Rogue
Puppy
Deel 1 van 13:
Huis tot in Sedgefield
Lank, lank, laaaaaankal sien ons uit na dié vakansie. In 2007 het ons ‘n bielie van ‘n motorfiets vakansie gehad en ons besluit: dit was die moeite werd om weer te doen. Twee keer langer en net so veel kere verder natuurlik. (Gelukkig hét ons toe darem ‘n fiets om mee te gaan toer, want twee maande voor D-dag skryf die man mos toe die fiets af – maar dis ‘n ander storie). Hiérdie keer is ons georganize. Ons het tools, CO2 kannetjies, paspoorte, papiere, emergency nommers, kaarte, twee gpse, ‘n handdoek en alles van ‘n frokkie (weet jy hoe voel -8°C ?) tot ‘n swembroek. Selfs pajamas! En dit alles heel gemaklik in ‘n 33 liter topbox en 28 liter tankbag verpak.
Soos ‘n normale vakansie kom ons eers ‘n uur of wat later weg as wat ons wou, maar niemand is opgewonde nie, ons is (immers) met VAKANSIE! Daar gaan ons toe, Sedgefield toe, met die N1. (Ja swaerie, die tuinroete sien ons op ‘n gereelde basis, maar nog nie via die N1 daar gekom nie) En die son skyn en die lewe is goed en tot na De Doorns is daar oorgenoeg om te sien – en baie druiweverkopers om voor uit te swaai. Die ouens wil opsluit aan ons ‘n boks druiwe verkoop, is nie heeltemal seker waar hulle dink ons moet dit bêre nie, though…
Na De Doorns is ons nou al lank genoeg aan die ry om honger te word, maar die padstal waar ons stop is besig om sy store te vul, hulle maak reg vir die Two Oceans en die restaurant is dus gesluit. (Voor die toer het ons op 2 riglyne – nie reëls nie – besluit: 1. Om tolhekke te vermy as ons kan en 2. Om nie by ‘gewone’, franchiserigge plekke te eet nie). Neem toe maar ‘n paar foto’s en ‘hi-ho, Silver’, daar gaan ons weer.
Stok-ou motorfiets by die padstal
Deur Touwsrivier, deur Lainsburg, maar sien nie iets wat ons fancy tickle nie. Kry petrol en ry verder.
By die afdraai na Prins Albert staan daar ‘n hotel langs die pad en met sign lanuage besluit ek en liefie om daar af te trek. Vra vir die lat of ek hulle kleedkamer kan gebruik en het ‘n vreeslike gril storie oor watter nuut-gebruikte-rubber-item in kamer 1 se toilet rond dryf… Gaan restaurant toe – en besluit dalk is ons eintlik net dors. En as ons sommer op die stoep kan rond hang, thanks. Die restaurant is vol opgestopde bokkoppe wat met vaal albaster oë na niks staar. Nie dat ek ‘n opgestopde bokkop fan is om mee te begin nie, maar die goed se hare begin ook nog plek-plek uitval… Nee hoor, daar is hierdie “From Dusk till Dawn” gevoel aan die plek – ons het nie gewag dat die son sak om te kyk of dit beter word nie!
Rolbos wêreld, hierdie...
You can check out any time you want, but you can never leave...
Net daar draai ons af na Prins Albert toe. Dít lyk nou na ‘n dorpie waar mens ten minste ‘n lang naweek moet deurbring. Om te stap, of fiets te ry, of te skilder, of te rus… Terwyl jy daar is, maak ‘n draai by hulle hotel en probeer hulle Coffee shop se etes, dáár gaan jy vashaak!
Op pad van Prins Albertweg tot Prins Albert
Van Prins Albert is ons deur ‘n besige (dit was paasnaweek) Swartbergpas, waar ons effe haastiger is was wat die scenery ons wil toelaat en ek neem die kronkelpaadjies en rooi rotse sommer so uit die saal (gewoonlik in die ry) af. Die wind is bietjie meer as fris en die pad oppervlak is slegter as wat ek hom onthou, maar só die moeite werd as jy rustig is. Op die hoogste punt van die pas is daar ‘n piekniektafeltjie met ‘n view na alle kante wat jy kan kyk. Jy kan maar daai spot op jou things to do lysie sit vir wanneer julle weer daar rond moet ry. Pak maar die broodjies en die wors, die eet daarvan sal jy nog in die ouetehuis onthou.
Rotsformasies in die begin van Swartberg pas - herinner aan Seweweekspoort
Uitsig van naby die kruin van die pas - die pad kronkel aan die Prins Albert kant
I'm on the top of the world looking down on creation...
Die piekniektafel met die 'view'
Die uitsig aan die Oudshoorn kant
Van daar het ons die KKNK geroesemoes in Oudsthoorn probeer vermy en is met die kortse pad (Outeniqua pas) George toe, waar die mis actually reëndruppels oor die berg was. As dit eers neig na donker (en nat) ry mens mos net om by jou slaapplek vir die aand uit te kom, wat dan presies is wat ons gedoen het.
'Boesmantekening' oppad Outeniqua pas toe
Nat en mistig in die pas...