Karoo Rider
Race Dog
- Joined
- Sep 1, 2012
- Messages
- 1,960
- Reaction score
- 1,177
- Location
- Ladismith WC
- Bike
- Honda CRF-1100L Africa Twin
Ek moet darem bieg, daar is myns insiens min mense wat so puik tweetalig kan skryf soos Dorsland...
Hy gebruik Shakespeare woorde in sy ingels ek moet kortkort gaan soek na die woord se betekenis. Is daai tyd wat hy onder tussen die 1852 britse setlaars spandeer het wat hom so brits gemaak het.Ek moet darem bieg, daar is myns insiens min mense wat so puik tweetalig kan skryf soos Dorsland...
Dis 'n baie mooi en betekenisvolle kiekie daai: pragtige uitsig, keteltjie oppie bakkie se klap, droë wors, die wind wat so kerm om die hoek van die bakkie, stilte, oopte, vryheid. Ja, die manne wat in daai geweste boer, mag maar.Dis vir my baie hartseer om al die verlate plase en ou opstalle te sien. Ons het so twee jaar terug vir 'n lang naweek op 'n plaas so 80km buite Calvinia gaan bly. My vrou het nog nooit Ouberg Pas en Gannaga Pas gery nie, so die Saterdag het ons die bakkie en piekniek mandjie gepak en so sirkel roete gery Ouberg Pas op en Gannaga Pas af net om die natuur en die stilte so bietjie in ons are te kan ervaar. Ons het seker verby 2 of 3 verlate plase en vervalde opstalle gery. Ek wonder dan altyd by myself watse stories daai ou vervalle geboue kan verval.
Ek praat daai naweek met die Oom op wie se plaas on gebly het en hy sê die droogte het hulle maar hard geslaan en hy het genoem van hoeveel boere in die distrik hulle plase basies net opgegee en verlaat het. Hy sê as dit nie vir sy 2 seuns was wat op daai statuim in Amerika geboer het en gereeld geld huis toe gestuur het nie en vir 'n vrugbare boorgat wat konstant skoon water gelewer het nie, was hy seker ook een van daai boere gewees wat moes opgee.
Ek dink meeste mense verstaan nie waardeer baie van ons boere gaan nie... dis nou 'n beroep waarvoor ek baie respek het.
Wat is dan nou lekkerder as 'n koppie boeretroos, rus en vrede en 'n asemrowende uitsig......
View attachment 914084
Ek moet my darem in die donker teen wie ookal kan verdedig Jan.Ek moet darem bieg, daar is myns insiens min mense wat so puik tweetalig kan skryf soos Dorsland...
Hy gebruik Shakespeare woorde in sy ingels ek moet kortkort gaan soek na die woord se betekenis. Is daai tyd wat hy onder tussen die 1852 britse setlaars spandeer het wat hom so brits gemaak het.
Shakespeare: “Let it be known to the birth-giver that mine stomach consists of emptiness! Shakespeare’s Mom: “Oh for Heaven’s sake, Shakespeare! Just say, “Mum I’m hungry!”
Dis nogal jammer daar is nie n soort boere fanakalo, dan kan almal op die plase hom leer en almal landswyd praat dieselfde taal soos in die myne. Sal my nie veel help want in my geweste sal ek moet Malawies aan leer.Ek moet my darem in die donker teen wie ookal kan verdedig Jan.
Ek wens ek kon Zoeloe of Xhosa of Tswana vlot praat. Ek het al baie by my verskeie werksmense dat hulle my help om dit te leer maar hulle is – om verstaanbare redes – nie baie gewillig nie.
Daai keteltjie kom van my pa se jong dae af. Hy was 'n bosbouer van beroep ( soos my vrou sê... 'n kersfeesboom boer) en het baie in die veld en berge spandeer. Ek dit oorgeneem toe hulle huis opgepak het en ek probeer maar die tradiesie voortbou. Die keteltjie is seker al hier rondom 50 jaar oud en werk nog al die pad. Daai foto op Ouberg pas het ek die spirits vergeet, maar gelukkig was daar hand sanitizer in die bakkie gewees na die Koevert-19 tydperk wat ten minste 'n beter doel gedien het het as om jou hande mee te saniteer.Dis 'n baie mooi en betekenisvolle kiekie daai: pragtige uitsig, keteltjie oppie bakkie se klap, droë wors, die wind wat so kerm om die hoek van die bakkie, stilte, oopte, vryheid. Ja, die manne wat in daai geweste boer, mag maar.
Baie dankie @Black_Hawk , ek is ook bly as julle dit geniet. Maar jy hoef nie te wag nie om die Vrystaat te kom verken nie, dis nie so vêr van die Kaap af nie. Maak net seker jy het jou paspoort byderhand.Dis darem lekker om Oom weer terug op die forum te hê. Hier was 'n groot leemte gewees in oom se "afwesigheid" . Ons geniet die stories en die foto's baie.
Eendag as ek groot is wil ek ook die Vrystaat se vlaktes bietjie gaan verken.
Moet asb nie skaam wees om al oom se "avonture" en omgewing met ons aan te hou deel nie.
Ek en die vrou wil Desember so paar dae afvat en weer plekke gaan verken waar ons nog nie was nie. Zebra het 'n draad geskep waar hy raad vra van mede brakke in Kimberley en toe kry ek 'n verskriklike brein-poep..... ek krap toe gister so bietjie rond op Googlelethu-maps en sien toe dat dit nie so ver is om die groot gat te gaan sien en so paar onbekende klein dorpies ook te gaan verken nie.Baie dankie @Black_Hawk , ek is ook bly as julle dit geniet. Maar jy hoef nie te wag nie om die Vrystaat te kom verken nie, dis nie so vêr van die Kaap af nie. Maak net seker jy het jou paspoort byderhand.
Kanoneiland was SA se eerste grondeis besetting.Boegoeberg se dam ook. Baie interessante stories daaroor.
Ek en die vrou wil Desember so paar dae afvat en weer plekke gaan verken waar ons nog nie was nie. Zebra het 'n draad geskep waar hy raad vra van mede brakke in Kimberley en toe kry ek 'n verskriklike brein-poep..... ek krap toe gister so bietjie rond op Googlelethu-maps en sien toe dat dit nie so ver is om die groot gat te gaan sien en so paar onbekende klein dorpies ook te gaan verken nie.
'n Hele paar jaar terug (rondom 2008 of dalk 2009) was ek met 'n projek in Bloemfontein besig gewees.... daai was die dae toe Bloemfoentein se lughawe nog soos 'n ou verlate sink stoor gelyk het. Ons het 'n naweek af gehad en ek en my kollega het to besluit om vir Mavis (ons Avis kar) vir 'n spin te vat van Bloemfontein na KImberley om die allerbekende groot gat te gaan sien.
Behalwe vir my vlugtige werk besoek aan Bloemfontein en ons dag rit na Kimberley en terug ken ek glad nie die Vrystaat nie. My vrou was ook nog nie daar gewees ie so dalk moet ek kyk om Desember plan te sien en so bietjie die onbekende (vir ons) te gaan verken. Ek weet dit gaan heel moontlik baie warm daai tyd van die jaar wees.
Hier is so na klankie van my brein-poep, ek sal die plan aan my huisdier'tjie voorlê en dan in meer diepte navorsing doen en roetes beplan.
** Ek is allergies vir enige paaie vat met 'n N begin.
Jammer vir die high-jack van die draad
View attachment 914262
Gelukkig verkies ek die grondpaaie. Grondpaai en die rustigheid en mooi natuurskoon stap mos saam soos boude. Maak nie saak of ek met die bakkie of die motorfiets ry nie, dis nie lank na ek uit die Kaap uit is voor ek 'n strof streep in my tru-spiëels sien nie. En Putsonderwater is op my tentatiewe beplande roete... oorweeg die grondpaaie ... baie meer sports en dinge om te beleef in daardie wereld ... jy moet ten minste eenkeer in jou lewe deur Putsonderwater ry ... lyk of jy gaan
Jy moet "lekker" wees, een van die dae bel ek jou uit die drop en vra vir jou plaas se GPS Ligging dat ek lan kom bokke kyk en boeretroos drinkBaie dankie @Black_Hawk , ek is ook bly as julle dit geniet. Maar jy hoef nie te wag nie om die Vrystaat te kom verken nie, dis nie so vêr van die Kaap af nie. Maak net seker jy het jou paspoort byderhand.
Ek wil eintlik GLADNIE Dors se skrywes lees nie; want dan roep die paaie my. Voel of ek sommer net winkel toe moet ry.Jy skryf BEFOK mooi
Ek kom saamJy moet "lekker" wees, een van die dae bel ek jou uit die drop en vra vir jou plaas se GPS Ligging dat ek lan kom bokke kyk en boeretroos drink
Soos dinge nou vir my lyk moet ons maar 'n 'Dorsland Bash" reëlEk kom saam
.....and that's even when you exclude the coastline of Vanderkloof Dam....just up the road from Gariep.... the second-largest dam in South Africa (in volume), having the highest dam wall in the country at 108 metres (354 ft).......@Dorsland "Sal jy glo die dam se kuslyn is omtrent 430km."
If you add together the coastlines of the Vaal Dam and the Gariep Dam, the Free State has a longer coastline than Natal.
Op daai roete gaan jy die Vrystaat heel mis ry, ter danke aan die Britte. Daai spikkelstreep nét oos van Kimberley is waar die Britte daai tyd sommer luukrak 'n streep getrek het om Kimberely by die Kaap provinsie in te sluit sodat hulle die diamantvelde daar vir hulle kween kon eis. Jy sal moet verder oos om die fraaie Vrystaat te verken.Ek en die vrou wil Desember so paar dae afvat en weer plekke gaan verken waar ons nog nie was nie. Zebra het 'n draad geskep waar hy raad vra van mede brakke in Kimberley en toe kry ek 'n verskriklike brein-poep..... ek krap toe gister so bietjie rond op Googlelethu-maps en sien toe dat dit nie so ver is om die groot gat te gaan sien en so paar onbekende klein dorpies ook te gaan verken nie.
'n Hele paar jaar terug (rondom 2008 of dalk 2009) was ek met 'n projek in Bloemfontein besig gewees.... daai was die dae toe Bloemfoentein se lughawe nog soos 'n ou verlate sink stoor gelyk het. Ons het 'n naweek af gehad en ek en my kollega het to besluit om vir Mavis (ons Avis kar) vir 'n spin te vat van Bloemfontein na KImberley om die allerbekende groot gat te gaan sien.
Behalwe vir my vlugtige werk besoek aan Bloemfontein en ons dag rit na Kimberley en terug ken ek glad nie die Vrystaat nie. My vrou was ook nog nie daar gewees ie so dalk moet ek kyk om Desember plan te sien en so bietjie die onbekende (vir ons) te gaan verken. Ek weet dit gaan heel moontlik baie warm daai tyd van die jaar wees.
Hier is so na klankie van my brein-poep, ek sal die plan aan my huisdier'tjie voorlê en dan in meer diepte navorsing doen en roetes beplan.
** Ek is allergies vir enige paaie vat met 'n N begin.
Jammer vir die high-jack van die draad
View attachment 914262
Enter your email address to join: