Terwyl die eerste oggendlig die volgende Saterdag flou in Riebeeker se kombuis begin inskyn het, het verskeie lede van die Wilddogs Forum begin klaarmaak om te reis na Riebeeck Kasteel. Van Tulbagh, Kaapstad, Paarl en die Boerewors Gordyn is hul gedryf met ‘n onbeheerbare, kwylende lus om deel te wees van ‘n ritueel wat uitgevoer moes word. ‘n Tradisie waar nuwelinge gewys word hoe om met hongerige vingers in ‘n afgekapte kop, te krap na lewenslose oe, dit uit die oogkaste uit te pluk en dit met gretigheid in hul kieste te stop.
Wie sou ooit kon raai dat die bedagsame skool juffrou Carrol, ook deel was van die barbaarse komplot? Met dagbreek het sy saggies haar voordeur gesluit, op haar BMW motorfiets geklim en 350 km afgele na die mooi Swartlandse dorpie.
In ‘n ander gedeelte van die land het die 6 jarige blondekop, Troy ongeduldig van opgewondenheid om sy pa se motorfiets getrippel. Pappa het belowe hulle gaan kamp! By Jan van Riebeeck se kasteel of so iets. Min het die arme kind geweet wat hy later die dag sou sien.
Gewapen met vlymskerp messe en ‘n kruie brousel wat na die ritueel gedrink moes word het Nismark en Dusty Rusty ook so ongesiens moontlik op hul motorfietse geklim. Hulle ook, was oppad na die dorpie waar die slagting sou plaasvind.