18 de wittebrood

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
“Genade, ek was nog nooit so bly om n grondpad te sien nie”, sê sy. Woorde wat ek nie sommer uit Monica se mond hoor nie. Hoe het ons daarby uitgekom vra almal. Wel ry saam met, ons dan vind julle uit. Hier het alles begin. Mense hou huweliks herdenkings want hulle vier die jare wat verby is, wat hulle saam spandeer het. Ons verkies om elke jaar n witte brood te hê om die jaar wat ons saam gaan spandeer te vier van voor af, so asof dit n nuwe begin is. Nie seker of dit leka sin maak nie, maar dit is hoe ons dit doen. So die jaar was dit geensins anders nie. Ons reel met bekendes waar die kinders gaan bly, en ons werk aan die roete. Daar is n bietjie van n moles, want Monica is nie te erg oor grondpad ry nie, en ek is nou weer nie te erg oor teerpad ry nie. So ons elkeen moes maar bietjie kompromie tref. Die fietse word na gegaan en die nodige aanpassings gemaak met rake, en die nodige vir sou die onheil ons tref, pad wiel, verlore boute of moere ens. Na heelwat veranderinge en oor doen kom ons toe tot n vergelyk oor n roete wat albei pas. So 60/40, so het ons eers gedink maar soos julle saamry sal julle ook die verskil agter kom. Ons het alby heelwat uit ons gemak zones gekom. 
Die Vrydag breek aan en Monica gaan werk toe vir die oggend, want dit is Vrydag en sy werk net halfdag. Ek het verlof ingesit want my eerste dag sou die Vrydag begin het. Ek gaan die laaste goed na en maak seker al die bagasie is goed vas. Wil nie iets verloor langs die pad nie. Ek is nog besig toe kon ek sweer ek hoor die bus. Die honde kondig ook af, daar is iets by die hek. So waar as vet dit is Monica. Sy glimlag breed en sê, ”ons was nie juis besig nie en ek het Jaco(haar baas) so gekarring, dat hy gesê het, “ek moet tog net ry, en die naweek gaan geniet”. Wel dit was nou die presiese woorde nie, maar wil nou nie die storie versuur met ongewense taalgebruik nie. Die fietse is gepak en die kinders se goed is reg.
Ons wag net vir die kinders dat ons darm kan groet, alhoewel die opgewondenheid kook in ons om te ry. Die kinders en kinderoppassers daag so gelyk op van die skool af en ons groet almal, toe breek die groot oomblik aan. Ons groet almal varwel, en die twee yster esels brul in die pad af in die rigting van Springs sentraal waar ons verby die brandweer en polisie stasie uit in die rigting van die N12. Op die N12 sink die realiteid van die oomblik goed in en die globale posisieneerings systeem, by name e-trex, en van 20X, beduie vir my, dis tyd om af te draai, op die R42 in die rigting van Bronkhorst spruit, waar ons moet deur, op die soeke na die eerste grondpad avontuur. Ek wys vir Monica so in die ry eers die verkeerde afdraai na die bronkies reservaat waar ek en die seuns al gaan visvang het, en toe later die regte afdraai, maar dit is n heel ander verhaal. Ons is deur Bronkhorstspruit, en hou reguit aan op die R25 oppad na ons eerste afdraai op die eerste grondpad vir die naweek. Dit is n hele ruk voor ons die afdraai kry, en ek en E-trex argumenteer n paar keer, of is ons op die regte pad. So hier en daar wys hy vir my sommer n afdraai net om my nog meer om te krap. Op die pad kom ons ook op n herwinning af, waar n konstruksie trokkie n argument met die kant van die pad gehad het en sy sand sommer so uit frustrasie op die pad uitgegooi het. Tenspyte daarvan dink ek die kant van die pad en die pad het beter daarvan afgekom as die trokkie. Nie seker waaroor die argument gegaan het nie, en wil ook nie inmeng nie. Ons het sover n goeie verhouding met die pad en wil dit nie opmors nie. My yster esel beur aan en luister eerder vir E-trex as vir my. Om elke draai en heuweltjie verwag ek die afdraai. Toe einde laaste is hy daar. Zusterstroom pad.
Ons saal eers af en gee die esels en ons agterente n blaaskans. Wonder soms wie dit die nodigste gehad het.
Monica gebruik die geleente om n brandstokkie deur te werk, en ons bespreek die argument wat die trokkie met die pad, en kant van die pad gehad het. Daarna gaan verlig Monica haar blaas van oortollige koffie en ek vra vir E-trex omverskoning omdat ek hom wantrou het, en prys my yster esel dat hy vertroue gehad het. Ons kry n rol netjiese toedraai papier by name Ben beer, nog nuut onder die boom lê.
“Shame aan wie behoort jy” vra ek hom ewe gedwee en skuif hom in die koelte van die boom. “Shame iemand se geskenk gaan in koerant papier toegedraai word”, sê ek vir Monica.  “Ek wonder wie die ongelukkige een gaan wees wie se geskenk in koerant papier toegedraai gaan wees”, sê sy. “Ons laat hom maar daar in die hoop dat hy wel iemand se hard sal blymaak”, las sy by.
Ons saal weer die yster esels op en vat die pad in die rigting van ons eerste grondpad sessie vir die naweek. Stop eers om die groot oomblik op die digitale geheue vas te vang.
Dit is n netjiese pad wat goed onderhou is. Ek kyk in my spiel vir Monica en sien haar nêrens nie, en my moet sak in my skoene. Dalk was haar verhouding met die grondpad nie so goed as die verhouding met die teerpad. Net so rukkie toe kom sy te voorskein,
en ek besef dis baie lank vandat sy op n grondpad was en ons sal dit moet rustig vat, en dan is daar die kwessie van die stof. Met my gewoonte om sommer skielik te stop vir fotos of iets om te sien, kan sy nie te naby agter my ry, vra maar vir Hendrik. En die stof veroorsaak ook dat sy n hele end agter gaan moet ry, anders kan sy nie sien nie. So ek ry maar n ent vooruit en as ek haar lig nie in die truspieël sien nie stop ek en luister en wag.
 

Attachments

  • 2018 honeymoon trip (2).JPG
    2018 honeymoon trip (2).JPG
    181.9 KB
  • 2018 honeymoon trip (3).JPG
    2018 honeymoon trip (3).JPG
    191.8 KB
  • 2018 honeymoon trip (4).JPG
    2018 honeymoon trip (4).JPG
    146.6 KB
  • 2018 honeymoon trip (5).JPG
    2018 honeymoon trip (5).JPG
    187.4 KB
  • 2018 honeymoon trip (7).JPG
    2018 honeymoon trip (7).JPG
    204.2 KB
  • 2018 honeymoon trip (8).JPG
    2018 honeymoon trip (8).JPG
    137.8 KB
  • IMAG0026.JPG
    IMAG0026.JPG
    180.8 KB
  • IMAG0030.JPG
    IMAG0030.JPG
    131 KB
  • IMAG0031.JPG
    IMAG0031.JPG
    123.1 KB
  • IMAG0032.JPG
    IMAG0032.JPG
    160.3 KB
Dis warm en ons ry nie te vining nie. Gemidelde spoed so 25km/h. Ek sien die rivier langs die pad is droog en as mens so na die plante groei kyk lyk dit nie of daar onlangs enige water gevloei het nie, tenspyte van die gereelde reën wat ons kry, alhoewel dit nie lang reën buie is nie. So elke dag n paar emmers wat uitgegooi word so elke nou en dan, en dan wyk die wolke weer. Met die spoed wat ons ry, het ons nie juis wind wat deur die baatjies kan dring om mense af te koel nie. Ons stop nog so paar keer om toekomstige kamp plek idees, saam met die kinders, op die digitale geheue vas te vang.
“Dit is snaaks, as ek ry voel dit vir my of my esel se agter end nie lekker vastrap plek kry nie, sê Monica. “Wel ek het nou nog nie n band druk meter nie”, val die skimp, “maar kom ons gee daai agter band n bietjie lug en kyk wat gebeur”, is die voorstel wat ek op die tafel sit. Die kompressortjie word te voorskyn geroed en opgekoppel. Hy loop so rukkie, tot ek voel hy begin tempratuur optel. “Kom ons probeer hom so” sê ek. Einde ten laaste beryk ons die wilge revier brug,
en stop eers om n foto of twee van die water en omgewing te neem.
Hy vloei mooi. Dis n enkel kar brug, en met die dat ons op die brug parkeer het, en baatjies uitgetrek vir afkoel, besluit ek om die esels net oor en af van die brug te stoot, net ingeval die 4 wiel esel karretjies dalk verby kom en wil oor. Monica het intussen besluit dis tyd vir ordentlik afkoel en het van haar ergste klere ontslae geraak, en gaan afkoel in die rivier.
Op iemand se avontuur verhaal het ons gelees, mens kan swemklere aantrek wat ook kan dien as onder klere en anders om, en dit werk mooi.
“Jis, selfs die water is lekker warm, jy moet dit kom probeer”, roep sy daar uit die revier uit. Sy dryf nog so lekker in die water toe ek n gilletjie hoor. Die stroom versnelling monster wat onder die brug deurgaan en as ietwat van n damwal dien, haar eensklaps in sy kloue beetkry, en haar wou intrek. Maar sy skop vas en kom los, met n glimlag op haar gesig sê sy. “Kyk nou hou wil die water my hier insleep”.”Ek het nie gedink hy sal so sterk vloei nie”.Sy het dieselfde verhouding met water as wat sy met grondpad het. Daar is nie veel vertroue nie, en sy is maar versigtig vir hulle. Ek laat my ook nie tweemaal nooi nie, nadat ek eers die nodige op die digitale geheue vasgelê het. Ons koel leka af. Monica klim uit terwyl ek die oomblik nog geniet.
“Agnee kyk nou daar, krap die tak my nou op my been”, en die rooi merk met effense bloed wat deur syfer sit as bewys stuk. “Daar het ek nog n letsel op my kerf stok”, spog sy met n glimlag. Sy kry ook eers die digtale geheue beet. Ons vind ook iemand se verversing wat hulle daar vergeet het, maar besluit gedwee om dit maar so te los.
Ons trek weer aan, sommer so oor die nat lywe, vir die koeligheid, en geniet ietsie om te byt. “Dit was nou n onverwagse verrassing”, sê ek vir haar versigtig om haar nie selfbewus te laat voel nie. “Jip ek het besluit die keer gaan ek niks terug hou nie en so veel moontlik uit my kas klim”, kom dit onverwags en ek is uit die veld geslaan, en terselfde tyd maak my maag sommer so bollemakiesie van opgewondenheid. “Hoe ry die esel nou met die ekstra lug in die wiel?”, vra ek, in n despirate poging om die onderwerp te verander, en nadat ek gevind het, die laaste stuk pad, het sy mooi bygehou. “Baie beter dankie, dis baie beter”, kom die antwoord met DAAI glimlag. “Sy sit nou baie beter op die pad”.
 

Attachments

  • IMAG0035.JPG
    IMAG0035.JPG
    152.9 KB
  • IMAG0036.JPG
    IMAG0036.JPG
    179.6 KB
  • IMAG0037.JPG
    IMAG0037.JPG
    194.2 KB
  • IMAG0051.JPG
    IMAG0051.JPG
    168.5 KB
  • IMAG0040.JPG
    IMAG0040.JPG
    106.5 KB
  • IMAG0044.JPG
    IMAG0044.JPG
    113.7 KB
  • IMAG0041.JPG
    IMAG0041.JPG
    94.6 KB
  • IMAG0053.JPG
    IMAG0053.JPG
    156.7 KB
  • IMAG0048.JPG
    IMAG0048.JPG
    163.4 KB
  • IMAG0049.JPG
    IMAG0049.JPG
    120.1 KB
Lekker as vroulief so saamry!
:sip:
 
Ons trek weer aan, sommer so oor die nat lywe, vir die koeligheid, en geniet ietsie om te byt. “Dit was nou n onverwagse verrassing”, sê ek vir haar versigtig om haar nie selfbewus te laat voel nie. “Jip ek het besluit die keer gaan ek niks terug hou nie en so veel moontlik uit my kas klim”, kom dit onverwags en ek is uit die veld geslaan, en terselfde tyd maak my maag sommer so bollemakiesie van opgewondenheid. “Hoe ry die esel nou met die ekstra lug in die wiel?”, vra ek, in n despirate poging om die onderwerp te verander, en nadat ek gevind het, die laaste stuk pad, het sy mooi bygehou. “Baie beter dankie, dis baie beter”, kom die antwoord met DAAI glimlag. “Sy sit nou baie beter op die pad”.
Ons beryk weer die teerpad R544. Hier stop ons eers vir n vinnige bene rek, en Monica raak aan die praat met met n paar lokale mense wat wag vir n geleentheid Johannesburg toe. E-trex wys vir ons  links in die rigting van Verena vir so 5 km waarna ons weer regs draai, op die Langkloofpad.
Ons begin mekaar darm nou beter verstaan. Na so lekker stukkie teerpad, met so lekker lang draai vat ons weer die grond pad aan. Hy begin ook maar met die gewone rowwe aanslag van klippe, maar hoe verder mens ry, hoe beter word die verstandhouding tussen ruiter,esel en grondpad.
So op die pad kom ons op n klein gemeenskappie af, met masiewe alwyne wat die koppie met hul teenwoordigheid bekroon in die agtergrond. “Dit lyk soos n skildery”,sê Monica.
Na n foto sessie ry ons aan, deur die kloof,  weer oor die revier en lekker styl op, tot op n hoogte waar dit voel of jy tot in ewigheid kan sien. Die son trek al water en dit is baie mooi, so tenspyte van die feit dat ons vermoet die donker ons gaan vang, stop ons tog vir n foto sessie, met die sonsondergang in die agtergrond. Monica poseer onwetend as model saam met die esels.
 

Attachments

  • IMAG0054.JPG
    IMAG0054.JPG
    158.1 KB
  • IMAG0055.JPG
    IMAG0055.JPG
    149.5 KB
  • IMAG0056.JPG
    IMAG0056.JPG
    119.8 KB
  • IMAG0057.JPG
    IMAG0057.JPG
    70.3 KB
  • IMAG0058.JPG
    IMAG0058.JPG
    96.1 KB
  • IMAG0060.JPG
    IMAG0060.JPG
    108.5 KB
  • IMAG0061.JPG
    IMAG0061.JPG
    153.2 KB
  • IMAG0063.JPG
    IMAG0063.JPG
    184 KB
  • IMAG0066.JPG
    IMAG0066.JPG
    139.1 KB
  • IMAG0068.JPG
    IMAG0068.JPG
    159.6 KB
En die uitsig oor die golwende groen seeis ewe indrukwekkend, gepaart met die stilte, wat n mens in n amper hipnotiese toestand gaan, want jy wil nie daar weg nie.
Dis seker die voordeel om saam iemand te ry wat Brandstokkies nuttig. Hulle stop gereeld vir een. Monica smul aan die brandstokkie, wat sy kombineer met en energie stafie, terwyl ek ook sommer n paar versnapperinge inneem, en so bietjie met die digitale geheue speel. “Hoe vêr is dit nog”, vra Monica. “Dit is nog n entjie, en ek glo ons gaan so sterk skemer daar aankom”, verduidelik ek so takties as moontlik, om haar nie te ontsenu nie. Die esels hou nie van donker ry nie, en raak rusteloos, so ons saal op en bokspring sommer daar weg. Ons kry so paar bietjie wild langs die pad, en trek die esels in teen hul wil vir die foto, maar dit wild wyk by aanhore van die esels se luide uitlaat sisteme. Die lig is swak, en die massa wolke gebruik die laaste stukkie lig om n klein ietsie van die groorheid en mag, van God se werk ten toon te stel. Die kamara kry nie sy oog gou genoeg geknip vir die vangs van die wild nie, wat ly tot baie swak kwaliteit fotos wat nie die moeite werd is nie, maar die uitsig is iets om te waardeer, met Loskop dam wat paradeer in die vêrte, roep die massa wolke ons tot aandag.
Ons beryk n T-aansluiting, en draai regs loskopdam se kant toe. So om die draai 10km aan, lê die teerpad weer vir ons en wag. Hy weet seker van die grondpad en Monica se nie so goeie verhouding, en het besluit om in te gryp, met die opkomende donker wat op ons neerdaal. Die pad het n hele paar beserings en ons is aangepor deur die swak lig om dit kalm te vat, wat ons bietjie teensinnig doen. Ons beryk weer n T- aansluiting, Loskopdam regs.
Dit is al goed donker en ons hoop op veilige  blyplek vir die aand. Ons trek in by n drinkgat wat se hekke nog oop is en lyk of daar lewe is. Toe ons instap word daar vir ons gesê dis R100 n kop want daar is n privaat funksie aan. N land aand by wyse van spreuke. Ons protes en sê ons is net op soek na informasie aangaande blyplek vir die aand. N beer van n man agter die toonbank wys ons daarop ons moet net so een hek terug ry waar ons ‘De Ville lodge’ sal kry.
Druk die klokkie onder die sleutel bord dan sal die mense uitkom. Ons sê dankie en gaan weer na buite, waar die esels protester oor die lawaai by die plek en dis nie moelik om hulle die donker in te stuur en terug tot by die vorige hek nie. Ons lui die klokkie n paar keer, en Monica bel ook n paar keer, maar daar is geen teken van lewe nie. Uiteindelik kom een van die mense wat daar werk aangery en wil ingaan maar ons esels versper gedwee sy pad en sal hom net laat verby gaan as hy die mense loop roep. Die hek gaan oop en hy ry in en gaan roep die mense soos hy gevra is. “Moet sê die intemederendheid van ons esels is nogal verbasend soms”, sê ek, en ek en Monica lag lekker. Uiteindelik kom die vrou (Marietjie) te voorskyn, en maak vir ons die hek oop. Ons trek die twee esels in en ek gaan na die kantoor om te hoor van verblyf vir die aand. Ons enigste ander opsie is Aventura loskopdam, maar ek is nie seker of hulle die esels daar sal inlaat nie. “Goeie naand, ons is opsoek na kampplek vir die aand?”, vra ek. “Ons het kamplekke, en dit is R400 vir kampplek met krag”. “Daar is nie kampplekke sonder krag nie”, las sy by ‘’Wel’’ sê ek vir Marietjie ‘’Is daar nie dalk bietjie afslag omrede ons so lank by die hek moes gewag het nie’’. ‘’Ok julle kan hom kry vir R350’’kom die antwoord. ‘’Ok’’ sê ek verder in n despirate poging om binne my karrige begroting te bly. ‘’Dit help nie ons moet betaal vir krag maar ons kan dit nie eens gebruik nie”. “Ons het niks op die esels wat kan werk van jul krag punte.’’’’Wel in daai geval hoekom vat julle nie n woonstel eenheid nie”, lig sy die onderhandelings staaf. “Sal hom vir julle gee teen R300’’, en die staaf val sommer grond toe. Dit klink nie sleg nie dink ek by myself, aangesien dit al laat is, en tent opslaan sit nie nou lekker in my gemoed nie, en dan kan ek die liefde van my lewe so effe bederf, en n paar punte bymekaar maak. ‘’Afgespreek’’ sê ek en sy gee my n sleutel aan. ‘’Ry reguit met die paaitjie af tot aan die einde, vind jy die eenheid”. “Met die  trappe op  regs’’ sê sy. “Dis n blok van vier eenhede”, las sy aan. Monica kom ook in. ‘’Hy my lief spandeer ons die eerste deel van ons 18 wittebrood hier by die plek’’. ‘’18de wittebrood”! val Marietjie my in die rede toe ek Monica wil antwoord en meedeel van die goeie nuus. ‘’Ja’’ kom die antwoord so gelyk van ons alby. ‘’Dis ons 18 de huweliks herdenking, maar n huweliks herdenking is so alledaags en half vervelig, maar n wittebrood”. “Baie meer energie en opgewondenheid’’,sê ek. Marietjie lag. ‘’In daai geval gee ek vir julle die enkel eenheid wat eintlik R450 is maar julle kan hom kry vir die R300, anders gaan julle die bure pla en wakker hou deur die aand’’, en sy lag so skelmpies. Nie seker wat sy verstaan onder ‘’meer energie en opgewondenheid nie”, maar ek gaan nie stry nie. ‘’Is hier dalk nog n plek waar ons n vleisie en hout of houdskool kan koop vir bietjie braai vanaand’’, kom die vraag van Monica. ‘’Jong dis nou n ding daai’’ kom die antwoord. ‘’Hier op Loskop maak die winkels al sewe uur toe, en ek dink nie die kroeg gaan julle kan help nie’’ en sy kry so ‘wil julle nie in die steek laat uitdrukking op haar gesig’. ‘’Wag laat ek bietjie kyk wat ek hier het”, en sy verdwyn om die hoek. Ek kyk vir Monica,’’hoop nie sy bring dooie hond of donkie nie’’ hehe giggel ons soos regte pasgetroudes. Marietjie keer terug met twee pakkies vleis, wat bestaan uit drie vark happies in die een en vier 1 minute happies in die ander. Dan gaan sy buite op die stoep, onder die pimitiewe vleis gaarmaak toestel haal sy n sak houd. ‘’Dis nie veel nie maar dis waarmee ek julle kan help’’, sê sy met n breë glimlag op haar gesig. ‘’Jis dankie vir moeite, wat skuld ons jou’’ vra Monica. ‘’Ag nee moenie bekommerd wees daar oor nie, geniet die aand en dankie dat julle by ons kom bly”. “Daar is n land aand by die kroeg wat R50 pp ingang is as julle wil gaan inval’’ sê Marietjie. ‘’Dis oop vir almal’’. ‘’Ons sal dit ongelukkig van die hand moet wys, maar dankie”. “Dis nou nie ons tipe party daai nie’’, is ons antw. Wou eers noem die mense wou ons R100 uit die sak jaag vroeër, so dis seker maar n misverstand, of te wel n drank verstand. Ons neem afskeid en keer terug na waar die esels staan. Die sak hout is oop so nie seker hoe ons hom sal vasmaak nie. ‘’Ek sal die hout vat as jy die vleis vat’’ sê ek, en Monica stem in. Sy sit die vleis in die sakkie agter op haar fiets, en ek maak die hout staan tussen my bene en die esel se maag, en ons ry af met die pad, aangenaam verras met die uitleg van die plek. Ons ry ook verby die swembad, en ek kry n paar gedagtes in my kop oor die aand se program. Ons ry en ek tel die nommers af tot by nommer 12, waar ek indraai by die parkering.
Ons sal eers later verneem dat daar redelike rowwe dorings is maar met genade van bo was daar nie enige insidente met die esels nie. Dis n eenvoudige tog baie netjiese huisie wat goed toegerus is. Veral die groot glasdeur stort, en die program vir die aand verander weereens so effe in my kop. Maar ek gaan nou nie uitbry daaroor nie. Ons raak van die swaar ry klere ontslae, en trek die gemaklike klere aan. ‘’Nou is ek darm lus vir koffie’’ sê Monica wat al die heel middag sonder koffie moes klaar kom, wat nogal lank is haha. ‘’Dit sal lekker wees, ek begin solank die vuur’’. By die primitiewe vleis gaarmaak toestel wat baie netjies gebou is kry ek nog n sak hout, en ek glimlag breet. Ek maak die een sak eers oop en vind dis n tipe harde houd. Dankie tog vir die byl wat ek op die esel maak pas het. Ek het al op n vorige  trapfiets toer dieselfde houd moes kap met n kap mes, wat nie so goed afgegaan het. ‘’Hier is nie vuur aanstekers nie’’ sê ek vir Monica en ek kry n paar fein houtjies wat laag genoeg van die boom af hang. Dis toe hier waar ek besef dat die boom uit wille dorings bestaan. Monica het n paar van die papiere wat die dag se program en roete insluit uitgegrawe, as bydra vir die vuur aansteek. Ons poging is suksesvol nadat ons hom bietjie aangehelp met n waaier bord. Terwyl die vuurtjie sy werk voort sit om die hout in kole te omskep, stap ons op na die kroeg waar die party goed aan die gang is, soos die mense se alkoholisie drank iname. Ons is alby lus vir n ‘coke’, en die is die enigste plek waar ons nou so iets sal kry. Daar is nie veel mense nie. Die drie fietse danser meisies wat elke nou en dan buite toe vlug om seker te maak hul passies is gesinkroniseer, en dan wat lyk soos hulle familie en kêrels wat kom ondersteuning biet, met een of twee ou toppies wat se vrouens dalk al die ewigheid in is, en hulle eensaamheid hier kom weg droom en drink. Die een vrou kom vra my wat soek ons terwyl Monica na die groot beer agter die kroeg loop om te verneem van die koeldrank. Die misuk is hard en ek kan nie hoor wat die vrou soek.’’ Kom ons gaan praat buite’’skree ek vir haar bo die misuk, terwyl ek hard probeer om nie ongeskik te klink nie. ‘’As julle die partytjie wil bywoon is dit R50 per kop’’, lig sy my in. Snaaks dink ek by myself. Vroeër was dit R100 pp. Seker maar die drank wat dit goedkoper maak. ‘’Nee dankie, ons is net hier opsoek na iets om te drink dan gaan ons op ons eie kuier’’ deel ek haar mee. Met die, kom Monica met die koeldranke te voorskyn. Ons sê nag en stap terug na waar die vuur se takie, om van die hout na kole verander, goed op dreef is. “Haai kyk daar is twee ogies in die boom”, sê Monica en wys na n mik in die boom. “Dalk n nag apie wat wil kom saam kuier”, voeg sy by. Ek herpositioneer myself so half naby haar en kyk. “Wrintie waar daar is hy”, maar skyn met die koplamp in daai rigting, dan is daar niks. Sit koplamp af dan is ogies weer daar. Skielik beweeg die ogies, in alle rigtings. Uitmekaar, nader aan mekaar, verder van mekaar, dan in sirkels. “Daai nagapie se kop het hom heeltemal gelos”, spot ek. “Nee man dis vuurvliegies”, lag Monica. “Dis nou iets wat ek baie lanklaas gesien het”, voeg sy aan. Ek wou nog fotos neem toe is hulle weg. “Dit was nou lekker om weer te sien”, kom dit weer van Monica.
 

Attachments

  • 2018 honeymoon trip (10).JPG
    2018 honeymoon trip (10).JPG
    133.1 KB
  • 2018 honeymoon trip (15).JPG
    2018 honeymoon trip (15).JPG
    90.3 KB
  • 2018 honeymoon trip (13).JPG
    2018 honeymoon trip (13).JPG
    92.4 KB
  • IMAG0072.JPG
    IMAG0072.JPG
    174.6 KB
  • IMAG0073.JPG
    IMAG0073.JPG
    198.2 KB
  • IMAG0069.JPG
    IMAG0069.JPG
    114.7 KB
  • IMAG0074.JPG
    IMAG0074.JPG
    178.1 KB
  • 2018 honeymoon trip (18).JPG
    2018 honeymoon trip (18).JPG
    193.3 KB
  • 2018 honeymoon trip (19).JPG
    2018 honeymoon trip (19).JPG
    178.6 KB
  • 2018 honeymoon trip (23).JPG
    2018 honeymoon trip (23).JPG
    101.2 KB
Die vleisies word opgesit  en Monica kry vir ons die borde, met die smeer kaas en kraak brood reg wat as die bykos vir die vleis sal dien. Dit is n aangename tog eenvoudige ete, wat afgesluk word met n derde koppie kaffien, gemeng met die af en toe slukkie coke.
‘’Ons moes nou eintlik n ‘’old brown cherrytjie’ vir my gehad het en n wyntjie vir jou”, sê ek half geirreteerd met myself vir Monica. Defenetief iets wat volgende keer hoër op, op my inkopie lys gaan wees. Na die etetjie is die kole se blus eff uit en ek trek die ander sak hout nader, en blaas die spulletjie tot nuwe lewe. Dis leka warm. So bedompige hitte. ‘’Is jy lus vir n bietjie swem’’ vra ek vir Monica, “Dit sal leka wees, ‘’dan as ons terug kom kan ons nagereg eet’’ sê sy met so skelm glimlaggie. Wat voer sy in die mou gaan dit opgewonde deur my gedagtes. Ons stap met die gedreun van die party mense se misuk in ons ore na waar ek die swembad gesien het. Dit is bedompig en ek sien uit na die koeligheid van die water in die swembad, en om die ergste taaigeid en reuk van die sweet te veruil vir die reuk van chloor, wat ek wel later in die stort sal afwas. Jammer hier is nou nie n natuurlike swemgat of so iets, dan was die stort nie eens nodig nie. By die swem bad duik ek eerste in net om seker te maak die temp skok nie te veel vir Monica nie, maar die water is n lekker temperatuur. Nie te koud gevoel nie en ek weet sy sal dit geniet. N paar dronk party mense strompel uit die latrienes, maar ek dink nie eens hulle het ons raak gesien nie. So 15 min lank dryf ons gewigloos in die swembad. Jammer die stilte was nie daar nie. Dis seker maar die nadeel van so n plek oorbly. Ons klim uit en n effe windjie wat op ons afgesluip het, het kom draai, om ons ordentlik af te koel. Hy doen sy daad behoorlik en ons haas ons terug na die blyplek, waar ons die vlamme nog hard aan die werk kry om die hout in kole te omkep. Ons gaan stort eers gou want die windjie is geniepsig in sy doeninge. Klaar aangetrek na die lekker warm stort en leka vars, trek ons die malva lekkers nader. Nie seker oor die bome in die omgewing, besluit ons maar om die vurke te gebruik vir die malva bak, maar die vlamme, wat steeds n goeie poging aan die gang het om kole van die hout te maak, wat n suksevolle poging in sukself is, maak dit effe moeilik om gebakkery aan die gang te kry. “Nog iets wat ek by die paklys moet voeg”, sê ek. “Hierdie deug nie te lekker nie”. Dit eindig op, maar n stadige proses.
As ek nou daaraan dink is daar sekerlik n hele paar alternatiewe wat ons kon toegepas het. Die vlamme werkskaf nog so n ruk en verdaag dan na hulle werk voltooi is. Die soetheid van die malva lekkers sit mooi op die tong. Maar daar is ook net plek vir soveel om te sit dan begin die maag protester, oor die groot hoeveelheid soetigeheid wat sy kant toe gestuur word. n Laaste koppie koffie om sy protes krete te demp dan is dit tyd vir inkruip, en om die dag weer in die drome te herleef, en aan more se avonture te bou.
Die volgende oggend word ons ontwaak deur die soek gesang van die geveerde lewe hier in die omgewing, gemeng die die benarde/angs krete van n jonger apie wat deur sy ouer trop lede n indiepte inligtings sessie tenopsigte van respek en maniere ondergaan. Iets wat baie van ons jonger mense nie eintlik iets van weet nie. Gelukkig is daai nie ons problem nie. Nou kan ons die omgewing in daglig verken, en ons sien die revier wat redelik laag loop. Daar is ook n bordjie wat daarop wys dat n mense moet lig loop vir plathonde. “Rikus(ons oudste) sou al baie vroeg die oggend met n vislyn in die water gesit het”, lag Monica. “Ja nee dis nie altemit nie, as hy nie sommer deurnag gevang het nie” is my antwoord. Hy lewe mos vir kamp, eselry en visvang. Volgende keer het hy sy lisensie, dan toer die vyf van ons saam. Maar dis n storie vir n ander dag. Ek kry n brug in oog wat revier op is , en die mannetjies in my kop skarrel om n lêer uit my verlede te gaan opsoek.
“Stook jy solank koffie my lief, dan pak ek solank die esels”. “Dis reg sê Monica. Wyl die ketel sy ding doen gaan ek gou deur die stort draf”, voeg sy by. Met die dat ons nie hoef tent op te geslaan het, en die voege, gaan die in en oppak sommer so vining verby, en ek dink toe by myself. Aangesien sy bereid is om so lank al met my en my dinge opgeskeep te sit, kan ek haar seker verras met n koffie as sy uit die stort kom. Maar tussen die drie van ons maak ons darm n goeie span, Solank ek en Monica aanhou luister na Hom wat ons die pad aanwys. “Nou waar het ons nou weer afgedwaal”. “O ja die koffie verrassing”. Die koffie is gemaak en die ontbyt, wat bestaan uit graan en roseine beskuit gebak deur Monica se eie hand, word afgesluk met die koffie uit my hand. Dink nou ek moes haar ook sommer in die stort verras het. Sal my leer om goue oomblike aan te gryp. Ons borsel tande, en trek die deur agter ons toe nadat ons so vinnige draffie deur die plekkie gevat het om seker te maak ons laat niemand agter nie. Later sou ons leer, ons tee lepel was nie tevrede met sy huidige blyplek, en het gevoel hy sal beter daar aard. Ek trek Monica se esel uit teen die effe opdraantjie, en draai om in die rigting van die dag se avontuur terwyl sy die deur Grendel. My esel is effe meer opgewonde om die dag aan te vat, en draai amper self om. Dit is nog mooi vroeg, en ek dink aan die mense wat so laat geparty het gister aand. Hoop nie die mengsel van hulle vloeistof en die klank van ons esels laat hulle te onaardig ontwaak nie. Ons stop by die kantoor om die sleutel in die blikkie te gooi, soos ons die vorige aand aangesê is om te doen, maar die mense van hier is nie laat slapers nie. “Het julle darm lekker gekuier/ geslaap”vra sy so in een asem. Dit is n plek wat ek met graagte sal aanbeveel vir almal wat slaapplek soek in daai geweste
By die hek uit, wys e-trex ons moet regs na die damwal se kant toe. Maar my planne en sy planne stem nie heeltemal ooreen nie. “Ek wil graag bietjie die verlede gaan opsoek as dit reg is met julle”, stel ek die versoek aan almal. Monica is gretig, “maar is dit grondpad, en hoe moeilik is die pad”, wil sy weet. Sy en grondpad is nog besig om mekaar beter te verstaan. “Ek was 39jr laas daar so ek het nie n idee nie”, is my antwoord. Hoe so wil almal seker weet?. Wel met trots kan ek sê my oupa Miller was deel van die span wat die wal omgeveer die tyd 1979 met 9meter gelig het van sy oorspronklike hoogte. Hulle verblyf daai tyd was n tydelike kamp met sulke asbes tipe huise n swembad en n inry vir hulle vermaak. Ons het gereeld die kanaal, wat toe al daar was gery met binne bande, en ook by die natuurreservaat se hek, wat nou nog daar is deur gesluip met ons ketties, om te gaan wild stroop. Darm so nou en dan n duifie of mossie op die kole kon sit in die helse gat. Die helse gat, wat gegrou is sekere om die infrastruktuur vir die kamp te bou, waar ons allerhande skandes, en moleste uitgedink en deurgevoer het. Die gat is des tyds ook gebruik as vuilgoed gat, en dis waar ons al die lekker ruik spuit goed bottletjies gekry het wat ons in n vuurtjie laat opblaas het.

Wel minstens lewe ons almal nog. So oortuig ek e-trex, die twee esels, en Monica om my te vergesel op die avontuur deur die verlede. My hart klop hart in afwagting van wat te siene is. Sal daar enige indikasie van die destydse bewoners wees. Ons ry oor die enkel bruggie, en dan kronkel die pad, tot waar ons by die kanaal op die bruggie stop.

 

Attachments

  • 2018 honeymoon trip (24).JPG
    2018 honeymoon trip (24).JPG
    156.2 KB
  • 2018 honeymoon trip (26).JPG
    2018 honeymoon trip (26).JPG
    138.6 KB
  • 2018 honeymoon trip (28).JPG
    2018 honeymoon trip (28).JPG
    190.7 KB
  • 2018 honeymoon trip (29).JPG
    2018 honeymoon trip (29).JPG
    152.5 KB
  • 2018 honeymoon trip (31).JPG
    2018 honeymoon trip (31).JPG
    187.9 KB
  • 2018 honeymoon trip (30).JPG
    2018 honeymoon trip (30).JPG
    178.1 KB
  • 2018 honeymoon trip (33).JPG
    2018 honeymoon trip (33).JPG
    184.5 KB
  • 2018 honeymoon trip (34).JPG
    2018 honeymoon trip (34).JPG
    150.9 KB
  • IMAG0075.JPG
    IMAG0075.JPG
    197.1 KB
  • IMAG0076.JPG
    IMAG0076.JPG
    152.3 KB
Die natuureservaat se opgegradeerde hek troon voor ons. “Hier is waar ons uitgeklim het nadat ons met die binne bande van daar om die draai gery het”. “Ons het n tou gespan wat elkeen gevang het om te stop”. “Soms het die water nogal vining gevloei”, veduidelik ek aan almal, (die esels, etrex en Monica). “Ek gaan gou kyk of ek die gat nog kan kry”, sê ek vir Monica. Hy is al mooi gevul tot bo.
Ek kry ook die familie daar wat die gat nog geniet. Wonder waste moles vang hulle daar aan.
Ek het perongeluk op hulle afgekom. Dit is darm fantaties hoe aanpasbaar die mens se liggaam is. Toe die mannetjies, in my kop, registreer wat die oog sien herbou hulle die liggaam in n oogwink in n graspol, om hom is staat te stel om eers die digitale geheue te gaan kry, wat as plan ‘B’ dien. Nadat ek hulle klaar geskiet het, gaan ek terug na waar Monica wag. “Ek het die oorblyfsels van die destydse gat gekry,en kyk hier is die familie wat dit nog steeds nuttig”, spog ek met my fonds. “Ag nee daar laat jy ons vleis vir die avotuur in n ander pad gaan, hoe nou?”, kom dit met so sottende toonset.
Ek sien daar is lewe by die reservaat se hek en ek stap nader om te verneem of ons langs die kanaal mag opry.
Nie lus vir moeilikheid nie, of dat iemand ons sien as stropers, en op ons losbrand nie. Mense vandag verstaan nie so maklik soos daai tyd nie. “Julle kan maar ry, maar dis op eie risiko”, kom dit in gebroke ingels van agter die toonbank. Opgewonde maar nie juis meer gerus (eie risiko ding) draf ek terug na waar Monica staan en wag. “Hulle sê ons kan maar ry”, is al deel wat sy kry. As ons veilig terug is sal ek haar die res meedeel. Haar esel se ore het dit seker gehoor en ek moet hom oortuig deur sy neus in daai rigting te draai. Die esel van my is lus vir avontuur dink ek as sy neus sommer so in daai rigting gaan. E-trex is ook meer opgewonde oor die nuwe inligting wat hy kan opgaar. Ons ry al met die kanaal af, en soos ons ry, werk die outjies in my kop oortyd om al die herhinnering vêr agter in die leêr sisteem, in my kop, te gaan soek en uit te wys en ek stop elke nou en dan om vir Monica nog n  stukkie geskeidenis les aan te bied.
“Hier is waar ons met die binne bande begin ry het”, spreek ek weer my gehoor toe.
Van die eens inry, waar ons altyd al met die kanaal langs gesluip het, en daar bo van die wal gedief kyk het, is daar geen teken nie. Ons ry tot op n punt, waar ek voel as ons nader aan die damwal beweeg, mense dalk kan opgewonde raak. Ons neem nog een of twee foto’s, dan word die esels omgedraai, vir die terug tog. Ek gee gou hand by met Monica se esel, en ons vat die pad terug. Ek is nou nie een wat hou van op die selfde pad terug ry wat ek gekom het, soos baie ander, maar hier is nou geen ander uitweg nie. Ons kom weer by die brug uit, en draai regs terug na die hoofpad. Net so n entjie sien ek n soort voetpadjie wat lyk of hy in die destydse woongebied kon ingaan.
“Ek wil hier af, om te sien wat is daar nog”, sê ek vir Monica. “Dalk n fondasie of twee”. “Ok ek kry jou weer daarvoor” sê Monica wat nie baie ingenome met die idee is nie. Lyk maar of die paatjie so draai loop wat op die einde by die selfde plek uitkom. Geen fondasies of so iets te bespeur nie. Hulle het mooi skoongemaak hier. Ek sien wel hier en daar kolle waar die grastipes verskil, so in n vierkant, en neem aan dis waar een van die huise gestaan het.
Gou n paar foto’s en ek ry aan, na waar ek Monica net voor die brug langs die pad sien. Sy jaag gou deur haar brandstokkie en ons saal op. Oor die  brug,
wys e-trex ons weer regs, en ek is opgewonde, dat Monica die optog na die damwal met my meemaak. Dit is nogal vir n fantastiese ervaring om van onder af op te ry, tot mense gelyk is met die watervlak. Vir my is dit iets baie spesiaals om te sien. Toe ons op die merk kom trek ek af in die geel lyn, wat nie baie breed is nie as gevolg van die watervoor. Monica ry aan want sy wil nie op n te skerp opdraande stop nie. Ek loop oor die pad waar ek die foto van die watervlak neem.
 

Attachments

  • honeymoon trip 2018 loskop reservaat hek_Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 loskop reservaat hek_Moment.jpg
    138 KB
  • 2018 honeymoon trip (38).JPG
    2018 honeymoon trip (38).JPG
    192.4 KB
  • 2018 honeymoon trip (35).JPG
    2018 honeymoon trip (35).JPG
    182.4 KB
  • honeymoon trip 2018 kanaal ry_Moment(2).jpg
    honeymoon trip 2018 kanaal ry_Moment(2).jpg
    85.4 KB
  • IMAG0078.JPG
    IMAG0078.JPG
    200 KB
  • IMAG0079.JPG
    IMAG0079.JPG
    179.3 KB
  • IMAG0081.JPG
    IMAG0081.JPG
    171.3 KB
  • IMAG0082.JPG
    IMAG0082.JPG
    179 KB
  • IMAG0083.JPG
    IMAG0083.JPG
    164.9 KB
  • IMAG0084.JPG
    IMAG0084.JPG
    109.2 KB
Dan kom daar n paar manne met spoed verby. BMW;KTM en Yammie as ek dit nie mis het nie. Hulle was selfs te vining vir die kamara. So stukkie gevang, Toe hulle by Monica se esel verby vlieg.
Ek trek my esel agter Monica sin in, en loop na waar sy by  die damwal ingang staan. Ek soek n swart klip om ons deel van die muur se versiering by te las. Maar kry net n wit klip. “Dit sal maar moet doen”sê ek vir Monica en skrabel op die muur. N hartjie met K&M 18 yr. “Jammer ons het nie n pen of verf nie”. “Mens moet maar mooi kyk om hom te sien”sê ek half teleurgesteld. Gewoonlik is Monica weer die skerp liggie, as my liggie so bietjie doof. “Toemaar ons weet hy is daar en dit is wat tel”, sit sy die lig op die onderwerp. 
Ons staan nog so rukkie, gooi n klip in die dam vir my oupa en keer terug na waar die esels staan. Monica vind dit bietjie moeilik met die opdraande wegtrek en ek moet haar (esel) n hubstoot gee dat sy net kan ry. Ons ry met die pad aan verby die avetura en aan. E-trex versuim om my te laat weet van n afdraai, toe ry ons aan met die kranspoort pas, wat n lekker ervaring was. Soos n wafferse renjaer in die draaie gelê. So het die verbeeldings werkertjies in my kop, dit vir my laat voel. Iewers bo-op die pas skrik e-trex wakker en gil op my om af te trek. Hy wou eers nie herken hy was verkeerd nie, en het allerhande verskonings voorgesit as rede vir die fout. Die uitsig, die bokkies wat hy weet ons sou sien, en so voorts.
Dan was daar al die alterntiewe roetes wat hy as nagereg wou opdien. Maar ek was vasbeslote om die die roete te doen wat ek vorige keer uitgemis het. Weer het ek in e-trex wantrou daai tyd. So ons neem n paar fotos van die omgewing en die lokale wild, waarna e-trex verwys het. Van daar af is dit omdraai en teen die pas af. Ek tel eers spoed op en sit dan die esel in neutral, om geruisloos soos n voël deur die wind teen die pas af te ry. Dis n leka gevoel. Jy suis net verby die trokke. Onder op die draai ruk E-trex my uit my besweiming, om my te laat weet die afdraai is oppad. Na ek hom uitgetrap het wil hy seker nie weer die selfde fout maak nie. Ons draai regs en die grond pad wag ons met ope arms in. Monica en grond pad se verhouding het nou al vebeter, en ons vorder goed, Ons stop vir n paar foto’s en Monica nuttig n brand stokkie. Die pad is in goeie toestand. Ons ry weer. Voor in die pad kom spring n bok, bokmakierrie, so asof hy weet vanaand is sy gelukkige aand. Het hom ongelukkig nie op kamara gekry nie, maar dit was nogal iets om te aanskou. Die uitsig na regs in n verre kloof in is iets wat mens meevoer in n droom van n hout huisie in die berge, en iets wat nie anders kan as om vasgevang te word op die digitale geheue nie.
N mens kan maar nie anders as om met n jaloerse bewondering na mense wat hier bly te kyk nie. So vêr van alles materialisties en tog so naby aan alles vir die siel. “Reken as jy hier dorp toe gaan vir inkopies, moet jou lysie reg wees en jy moet nie iets vergeet nie, want daar is nie so iets van gou gou terug ry, want ek het die en daai vergeet nie”,sê ek vir Monica, en sy lag net, wetende ek is maar gewoonlik die een wat goed vergeet, en meer as een keer moet terug. Maar laat ons nou nie afdwaal nie. Ons nutting n verversingtjie, en Monica nuttig nog n brand stokkie, terwyl ek nog goed soek om my droomland aan te vul. Die brand stokkie het sy laaste rook uitgeblaas. “Gaan ons ry” sê Monica wat opgewonde is om by Tonteldoos uit te kom. Ons ry tot waar ons die T-aansluiting kry.
Die T-aansluiting waar ek n voorige keer saam met ander mense verkeerde afdraai geneem het, omdat ek weereens nie vir e-trex geluister het nie, en eerder vir die ander mense. Weereens is moet ek my trots in my sak steek en hom omverskonig vra. E-trex vertrou nie heeltemal die vrede nie en oortuig Monica om saam hom te staan, sodat hulle alby aan die einde vir my die rigting aanwys.
So waste keuse het n mens dan nou as om nou maar in te gee. “Maar julle verstaan nie. Ek wou ook daai rigting ry, nadat ek laas geleer het anderkant is verkeerde rigting”, probeer ek my selftrots red. Ons neem n paar fotos en vat die pad links. Dis n baie mooi pad deur die kloof, en die feit dat hy onlangs geskraap is maak dit selfs beter. Laat ek eerder sê ordentilik geskraap, want mense kry geskraapte paaie en geskraapte paaie. Daar is nie enige wild daar te sien nie, maar die uitsigte is soos n droom wêreld. Jag plase is hier baie, en plase met 4x4 roetes op. Maar ek dink ek het my deel van 4x4 roetes gehad. Hier en daar is grond langs die revier skoongemaak vir plant doeleindes. Dis n wonderlike ervaring deur die kloof. Daar was ook n plaas of twee met te koop bordjies op. My kop maak so vinnige paar sommetjies en ek besef, ek sal die maar moet laat vir die volgende lewe. Ons het darm so paar ape op die een plek gesien. Maar ek is versigtig om hulle onder wild te klasifiseer. Netnou is dit rasisme of n skending van regte. Ons kom by die volgende T-aansluiting en e-trex het sommer vir Monica by vorige stop al gesoetpraat om aan sy kant te wees. So sommer so by die intrap slag gaan sy by die bordjie staan en retigeer wat e-trex sê. 
Regs draai Stofberg se rigting.Maar dit is eers weer tyd vir n breuk en ons soek die naaste boom langs die pad op. Daar haal ons iets om te byt uit, dan die nodige brandstokkie vir Monica. Monica klim ook lekker uit haar kassie hier en poseer vir n paar fotos by die fiets, waarvan ek nie almal kan wys nie weens kopireg deur Monica.
“Genade, kyk al die miere”,wys ek vir Monica.”Hier moet mens liefs nie sit op die grond nie, jy gaan defenitief n paar goed kwyt wees as jy daar opstaan”, sê ek vir Monica, en sy beaam dit. Wat my toe opval is dat die miere in regimente opgedeel het en oral is elke regiment besig om stukkiesgrond skoon te maak.
Prospekteer seker vir plekke waar hulle toneels kan grou. Sien toe ook iewers is daar n perdeby tipe gogga wat soos n wafferse parlements lid/gumta sy weg daar wou inwurm. Daar het die miere ons n waarde volle les geleer wat met so parlements lede/gumta moet gebeur. Maar ons praat nie nou politiek nie. “Die miere se werk verrigting is darm finominaal”sê Monica. “Ja dink net as ons mense so was, geen tyd vir motorfiets ry of bietjie avontuur nie”, is my reaksie, net werk. Toe is die brand stokkie klaar, verversings geniet en tyd om esels op te saal. Ek sien die hunkering na Tonteldoos in Monica se oë, en hoor dit elke nou en dan,”hoe vêr nog na Tonteldoos”, by enkele stoppunte. Te bly om te verneem sy is so opgewonde om die plek te sien, nadat sy my al die informasie meegedeel het, wat die ‘my vrou weet alles’ toestel, haar mee gedeel het. Sy het nou nie voor in die ry gestaan toe lengte uitgedeel is nie so, so om die esel te bestyg is nogal n operasie.
Ons ry aan en dit kom by my op dat dit is die pad wat kom van waar mens net oor die brug gaan en dan links draai, voor jy by de villa uitkom. Ek kon sweer dit was n teerpad. Dis hier waar die verhouding van 60/40 teer grond pad drastiese verandering ondergaan. Maar dit is n baie mooi pad, met so hier en daar effe sinkplaat in hom. Monica begin al meer byhou met n effe vinniger pas. Ek kom om n slap links draai en skielik is daar n spul perde voor my in die pad. 
 

Attachments

  • IMAG0085.JPG
    IMAG0085.JPG
    124.2 KB
  • honeymoon trip 2018 skryf op muur Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 skryf op muur Moment.jpg
    107.4 KB
  • 2018 honeymoon trip (40).JPG
    2018 honeymoon trip (40).JPG
    138.3 KB
  • IMAG0086.JPG
    IMAG0086.JPG
    144.4 KB
  • IMAG0088.JPG
    IMAG0088.JPG
    175.9 KB
  • IMAG0089.JPG
    IMAG0089.JPG
    145.3 KB
  • 2018 honeymoon trip (41).JPG
    2018 honeymoon trip (41).JPG
    175 KB
  • 2018 honeymoon trip (46).JPG
    2018 honeymoon trip (46).JPG
    187.6 KB
  • IMAG0090.JPG
    IMAG0090.JPG
    193.7 KB
  • IMAG0092.JPG
    IMAG0092.JPG
    177.4 KB
Wilde perde of mak perde wonder ek. Ek wil nie te veel aandag aan hulle gee nie, netnou word my esel jaloers. Hulle loop sommer so los en lyk nie of hulle merke op het nie. As mens vining op hulle afkom kan dit ergerlike moles veroorsaak. Monica trek langs my in, en kyk my met groot oë aan. Sy het bietjie lank gevat om op te vang, besef ek in n oomblik, en my oë fynkam gou haar unike fisiek en die esel maar sien niks fout nie. Die kopdop kom in n oomblik af en toe hoor ek dit in effe gejaagde asem toon. “So n ent terug ry ek en twee duikertjies spring kort voor my oor die pad. “Was daar nog twee na hulle het ons mekaar definitief beter leer ken, onder nie so goeie omstandighede”, sê sy en daai onweerstaanbare, amper half skaam glimlaggie sluip oor haar lippe en sny deur my wese, dat dit voel ons los die esels net daar, gaan die bosse binne en……. Ruk jouself reg dink ek soos ek hier sit. Jy praat met n gehoor. Ek ruk myself terug na die hede, en neem n paar fotos van die perde voor ons weer voort na ons eind bestemming. Ons gaan om n draai waar daar n plaas met n uitleg vir perde is met n paar baie mooi perde. Wonder of daai perde op die pad van hier is. Ons nader later n gemeenskappie, waar daar n paar mooi huisies iut staan, n algemene handelaar n skooltjie en n kleuter skooltjie, om maar n paar te noem. Met die teerpad R33 in sig brul iets skielik aan my regterkant verbyen my eerste gedagte is, wat jaag nou vir Monica, maar ek sien dis n bmw. Die manne wat by die dam verby ons gery het, het ons gevang. Julle weet wie julle is. Hy draai voor om en stop by die boom waar ek oorsronklik wou gestop het. Dus wag ek vir Monica by die T-aansluiting en e-trex wys ons moet regs. “Ons stop daar by daai boom”, sê ek vir Monica en wys na n boom so tien meter na die draai. “Daar het ons darm skaduwee”.
Sy be-aam en ons trek daar in. Eers tyd vir ietsie te hap, n brand stokkie deur te werk, en n paar foto’s. Ek stap ook oor om my voor te stel aan die manne, maar ek wonder altyd hoekom ek dit doen want ek onthou nooit name nie. Ek neem ook toe sommer die bortjie af, vir die rekort.
Daar is n paar bmw, ktm en yammies as ek dit nie mis het nie. Hulle is ook oppad na Tonteldoos. Hulle ry vining en ek glo hulle sal lank voor ons daar wees. Ek steel gou die foto van daar af van Monica waar sy onder die boom by die esels wag.
Ek groet die manne nadat hulle so beindruk was met Monica wat saam my ry, en kon maar nie help om my bors eers te laat loop en ek volg toe. “Lus vir ietsie om te kou en drink vra Monica toe, ek by haar kom. Sy het solank die eet en drink goedjies voorbery, terwyl ek my lyf haantjie gaan hou het oor my vrou wat saam ry, daar by die manne. “Verdomp maar hierdie suurwurms is erg suur”, en haar gesig trek skoon skeef. “Toemaar ek het ook so rukkie terug een gehad, en hy het amper my kakebeen in n spasma getrek”, en ons lag lekker. Die manne trek in twee groepe voor ons weg, en ek vang n laaste foto waar hulle in die verte verdwyn. Hulle is bietjie vinnig vir die klein kamara.
“Jis maar hulle laat wiel” sê Monica. “Ja nee hulle is vining”, is my antwoord. “Maar ek verkies maar ons styl van ry. “Dit help om baie dinge te sien en dan is daar nog al die foto’s ook wat ek neem ook”. “As ek teen daai spoed elke keer moet stop as ek n foto wil neem sal my briek blokkies nooit hou nie”. Oortuig ek vir Monica om nie sleg te voel oor die spoed wat sy ry nie. Sy ry tenminste.  Dis hoekom ons maar op ons eie ry. Maar dit daar gelaat. Ons vertoef nog so effe, toe maak ons alles vas en gee die esels weer vrye teels met e-trex wat hulle lei in die nodige rigting Stofberg, na die zaaiplaas/Jane furse afdraai na links.
Ons moes bietjie hard op die brieke omdat e-trex so ingenome was met die omgewing en nog moet konsentreer om alles te onthou dat hy skielik onthou het van die afdraai. Maar ons maak die afdraai nie te min. Van daar is dit so 13 km voor ons die afdraai Tonteldoos pad D353 kry.
Ek vra toe ook sommer. “Wil jy n brandstokkie nuttig?”. “Nee kom die antwoord, kom ons ry maar”, en ek sien sy is opgewonde om rede die Tonteldoos bordjie uiteindelik sy verskyning gemaak het. Die  grondpad wat ons nader lyk na klei rooigrond tipe wat nat is.
Monica se esel is eers effe huiwerig, maar my esel blyk lus te wees vir modder en spring sommer in. Hy het duidelik iets geweet wat ons nie weet, dat die nat modder grond is toe al die tyd droog met hier en daar n spoor wat uitgetrap is toe dit nog gereën het.
Ek reken as die pad nat is gaan dit baie pret opdis, veral met ons tipe bande, gaan dit deur my kop. Ons ry of tot onder in die kloof waar ons oor die revier ry met n brug langs. Dis lekker bedompig.”Gaan ons in die revier afkoel”, vra ek vir Monica wat n klomp arbeiders wat wasgoed in die rivier was, saam met hul beeste wat seker bad in die rivier sien. “Laat ons maar eerder verby hou”, glimlag sy. Die rivier loop mooi, en dit sou n lekker swemplek gewees het met baie groot/plat klippe in die rivier. 
 

Attachments

  • honeymoon trip 2018 ander ryers Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 ander ryers Moment.jpg
    103.1 KB
  • 2018 honeymoon trip (48).JPG
    2018 honeymoon trip (48).JPG
    142.7 KB
  • 2018 honeymoon trip (49).JPG
    2018 honeymoon trip (49).JPG
    192.1 KB
  • IMAG0093.JPG
    IMAG0093.JPG
    189.7 KB
  • IMAG0094.JPG
    IMAG0094.JPG
    132.4 KB
  • IMAG0095.JPG
    IMAG0095.JPG
    130.8 KB
  • IMAG0096.JPG
    IMAG0096.JPG
    138.5 KB
  • 10240001_pad na tonteldoos Moment.jpg
    10240001_pad na tonteldoos Moment.jpg
    114.3 KB
  • IMAG0101.JPG
    IMAG0101.JPG
    142.2 KB
  • IMAG0097.JPG
    IMAG0097.JPG
    169.1 KB
Ons neem n paar foto’s druk voort, en begin weer klim teen die heuwel uit. Ons ry verby n mooi dam, wat lyk of hy ordentlike swart bars kan huisves, en weer word daar eers gestop vir fotos. “Kyk al die swart stof op die pad”,en Monica wys my.
“Dis die rede vir al die steenkool myne hierrond” sê sy. Ek vang die bewysstukke op die digitale geheue vas. “Dalk vergoed iemand ons vir die ontdekking van die fonds” sê ek, en ek voel soos n kind wat droom om eendag n skattejagter te word. Ek neem n foto van die dam om vir die kinders te wys. Ons oudste gaan definitief eendag met n visstok op sy fiets ry en by elke poel stop om lyntjie nat te maak. Sy lewe draai om motorfiets ry en visvang. Sy droom eendag van Dakar ry. Ag daar dwaal ek alweer van die storie af. Monica gebruik die geleentheid om gou te smul aan n brand stokkie. Ons saal weer op en slaan rigting in waar ons die t-aansluiting Steyns drift/ de nyl, met laasgenoemde, wat ons rigting is.
Ses km verder ry ons oor n trein brug waarna ons die R555 kruis.
Die grondpad gaan aan anderkant die teerpad waarna dit redelik styl klim oppad na tonteldoos toe. “Tyd vir n brandstokkie”, verneem ek by Monica maar sy wys dit van die hand. Sy is nou soos iemand op n hindernis baan wat die eindpunt met die prys aan die anderkant sien en nie eers n bietjie wil beplan of energie skep vir die laaste hindernis nie, maar net met alles wat sy oor het dit wil stormloop om die prys te kry. Ek kry eers al my kamara toerusting reg. Daar kom een of twee gewone karre verby van tonteldoos se kant af. Ek sien sy kyk met groterige oë na die pad waar hulle afkom.
“As daai karre dit kan maak kan jy ook. Hou hom in eerste rat, matige revolisies, kyk waar jy ry, moenie ry waar jy kyk nie en hou momentum”. “Die esel sal die res doen” praat ek haar moet in, nie dat ek kan praat nie aangesien ek op n vorige avotuur 5 keer in een dag die esel laat lê het. Ook nie seker of ek die kyk ding reg om het nie. Maar hetsy nie teenstaande hier moet ons op. Ek ry voor, sodat sou ek val, sy weet om nie daar te ry nie. Ek hou haar dop in my spiels en sien sy doen heel goed. Die pad is darm nie so erg nie en soos die vorige paaie het dit erger gelyk as wat dit is. Ons kom op die eerste gelyktetjie bo en stop eers vir n foto of twee.
Monica se oë skitter alhoewel sy nie veel van die omgewing sien nie as gevolg van die feit dat sy so konsentreer op die pad. Dis hoekom al die fotos en so baie stop. Dat sy ook darm iets van die avontuur kan sien.”Ek het dit gemaak” kom dit opgewonde van onder die kopdop uit. “Dis toe nie so erg nie, en ek het verby die een kar gekom”.”Ek het geweet jy kan, en as jy dan gaan lê, tel ons jou net weer op”, sê hy wat so selfbewus is oor voor ander val. Die esels wil aangaan so ons klim weer en laat hulle gaan. Ek trek my esel in by die bordjie wat ons verwelkom jou by tonteldoos, maar Monica sin wil niks weet nie.
Hy het koffie geruik op Tonteldoos, en kan seker nie wag om by al die winkeltjies te gaan inloer nie. So ek neem maar n foto van Monica (my esel se naam) alleen by die Tonteldoos bordjie. Ek het my esel na Monica vernoem want sy neem my op fantasmagoriese avonture, en laat my selde in die steek. As dit die dag gebeur, is dit gewoonlik my skuld omdat ek nie mooi na haar kyk nie, dan kos dit darm ook nie te veel om dit reg te maak nie. Nou ja met daai sukkie informasie agter die rug. Waar het ons laas gestop. O ja die bordjie en die foto. Nou ja die foto is klaar geneem. 
 

Attachments

  • IMAG0102.JPG
    IMAG0102.JPG
    193.6 KB
  • IMAG0104.JPG
    IMAG0104.JPG
    186.8 KB
  • IMAG0106.JPG
    IMAG0106.JPG
    144.2 KB
  • IMAG0107.JPG
    IMAG0107.JPG
    138 KB
  • honeymoon trip 2018 tonteldoos pad 2_Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 tonteldoos pad 2_Moment.jpg
    131 KB
  • honeymoon trip 2018 tonteldoos pad_Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 tonteldoos pad_Moment.jpg
    120.1 KB
  • IMAG0108.JPG
    IMAG0108.JPG
    123.1 KB
  • IMAG0109.JPG
    IMAG0109.JPG
    126.3 KB
  • honeymoon trip 2018 tontel doos bordjieMoment.jpg
    honeymoon trip 2018 tontel doos bordjieMoment.jpg
    109.2 KB
  • IMAG0110.JPG
    IMAG0110.JPG
    188.2 KB
Nou trek ons weg op n stywe gallop, want Monica het blykbaar n ooreenkoms met grondpad aangegaan en is baie meer gemaklik, na al die obstruksies wat sy oorkom het. Ek haal vir Monica in, en ons stop want ek verbeel my daar was iets wat Monica genoem het sy wil sien. “Lyk een van die plekke wat ons nou verby is bekend”, vra ek toe sy langs my intrek. “Nee niks lyk bekend nie”, sê sy, en mense met n Nissan sentra skuur by ons verby. Die kar is gelaai, twee mense voor en lyk soos vier mense agter en sy agterkant lê woes laag. Voor is daar n paar erg lelike stukke in die pad waar dit gereen het en die karre die grond uitgetrap het. Die grond het nou al droog geword. “Ek wil sien hoe kom hulle daardeur”sê ek in n sarkastiese stemtoon vir Monica, maar daai knaap verminder nie eers spoed nie, en mens sien hoe ploeg die sleepstang hier en daar deur die grond.
Seker maar hoekom hulle om daarop gesit het. Ons ry aan en hang maar bietjie terug want daai ou ry bietjie wild en ek is nie lus dat ons moles optel nie. N entjie verder vang ons hom elkgeval waar hy moet wag agter n spul beeste wat verskuif word na groener wyvelde.
Daar gaan n enkele gaping oop op die een kant van die pad, en ek draai die esel se oor, en sy reageer sonder aarsel, maar die gaping gaan toe voor Monica kon deur. Ek sien in my spiël haar liggies wat flicker agter die trop en die arm drommel wat hulle uit die pad probeer kry. Monica kom uiteindelik verby en ontmoet my by die T- aansluiting. Terwyl ek n foto naam van die bortjies, Kom n ander groep ryers verby. “Nie seker of dit die selfde groep as voorheen is nie, sien daar is n paar verskillende fietse, waarvan een lyk soos n Honda, en n Yamaha”, sê ek vir Monica.
“Nou is ons in tonteldoos”sê ek vir haar, en die opgewondenheid wat uit haar straal stamp my amper om. Ons draai links dorp se kant toe, en ek draai by die eerste winkeltjie wat ons kry in.
“Hierdie is meer van n drank winkel en ek smag na koffie”sê Monica. “Geen pyn”aangesien drank ook nie by my hoog op die lys is nie. “Ja ek is lus vir n lekker koffie melk skommel” is my antwoord. Net by die winkeltjie uit is n bordjie en al wat ek so dofweg sien is koffie en ‘the barn’. 
So ons draai toe daar af. So twee spoor paaitjie wat ook maar lyk of hy nie baie friedlik kan wees as hy met voggies meng nie. Onder oor die driffie, is die bortjie skielik op my en ons draai in by ‘the barn’
n Ouerige oompie staan op die stoep en n vrou kom uit die skuur tipe gebou, wat omring is met n mooi tuin en n gros blomme, wat Monica se oë weereens laat skitter, en vir die res is daar niemand anders behalwe n paar viervoetige vriende. 
Die oompie kom nader en stel homself voor. Ek het mos genoem ek is nie goed met name onthou nie. Hy kom kyk na die esel en sê so ewe,”die olie is baie laag”. Ek kyk vir Monica wat met daai glimlaggie op haar lippe deur my wese sny, en ek weet toe. Moenie argumeteer met die oom nie, Sy weet ek kyk die olie van die esels elke keer voor ons wegtrek by n stop punt. Hy soek seker net n bietjie aandag.”Ek sal as ons klaar koffie gedrink het by gooi oom”,sê ek en stap op na waar die stoepie is om myself te gaan tuismaak by die tafeltjies. Monica het in tussen met die vrou begin praat oor die blomme en n koppie koffie natuurlik. Sommer ook iets te ete gekry. “Lekker pannekoek met spenasie en feta vulsel wat hom komplimenteer, vir my, en vir Monica een met maalvleis fulsel”sit ek die bestellings in. Monica het die koffie en melk skommel klaar bestel. Dit is warm, so bedompige hitte, en die tannie lig ons in oor die weer voorspelling vir die dae wat kom. “Lyk of ons weer gaan nat reën”glimlag Monica, nadat ons n vorige keer ook sopnat gereen het.”Darm die keer het ons reën jaste”, stel ek eintlik myself gerus. Ek het genoem Monica het bietjie huiswerk oor tonteldoos gedoen, so daar is n paar plekkies wat ons wil gaan kyk. Die tannie gesels lekker en ons besluit hier gaan ons kamp vir die aand. Dis n lekker plek weg van die hoofpad af. Bietjie rof, maar dit is hoekom ons hier is. Avontuur en om van bietjie van die gemak af weg te kom sodat n mens dit later weer kan waardeer. Ons sien n netjiese groente tuin agter en die tannie noem al haar groente is self gegroei en vars. Die pannekoek met die spinasie was uit die boonste rake, afgesluk met n lekker koffie melk skommel. Terwyl ons daar kuier kom een van die locale mense daar aan met n vier wiel motor fiets. Hy ry nie juis nie maar kruip maar net so voort, net vining genoeg dat die fiets nie dood trek nie. Hy het so seevarder kepsie op met n aapjas. Daar is sommer so lig met draad aan die kant vas gemaak. Hy en sy broeder deel blykbaar n huis daar naby, en hy spandeer sy dag om van drinkgat na drinkgat te ry en seker te maak die drinkgoed is vars. Ons het hom Jopie Adam gedoop. “Hy het homself voorgestel as Adam”, sê Monica nou vir my . Ek skop sommer my eie agter end dat ek nie n foto van hom het nie, maar weens ouderdoms beperkings kan ek nie meer daar bykom nie. Sal maar moet teruggaan en n foto gaan kry. Ons saal die esels weer op en ry terug in die rigting van die hoofpad waar ons mik vir die kaas fadriek, wat nie eintlik veel kaas het om van te praat nie.
Ons kry darm n bottle oopmaker daar. Seker maar het ons gevoel ons moet iets koop aangesien ons nie juis n gebruik het vir so iets nie. Van daar af ry ons oor na die kat en die koei, waar ek en die seuns n vorige keer gestop het vir ontbyt, maar hulle is nou nie hier nie. Tot my verbasing is die plek toe, en ons sal later by ‘the barn’ tannie hoor die vrou van die kat en die koei is getroud met n sewensdagse kerk ou en die dat hulle op n Saterdag toe is. Ek en die seuns was op n Sondag daar.

 

Attachments

  • honeymoon trip 2018 sentra deur slegte pad Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 sentra deur slegte pad Moment.jpg
    153.7 KB
  • honeymoon trip 2018 tonteldoos beeste Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 tonteldoos beeste Moment.jpg
    121.7 KB
  • honeymoon trip 2018 motorfietse by tontel ingangMoment.jpg
    honeymoon trip 2018 motorfietse by tontel ingangMoment.jpg
    169 KB
  • IMAG0111.JPG
    IMAG0111.JPG
    123.2 KB
  • honeymoon trip 2018 the firsty walrus Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 the firsty walrus Moment.jpg
    191.8 KB
  • honeymoon trip 2018 The barn bordtjieMoment.jpg
    honeymoon trip 2018 The barn bordtjieMoment.jpg
    144.8 KB
  • honeymoon trip 2018 barn indraaiMoment.jpg
    honeymoon trip 2018 barn indraaiMoment.jpg
    186.8 KB
  • honeymoon trip 2018 stop by barnMoment.jpg
    honeymoon trip 2018 stop by barnMoment.jpg
    177.3 KB
  • honeymoon trip 2018 kaas winkel Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 kaas winkel Moment.jpg
    111.5 KB
  • honeymoon trip 2018 cat and cow Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 cat and cow Moment.jpg
    126 KB
So ons ry toe net om die plekkie en weer by die hek toe en draai toe in by die “hillside inn”. Hier kry ons toe van die manne, van vroër, wat nog daar uithang, maar nie vir lank nie toe ry hulle weer.
Ons bestel toe vir ons elk n koeldrank en neem n paar fotos van die plek. Monica beoefen haar kuns bo die kaggel, waar sy ons merk los.
“Kyk nou daar buite kom Adam so wrintie waar vir sy volgende stop”,lag Monica. “Ek dink hy volg ons”, sê sy. “Seker jou seksie lyf waar hy agter is”lag ek. Sal maar eeder nie die volgende kommentaar herhaal nie aangesien die skrywe vir die hele familie is. Die vrou agter die toonbank lag net. “Jip, hy doen so dag na dag sy rontes, en kuier n ruk by elke pub”. “So as jy wil weet watter pub is die beter plek om te kuier vra hom”, sê sy en vul aan,”hy ken die wereld nogal goed omdat hy ooral op daai vielwiel motorfiets rond ry”. “Hy kom party maal met interresante stories te voorskyn”, sluit sy af, maar die party maal laat my besluit om nie nou n gesprek met hom aan te knoop nie. Ons het ons eie goedjies wat ons wil gaan beloer, en die dame agter die toonbank gee ons laaste aanwysings. Ons betaal ons rekening, en neem afskeid van Adam en die dame. Kan maar nie help om te wonder of ons Adam weer op die pad gaan sien nie. Die Esels word opgesaal en on skies koers regs uit by die hek. N end verder raak die pad lekker nat en mens kan sien daar is n paar emmers uitgegooi. Die wolke lê nog dreigend in die verte in afwagting dat ons iewers in n kloof inry vêr van ons basis punt en baie tegnies, net om terug te keer om dit erg onbegaanbaar te maak. “Wil jy daai wolke uitdaag en aanry”, vra ek vir Monica. Haar antwoord tref my half onverwags aangesien ek gedink het sy gaan die maklike/ veilige keuse maak, van terug basis kamp toe om te kuier met koffie en lekker geselsskap, aangesien sy en grondpad nie juis om die selfde vuur sit nie. “Nee wat, kom ons ry aan, ons is mos hier vir avontuur en om die natuur bietjie uit te daag”, kom dit met n glimlag.
Beter rysgenoot as dit kry mens nou weer waar?. Ons draai links by die afdraai en mik na ‘the river man cabin’ en ‘wooly bugger farm’. Dis die plekke waaroor Monica gelees het en wou gaan sien. Dis eers n gewone grond paaitjie wat dan skielik in die klowe in met lekker afdraandes en opdraandes. Sou lekker gewees het om hom ent uit te ry maar die een pad, het ons in n toe hek laat inry en die ander het die reën ons by n ander toe hek kom soek. Maar laat ek nou nie vooruit loop met die storie nie. Dis n mooi pad in die koppe in, wel nie so seer die mooi pad nie maar die omgewing. Jy kan nie vining hier ry nie, want dan kan jy nie rondkyk nie. Die pad is baie beskadig deur verspoelings oral. Ek kyk vir die pad, kyk bietjie rond en maak seker dat Monica nog aankomend is. Om die een draai kom ons en sien n paar kinders op die klippe van die klipkoppe rond speel.
Watter wonderlike lewe vir n kind moet dit nie wees nie. Wat n konsternasie vir die ouers. Seker tuis opvoedkunde, of koshuis kinders, of familie kuier hier by ouma en oupa wat hier kom aftree het, vir die naweek. Liefs moet hulle daar af, dink ek met die weerlig wat oral n gemaklike lêplek soek. Ons beur voort op teen die kronkel paaitjie, wat nou al n enkel paaitjie geword het, deur die bome. Met eens is daar n kar van voor af. Dit is n gewone kar met nie baie grondvry hoogte nie, wat beteken hy kan nie pad maak nie, so ons sal moet. Ek beur die esel kant toe en ons gaan in een van die erosie slote in. Darm net so vol band diepte. Daar staan en wag ons dat die kar kan verby gaan. Toe hy verby is, hits ek die esel aan en hy spring opgewonde uit die sloot terug op die pad. Ek is effe verbaas oor die gemak waar mee ons uitgkom het en onthou van die ander hoewe wat ek op die esel gesit het. Net voor, maar dit help. Sodra ek op die paaitjie is kyk ek in die spieël vir Monica en sien sy wag ook op die kant en toe kom sy. Die volgende oomblik ruk my esel aan sy stubeels dat ek vir die pad moet kyk. Amper is ons die ander kant van die pad weer af, en ek is dankbaar vir so n getroue esel. Ek loer vining weer in die spieël en sien Monica is sterk oppad. Dis effe tegniese ry die, en ek voel trots binne dat sy sover al gery het. Moet bieg ek het al gedink sy sou eerder al gesê het ons moet omdraai. Maar ons gaan voort en kom by nog n plek waar n dammetjie is met hout huisies oral teen die koppe. Lekker vêr uitmekaar gespasieër, dink ek by myself.
Ons ry teen die bult op en kry n kerktjie daar in die berge, en ek neem eers n foto. 
Ek het toe ons die fotos aflaai agter gekom ek het versuim om die voorkant af te neem. N entjie verder kry ons die dryf veld, vir die mense wat golf speel, met die myn in die agtergrond. Miskien moet hulle dit probeer om van die onwettige myners in Gauteng ontslae te raak. Klits hulle met golf balletjies.
Ek kan nie help om te wonder hoeveel mense kom speel eitlik hier nie. Dis nie n golf baan nie, net n dryf veld. As dit nog n baan was om te speel was dit n ander saak. Maar dit tersyde gestel. Ons ry aan en kom by die een plek waaroor Monica gelees het. Die Woolie Bugger. ”Wil jy hier in” vra ek. “Nee wat ons sal kom loer oppad terug”, sê sy, “kom ons gaan soek eers ‘river man cabbin’, dan kom kyk ons hier, as ons terug kom.” So ry ons aan en kom op n plek waar die pad n ‘y’ form aanneem. Ek loer alby kante. Die een bordjie wys n waterval, en ek voel dit is die pad om te vat. Die ander pad is baie styl af met baie klippe en my ondervinding met klippe is nie wat wonders nie, alhoewel naskurigheid seker die beste van my sal kry sou ons terug gaan, wat ons sekerlik sal doen. Maar dan vat ons die afdraande aan. Ons ry die net so styl afdraande af regs. Dit bestaan uit n tipe klei grond en gaan af met elke nou en dan n hommel wat as spoed hommel of water voor afleier dien. So dit gaan lekker. Onder op die platotjie ry ons weer in n hek vas. Ons staan n rukkie en oorweeg ons opsies. “Ons sal moet terug, en dalk die ander pad af”, sê ek vir Monica. Skielik roep die donderweer verligting omdat die reën wolk ons gevind het. “Dit was n lang dag en die son begin water trek”.”Ek dink ons gaan terug en gaan skrop nes vir die aand” sê Monica as die eerste paar druppels begin val. “As daai opdraande wat uit kleipad bestaan nat word gaan ons sukkel”, sê ek vir Monica. “Ons sal moet wikkel” voeg ek by. “N koffietjie hier sal lekker gewees het, maar ek stem saam jou” sê sy. Ons saal op en ek hoop Monica kan haar esel bietjie aanspoor om spoed te vang. Soos ons ry sien ek dis nie n problem nie en sy bly mooi by. Die druppels word al meer, en ek kan voel hoe glimlag die wolk want hy is tussen ons en ons basis kamp waar ons wil oornag. Ons vorder goed, en toe ons oor die ergste is trek ek af om reën pak aan te trek, want nou word ek nat. Monica sê sy gaan deur druk, maar ek is vasbeslote om reën pak aan te kry.
Tot my misnoë pas die ding nie lekker oor die ry broek wat ek aan het nie en Monica lag net vir hoe hy lyk. Die bene is toe maar hy sit soos van deesdae se jongmense se broeke. So half onder die heupe hang hy maar. Soos in so dat ek nie my been oor die saal gegooi kry om op die esel te klim nie. Monica gee amper op, op die brandstokkie waarmee sy besig is omdat sy so lekker lag. By die tyd dat sy die stokkie klaar gemaak het is ek uiteindelik in die saal. Ons ry voort deur die reën wat nou al so effe minder is. Kry ons seker jammer. Ek vind my broek word nat deur die reën broek, vir die rede sou ek later agterkom. Omdat hy nie hoog genoeg sit nie drup die water van die baaitjie in die reën broek in wat dan opdam onder by die sitvlak voordat hulle die pad met die bene af. Dit is vrek ongemaklik. Sal seker vir my n groter reenbroek moet kry. Ons ry aan aan met my ego effe in sy hel in met die dat die storie nie gewerk het nie, maar soos Monica sê. “dis avontuur en dis hoekom ons hier is”. Dis deel van wat maak dat ek nou die storie kan skryf. Soos ons ry is die pad goed nat en ek loer telkens terug na Monica veral as ek voel my esel se agterstewe sukkel bietjie om vastrap plek te kry. Maar sy kom en sy ry die modder. Ek het genoem sy en grondpad is nie op so goeie voet nie. Grondpad se broer, modder pad is haar nog minder goed gesind. Maar vandag bewys sy hom n goeie punt. Ons kom terug tot by die hoofpad wat nie veel beter lyk nie. Ons maak dit tot by die afdraai en ek sien hier kom n ding. Die vleitjie onder is basies toe onder die water. Soos ek ry, met Monica agter my toets ek elke nou en dan die vastigheid va die grond, deur die esel so bietjie te laat skop. Maar dit is mooi vas. Onder in die vlei deur die water voel ek die grond is bietjie los, maar ons kampplek is net hier, sou iets gebeur. Maar dit is amper asof Monica in n ander klas is as wat sy gewoonlik is en sy seil deur en draai in by die ‘barn’, ry om en parker haar fiets asof dit op n teerpad geskiet. Ek moet n plaat kry want my esel se voet wil in die gront in sak. Monica se esel staan, en sy hop amper af van opgewondenheid, en gaan kry vir my n plaatjie. As my esel staan en ek kyk vir haar, skitter haar oë. “Ek is die modder deur, al het die agterkant so bietjie rondgegly, het ek hom beheer”, kom dit opgewonde. Ons saal af en ons kry nog bietie koffie by Mandi
 

Attachments

  • IMAG0113.JPG
    IMAG0113.JPG
    160.4 KB
  • 20180203_124650.jpg
    20180203_124650.jpg
    86.8 KB
  • honeymoon trip 2018 motorfiets ryers Moment.jpg
    honeymoon trip 2018 motorfiets ryers Moment.jpg
    133 KB
  • IMAG0123.JPG
    IMAG0123.JPG
    122.3 KB
  • IMAG0129.JPG
    IMAG0129.JPG
    176.7 KB
  • IMAG0124.JPG
    IMAG0124.JPG
    183.9 KB
  • IMAG0125.JPG
    IMAG0125.JPG
    115 KB
  • IMAG0130.JPG
    IMAG0130.JPG
    130.8 KB
  • IMAG0131.JPG
    IMAG0131.JPG
    194.3 KB
  • IMAG0134.JPG
    IMAG0134.JPG
    183.4 KB
:thumleft: :thumleft:
Baie mooi. 'n Klompie baie goeie foto's ook. Lyk na moerse pret.
 
Sy het ons waarlik op die hande gedra het. Sy en Monica praat weer blomme, en sy nooi Monica om so veel sade as wat sy wil, bymekaar te maak. “Hier kom weer werk by die huis”, dink ek so half hardop. Monica laat haar nie n twede keer nooi nie en vaar die tuin binne. Kannie leka onthou of dit die blomme of daai baie seksie sitvlak was wat my aandag getrek het nie Kannie leka onthou of dit die blomme of daai baie seksie sitvlak was wat my aandag getrek het nie.
Ons bestel sommer iets te ete ook voor die kombuis toemaak. Ons kuier nog so rukkie saam met Mandi en  haar metgesel wat ons vroeër die dag ook gesien het. N ouerige kêrel wat ook maar hier en daar werk. Hy verneem ons kom van Springs. “O dis interresante om te hoor, ek het al vir n paar myne daar gewerk”. “Maar my werk by die myne het eintlik op Pelgrims rus begin, daai tyd toe hulle nog goud gesoek het daar”, voeg hy by. Hy het dadelik my aandag. “Dan behoort jy my oom te ken”. “Hy het ast ware daar groot geword”. “Rex Skea  is sy naam”, voeg ek opgewonde by. “My genade sê hy dis n toeval”. Ou Rex ken ek ja, waar in die wereld is hy nou”, verneem hy. “Jong hy is so paar jaar oorlede nadat hy nog altyd op Graskop gebly het en groot sukses daar gehad het met eers n parte winkel en toe twee brandstof stasies, waarvan hy die een op Graskop verkoop het maar nog die een op bosbokrand het”, deel ek hom die slegte nuus toe. “En sy vrou en familie, waar is hulle nou”verneem hy. “Hulle is nog op Graskop”, sê ek. “Jis dis n klein wereld sê hy”. “Jy het nie dalk vir my kontak nommers nie”. “Sal graag wil opvang”. Ek gee hom my neef se nommer, en ons praat nog so rukkie nonsense. Ons betaal daarna, wat eintlik n belaglike lae bedrag is vir die verblyf en alles wat ons geeët en gedrink het. “Laat ons eerder nou betaal. Ons wil more oggend vroeg die pad aanvat want dis n lang dag”, noem ek vir haar. “Dis reg”, sê Mandi,en voeg by “Ek stel voor julle slaan julle tente hier agter die postal op, want die latrienis werk darm. Anders moet julle vêr na die toilet toe loop”. “Wil ook nie regtig hê mense moet van die pad af sien julle kamp hier nie”, dit sal veiliger wees”. “Dan hiet ek julle n goeie nag rus, en tot weersiens”, min wetend ek gaan die aand as ons in ons tuistetjie vir die aand klim, nog een keer by haar huis draai en vra vir iets vir Monica, aangesien n hoofpyn ontwikkel het. Ons kuier nog n rukkie daar rond en kry ons tuistetjie vir die aand in orde en hang die nat kleding stukke in die toilet op met n tou wat ek deur die balke gevleg het.
Ons drink n laaste koffie, top oor die dag se gebeure en dank Hom wat na ons omsien, dat Hy dit goedgedink het dat geen onsmaaklikhede ons tref nie, om so doende ons nog lewens lesse te leer nie.
Monica werk in n oomblik van stilte aan n brand stokkie. Dit was so half uur toe sy sê. “Ons het n problem” sê sy en vul aan. “Ek voel n hoofpyn ontwikkel, en hy sit hier waar daai ergeris altyd sit”. “Ek is nie lus om more op te mors met n hoofpyn nie, en ek het nou die een ding wat ek gewoonlik in het by die huis vergeet, en dit is die comprol”, sê sy half despiraat”. “Ek het dit ook vergeet”, probeer ek die antwoord so uitdruk dat sou dit gebeur sy nie moet slegvoel nie, terwyl ek dink aan die dank gebed van vroeër. “Ek sal gou oploop na die huis toe, dalk is hulle nog wakker en het hulle iets vir hoofpyn”. “Gelukkig is hy nog in begin stadium, so enige iets kan hom dalk draai”. Probeer ek haar moet inpraat. Seker maar die opgewondenheid oor die feit dat sy en grondpad mekaar nou beter verstaan. Dit is al erg skemer en ek maak my pad deur die groente tuin op na die huis. Ek nader die huis en sien die skaap hond voor die deur lê en slaap. Ek sien ook dat die huis se ligte darm nog aan is. Hier lê n uitdaging dink ek by myself. Hoe naby kan ek kom voor die hond wakker word. Verbasend genoeg skrik hy eers wakker toe ek aan die deur klop nadat ek feitlik bo-oor hom geklim het. Die eggenoot wat van pelgrims af is, kom maak die deur oop. Dit val my opeens by dat daar nie eintlik veiligheids hekke of erger diefwering aan die huis is. Iets wat mens tog sal vewag in die area. “Jammer ek pla, ek wil net verneem of julle dalk iets vir hoofpyn het”. “Monica is besig om een te ontwikkel, en ons wil hom keer voor hy te rof begin raak”. “Laat ek gou loer anders hoor ons by Mandi of sy het”. Hy gaan deur die huis en krap in n paar blikkies wat daar rond staan. Daar is nie juis enige moderne meubels in die huis nie en van n tv is daar maar eitlik geen sprake. Eenvoudige mense, met min om te steel. Seker die dat hulle nie eintlik gepla is met sekuriteid nie. Die inheemse mense weet ook seker hier is nie veel nie en pla dus nie. “Jong hier kry ek nou nie eintlik iets nie”. “Dalk moet ons in die charlet gaan kyk”. “Daar bly wel iemand maar hulle is nie nou tuis nie”. Ons loop deur die redelike donker lig net die volgende gebou. Eenvoudige plekkie. Amper soos n enkel motor huis met twee verdiepings. Onder is die leef area en bo die slap area. Die verhuur hulle aan n ander ou oom wat ons vroeër hier verwelkom het en wat gekla het oor die esel se olie. “Hier is ook nie eintlik iets nie, kom ons gaan hoor by Mandi In die huis”. “dalk weet sy waar is dit”. Ons kom by die huis en hy gaan roep haar uit haar kamer. Sy gaan na een van die kassies waar eggenoot vroeër gekrap het. “Ek het al daar gekyk”, sê hy maar sy bly krap. Daar kry sy n pakkie disprin. “Dis al wat ons het”, Sê sy. “Dit sal doen, baie dankie”. Ek stap terug na die skuur waar Monica kyk oor die vlaktes. “Ek het die gekry”, en sy sluk twee af. “Jy sal nie glo wat met my gebeur het nie”,sê sy. Daar onder naby die vlei is n ou boom wat omgeval het. Daar het die mense met dunnerige draad n klomp ou drie poot potte, keteltjies en dies meer opgehang. Hier van die stoep af lyk dit of die goed sweef in die lug, veral met die effe windjie wat waai.
“Daar in die boom met die goed het nou net n uil gaan sit en saam met die goedjies wat lyk of die sweef het dit nogal heel na n gruwel toneel uit ‘Macbeth’ laat lyk”, giggle Monica asof senuwee agtig.  Die res van die aand gaan onverstoot verby. Ek kom wel agter die slaapsak wat ek het is ietwat klein vir my en ly af ek het dalk een van die kinders sin ingesit. So ek gooi hom maar net oor my en slaap lekker. Die volgende oggend ontwaak ons met die gesang van die voël koor wat ons wakker serenade. Ek is eerste uit en stook solank die keteltjie vir n vroë koffie en beskuit (soos genoem uit Monica se eie hand). Monica kom ook te voorskein. “Hoe voel die kopseer”, verneem ek angstig. “Hy is nog daar maar nie te erg nie”, kom die antwoord, wat ek nie eintlik wou gehoor het nie. “Op Dulstroom sal n apteek wees”. “Ek sal daar comprol kry dan sort ons hom gou uit”,sê sy met daai onweerstaanbare brawe glimlag. Ek maak vir haar koffie en sy sluk nog n disprin af terwyl ek die slaapsakke en metrasse begin op vou vir die pakkerasie. “Kan ek help”,kom vra sy ewe. Ek het n goeie idee hoe dit voel om te buk en opstaan met n hoofpyn, so ek wys haar na die tafel en stoele waa die ketel is en noem dat sy vir my en haar nog n ronte koffie kan maak, ek sal oppak werk doen. So doen ons dit toe. Gou gou is alles opgerol en gepak. Die tentjie word maar nat opgevou. Sal hom later weer opslaan om droog te word. Die esels word van die stoepie afgestoot waar hulle oornag het, en alles word mooi vas gemaak. Ons drink ons koffie en ek eet beskuit vir ontbyt apteiter, want ons is van plan om op Dullstroom te stop vir ontbyt. Ons pak die stofie, keteltjie en bekers in my kassie agter op die fiets, trek die finale aggat aan, loop n laaste draai, dan groet ons ‘the barn’. Uit by die hek is dit eers weer deur die modder spul en met die pad voel voel op. Monica ry met nuutgevonde self vertroue en draf die pad uit op haar esel. By die hoofpad is dit links na Dullstroom. Die keer het ek Monica se esel met n nuwe olie filter en olie as ons by die huis kom, omgekoop dat hy moet stop by die tonteldoos bordtjie vir n foto.
N end verder met die pad af ry ek verby hierdie ktm part wat in die pad lê en draai om, om hom op te tel. Dit lyk soos n ketting leier. Ek weet ktm se parte is duur, so hy is by my as iemand hom verloor het het. Die uitsigte is asemrowend en roep na die kamara.
Hier gestop want n mens kon tot die silo’s van Middelburg sien. So n end aan kry ek darm alby die esels by die tonteldoos bordjie.


 

Attachments

  • 2018 honeymoon trip (54).JPG
    2018 honeymoon trip (54).JPG
    161 KB
  • 20180203_180336.jpg
    20180203_180336.jpg
    179.2 KB
  • 2018 honeymoon trip (55).JPG
    2018 honeymoon trip (55).JPG
    90.4 KB
  • 2018 honeymoon trip (56).JPG
    2018 honeymoon trip (56).JPG
    152.7 KB
  • 2018 honeymoon trip (59).JPG
    2018 honeymoon trip (59).JPG
    144.5 KB
  • 2018 honeymoon trip (51).JPG
    2018 honeymoon trip (51).JPG
    196.2 KB
  • 20180505_212549.jpg
    20180505_212549.jpg
    77.8 KB
  • 2018 honeymoon trip (61).JPG
    2018 honeymoon trip (61).JPG
    92.5 KB
  • 2018 honeymoon trip (62).JPG
    2018 honeymoon trip (62).JPG
    108.1 KB
  • 2018 honeymoon trip (66).JPG
    2018 honeymoon trip (66).JPG
    115.9 KB
Die Heidi tipe huisies wat orel teen die koppe staan, laat my hart n punt trek en ek wonder diep binne my, wat n rustige lewe moet dit darm wees, en die werklikheid klop aan my skouer,oor die politiek in sa. Nie iets wat ek nou aan wil dink nie.
Maar ek glo dis harde werk so boerdery. Ons ry aan en in eens voel ek die esel skop remme vas. N mooi rooi hartbees hier by die heining. Vroër een gemis, en vir die esel gesê, as hy weer een sien moet hy stop. So gesê so gedoen. Hy begin weg draf en ek spartel om die af te klim en die kamara uit die kassie agter op te kry. Soek die groot kamara vir die een.
Vang toe ook die swart wilde bees, n bietjie baie verder. Seker gedink hy gaan die papperatsie ontduik deur daar in die gras weg te kruip. Nie hierdie papperatsie en sy getroue esel nie.
Ek kry darm n paar mooi foto’s, tot Monica met haar esel wat hoes en poep soos hy nader kom, en die bok nog verder die veld in laat wyk. “Sien die wolke bekruip ons alweer”, sê Monica. “Hy het ons seker nog nie genoeg geseën nie”, glimlag sy. Ons talm vir n oomblik en ek sien Monica se trek so effe meer na mekaar as gewoonlik. “Die hoofpyn raak erger”,sê sy asof sy my gedagtes lees, en ek sien die trane sit naby. “Dis nie meer vêr na Dullstroom toe nie”, sê ek. “Dis ok sê sy dis nog nie so erg nie”, met so effe glimlaggie. Nou mik ons net Dullstroom toe dink ek by myself. Geen stop meer langs die pad nie. So in die ry kry ek darm n foto van Dullstroom se informele woongebied, bo van die heuwel af.
Ons beryk Dullstroom en ry rustig deur die informele woongebied. Net voor ons die dorp binne sien ek die indrukwekkende informele huis en kannie anders as om hom af te neem nie.
Ons ry aan en kry die Kerkie. Ek moes die groot kamara hier ingespan het, maar het aan Monica se kopseer gedink. So dit was n vinnige kiekie.
N entjie aan het die hius my oog ook gevang, en dit was laaste.
Die klip huise is darm baie na aan my hart. Ons kom eindelik by die hoofpad uit en ry af opsoek na n apteek maar kry niks. Ons kry mense wat lyk soos locale mense, en vra rigting, maar hulle is ook toeriste. Nog lekker vroeg en ek het nie al toeriste verwag nie. Wel ons was immers daar. Ons stop onder by die brandstof stasie vir brandstof, en Monica draf sommer daar in. Sy kan darm die fietse sien van binne, want die koffie en beskuit en gister se etes, het met die grond pad vêr af gesak en het n transformasie ondergaan na n soort spesie wat  pesel aan ander hare. Ek draf toe met n spoed by die latriene in voor ek heeltemal skoon geeët word, en verlos myself, en stuur hulle die ewige water wêreld in. Toe ek uitkom staan Monica by die fietse. “Het jy reggekom met die hoofpyn vegters”, vra ek. “Ja sê sy. “Sommer so twee al gesluk ook”. Ons stap by die winkeltjie wat lokale hande werk verkoop. Ek het so tradiesie as ons, of as ek gaan ry ek altyd vir haar n armbandjie of hangertjie, deur traditionele mense gemaak koop. Die keer is spesiaal so sy kry n arm band en bypassende hangertjie stelletjie. Nie iets te duur nie, maar die gedagte daaraan wat tel. Ons ful die esels se mae met die nodige vloeistof, en ek kan nie help om oor te borrel van trots as die mense vir Monica en haar fiets, met half n jaloerse kyk aan staar. Sy is tog myne wê. Gaan dit saggies deur my kop. Ons ry met die hoofpad weer op, opsoek na n ontbyt plek. Uit eindelik besluit ons op ‘Harries Pancake’, en ons stop die fietse daar.
Weer let ek op hoe die paar mense wat daar is, in Monica se rigting loer as sy van die esel afklim en die kopdop afhaal. Gelukkig is daar nog nie veel mense daar nie, en ons kies vir ons n tafel.  Ek hou nie so baie van onnodige aandag nie, maar kan maar nie help om dit te ry en soos n trotse haantjie met my hennetjie aan my sy daar rond te stap nie. So in die ry het ons nog n tradisionele winkeltjie gesien, en stap daar n draai. Monica wil iets kry vir die kinders en die mense wat na ons kinders kyk. Ons kry vir elke kind min of meer iets wat by hulle sou pas, en dan iets vir die kinder oppassers. Alles baie klein goedjies want die pakplek is maar min. Ons keer terug na die ontbyt tafel, en sit ons bestelling in. Ek is maar gaande oor die spinasie en feta kombinasie pannekoek en Monica die soja maalvleis. En moet sê daai oggend sin was voor die wind. “Hoe voel jou kopseer”, vra ek, met die gedagte, dat as hy nie beter is nie, ons die res van ons roete verbeur, en van hier reguit terug Springs toe. Ek het vermoed hy is beter uit die manier wat sy deur die winkeltjies gedraf het, maar ek wou seker wees. “Hy is baie beter dankie dat jy vra”, sê sy, en ek sug n verligting. Die mense het skielik begin instroom, en daar kom wat lyk soos n ‘harley’klub deur, met driewiel en twee wiel fietse. Maar die twee esels het trots gestaan teenoor die skou perde, met die dat hulle weet daar is n lekker avontuur wat nog voorlê. Ons betaal ons rekening, en ek verneem gou by e-trex watter rigting nou, en hoe vêr is die afdraai. Ek is so effe verstrooid aangesien ek Dulstroom uit n heel ander rigting binnegekom het as gewoonlik, en ek en e-trex het eers weer russie, waar ek natuurlik weer die een is wat moet terug staan in skaamte. Nederig vra ek weer omverskoning, en sit e-trex op die esel se oor waar hy van voor ons wys waar ons moet ry. Weer kan ek nie help om te sien hoe loer die mense Monica se rigting as sy langs haar esel haar aggat aantrek, en reg maak om op te klim. “Jy trek baie aandag”,sê ek vir haar en sy antwoord met daai vleiende stoute glimlaggie. “Hulle is seker maar jaloers op jou”. Wat kan ek sê, anders as dat dit n voorreg is om een van die seldsame gelukkige mense is. Een persoon uit al daai mense kom verneem, waar ons vandaan kom, en waarheen ons gaan, en ek verduidelik hom vlugtig. Hy wens ons n veilige rit en groet. Ons verlaat Dulstroom, Lydenburg se rigting, tot so 4km buite die dorp wat ons links draai, Kruisfontein se rigting, om weer grond pad langs te ry op die Groot zuikerbos pas pad. Die klip pad kronkel lekker en n vriendlike boer waai ons voort. So bietjie op en af, dan kry ons boom laning na boomlaning waardeur mens ry.   
 

Attachments

  • IMAG0156.JPG
    IMAG0156.JPG
    85.2 KB
  • 2018 honeymoon trip (63).JPG
    2018 honeymoon trip (63).JPG
    74.5 KB
  • 2018 honeymoon trip (67).JPG
    2018 honeymoon trip (67).JPG
    94.1 KB
  • IMAG0157.JPG
    IMAG0157.JPG
    73.9 KB
  • IMAG0158.JPG
    IMAG0158.JPG
    122.5 KB
  • IMAG0159.JPG
    IMAG0159.JPG
    123.1 KB
  • IMAG0161.JPG
    IMAG0161.JPG
    146 KB
  • 20180204_085356.jpg
    20180204_085356.jpg
    128.8 KB
  • IMAG0162.JPG
    IMAG0162.JPG
    122.5 KB
  • 20180204_100401.jpg
    20180204_100401.jpg
    220.5 KB
Top