Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Sorry manne, dit gaan bietjie rof by die werk..ons het die oggend gou die ooi op die trailer agter die halwe cruiser gelaai sodat hulle dit vir ons kon uitvat na die teerpad, ek't met Nico se fiets uitgery, ons pak toe maar 'n paar biere want ons het geweet dit sal 'n gewag afgee..
IMG_3108.jpg

Kyk net hoe stoot daai ooi daai bakkie..
IMG_3109.jpg

IMG_3110.jpg

Ons nuttig maar solank 'n biertjie terwyl ons wag..
IMG_0337.jpg

Ons laai die ooi af en slaan die teerpad Namibe rigting..
IMG_3113.jpg

Ek nurse maar die ooi, net so 80km/h, nou toer ek lekker, kort-kort kom omsingel die manne my en gooi duim inni-lug, die ooi blêr ritmies voort..Namibè gaan ons gou ietsie eet en sous tap..
 
Fokkit,jy laat ons so lank wag vir so kort stukkie?Nee man,de moer met die werk,dis al middag so spandeer bietjie meer tyd aan die RR :deal:
 
Ons trek gou geld in Namibe en gooi sous in die scooters..sommer tyd vir ietsie eet ook..
IMG_0344.jpg

IMG_0343.jpg

IMG_0349.jpg

IMG_3120.jpg

Ons val in die pad en gooi Lubango-Leba pas rigting..plantegroei begin verander, woestyn is nou iets van die verlede..
IMG_3126.jpg

Ons kruis die rivier 'n paar keer waar die pad weggespoel is, hou sprocket-hou..
IMG_3121.jpg

Ons stop onder Leba pas, regtig indrukwekkend, veral vir Angola..
IMG_0352.jpg

Nog nooit dit so op 'n GPS gesien nie..Bob neem paar fotos..
IMG_3131.jpg

IMG_3128.jpg

IMG_3145.jpg

Hierdie een defnitief een van die beter fotos..
IMG_3140.jpg

By die uitkykpunt bo inspekteur ek die besigheid, alles lyk goed, Richter sit vir 'n foto. Hy weet maar net nie ek kom verkoop al die fotos aan hom in SA om bymekaar te maak vir nuwe hub..Ek gooi vooruit, dis net so voor skemer, ons slaap vanaand tussen Humpata en Lubango by Suid Afrikaanse boer op plaas..RSG toergroepe het al vantevore hier gekamp... Ek wag 30min by die hek, die manne het mekaar verloor maar darem weer gevind..Ons trek in en slaan kamp op, ek en Bob saal op, ons gaan gou groceries koop by Sol Angol, ek sukkel om vir Bob agter die 'counter' by die dame'tjie uit te kry, ons kry braai-goed en 3 verskillende biere, vanaand vier ons die 1ste dag se aflê na die penarrie in die Akker..









 
Ons slaan kamp op binne-in die lapa, daar is baie hout en ons kuier omtrent lekker, ek haal my bekfluitjie uit maar word weer aangesê om dit eerder bietjie te bêre..ons site!
IMG_3163.jpg

IMG_3160.jpg

Gary se vrou'tjie sê sy sal vroeg'oggend bietjie kom vertel waar ons môre wat kan bekyk en bietjie shop, en dan gaan ons sommer bietjie vir Josè soek en bietjie kuier, ons besluit sommer ons bly 2 nagte hier..
IMG_3174.jpg

IMG_3179.jpg

Bob drink alweer vroeg'oggend alleen, ek los vir hom 'n nota...
IMG_3185.jpg

...en hy deel sowaar met my!!
IMG_0628.jpg

Ons maak reg en speel bietjie uit dorp toe..




 
Baie lekker,dankie weskus.Fok Nardus,sal maar so snuifmasjien moet bou vir die Transkei rooibaard! Vir vlgende keer!Sal goed werk as jy dit fynmaak, ne?
 
Lyk daai Hilux d/c bakkies dieselle daar as hier ?
 
Fenderbender said:
Lyk daai Hilux d/c bakkies dieselle daar as hier ?

Ja, hulle word hier gesteel en dan oor die grens gevat........ :D
 
Manne dankie vir die RideReport.  :thumleft:

Lekker leesstof. :deal:
 
Befok. Jy spandeer te veel tyd by die werk. Laat waai met die res man !!!  :thumleft:
 
Weskus, kan jy nie die Pratley storie verkoop aan Pratley nie ? Dan is jou volgende trip reeds betaal. Dalk selfs genoeg geld vir 'n nuwe sprocket
:biggrin:  :biggrin:  :biggrin:
 
Weskus - daai Sabre moes 'n tweeling gewees het want daai idee van hom kan dalk net vir jou werk hoor.  :mwink: Dankie vir die lekker RR.
 
Die volgende oggend maak ons gou breakfast, en dan gaan ons bietjie Lubango toe en bietjie rondkyk..
IMG_0605.jpg

Ons het sommer 'n aansit ontbyt..
IMG_3183.jpg

En Abri gesels bietjie boerdery met die man... "Jong, nou waa kry julle julle goed vandaan, het julle ook 'n Landbou?? Waa leen mens geld??" en toe ons die 1ste bier in Lubango drink sê die ou, f@k, ek's bly ek boer maar by Pools (mag nie sê Piketberg :pot:)
IMG_3177.jpg

Ons trek gou geld..en Bob sleep vir Abri brand...Ons het bietvan die ou vergeet en gery voor Bob hom kon brandsleep, Nico het toe maar gehelp en Abri kom vol stof daar'aan, Nico die ou platgetrek..
IMG_3186.jpg

Ons ry eers uit na die bekende Tunda Vala, die kranse waar daar glo duisende mense afgegooi is, later klink dit my dit was maar enkelinge, en ons kan nie tot by die kkranse nie, hulle is besig om die parkeer-area netjies te maak, Bob tease weer en vat ons daar op 'n sprocket-breek pad maar die afêre hou darem, dis moeilik om te stadig tegnies te ry..
Ons soek vir Josè, en vertel hom van die SA bikers, hy kom met 'n groot trok daaraan en is besig om te werk, gou-gou sê die kêrel...'You follow me, I show you good place for eat and beer, I stop work today, no worries'...en daai klink reg vir my..
IMG_3193.jpg

IMG_3189.jpg

IMG_3205.jpg

IMG_3209.jpg

IMG_3216.jpg

IMG_3202.jpg

IMG_3191.jpg




















 
:thumleft: :thumleft: Lekker, julle maak my dag;  :biggrin: :thumleft: :thumleft:
 
Lekker nou kan ek weer 'n bietjie werk,maar net 'n bietjie :thumleft:
 
Ai man... die ge-wagery! Maar ons moet seker bietjie werk ook! Mooi man Dewald, mooi man!
 
Top