Lentefees Trip (met "De Brug" se geskiedinis)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ek wil net vir ieder en elk baie dankie se vir julle teenwoordigheid. Sonder julle sou die dag nie so ‘n sukses gewees het nie. Ek hoop julle het die dag en die trip geniet soos wat ek dit geniet het. Die liewe Vader het gesorg vir heerlikke weer asook ‘n pragtige omgewing waarin ons die dag kon spandeer.
Wat die reelings aan betref: Hmmm Ja, daar is ruimte vir verbetering, maar so leer mens mos maar. Ek belowe volgende jaar sal die aanpassings aangebring wees.

Laat ons begin met die “ride report”.
Ons het almal by Kasteel Motors by mekaar gekom die inskrywings is behartig deur my dogter en is bygestaan deur ons fotograaf van die dag. Dit was lekker om van die honde vir die eerste keer te ontmoet al het dit gevoel of ons reeds familie is. Hier het almal lekker staan en gesels en die mense wat bykom het onmiddelik tuis gevoel. Persies 09H00 soos beplan het ons vertrek. Tau het op 99.9 opgedaag en het gou sy Yammy se tenk vol gemaak en ons het vir hom gewag en toe met ‘n ompad deur die dorp aangesien die Lentefees by die Kerksaal besig was en die trapfietse ook dieselfde tyd weg gespring het was die midde dorp se paaie versper. Soos ons die dorp verlaat het het ons die fikse mense gekry waar hulle gesaffer het met ‘n 21km marathon en die minder fikses wat besig was met ‘n pretloop. Ek kan nie verstaan hoekom hulle dit ‘n pretloop noem nie, want hulle loop nie hulle draf en as ek hulle gesigte sien dink ek nie dis pret nie, want nie een het gesmile nie. Elk geval dis hulle saak.
Na 1km se ry het ons die grondpad gekry wat vir ons le en wag het. Dit was verbasend hoe goed die pad oppervlak was na die vorige dag se reen. Almal het maar eers die pas rustig gevat sodat hulle kan gewoond raak aan die medemense voor en agter hom. Na baie draaikies en skerp draaie het ons op ‘n bietjie slegter pad gekom net sodat ons op die tone gehou kan word. Na so ‘n bietjie “slip en slide” op somige plekke het ons gestop en vir mekaar vertel hoe bevooreg ons is om met die “bikes” te kan ry.
Ek het besef ek sit met ‘n vreeeeeeeeeeslik gemengde groep. Daar is manne en vroue in die groep nie dat geslag saak maak nie. Wat die ergste was ek sit met mense wat kan ry, mense wat al baie in groepe gery het en dan is daar mense wat nog net ‘n maand ry en wat nog nooit in ‘n groep gery het nie. Mens wil nie diskrimeneer nie, maar mens wil almal darem sy trip laat geniet. Ek het gevra dat die wat voel hulle wil bietjie meer aanstoot, gas gee agter my moet kom ry en Fixer het gehelp met die manne wat dit bietjie meer rustiger wil vat. Van hier af het dit beter gegaan alhoewel ons toe eers ‘n stukkie teer moes ry om by die volgende grondpad moes kom ook die meeste teer wat ons op die trip sou ry.
Hierdie grondpad van af Halfmanshof na Porterville was in ‘n baie beter toestand so ons kon so bietjie die oor draai. Mooi canola en koringlande het by ons verby gevlieg alhoewel  mens maar so nou en dan in die pad ook moes kyk hy was maar vol spoel slotjies en gate met water en modder in. Waar die pad afdraai na Porterville het ons eers weer asem geskep en die wat nie gehou het van die vars lug nie het gerook.
Hier het die vrouens genoem dat hulle van die oggend koffie moet ontslae raak en hulle kan dit nie doen soos ons manne wat sommer die koring oprengs aanhelp nie. Die kleiner groep het hier reguit aangehou Piketberg toe en ons groter groep het aangestoot Porterville toe en in die dorp het ons die vrouens eers kans gegee om hulle trone te gaan besoek. Ons is met ‘n groot geduis deur die dorp ten aanskoue van al die dorpenaars en die dronkenaars, want dis mos maand einde gewees so die plaaswerkers het hulle geld kom bank by die bottelstoor. Ons het op die Dasklip Cardouw pad afgedraai en al teen die berg langs gery in Eendekuil se rigting. Die pad was ‘n “high way” tot by die Dasklip afdraai waar ons reguit aan gehou het. Van hier was die pad vol verasings gruis, sand, klip en modder. Dit is juis by een van die verasende modder poele wat jy ‘n lekker stuk pad kry en bietjie gas gee en as jy oor ‘n bultjie kom dan se hy hier is ek en dan voel jy hier is ek in die k@k. Soos die een KTM man gese het by die volgende stop “na daai modder moes ek eers die bike se saal uit my hol haal” Ek het gekyk na sy “bike” se saal en gesien hy het darem nie tande in sy hol nie, want sy saal is nog heel, miskien is dit hoekom hy biker klere dra! Dit is by dieselfde verasing waar Smeagle sy Dakar so bietjie laat dwars loop het in die pad hy wou gehad het die pad moes so bietjie breer wees. Al wat ek kan se is dit laat mens net weer bietjie meer konsentreer.
By die rook-stop het ek vir Fixer gevra om vooruit te ry, want ek het geweet daar is ‘n skerp draai waar die manne dalk kan verkeerd kan ry.  Ons het die pad verder aan gevat deur nog Bloekom lanings deur en die draai waar Fixer vir ons gewag het het almal mooi reg gery. Van hier af was dit in Piketberg se rigting en het die pad mooi geloop met nog so hier en daar ‘n snotigheidjie in en dan ook klei spore waar jy maar die voertuig se spoor moet volg en wat weer die adrenalien so biet laat pomp. Die laaste stukkie na die teerpad toe het so ‘n hele paar kameel boggles waar die wat wou speel hulle fietse so bietjie in die lug kon laat hang en die tyres spaar. By die teerpad het ons gewag dat almal veilig deur is en almal saam die 8km teerpad kan vat terug in Porterville waar ons af gedraai het en die grondpad Piketberg toe aan gepak het. Die pad loop deur van die plaas werwe en dit was weer eens lekker klei en lekker tweespoor pad so ons kon bietjie aanstoot aangesien ek geweet het die vuur brand en almal het so ‘n hol kolletjie op die maag wat begin gesels.    
By Piketberg het ons die manne wat se brandstof laag was gou kans gegee om hulle tenke aan te vul en het ons die pad gevat na De Brug waar ek gereel het dat die wors gaar moet wees as ons daar aankom en die koeldrank koud. Dit was toe so gewees en het die manne so bietjie lui geraak en bietjie ontspan en gesels en natuurlik ook ge-eet en hulle koeldrank geniet. Hier het die Moorreesburg manne ons verlaat aangesien hulle nog ander verpligtinge gehad het.
Ons het weer die pad gevat en by Misverstand dam en Klub Elani verby gery en het ons tweespoor plaas paaitjies gery al langs die bergrivier af met twee hekke en ‘n verasing waar die een boer in die week ‘n stuk pad los gruis gegooi het net om ons weer op ons tone te hou tot by die Bridgetown se teerpad. Hier het ons die pad gevat terug in Gouda se rigting. Dit was weer ‘n “gravel high-way” tot waar ons afgedraai het weer eens op ‘n tweespoor plaaspad. Lekker modder kolle en so elke km ‘n verasing of twee. Dit is ook hier waar ons ‘n lekker water “splash” gehad het waarvan ek nog foto’s sal laai sodra ek dit van die fotograaf kry. Net na die water loop die pad weer deur ‘n plaaswerf en dit is hier waar sommige mense gevoel het hulle hou nie van deur die man se werf ry nie hulle wou vir hom ‘n nuwe pad gemaak het agter sy krale om.
Sommige “ingeneurs” het gou besef hulle toerusting is nie reg daarvoor nie en het maar omgedraai, maar toe besluit Paul O hy gaan dit ‘n try gee en beland met sy KLR in die mis-sloot. Hy het gelukkig niks oorgekom nie en die back-up was gou by om te help om die drade te knip wat die fiets houvas asof hulle die fiets daar soek. So Paul O het vir hom grond gekoop in die Swartland. Moet se Paul O toe ek jou en jou fiets geruik het, het ek besef jy het letterlik en figuurlik seker die kakste grond in die Swartland uitgesoek om te koop.
Van hier het ons die roete so bietjie gewysig aangesien die maagies gevul was maar die steenjies het begin droog trek so ons moes by ‘n krip uitkom. Ons het die teerpad gevat in die rigting van Riebeek Wes en voor PPC het ons darem weer grondpad gevat en agter die berg om gery. Ek kon dit darem net nie oor my hart kry om nie die manne die mooi natuurskoon te wys nie. Op die uitkyk punt het ons vir oulaas gestop en die uitsig bewonder en toe roep daai bier baie hard en is ons terug na die stoor. Bottervet wat my barman was vir die dag het ons al kom soek en ons by die uitkyk punt gekry hy het genome als is gereed die bier is koud en wag net vir ons so mens kan mos nie die barman teleurstel nie.
By die stoor het ons lekker ontspan gedrink en dit was nie lank nie toe is die roosterkoeke gaar en die sosaties / vleis en wors gebraai. Ek dink ons het hier ook geskiedenis gemaak deur die eerste keer ‘n binnehuise “barel-race”  te hou.
Tau se vrou en sy seuntjie het ook vir ons kom kuier. By die spot pryse het ek vir klein Tau ‘n bottle Allesverloren Port gegee wat ‘n 2009 oesjaar is so dis net so oud soos hy en sy pa mag dit nie drink nie dis sy seun sin tot hy die dag 21 is dan kan hy self besluit wat hy daarmee wil doen.
Weereens baie dankie aan almal wat die dag gemaak het. Ek hoop julle het dit net so baie soos ek geniet.
 
Ag man ek is so spyt ek moes die ene mis. Volgende jaar.  :thumleft:

Dankie vir al jou tyd en harde werk om die ride vir die honde te reël Riebeeker.  :3some:

PS: Waar is die fotos?  :deal:
 
Dit is ons kuier hoek gewees met die bar se deur wat jou wink in die hoek en die kombuis net langsaan. Hier staan van die manne en klam daai droee steenjies so bietjie aan.

Hier sit ou Mike Hammer op sy “Baby” en drink ‘n dop op ‘n lekker trip.

Hier staan en rus van die ysterperde na ‘n heerlikke dag in die veld.

Hier wys ek vir die manne dat ‘n mens ‘n binnehuise kegel “run” kan doen.
 

Attachments

  • Mike Hammer.jpg
    Mike Hammer.jpg
    272.6 KB
  • Moeg.jpg
    Moeg.jpg
    262.1 KB
  • indoor.jpg
    indoor.jpg
    128.6 KB
  • kuier hoek.jpg
    kuier hoek.jpg
    161.3 KB
Die trip so foto's moet ek nog by die fotograaf kry sy het gister aand nog moes gaan fotos neem by 'n matriek afskeid. so ek sal dit vadag by haar kry.
 
Many thanks, Riebeeker, to you and those who assisted you, for a great day of riding and biker interaction. The route you chose gave us a wonderful perspective of the scenic area, the mid-way meal was a most-welcomed treat and the backup vehicle was a reassuring presence.

My thanks too to all the riders. What I learn from you - the way you ride, the manner in which you handle different terrain and your knowledge - is invaluable.

I look forward to next year's event!
 
:3some:
Thanks to all the organisers of the ride. It was great travelling cross country through all the farms in the area. In spite of riding the area often some of the roads I have never been on. Great company and a great ride.
Below is a short video.
I missed the end part as I accompanied Paul back to cape Town incase he felt bad wit his rib injuries


https://youtu.be/G0QsBsbLaVk
 
Hey Riebeeker , thanks for a great, well organised ride, your hospitality and those of the fellow organisers was fantastic, we'll be back next year!!
 
Dit was nou baie lekker. Thanks  :thumleft:

Net jammer ek moes elke 5 tree Yamaha fix...  :pot:

ook mar n goeie ding ek ry tools saam vir die katoom.  :ricky:
 
Nice!

Wat betref die kegel run in die stoor, dis die sekerste plek om lekker hard te val as die vloer bietjie glad en stowwerig is...
 
dis 'n jammerte ek het julle gemis, was seker so tussen 12:00 en 13:00 daar gewees maar niemand gewaar.
 
BAIE BAIE DANKIE Oom Riebeeker!! Dit was regtig ongelooflik lekker. Dankie vir al die harde werk agter die skerms, om seker te maak die trip is/was n sukses. Dit word waardeer!

Ek en Committed is vir seker volgende jaar weer daar!  :thumleft: (Ek sal sorg dat ek my eie bike beskikbaar het!)

Hier is n paar van die 200 fotos wat ek geneem het! Praat van click happy... :ricky:
 

Attachments

  • IMG_3615.jpg
    IMG_3615.jpg
    173.5 KB
  • IMG_3622.jpg
    IMG_3622.jpg
    169.9 KB
  • IMG_3628.jpg
    IMG_3628.jpg
    128.2 KB
  • IMG_3649.jpg
    IMG_3649.jpg
    91 KB
  • IMG_3668.jpg
    IMG_3668.jpg
    81.3 KB
Nog pics...

Nogmaals baie baie dankie!!
 

Attachments

  • IMG_3778.jpg
    IMG_3778.jpg
    96.8 KB
  • IMG_3792.jpg
    IMG_3792.jpg
    167.9 KB
  • IMG_3784.jpg
    IMG_3784.jpg
    92.2 KB
  • IMG_3763.jpg
    IMG_3763.jpg
    150.3 KB
  • IMG_3742.jpg
    IMG_3742.jpg
    176.1 KB
  • IMG_3736.jpg
    IMG_3736.jpg
    82.1 KB
  • IMG_3699.jpg
    IMG_3699.jpg
    96.1 KB
  • IMG_3697.jpg
    IMG_3697.jpg
    59 KB
Kom Biker Chick gooi daar nog foto's van daai 200 of is die ander nog bietjie nat nadat daai kammara in die enigste water poel beland het?
 
Ek's nou nie juis 'n National Geographics fotograaf nie, maar hier is my bydrae...

Hierdie eerste lot is almal by die wegtrek punt geneem.
 

Attachments

  • Lente1.jpg
    Lente1.jpg
    418.7 KB
  • Lente2.jpg
    Lente2.jpg
    407.8 KB
  • Lente3.jpg
    Lente3.jpg
    447.3 KB
  • Lente4.jpg
    Lente4.jpg
    397.2 KB
  • Lente5.jpg
    Lente5.jpg
    397.1 KB
Hierdie is by die Old Iron Bridge. Gelukkig is dit 'n Animal Crossing, anders was ons maar redelik geskroef.  :ricky:
 

Attachments

  • Lente6.jpg
    Lente6.jpg
    367.9 KB
  • Lente7.jpg
    Lente7.jpg
    425.5 KB
  • Lente8.jpg
    Lente8.jpg
    369.5 KB
  • Lente9.jpg
    Lente9.jpg
    374.7 KB
  • Lente10.jpg
    Lente10.jpg
    401.3 KB
  • Lente11.jpg
    Lente11.jpg
    390.9 KB
Dankie Riebeeker vir die organisering en die lekker roete, dit was n lekker klomp mense om mee saam te ry.
Ongelukkig was my video kamera nie op die regte angle nie en ek het heeltyd net my speedometer af geneem  :mad:
 
BAIE dankie aan almal wat hierdie moontlik gemaak het! Ribeecker, support, ens. Was 'n lekker ride... Jammer ek moes voor die einde huis toe. Was lekker om nuwe WDs te ontmoet. Dis altyd interessant om die gesig by die WD nonsens praat te kan sit...  :p
 
Smeagle said:
Dankie Riebeeker vir die organisering en die lekker roete, dit was n lekker klomp mense om mee saam te ry.
Ongelukkig was my video kamera nie op die regte angle nie en ek het heeltyd net my speedometer af geneem  :mad:

Wel hoe vinnig het jy gery?  :pot:
 

Latest posts

Top