1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal: Klaar!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Yeehaa, hier gaan ons ..... :ricky:

Change gears Eishman .....
 
Deel 2 van 13

Sedgefield na Despatch

In Sedgefield kuier ons soos altyd heerlik, maar die pad roep, so na ‘n reuse ontbyt pak ons op en neem die N2 Knysna toe. 

Met elke draai in die pad besef mens weer hoekom die tuinroete so gewilde vakansie bestemming is. Móói!  En Groen!  As jy enigsins die buitelewe ding doen sal jy nie sommer kan kla dat jy in daardie geweste verveeld is nie. 

Daar is nog steeds padwerke by Knysna, maar ons het gelukkig ons rustig hoedjies op en is heel happy om na die blink-blou water te staar.  Na Plettenbergbaai neem ons die Bloukrans Pas afdraai.  Die pas is entlik nog gesluit na die vloed van verlede jaar, maar daar is soveel (haastige) karre dat ek amper wonder of ek regtig daai rooi bordjie gesien het!  Die pad is ook so vol gate dat die drywer effe wakker moet wees – en die karre laat wiel op daardie pas – sommer so in jou baan.  (Ja,ja, ek besef die ironie van kla oor mense se ry-styl op ‘n pad ry wat gesluit is!)

DSCF2413.jpg

Die brug oor die rivier in Bloukrans Pas


DSCF2416.jpg

Eisbein besig om die scenery te waardeer


Ons maak ‘n stoppie vir bene rek en foto’s en dis nie lank voor ‘n ander motorfiets by ons stop nie.  Uit vorige ondervindings weet ons nou al dat ons ten minste ‘n halfuur per dag by ons ry-tyd moet inbou vir mense wat wil gesels.  Daar is net iets aan ‘n gepakte motorfiets wat magneties is.  Mense wil weet:  “Waarheen gaan julle?”  “Watter paaie ry julle?“ 

“Hoe lank is julle vakansie?”  en dan op hulle beurt word daar stories uitgepak oor vervloë dae, modderpaaie en avonture wat oë laat kreukel van onthou.  Ons like dit.

DSCF2418.jpg

ATtie op sy AT...


Van daar is dit verder deur die bome met die kronkelpaadjie en toe mis ons sommer ook die tolhek by Tsitsikamma, tra-la-la.
DSCF2426.jpg

Die uitsig na Bloukrans Brug


Die Finebush Farmstall naby Stormsrivier trek my aandag (stalletjies en plekkies doen dit, kan nie sê hoekom nie)  Ek vermoed die eienaar hoop die padwerke op die N2 hou nog maande aan, want al wat leef en beef ry nou reg voor hulle hek verby – wat nét kan goed wees vir besigheid.
DSCF2435.jpg

MMM staan en wei by die 'FineBush Farmstall'

DSCF2440.jpg

A GS can like to be being a chick magnet hey! ;D


So tussendeur die koffie (en vanilla milkshake) bestudeer ons die padkaart en sien ‘n alternatiewe roete (lees: slegte grondpad) wat in Humansdorp uitkom.  Aangesien ons nog nooit op daardie pad was nie, is dit nie ‘n baie lang gesprek nie… 

Draai af op die plaaspad (nie een waarvan die gps weet nie), maar die berg is aan ons linkerkant en die see aan die regterkant en die motorfiets se neus wys in die regte rigting – en die petrol te min om te dink aan omdraai!

DSCF2450.jpg

Iewers aan die anderkant van daardie bultjie is die N2...

DSCF2453.jpg

Stillewe: 'n boom, 'n grasveld en 'n verlate plaashuisie ;D


Joe, dis ‘n mooie stukkie aarde en ons kom op ‘n strandjie af (Skuitbaai) waarvan hierdie Kapenaars nog nie eens gehoor het nie. 

DSCF2454.jpg

Hierdie stukkie wêreld moet ons op 'n later stadium van naderby kom leer ken...


Ongelukkig is dit nie waar ons moet wees (in fact, dit is nie op een van ons twee kaarte nie) nie en ons draai terug na ‘n afdraai (jip, sonder bordjies) wat na Humansdorp se kant toe gaan.  Sien net beeste en lande en geen voertuie nie.  (Ek het gesê die petrol is nou al min?)

DSCF2458.jpg

In hierdie wêreld sien jy hierdie tipe paaie wat oor 'n koppie kronkel nogals gereeld


DSCF2464.jpg

Hier het die GPS darem al weer geweet waar ons is en was dit nie net 'n driehoekie op 'n skoon agtergrond nie. Tussen Oesterbaai se afdraai en Humansdorp

DSCF2467.jpg

'n Mens moet darem bene rek ook



Anyway, ons haal darem vir Humansdorp, kyk op die kaart (dit behoort nou al bekend te klink) en besluit, “wie ry nou met die N2 as jy die R330 kan vat en via Hankey en Loerie in Despatch kan kom?”  So gesê, so gedaan. 

Teen hierdie tyd begin die son al water trek en het ons nie tyd om die toeriste ding in Hankey te doen en deur die dorp te cruise nie, sug… 
DSCF2473.jpg

'n Huisie langs die pad in Hankey


Doen toe maar die sinvolle ding en druk deur Despatch toe, waar nog nice family vir ons wag.  Baie ingenome met onsself dat ons aan hulle deur kan klop terwyl dit nog lig is!
 
Deel 3 van 13

Despatch na Somerset-Oos

Na die vereiste kaart bestudeer en petrol ingooi is ons oppad Somerset-Oos toe. 

DSCF2482.jpg

Ons het nie tyd gehad om hulle lewerkoekies probeer nie...


Weereens het ons ‘n grondpad in gedagte, oor die toestand van die pad weet ons niks, maar dan werk ons mos op die beginsel van ‘kom ons kyk maar as ons daar kom’.  Na Uitenhage neem ons die R75 en nie lank nie, toe gooi ons links en glo van daar af maar die gps, want dié pad het nie bordjies nie, wat nog te sê ‘n naam.  Hier wonder ek vir die eerste keer oor die wysheid (of meer presies, die gebrek daaraan) van agter ons neuse aanry.  Bád road!  Die pad oppervlak is dik gruis met klippe. (Nie iets wat ek al ervaar het nie).  Ons vorder dus nie vinnig nie en is amper bly toe ons weer op die teerpad is!

DSCF2483.jpg

Die eerste grond pad na die afdraai van die R75



Nou nie dat ons veel haastiger kan wees oppad na Addo toe nie, want weereens het mense en beeste reg van toegang en almal wandel tog te rustig – sommer in die pad, thanks.  By Coerney besluit ons die dag is nog jonk, ons ry beslis Suurberg om. 

DSCF2493.jpg

As die GPS so 'n kronkel lyntjie in die Oos Kaap wys weet jy daar's 'n mooi uitig (of twee of drie) op pad!


Ons verkyk ons aan die omgewing wat so vinnig verander.  Hier hoef mens nie meer stadig te ry nie, maar jy wil.  Groen heuwel op heuwel wat tot in die verte strek – met die added bonus van ‘n swerm wit skoenlappers wat die wêreld vol fladder.  Gee vir jou ietwat van ‘n idee oor hoe Alice gevoel het toe sy per ongeluk in Wonderland in gefoeter het. Iets amper magic.  Wat dit meer spesiaal maak, die res van die bevolking sit agter hulle lessenaars en ons ‘wow…’ oor die uitsig.

DSCF2513.jpg

Eisbein sê hy sal liewers agter ons motorfiets op 'n bergpas staan as agter 'n lessenaar sit


DSCF2515.jpg

Hmmmmmmmmmmm - vars lug

Ons stop spesiaal om na die stilte te luister en om longe vol vars, streslose lug in te asem.  Net voor die Doringnek pas ry ons (hopeloos te naby vir my gemak!) verby ‘n slang wat wragtag kans sien om vir ons te kom regop koppie maak!  (Watter soort slang? ‘n Dun bruine van so meter lank  :)  Grrrrrrrrrrillerig, laat ek jou dit sê!)


Net ná die passie, in die middel van niks, kom ons af op die Zuurberg Hotel.  Wat ‘n onverwagse plesier!  Stunning plek!  Toe hang ons maar saam met die toeriste uit op die stoep, gee die lui hotel honne ‘n vryfie, staar in die niet en gesels met, wel almal. 

DSCF2522.jpg

Die Zuurberg Hotel se sitkamer

DSCF2524.jpg

Die plek vir dié wat tyd het om te kuier en nie hoef aan te ry nie...


DSCF2532.jpg

Ons het toe maar nie dié slapende hond gesteur nie...

DSCF2534.jpg

Besig om die 'scenery' in te neem


Op ons antwoord dat ons inderdaad die res van die Suurberg pas gaan ry sê die natuurbewaarder:  “Oh, but the road is rocky!”  Ons is gelukkig nie bang of haastig nie en dis toe presies wat ons doen.  Hy het nie gelieg nie though, die pad is ROCKY!
Met die dat ek in die ry kameraman speel kan jy nie regtig op die foto’s ‘n idee kry hoe die pad lyk nie, want op die rowwe dele is altwee my hande so ietwat besig om vas te klou.

DSCF2550.jpg

Hier hoef ek nog nie te klou nie ;D


En ons ry die die een steil kronkel na die ander.  Op ‘n stadium begin jy dink, om die volgende draai móét die pad begin sak. Nee boeta.  Tipies Oos-Kaap, styg die pad net nog – en vir verskeie draaie later steeds! 

DSCF2542.jpg

Die mooi bergagtige natuurtotele is van die dinge wat ons altyd sal laat terugkom Ooskaap toe.


Die voordeel daarvan is natuurlik dat jy net al hoe verder kan sien.  (Laat my aan Breytenbach dink:  Om oor Afrika te vlieg is ‘n topografie van landmeterskap wat aan die mistieke grens – die oog kan nooit lank genoeg rek.)

DSCF2552.jpg

Eerste tekens van herfs

DSCF2554.jpg

Die GPS het hier gesê ons is 866m bo see-spieël



30km en 1h 15 min later draai ons af na die R335.  Dié was vroeër jare die hoofroete tussen Port Elizabeth en Somerset Oos.  Ons doen die vakansie ding en stop by Ann’s Villa wat once upon a time die blacksmith se huis en werkswinkel was.

DSCF2576.jpg

Ann's Villa

Ons is vir ‘n toertjie deur die werkswinkel waar ons sommer ‘n stukkie geskiedenis ook hoor.  Ann’s Villa was eens ‘n miernes van bedrywighede.
DSCF2567.jpg

Dit is waar die ystersmit die brandysters gedemonstreer het vir sy kliënte

DSCF2571.jpg

Ystersmit museum 'stuff' wat rondstaan...



Daar was ‘n gastehuis (oorspronklik vir die mense wat aan hulle waens laat werk), ‘n winkel, ‘n poskantoor, ‘n bakkery en dan sommer ‘n skool ook op die koop toe.  (Ons het R20.00 elk vir die inligting betaal, ons kan dit net so wel deel!)

DSCF2561.jpg

Na waar Gehasie ?


Wanneer jy op die R335 afdraai verander die pad na ‘n gravel highway.  Ons smelt teen hierdie tyd al in ons ATGATT so dis ‘n welkome verandering om die krane bietjie oper te maak en actually te ry. 

DSCF2580.jpg

Oppad na Somerset Oos

Teen 120 km per uur was ons sommer gou-gou in Somerset-Oos waar ons toe weer by family bly. 
Somerset-Oos is ‘n beautifull dorpie, maar meer daaroor in die volgende besending.

 
Jinne dis n lekker RR die  !! Waar lê Skuitbaai min of meer ?      :thumleft:
 
Absoluut Magic ouens ..... stunning pics  :thumleft:

Volgende keer moet ons een saam doen !!
 
Fenderbender said:
Jinne dis n lekker RR die  !! Waar lê Skuitbaai min of meer ?      :thumleft:

Volgens die GPS se log is dit waar dit is (T4A noem dit Eersterivierstrand).

Ek het die Mapsource file (met die plek as waypoint) ook attach...




 

Attachments

  • skuitbaai.jpg
    skuitbaai.jpg
    70.1 KB
  • Skuitbaai_eersterivierstrand.gdb
    186 bytes
Wat 'n plesier om die trip report te lees. Waar's die res ??  :thumleft:
 
Top