Kyk, 'n groot dam!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
En dié twee fotos op verskillende tye van die dag geneem.

IMG_1880.jpeg


IMG_0006.jpeg
 
Hier bo is soort van "my" plekkie, alhoewel die inboorlinge – soos met als – dit vervark en verniel tot nadeel van almal en als. Ek sit my 1994 filter aan en kyk dit mis. Maar die letsel bly seer in my hart.

Ek talm 'n hele ruk lank daar bo, nie regtig lus om my verantwoordelike hoed weer aan te trek nie. Ek rek my soos 'n dassie daar op daai betonblad uit, peusel aan die pakkie "soft gums" wat ek by die OK Grocer gekoop het. Wonder oor hoe vriendelik en beleefd die bruin vrou agter die toonbank is en hoe ons met mekaar kan skerts, oënskynlik dieselfde beskaafde mense. Dan besef ek net, dit wat hier om my gestrooi lê, die afgekapte bome, graffiti, vullis, kondome is weereens bewys dat die kloof tussen ons amper so wyd is soos die damwal daar agter lank is.

Ek kyk eerder na dít wat in ons goeie ou dae vermag is. En natuurlik die Hondatjie.

IMG_1878.jpeg
 
Ons voorvaders was nie skaam vir damme bou nie!! 💪 👏
Die dam wat my die meeste verbaas elke keer as ek daar was agv sy ligging is die Naute dam 50kms vanaf Keetmanshoop. Sy water kom van baie ver uit die Karasberge en rondom hom is net dor wêreld en onderkant hom is nou wingerd en dadels. Kom ons hoop die nuwe naby geleë Neckartal dam sal ook so lyk onderkant hom een van die dae,want dit neuk maar om daai tweede sooi te spit na die dam voltooi is. 😬
 
Soms kyk ek videos of fotos van waar mense in die gietende reën kamp, tussen woude en langs strome water, snoesig in hulle tentjies. Of ek lees van manne wat in die winter met hulle bakkies en 'n houtstofie deur die sneeu gaan toer. Dan is ek baie lus om so 'n houthuisie (soos @immigrant s'n) te wil bou en daar tussen die mooi sawwe nat groen woude te gaan woon.

Annerdag dan ry ek so oor ons ou vaal stowwerige vlaktes, hier aan die stertkant van 'n strawwe winter. Daar waar die dun winter windtjie deur 'n gat in 'n hoekpaal kan huil dan mens skoon saam hom aan't huil wil gaan. Huil oor als wat ons ou volkie en land al oor die eeue deurgemaak het. Sonder dat ons ooit gehênsop het nie. Sonder dat ons ons eiesoortige sin vir humor verloor het. Sonder dat ons ons geloof en hoop prys gegee het.

En dan wil ek in my lewe nooit ooit op 'n ander plek wees nie. Nie tussen hoë dennewoude of langs kabbelende bergwaters nie. Nie tussen bleek onvriendelike en kortaf mense nie. Nie waar mense nie weet van "voertsêk", "bliksem", "braai" en "moerse" nie. Waar hulle nie weet wat 'n "pierrewaaier" of "laventelhaantjie" is nie.

Waar hulle nie weet hoe lekker 'n uittand Hotnot kan lag of hoe vriendelik 'n bruin vrou in die OK Grocer op Gariepdam kan wees nie.

Neewat, hou maar julle sawwe plekkies vir die sawwe mensies. Hier.... hier op dié uitgestrekte vlaktes, tussen stof en wind, kapokbos en ganna. Híér is my plek. Vir botter of vir wors.

IMG_1883.jpeg
 
Ons voorvaders was nie skaam vir damme bou nie!! 💪 👏
Die dam wat my die meeste verbaas elke keer as ek daar was agv sy ligging is die Naute dam 50kms vanaf Keetmanshoop. Sy water kom van baie ver uit die Karasberge en rondom hom is net dor wêreld en onderkant hom is nou wingerd en dadels. Kom ons hoop die nuwe naby geleë Neckartal dam sal ook so lyk onderkant hom een van die dae,want dit neuk maar om daai tweede sooi te spit na die dam voltooi is. 😬
Laat my dink aan die storie van die Suid Afrikaanse politikus wat die apartheids regering blameer het vir die droogte oor hulle die damme te groot gebou het.
 
Dankie vir die saamry.
Ek ken glad nie daai wereld nie.
Het tussen plantasies en suiker riet lande grootgeword in Natal.

Sit nou in die verre Noorde.
DIs ook maar lekker droog hier die laaste tyd met veldbrande die wereld vol.

Ons bly darem in n mooi land!

Dankie
 
Top