Deel 7
Johannesburg na Komatipoort
Maandag oggend: Begin die dag met 2de handse pizza, pak ons stuff (wat somehow oor vier vertrekke versprei het) en weg is ons. Nie veel om te sê oor Johannesburg se verkeer nie. Dis besig en raserig met die voordeel dat jy darem kan sien wat jy inasem.
atch: ;D
Op die sussie se voorstel en die gps se aanwysings kom ons eventually op die breë, boring N4 en moet tolgeld betaal vir die voorreg om daar te ry.
Nice stukkie pad. As jy 'n Harley Davidson ry... ;D :ricky:
'Nuff said
Bla-die-bla-die-bla-die-bla, my ode vir ‘n vierlaan pad sterf dan ‘n vinnige en stille dood. (Regtig, hoe liries kan jy raak oor katogies en rook?)
Vinnige stoppie (nie die 'op die voorwiel-ry' soort nie)
Ons het voor die vakansie al besluit om Waterval-Boven deur te ry, en aangesien ‘n paar mense die besluit gesekondeer het, is dit toe presies wat ons doen. Hier lyk die omgwing weer heeltemal anders met berge, heuwels en bome wat wag staan oor die pad.
Amper in Waterval-Boven
Hmmmmm… Weereens een van daardie prentjie-mooi, historiese plekkies wat mens wil laat afsaal en talm.En talm. En nog talm…
Kerkie teen die bult
As hierdie nou ‘n toeriste pamflet was so ek met ‘n klomp byvoeglike naamwoorde kon vertel van die steil kranse en bergfiets/stap paadjies vir die energiekes of fly fishing (wat’s dit in Afrikaans – kunshengel?) vir die wat daartoe geroep voel en dan sal die trein entoesiaste ook nog heerlik op die reuse stasie kan rond dwaal.
Een van die mooi bruggies waar die treinspoor die rivier kruis
Helaas het ons net tyd om deur van die strate in 2de rat te poer en toe moet ons verder. Sug.
Net buite Waterval-Boven oppad Nelspruit toe
Ons volgende stoppie is by Kaapsehoop.
Die 'wilde' perde van Kaapsehoop
Hier is ons inderdaad jammer dat ons vakansie op skedule moet gebeur.
Rustige brak
Ons kon nie 'uitfigure' of hierdie hoenders is wat soos tarentale lyk, of tarentale wat soos hoenders lyk nie...
Dis só mooi.
En rustig.
En oud.
Hierdie tipe tydlose huise is volop in die rustige dorpie
Ons eet onsself oorhoeks by Koek ‘n Pan
Moenie die fout maak om die spyskaart te glo dat hulle klein pannekoektjies klein is nie, inteendeel…
Die eienaar is een van daai mense wat so gemaklik aan die gesels raak dat dit voel asof jy haar al jare ken, en na ‘n halfuur is jou kennis oor Kaapsehoop ook heelwat meer as van te vore. Wat vir ons nuus is, Kaapsehoop is nogal bekend vir sy… (nee, nie perde nie) spoke! Daar is selfs deesdae ‘n spooktoer, want klaarblyklik is dit nie skáám spoke die nie, hulle lag en dans sommer so tussen die gewone mortals. Pam-pam-pam... Die begraafplaas loop ook hartseer genoeg gereeld onder vandale deur. Of dit nou iets met die spoke of die soektog na Kruger ponde te doen het sal ek nou nie kan sê nie.
Met die ritueel van gear aantrek belowe ons onsself: Hierdie stukkie aarde sien ons weer. (Dalk net nie in donkermaan nie!)
Ten spyte van ons entoesiastiese pogings om wortel geluide te maak wou die perde nie opkyk vir die foto nie
Dis ‘n lieflike stukkie pad om te ry met berge en grasvlaktes wat in die niet verdwyn. Nie so maklik om hier in die ry foto’s te neem nie though, die gras is omtrent helmet hoogte – wat pragtige ‘wasige’ foto’s veroorsaak!
Lekker passie na Nelspruit
Ons timing is weereens perfek uitgewerk om Nelspruit in spitstyd te tref. Ons hang dus nie rond nie en hou reguit koers met die N4 en begin (alweer…) sonlig jaag. Hier is beslis ook scenery wat nie in swak lig teen 120 km ‘n uur beleef moet word nie. Volgende keer, we think, pak ons vir MMM en onsself op die trein Johannesburg toe en gebruik van daar dan 5 dae om in Komatipoort te kom.
Aan die Komatipoort kant van Nelspruit
Daar is elke nou en dan 'n pienk orgidee boom wat 'n mooi kontras vorm met die groen omgewing.
In die (amper onwerklike) groen Komatipoort speel ons eers blok-myself met die gps om Guss se huis te kry. Genadiglik is daar 2 flukse tannies aan die stap wat weet waar die straat is wat ons soek – want teen hierdie tyd wil ek nie meer ‘up close and personal’ met ‘n motorfiets sitplek verkeer nie. Regtig nie.
By Guss hulle spandeer ons ‘n (skamele) ekstra dag en gesels soos altyd gate in die nag. Heng, Komatipoort is regtig te ver…
Eisbein beluit om so ligte operasie om MMM uit te voer aangesien die 'diff' effens olie lek. (Ok, so ek het nie ‘n idee nie, jy moet maar reply op die stukkie, my man! Met die regte feitlike storie…)
Anyway, so moet motorfiets agtertoe ge’tip’ word om said olie uit te kry en dan moet hulle kyk hoeveel olie moet nou weer by die funny gaatjie in. (Ja, ek weet, julle kan nie byhou met die tegniese terme nie ;D )
Eisbein koop ‘n spuitnaald by die apteek vir die olie meet en spuit proses (Spuitnaald kom in ‘n sakkie saam met ‘n skaapboud marinade resep – apparently die grootste rede hoekom mense daai spesifieke naald in Komatipoort koop).
Shhhh - narkotiseur besig
You want fries with that ?
Right… Maar die olie-uitruil-skema is gelukkig suksesvol en die buurkinders kan ‘n spin saam met die oom van die Kaap vat.
Groot opgewondenheid.
Om op die grens van die Krugerwildtuin te wees en nie besoek daar af te lê nie is volgens die familie ‘n raar gebeurtenis.
Guss het aangebied om van sy diere foto’s vir ons te copy sodat ons darem kan maak of ons daar was! Maar soms, net soms, is dit presies die regte ding om so min as moontlik te doen vir ‘n dag of wat. Ons het dit redelik suksesvol reg gekry!