Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 12,672
- Reaction score
- 4,610
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
Ek het so hier en dan daar bietjie rondgeflenter op die 300L al, niks wat eintlik 'n man se agterent werklik kan beproef nie. En so was my aanvanklike motivering (of is dit verskoning ) om 'n kleiner fiets te koop, dat ek sulke korterige ritte met hom kan ry. So 'n dagrit Verwoerddam toe (ja, Verwoerddam want Gariep, sover my kennis strek, nog nooit 'n dam beplan óf gebou het nie), of Orania toe, dalk die Kalkfonteindam daar anderkant Fauresmith. Sommer sulke lekker grondpad dagritte.
So beplan ek om die vorige naweek te gaan ry. 'n Ramkoper vervroeg sy Maandag laaiafspraak na die Saterdag toe. Poef! daar gaat my ryplanne. Ai tog. Toemaar, môre – hoor ek – is nog 'n dag. So hou ek maar die weer dop, die wind waai 'n snothou, ons boeregroep reik die een Rooidag brandwaarskuwing na die ander uit, die kaart is bloedrooi oor die binneland. Maar Saterdag bly kalm, redelik warm, so 22ºC. Ek hou moed. Om my besig te hou tot dan, monteer ek maar my GPS4Africa gatsak op die fiets.
Spoggerig!

Last edited: