad en toe grootrivier poort tot op stytlerville dit is n moet om te doen baie mooi maar baie klippe en heavy op en af vat nogal lank maar doen dit.
 
Lyk na 'n lekker trip.

As ek haar boyfriend was, het ek maar versigtig geloop.

Sy wys heeltyd van iets wat afgeknip gaan word.

Attachments

  • snip1.jpg
    snip1.jpg
    11.4 KB · Views: 498
  • snip2.jpg
    snip2.jpg
    26.9 KB · Views: 498
  • snip3.jpg
    snip3.jpg
    21.6 KB · Views: 541
Heimer said:
Lyk na 'n lekker trip.

As ek haar boyfriend was, het ek maar versigtig geloop.

Sy wys heeltyd van iets wat afgeknip gaan word.

:laughing4:

Dis hoekom sy nie nou al 'n vaste boyfriend het  nie. Pa het haar mooi geleer.  :mwink:

Heimer, ek weet ook nie wat dit beteken nie, maar die jong mense sal seker weet. Miskien is ons te oud om al hierdie goed te verstaan. ;D
 
Duster said:
J-Mo, fantasties.  Om jou dogter saam jou te vat op so 'n trippie doen baie vir die "bond" tussen pa en dogter.  Lekker trip, geniet en doen dit weer!!

Ek stem saam Duster. 'n Mens het partykeer so min geleenthede om kwaliteit tyd met jou kinders te he, en dis die meeste van die tyd hulle wat dinge aan het, veral as hulle ouer raak. :thumleft:
 
dis cool dude
wil graag he my seun , wat oppad 6 toe is, moet saam begin ry.
sien uit daarna...
 
A2J said:
dis cool dude
wil graag he my seun , wat oppad 6 toe is, moet saam begin ry.
sien uit daarna...

A2J, vir my het dit baie waarde.

Jy sal dalk net geduldig moet wees. Daai knapie sal nog nie lekker kan vashou nie, tensy jy hom met 'n kombers agterop jou rug vasmaak. Dis tradisioneel, effektief en dit hou hom lekker warm.  :biggrin: :biggrin:
 
Ek is bly ek het jou so bietjie geinspiereer. Ek is bly julle het dit geniet en daai retaurant op Patensie het lekker kos. Stop altyd daar wanneer ons deur Baviaans gery het. Hoop sy pla jou gou weer vir 'n trippie
 
LRFan said:

Ja dankie. As sy my nie gaan pla nie sal ek haar definitief weer pla. :thumleft:

Harry the Buffalo said:
Nice one :thumleft: :thumleft: :thumleft: Great on you Bud :thumleft: :thumleft:

Thanks Harry.

On our way to Outshoorn, we had a overnight at Mountain Pastures. They breed TB free Buffalo. There was a little Buffalo Calf there that they hand raised. I've got some pics on the 2011 bikefest tread if you want to check it out.  :thumleft:
 
J-mo said:

Will go check  :thumleft:
 
Top