Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
So het Vanesa Seafood gelyk in 2005, en so lyk sy nou
 

Attachments

  • IMG_0994 [800x600].jpg
    IMG_0994 [800x600].jpg
    71.7 KB
  • IMG_3032 [800x600].jpg
    IMG_3032 [800x600].jpg
    81.5 KB
Ok, waar was ons.. o ja by Flamingo Lodge. Manne nou so deur die vakansie hou deur beraam ons span manne planne.. Die hub is afgehaal en goed skoongemaak, ek kry by Raymond Stainless Steel Allen key studs met groot flat washers en met almal van ons wat Pratley Steel saamgery het begin ek die afêre gom, 6 buisies Pratley Steel, met die laaste gom bou ons die "ore" wat afgebreek het aan die agterkant ook op, en soos 'n potte'bakker vorm ons die outjie...dis nou nogal snaaks...O hy sal hou weet ek nie..
IMG_3069.jpg

Ons los die besigheid in die son en gaan kuier bietjie in die kroeg..Die uitsig is mooi van daar..
IMG_0508.jpg

IMG_0536.jpg

Die hoofgebou - kroeg/kombuis van Flamingo..
IMG_3104.jpg

IMG_0537.jpg

Ons loop hierdie... "Groot Blou Gert" snuifbom raak en na 'n paar N'gola's speel ons lekker..
IMG_0532.jpg

IMG_0513.jpg

IMG_0523.jpg

Daai aand gaan ons lekker groot en kuier lekker saam met die ander gaste, vrolike spul bymekaar..
IMG_3081.jpg

IMG_3072.jpg

IMG_3071.jpg

So brand die son jou op 'n Namib duin as jy nie beweeg nie pappa...Koos Kombuis loer ook in..
IMG_3079.jpg

Gisteraand Bobby Lock...volgende oggend Bobby Jaan..
IMG_0564.jpg

Vroeg die volgende oggend sit ons die Bok-ooi aanmekaar, die ketting is gebuig maar met baie chainlube en 2 shifters buig ons , stel ons, luister ons en hy's reg soos reënwater...Ek ry 'n draai op die werf, smaak my die ooi is alweer op hitte..
Ons ou plekkie daar agter in die gopse...
IMG_3089.jpg

Die meesste gaste is weg en ons is alleen daar, kombuis/kroeg is maar ons s'n...Die middag nooi ek myself saam met van die werknemers see toe, f@k, ek't mos daai stok vêr saamgery.. Ons ry met hierdie halwe cruiser..
IMG_3103.jpg

Sommer so met die stopslag vang die een klong een-of ander Cracker afêre, so 'n rooibruin Steenbras, kort na hom vang ek 'n Wildeperd en toe weer 'n Kolstert. Hy bêre die Wildeperd in 'n ziplock sak, die word gevries want hy is besig met sy M in een of ander ding soos 'n Marine Bioloog, ek weet nie..
Na die kom Bob daar aan met die bike, ek vertel hom en hy glo my nie oortuigend nie..ons ry verder, drink 'n ou biertjie en die volgende oomblik stop daai man en skree...chase,chase..hulle vlieg van die bakkie af en hol see toe, ek hol ook maar agterna..1ste gooi is hy vas met 'n Leervis, sy girl ook..
IMG_3094.jpg

IMG_3098.jpg

Ek begin nou my meisie verlang...Bob sê sy's bietjie groot, maar ons wil haar mos nie dra nie, of hoe?? :laughing4:
Ek moet instap anders haal ek nie met die koffiemeul nie, 2de gooi..vas, my 1ste Leervis, hy laat hom ook nie sommer net uitbring nie, dis omtrent 'n ge'stoei met die klein stokkie...Bob is gelukkig by om te "witness" anders praat ek mos k@k as ek by die kamp kom...my dag is gemaak.
IMG_3093.jpg

IMG_3096.jpg

Ons hou een en gooi die res terug, vanaand maak ons sushi..
Intussen by die kamp het hulle Staaldraad se fiets aan die brand gesleep, hy start as hy warm is, problem solved, ons sleep dan net die donner elke oggend..
Ons kuier lekker die aand, môre oggend ry ons Lubango rigting, die manne raai my af om die ooi uit te ry tot by die teerpad, ons laai hom op 'n trailer.. Ek ry nog so vir oulaas die 1200 van Nico uit na die teerpad en hy vergesel die bok-ooi op die wild-kyk trip uit na die teerpad met 'n trailer agter daai halwe cruiser...

























 
Lyk my Angola is "the place to be" deesdae. Frannarossi, hoe lyk dit ou bra. Sal ons nie so iets beplan nie man. Ek is al klaar halfpad daar. Uitstekende RR Weskus. Dankie dat dit in ons boeretaal is.
 
Thanks for taking us with you on a ride of a lifetime,and sharing this awesome trip with us !
Well done to all of you !!!
 
Hoop daar kom nog !!! Moet vir my ook een van daai snuifmasjiene kry, dit lyk nou soos waarde vir geld.
 
Hel, weskus! Dit was darem nou 'n lekker RR om te lees! Jy skryf bladdy goed my maat.

Smaak my ek sal moet mik om so stuk Angola in die Amageza in te werk hier by 2014 rond!!
 
Waars die man wat die RR skryf  ?  :peepwall:
 
Top